Multi-kulturele organisasies en -partye

*

Na 1994 het die Suid-Afrikaanse politiek en organisasies gewemel van gemengde en verskeidenheid van multi-kultuur koalisies wat eintlik ‘n baie bleek toekoms vir ons land ingehou het.   Daar was geen vordering of opheffing nie, slegs misdaad, korrupsie, wanbestuur en rooi rewolusies.   Op die oog af wil dit voorkom of sommige burgers en veral politici teen hul ooghare vaskyk as hulle nie die koalisie vorming raakgesien het tydens en na 1994 verkiesings nie.

South African Parliament House

*

Swart etniese groeperinge of stamme voor 1900 het in die ou Reservate (lokasies) of Tuislande (na 1961) – asook Kroongebiede gebly.  Swartes het hul eie grondgebiede beset tydens Mfecane en voor 1900.  Selfs na 1994 weer eens opgeëis met ruim vergoedings asof blankes hul grondgebiede gesteel het, wat natuurlik glad nie waar is nie.  Heelwat hiervan stem vir hul eie tradisionele leiers wat deel is van streeksvlakke.  Oor die 8840 tradisionele leiers wat deur belastingbetalers onderhou word.

Dan stem hierdie spul in hul APARTE tradisionele gebiede vir en in koalisies saam met groter partye soos ANC, EFF, DA, IFP, VF+ wat almal multi-kulturele partye is en nie vir ‘n spesifieke volk is nie.   Dus, die burgers en selfs oorsese mense, wat dink en glo daar is een gelukkige Suid-Afrika, een gemengde reënboognasie, en waar geen aparte gebiede is wat deur Swart en Khoi san / Griekwas geskep is reeds voor 1900, moet maar Hansards, Wetgewing en 1996 grondwet lees, want dit is selfs daarin vervat.   Dis net hulle wat ruim vergoedings na 1994 ontvang het en dit steeds verkry.

Suid-Afrika bestaan uit meer as 11 minderheidsvolke, daarom word daar tans 11 amptelike tale erken.

Terwyl Suid-Afrika se politici reeds vir dekades uit verskeie koalisie strategieë bestaan en niks werklik nuut is nie, is daar glad nie net EEN groot meerderheidsparty nie, maar koalisies wat gevorm het.   Dis wat die ANC ook is.

1996 GRONDWET  >  1955 ANC-PAC-SAKP-MANIFES

Sedert 1994 tot vandag toe vorm die ANC, ‘n koalisie regering onder die ANC vlag, ANC-PAC-SAKP en ander wat hul aan die radikale kommuniste sowel die 1955 anc-pac-sakp manifes (1996 grondwet) verbind het.  Nie alle swartes/ ander burgers behoort aan die koalisie wat in beheer is nie.  Sommige het na 1996 reeds weggebreek daarmee.    Ironies egter, is dit 100% ‘n feit, dat elke parlementêre lid na 1994 onderskryf die 1996 grondwet en aanvaar dus die ANC manifes as hulle ‘bybel’.   Hulle word sedert 1996 daarmee onder eed ingesweer onder kommunisme.

1955 ANC Freedom Charter

ANC  – Freedom charter 1955

Elke volk het ‘n reg tot hul eie gebied, regering en leiers.

Boer  Independent areas  –   volle soewereine Onafhanklikheid

Onafhanklikheid van ‘n volk

Die buiteland, bedoelende regerings sowel as organisasies, weet nog minder wat in Suid-Afrika aan die gang is, behalwe diegene wat die hele situasie, soos wat voor ons afspeel, beplan het.  Indien hulle wel weet, word gesigte weggedraai.    Buitelandse regerings, sowel as kommuniste en liberaal verligte blanke Afrikaners in Suid-Afrika veroordeel selfs die ou Boere republieke se burgers wat voor 1900 bestaan het, vir die apartheidswetgewing wat deur Britte soos Shepstone (1854) en Rhodes (1894) ingestel het.

Die Unie van Suid-Afrika, 1910 is tot 1961 is uit London beheer, het daarmee voortgegaan.  Dis die Britse regering gesamentlik met liberale Afrikaners uit die Kaapkolonie,  wat die Boere republieke in die situasie gedwing het en gerieflik immigrante binnegenooi.

