Dekades van donker Koalisies in SA

*

Dis juis politici wat jare magsdeling en politieke blyspel probeer speel,  staande hou en opbou met hul samesprekings vir koalisies en magsdeling veral op plaaslike en provinsiale regeringvlakke.  Ook op Nasionale vlak.     Dieselfde pad is tydens Kodesa samesprekings gevolg.  Dit is bykans 30 jaar later en daar is nog geen wonderwerke van opregte magsdeling in sig nie.  Die jarelange voorstelle en voorsmakies van koalisies in die politieke arena is nie nuut nie.   Is ook nie geslaagd nie, was nog nooit nie.  Die ANC speel dieselfde tipe magspel, die van koalisie met hul kaders.

Coalitions and a government of national unity — a chance to fix the mess?  Coalitions and a government of national unity — a chance to fix the mess?

*

Voor en naverkiesingspraatjies met vals beloftes

In die verlede was daar heelwat koalisies wat gevorm is op plaaslike raadsvlakke en dan stap raadslede oor, sommige word beïnvloed of omgekoop in dan in ‘n ander gewaad en politieke vlag na daardie wyk se belange om te sien.    Munisipaliteite word onder wanadministrasies geplaas, sabotasies is aan die orde van die dag en steeds is die einde nie in sig nie.  Maar politici maak seker dat hul nuwe ‘koalisie’ gedagtes en beloftes is kwansuis nuut geskep.  Dit is nie.

Dit alles is eintlik ‘n politieke sirkus en slagpale, waar die belastingbetalers se bydraes, op alle vlakke van regering, eenvoudig afgeneem word en nooit gebruik word waarvoor dit aanvanklik bedoel is nie.  Dink aan al die wanbetalers van Eskom wat gratis elektrisiteit ontvang, teenoor al die beurtkrag aan die getroue betalers.

DIT STINK.   Dit is ‘n rioolplaas van probleem.   Die grootste probleme is en sal steeds bly, al kom daar nuwe beloftes en nuwe politieke partye.

Die grootste probleem en leemte is.   Terwyl daar verskillende volke en stamme, en selfs veelvolkige NASIES, op grondvlak is, sal daar nooit samehorigheid wees nie.   Elke volk verskil van ander en van mekaar, almal het menseregte, maar die BOERE  volk se regte word totaal en al geskend op alle vlakke van regering, nasionale, provinsiale, munisipale sowel as staatsentiteite en besighede.  Swart bemagtiging, regstelaksies, grondhervorming word en is van toepassing slegs op hierdie klein bevolking in Suid-Afrika.

Die nuwe vlag en sienings word soos gewoonlik gehys voor verkiesings, want die sogenaamde koalisie verander kwansuis van vlag en kleur.  Die beloftes wat voor verkiesings gemaak word sterf ‘n vinnige en grusame dood, want geld is belangriker en praat sterker as menseregteskendings, veral na verkiesings.   Dan stort alle dienste in duie.  So word elke belastingbetaler en eens florerende besighede vernietig.

Teleurstellend is dat koalisievorming nie ‘n vreemde konsep in SA is nie en het al heelwat na 1994 plaasgevind.   Magsdeling en besluitneming word op spesifieke vlakke gedeel.

Kodesa

Die eerste demokratiese nasionale regering ná die 1994-verkiesing was ‘n breë-gebaseerde koalisie – ‘n Regering van Nasionale Eenheid. Daar was ook koalisies op provinsiale vlak in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal, en daar was koalisies in munisipaliteite, sedert die eerste demokratiese plaaslike regeringsverkiesings in 2000.

2021

Ná die 2021-verkiesing was daar ongeveer 70 stadsrade waar geen enkele party ‘n meerderheid gekry het nie en koalisies nodig was. Weens tussenverkiesings (wanneer die samestelling van die raad kan verander), bly hierdie getal verander. Dit dui egter daarop dat koalisieregering ‘n werklikheid in plaaslike regering is.

Leemte en foute – dit werk nie

Daar is egter GEEN waarborge en GEEN bewyse met al die korrupsie, sabotasie, swart bemagtiging en regstellende aksie aanstellings, dat dit werk nie.   Dit het nog nooit gewerk nie.  Daar is egter groot probleme wat ervaar word.   Politieke leiers dink die burgers moet hul woord vat, dit is niks werd nie.

Koalisies is nie op Nasionale vlakke waar wetgewing, wat deel vorm van die 1996 grondwet en regsbank, deurgevoer word nie.    Die regsbank word deur die Meerderheid beheer – volgens die grondwet – die aanstelling van regters en die maak van wetgewings is die meerderheid.

Hierby is geen magsdeling betrokke nie en geld die meerderheidstemme wat wetgewing aanbetref.     Dit spiraal af na hul ondersteuners.   Dit is persone en burgers, kommuniste en liberale blankes, wat swart bemagtiging, regstellende aksie en grondhervorming wetgewings, korrupsie, misdaad en moorde steun,  wat ons land vernietig.

Dus, kan en sal koalisies nie werk indien wetgewing oor die algemeen deurgevoer en geïmplementeer word terwyl meerderheid die hef in die hand het om die land af te breek nie.

Indien politieke partye en amptenare wat so steel, misdaad en moorde toegelaat word om daarmee voort te woeker, sal dit geen invloed hê op enige koalisie nie.

Suid-Afrika is ‘n land met verskillende minderheidsvolke, waarvan die verskillende swart volke die meerderheid vorm.   Daar is ‘n hele hoofstuk (12) in die grondwet ingeskryf om hul ondersteuners steeds op aparte gebiede te hou met grondeise, trust en KEV’s en dan verewig die blaam voor ‘apartheid’ te plaas.   Na 1994 het hierdie spul triljoene ontvang vir aparte gebiede, dog hul blaas op dat hul niks het en agtergeblewenes bly.

Die Boere volk het net soveel regte as enige ander volk dat hul Boere republieke herstel kan word soos voor 1900.   Daar is nie net TWEE Boere republieke nie, selfs ZAR en Vrystaat bevat meer as een Boere republiek.  Inteendeel, as daar in ag geneem word dat al hierdie Boere vegters het deelgeneem om die vryheid van die Boere volk te behou.    Boere vegters het te perd vanaf al die Boere republieke geveg, nie net ZAR en Vrystaat Boere republieke nie.   Konsentrasiekampe sowel die verskroeide aarde beleid van die Engelse en bondgenote is regdeur al die Boere republieke uitgevoer, nie net in die ZAR en Vrystaat nie.  Boere republieke is nooit Afrikaner republieke genoem nie en grond is wettig bekom en onderhandel met die Boere kommando’s.

*

Meer inligting kan verkry word:

Traditional leaders South Africa: 8840

2022 Salaries of Traditional leaders

Traditional houses –  South Africa

Gold and diamonds -1886 – Griqualand West

Ingonyama Trustland (Zulu people)

Richtersveld  –  KHOISAN AND CPA

Khoi San people and leaderships –  legislation

Onafhanklikheid van ‘n volk

CPA’s in SA – 2021

Apartheid oftewel segregasie en aparte gebiede kom ‘n lang pad, wat reeds voor 1900 bestaan het (1894 en 1854), wetgewings in London afgekondig.

Apartheid – 1854

Politieke ideologieê gaan nie die land red nie.  Politici van verskillende partye in die Suid-Afrikaanse parlement gaan nie die land red nie.   Koalisies gaan nie die land red nie – die geskiedenis bewys dit.  ‘n Groot persentasie van die besighede, van die Boere volk is belastingbetalers wat die spul hierbo onderhou.

*

Dis wetgewing en grondwet, wat swart bemagtiging toelaat, wat ons land vernietig, want hierdie grondwet stem ooreen met die 1955 pac anc sakp manifes.

ANC – Freedom charter 1955

1955 ANC Freedom Charter

Miskien is die grondwet dalk vir liberale en verligte Afrikaners uniek anders as wat voor 1994 in plek was.   Hulle het dit saam gesit en ontwerp wat vandag rondom ons plaasvind.

Codesa Constitution Kodesa Grondwet

Daar word nie gesing, vermoor die Blankes of Afrikaners nie, maar die BOERE.

Vermoor die Boer lied – Kill the Boer song

Human Rights Whites/Menseregte – blankes

Codesa (writers) – Kodesa (skrywers)

1992

Hierdie besprekings vir ‘n veranderde grondwet was voorafgegaan met besprekings wat in verskillende lande buite SA se grense plaasgevind het.  Alles agter slot en grendel en in die geheim.  Besigheidsmanne wat selfs meegemaak het hieraan om ons ondergang te bewerkstellig.

Dakar 1986 – Notes of H Giliomee

*

NOG MEER VOORBEELDE VAN VALS VLAG KOALISIES

NA 1994

Rioolaanlegte landwyd en heelwat watersuiwerings, word eenvoudig nie onderhou nie en daar is oor die 700 rioolaanlegte wat tans nie goed RUIK in riviere en damme nie.   