Na 1902, waartydens die Minerale regte deur Brittanje geannekseer is, is daar oor die 400000 immigrante in die hele land binnegenooi om hier te kom werk in hul goud- en diamantmyne.   Na 1994 het dit selfs meer vergroot en staan die grense steeds oop vir die hele Afrika om in hul miljoene hier te vestig.  Waarskynlik is daar vandag meer immigrante as burgers in die land wat Suid-Afrika genoem word.   Die ANC en hul kaders is dus moedswillig om al die immigrante los te laat op gebiede wat nie aan hulle behoort nie, maar aan die Boere, naamlik die Boere repubieke.  Minerale regte behoort na regte aan die Boere republieke se burgers, nie aan die res van die land nie.   Waar gaan al daardie inkomstes heen, want die land is bankrot.

Grond in SA vir landbou en minerale

Verskroeide aarde – Scorched earth

Anglo Boere oorloë –  Shepstone

Twee Onafhanklike BOERE republieke

Suid-Afrika se volksetnisiteite

Minerale regte, belasting en regering

Van die kantlyn af kan waargeneem word,  waar 12-15 verskillende minderheidsvolke na 30 jaar se sogenaamde demokrasie is?    Die Boere volk het saam die spul platgeval in ‘n ekonomiese verval, armoede aanvalle en misdaad.

GRONDEISE NA 1994  (IS DIT OOK ONGRONDWETLIK)?

Daar is selfs duisende Swartes, Khoi san en Griekwas wat grondeise na 1994 ingesit het en steeds in aparte gebiede, cpa en trustgebiede bly.   Die oopdeur grensbeleid van die ANC koalisie en wetgewing in parlement, maak ruim voorsiening vir die meer as 60 miljoen onwettige immigrante, veral uit Afrika, wat met opset dit hul tuiste rondom en in die Boere republiek gebiede gemaak het.

CPA’s in SA – 2021

Codesa Constitution Kodesa Grondwet

Vermoor die Boer lied – Kill the Boer song

Human Rights Whites/Menseregte – blankes

Codesa (writers) – Kodesa (skrywers)

Dakar 1986 – Notes of H Giliomee

*
*
*

BOERE REPUBLIEKE

Die Boere is netso geregtig op hul stukkie sonskyn in hierdie land en gebiede wat aan hulle behoort soos wat die Khoi san, Griekwas en swartes hul onderskeie en aparte gebiede, die ou  Tuislande of Kroongebiede opgeëis het.   Net voor die Boere republieke deur Brittanje geannekseer is, is Zoeloe, Xhosa, Griekwa, Khoi san en ander gebiede ook deur Brittanje beset en geannekseer.

Die ANC het gekla by die VN dat ons vorige regering mense van hul gebiede afgegooi het, wat nie waar is.   Aparte gebiede, is kwansuis as ‘n misdaad verklaar en ons was selfs geboikot daaroor.   Hierdie aparte gebiede is deur hierdie spul se leiers (hoof indoenas) self gekies voor 1900 en gebiede is deur vorige swart en ander leiers beset.  Daarna het Engeland hul gebiede geannekseer na 1840 en toe eis hulle dit op na 1994 met die stories in media dis ons skuld en ons het apartheid en aparte gebiede geskep.  Hierdie Reservate en Kroongebiede het selfs met Uniewording, wat uit London beheer is, bestaan, want dit was steeds daar sedert 1815.  Ons in 1948 of 1961 het dit nie geskep nie.

Vir etlike dekades na 1961, is ou Reservate of Tuislande gesien as ‘n euwel en apartheid wat sogenaamd deur ons vorige regering van 1948 geskep is, terwyl Tuislande voor 1961 bekend was as Reservate en Kroongebiede vir die Khoi san en Griekwa gemeenskappe wat reeds in 1815 as aparte gebiede voor 1840 deur die leiers beset is.   Vir eeue het die Boere hul eie dorpe begin stig op grond wat aan niemand behoort het nie.   Die gebiede wat Boere republieke genoem word,  is nie deur ander volke begin nie en sluit nie Reservate, Kroongebiede, Tuislande of KEV’s in nie.

Daar het meer as een Boere republiek aan die ZAR en Vrystaat wettig vasgegroei en later internasionale onafhanklik status en erkenning verkry.

AMPTELIKE TALE

Daar is tans 11 amptelik erkende taalgroepe, sommige volke word behoorlik erken.  Sommige volke se kultuurhuise word erken en ten duurste onderhou, waar hul hulself in hul kultuurfeeste en tradisies kan uitleef.

Die Boere volk se hele geskiedenis word op alle vlakke verander en ontken.   Dis juis hulle wat gedurende die 1994 verkiesing vir selfbeskikking en volkstaat gestem het.   Daarna is amptelik ondersoek gedoen en het fenominaal bewys gelewer dat die Boere republieke steeds lewendig is, want dit is presies waar die meeste ‘n mandaat voor gegee het – om hul vryheid terug te kry.   Die ANC en ou NP het hul verbind hiertoe.  Daar was internasionale verteenwoordigers.   Hierdie Boere republieke is Boere gebiede en behoort nie aan ander volke nie.

Intussen, na hierdie ondersoeke, het die ANC hul deure oopgestel vir onwettige immigrante om in hierdie gebiede te kom plak, sonder om dit wat aan die Boere behoort, te erken.  Die 1994 Akkoord was en is ‘n amptelike ondersoek en is nog nooit afgehandel nie.    Maar instede daarvan, is die onwettige immigrante met ope arms verwelkom om met opset die getalle van hierdie Boere Republieke te laat verklein en groot gebiede word eenvoudig beset.

GEMENGDE MULTI-KULTURE EN BOUSTENE     

Daar is baie negatiewe oorsake wat voortspruit uit die vals geskepte multi-kulturele organisasies en politici.  Daar is die radikale konflikte tussen sekere groepe, misdaad en aanvalle wat met boosheid gegroei het om sekere minderheidsvolke te teiken.   Die Suid-Afrikaanse multi-kulturele politieke partye se hopies verbrande as is al wat na bykans 30 jaar oorgebly het.    Niks het oorgebly in daardie as nie.   Totaal in sak en as.

Kommuniste en liberale Afrikaners wat aan Kodesa en 1996 grondwet deelgeneem het, vervaag oor die horison met nuwe ou koalisie kledingstukke en danspassies in 2024 met  ‘n stukkende verslonsde onderrok wat oral uitsteek.  Koalisies is al jare aan bekend, veral met vorige verkiesings.

Weer eens word gepleit op verdere knoeiery om hierdie multi-kultuur politici aan die gang te hou met behulp van stembriefies en hul koalisievorming, met nuwe beloftes van ‘n beter toekoms vir almal.  Multi-kultuur politiek was na 30 jaar nog geen wenner op enige vlak van regering nie.

Nog ‘n stukkende bousteen wat bykom, is Zuma wat terugkeer in die politiek onder MK as moontlike teenvoeter, wat stemme gaan verdeel of verminder tussen verskillende partye.  Daar sal moontlik nog multi-kultuur deurtjies op skrefies oopvou vir hul voortbestaan sodat nog meer koalisies kan vorm om meer skade aan te rig.   Die land is nog nie genoeg afgebreek nie.   Sedert 1994 is die ANC multi-kultureel en had hul eie koalisies met verskillende baadjies, met misdaad en korrupsie wat net nooit opgehou bestaan het nie.

SWART BEMAGTIGING, RASSISME EN ONTEIENING

Daar kan niks positief of groei bewys word wat SA opgebou het sedert die 1996 grondwet (lees anc-pac-sakp manifes van 1955).   Rassisme en diskriminasie is aan die orde van die dag met diskriminerende en rassistiese wetgewings soos swart bemagtiging en regstellende aksies, wat slegs vir die ryk bevoordeeldes van uiterste voordeel en groei bestaan het.

Die armes en belastingbetalers, die middelklas gemeenskappe, word gelooi met misdaad, korrupsie, moorde, vernietiging van infrastrukture, afbrand van geboue en vergroting van versekerings, sekuriteit en verwante uitgawes.   Op ekonomiese en mediese vlak is dit besighede, maatskappye en hospitale wat agteruitgegaan het.  Immigrante en veral onwettiges het letterlik oor hul eie voete die land binnegeval,  is verwelkom en nooit weggewys nie.

Eie onafhanklike gebiede is ons enigste uittog hieruit met behulp van ons reg as Boere volk.  Dit is die terugkeer na ou Tuislande (Reservate en kroongebiede) era, waar stamme en volke,  hulself onafhanklik sal regeer in hul eie gebiede.   Soos wat dit was voor 1900, waar elke volk vir hulself sal sorg en hul eie leiers moet onderhou.

8840 TRADISIONELE LEIERS – KHOI SAN, GRIEKWAS EN SWARTES

Vandag is daar reeds 8840 tradisionele leiers, wat vir die Boere volk geen voordeel inhou nie, maar ontken die voortbestaan van die Boere op die ou Boere republieke soos wat dit was voor 1900.   Dit het niks met apartheid te doen nie, inteendeel.    Na 1994 het grondeise wetgewing dit duidelik gemaak dat Tuislande nooit ophou bestaan het nie, en moes die belastingbetaler opdok met al die 8840 plus tradisionele leiers vir Khoi san, Griekwas en verskillende swart volke en stamme.

*
*

After 1994, South African politics and organizations teemed with mixed and diverse multi-cultural coalitions which actually meant a very bleak future for our country.    The false rainbow nation.   There was no progress or upliftment, only crime, corruption, mismanagement and red revolutions. On the face of it, it would appear that some citizens and especially politicians are staring past their eyelids if they did not notice the coalition formation during and after the 1994 elections. Blacks, in all the old Reserves or Homelands, as well as Crown land, occupied their own territories and even claimed them once again after 1994.

Since 1994 until today, the ANC forms a coalition government under the ANC flag, ANC-PAC-SAKP and others who have committed themselves to the radical communists as well as the 1955 anc-pac-sakp manifesto (1996 constitution). Not all blacks/other citizens belong to the coalition that is in control. Some have already broken away from it after 1996. Ironically, however, it is 100% a fact that every parliamentary member after 1994 subscribes to the 1996 constitution and therefore accepts the ANC manifesto as their ‘bible’. They have been sworn in under communism with it since 1996.

After 1902, during which the Mineral rights were annexed by Britain, over 400,000 immigrants were invited throughout the country to come and work here in their gold and diamond mines. After 1994 it increased even more and the borders are still open for the whole of Africa to settle here in their millions. There are probably more immigrants than citizens in the country called South Africa today. The ANC and their cadres are therefore willful to let all the immigrants loose on areas that do not belong to them, but to the Boers, namely the Boer republics. Mineral rights belong by right to the citizens of the Boer republics, not to the rest of the country. Where does all that revenue go, because the country is bankrupt.

The Boers are just as entitled to their piece of sunshine in this country and territories that belong to them as the Khoi san, Griquas and blacks claimed their respective Homelands or Crown Territories. Just before the Boer republics were annexed by Britain, Zulu, Xhosa, Griekwa, Khoi san and other areas were also occupied and annexed by Britain.

For several decades after 1961, old Reserves or Homelands were seen as an evil and apartheid supposedly created by our previous government of 1948, whereas prior to 1961 Homelands were known as Reserves and Crown Territories for the Khoi san and Grikwa communities who had already settled in 1815 if separate territories were occupied by the leaders before 1840. For centuries, the Boers started to establish their own towns on land that belonged to no one. The areas called Boer republics were not started by other peoples and do not include Reserves, Crown Territories, Homelands or KEVs.

The entire history of the Boer people is being changed and denied at all levels. They are precisely the ones who voted for self-determination and nation-state during the 1994 election. After that an official investigation was carried out and provided phenomenal proof that the Boer republics are still alive, because that is exactly what most gave a mandate for – to get their freedom back. The ANC and old NP have committed themselves to this. There were international representatives. These Boer republics are Boer territories and do not belong to other peoples.

*
*

BRONNE, VERWANTE ARTIKELS EN INLIGTING

Dekades van donker Koalisies in SA

Apartheid – 1854

Traditional leaders South Africa: 8840

2022 Salaries of Traditional leaders

Traditional houses –  South Africa

Gold and diamonds -1886 – Griqualand West

Ingonyama Trustland (Zulu people)

Richtersveld  –  KHOISAN AND CPA

Khoi San people and leaderships –  legislation

Onafhanklikheid van ‘n volk

CPA’s in SA – 2021

WETGEWING

Wetgewings SEB-RA : B-BBEE-EE legislations

Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index

Submission by Solidarity 14 May 2003 in Parliament

Wetgewings B-BBEE-EE legislations

Dekades van donker Koalisies in SA

Future of Multi-culturalism in South Africa  – Dr Mathews Phosa

Traditional leaders South Africa: 8840

2022 Salaries of Traditional leaders

Traditional houses –  South Africa

Gold and diamonds -1886 – Griqualand West

Ingonyama Trustland (Zulu people)

Richtersveld  –  KHOISAN AND CPA

Khoi San people and leaderships –  legislation

Onafhanklikheid van ‘n volk

CPA’s in SA – 2021

Apartheid oftewel segregasie en aparte gebiede kom ‘n lang pad, wat reeds voor 1900 bestaan het (1894 en 1854), wetgewings in London afgekondig.

Apartheid – 1854

Politieke ideologieê gaan nie die land red nie.  Politici van verskillende partye in die Suid-Afrikaanse parlement gaan nie die land red nie.   Koalisies gaan nie die land red nie – die geskiedenis bewys dit.  ‘n Groot persentasie van die besighede, van die Boervolk en konserwatiewe Afrikaners is belastingbetalers wat die spul hierbo onderhou.

Codesa Constitution Kodesa Grondwet

Vermoor die Boer lied – Kill the Boer song

Human Rights Whites/Menseregte – blankes

Codesa (writers) – Kodesa (skrywers)

1992

Hierdie besprekings vir ‘n veranderde grondwet was voorafgegaan met besprekings wat in verskillende lande buite SA se grense plaasgevind het.  Alles agter slot en grendel en in die geheim.  Besigheidsmanne wat selfs meegemaak het hieraan om ons ondergang te bewerkstellig.

Dakar 1986 – Notes of H Giliomee

*

NOG MEER VOORBEELDE VAN VALS VLAG KOALISIES

NA 1994

Rioolaanlegte landwyd en heelwat watersuiwerings, word eenvoudig nie onderhou nie en daar is oor die 700 rioolaanlegte wat tans nie goed RUIK in riviere en damme nie.   

Die hooframme is politieke bestuurders en sien nie toe dat hul amptenare die werk uitvoer om nie te besoedel en hul werk uit te voer.   Die blaam is 100% korrupsie, swart bemagtigers en regstelaksies.   Dieselfde kan van staatsentiteite gesien word, hier blom swart bemagtigers en die land se ekonomie is in donker gehul – Eskom en haar swart bemagtigers, saam korrupsie en sabotasies.

2013

Die nuwe party bestaan uit die African Christian Democratic Party (ACDP), Congress of the People (Cope), die Freedom Front Plus (VF Plus), die Inkatha Freedom Party, en die United Christian Democratic Party.

BELOFTES VAN GISTER – sommiges onthou nie

Die ooreenkoms het gesentreer op die “gesamentlike prioriteitsareas”, wat bestaan het uit 20 punte wat by ‘n ondertekeningseremonie onderhandel en formeel aanvaar is. Die ooreengekome gebiede het die prioritering van onderwys en opleiding ingesluit, die verwysing van die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting na die Konstitusionele Hof, die versekering van streng skeiding van party en staat, en die hersiening van die “opgeblaasde” regering om doeltreffendheid en bekostigbaarheid te verseker.

FF Plus leader Pieter Mulder is one of the members of the newly formed Collective for Democracy.

2016

2023

KORT na die aankondiging van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) dat Veronica Michaels voorts as Saamstaan Suid-Afrika se raadslid in die Oudtshoorn Munisipale Raad sal optree, het Michaels se party op 22 Mei 2023 ’n koalisie-ooreenkoms met die DA, VF Plus en Icosa gesluit.

2022

Die oggend en aandpraatjies…

VF PLUS: Ons sal nie saam met DA/ANC koalisie werk nie

GEEN MANDAAT

So is daar WETGEWINGS in die pyplyn wat ons lewens verder gaan versuur.

*

2021

Vergete is al die beloftes van gister

Mei 2023

Tshwane en Johannesburg het die afgelope sewe jaar meer burgemeesters gesien as wat hulle in die 18 jaar voor 2016 gehad het. Stryery tussen koalisiepartye het alledaags geword. Die twee metro’s het dus geleidelik gedaal wat dienslewering betref.

The writer asks if the South African governance structure is conducive to a coalition government. Picture: File

https://www.iol.co.za/pretoria-news/opinion/coalition-conversation-does-multi-party-rule-actually-work-ebdb6943-30d0-4d0d-8369-41cf1d88ef8a

*

Die heel kleiner partye moet maar inval by hierdie groot gros met die baasstemme, want hulle beheer die magsdeling.
Coalition Addresses Dispute in City of Tshwane, Agrees to Independent  Investigation - ActionSA

Coalition Addresses Dispute in City of Tshwane, Agrees to Independent Investigation

*
REGERING BESPREEK DIT OOK

https://www.gov.za/CoalitionsDialogue/faqs

*

WETGEWING

Wetgewings SEB-RA : B-BBEE-EE legislations

Submission by Solidarity 14 May 2003 in Parliament

Wetgewings B-BBEE-EE legislations

6 gedagtes oor “Multi-kulturele organisasies en -partye”

Lewer kommentaar