Die hooframme is politieke bestuurders en sien nie toe dat hul amptenare die werk uitvoer om nie te besoedel en hul werk uit te voer.   Die blaam is 100% korrupsie, swart bemagtigers en regstelaksies.   Dieselfde kan van staatsentiteite gesien word, hier blom swart bemagtigers en die land se ekonomie is in donker gehul – Eskom en haar swart bemagtigers, saam korrupsie en sabotasies.

2013

Die nuwe party bestaan uit die African Christian Democratic Party (ACDP), Congress of the People (Cope), die Freedom Front Plus (VF Plus), die Inkatha Freedom Party, en die United Christian Democratic Party.

BELOFTES VAN GISTER

Die ooreenkoms het gesentreer op die “gesamentlike prioriteitsareas”, wat bestaan het uit 20 punte wat by ‘n ondertekeningseremonie onderhandel en formeel aanvaar is. Die ooreengekome gebiede het die prioritering van onderwys en opleiding ingesluit, die verwysing van die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting na die Konstitusionele Hof, die versekering van streng skeiding van party en staat, en die hersiening van die “opgeblaasde” regering om doeltreffendheid en bekostigbaarheid te verseker.

FF Plus leader Pieter Mulder is one of the members of the newly formed Collective for Democracy.

Opposition parties form coalition in bid to oust ANC

2016

Coalition agreement between the FF Plus and other parties in the interest of the people of South Africa

2023

KORT na die aankondiging van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) dat Veronica Michaels voorts as Saamstaan Suid-Afrika se raadslid in die Oudtshoorn Munisipale Raad sal optree, het Michaels se party op 22 Mei 2023 ’n koalisie-ooreenkoms met die DA, VF Plus en Icosa gesluit.

Koalisie-ooreenkoms: DA, Icosa, VF Plus en Saamstaan

2022Die oggend en aandpraatjies…

VF PLUS: Ons sal nie saam met DA/ANC koalisie werk nie

GEEN MANDAAT

So is daar WETGEWINGS in die pyplyn wat ons lewens verder gaan versuur.

Met geen mandaat in sig, word daar ‘n beoogde WET voorgehou deur niemand anders as die VF plus nie.

Nie jare gelede nie, was Selfbeskikking en Volkstaat vir die Boere volk  deel van die VF plus se manifes of hoe – dit is hoeka eensydig van die tafel afgeboender.   Net omdat die politieke spel gespeel word van een unitêre staat.   Hulle het in elk geval hul lankal as veelvolkig verklaar, ‘n Afrikaner politieke party in murg en been.   Verwys ook na die tyd en era saam Rhodes in die Kaapkolonie (Bondsparty)

Nou word Wetgewing tussen politici beoog  om ʼn raamwerk te skep om probleme rondom koalisies aan te spreek, mag nie ʼn instrument word net om die ANC te bevoordeel en aan bewind te hou nie.    Burgers weet hoe ‘n wet werk en dis nie koalisie politici wat wetgewings skep en implementeer  nie.

Koalisie-wetgewing mag nie geskep word om ANC te bevoordeel

*

2021

Vergete is al die beloftes van gister

https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-11-08-coalitions-and-a-government-of-national-unity-a-chance-to-fix-the-mess/

Mei 2023

Tshwane en Johannesburg het die afgelope sewe jaar meer burgemeesters gesien as wat hulle in die 18 jaar voor 2016 gehad het. Stryery tussen koalisiepartye het alledaags geword. Die twee metro’s het dus geleidelik gedaal wat dienslewering betref.

The writer asks if the South African governance structure is conducive to a coalition government. Picture: File

https://www.iol.co.za/pretoria-news/opinion/coalition-conversation-does-multi-party-rule-actually-work-ebdb6943-30d0-4d0d-8369-41cf1d88ef8a

*

En daar is beslis heelwat oorvleueling en dit geskied ook binne provinsiale en raadsvergaderings.  Daar is nog altyd verwag dat diensverskaffing op veral munisipale vlakke behoort beter te wees as 1995, maar dit is nie.   Inteendeel dit het so verswak met al hierdie koalisies dat politici self deurmekaar raak waar hulle wil sit of staan.   Die heel kleiner partye moet maar inval by hierdie groot gros met die baasstemme, want hulle beheer die magsdeling.
Coalition Addresses Dispute in City of Tshwane, Agrees to Independent  Investigation - ActionSA

Coalition Addresses Dispute in City of Tshwane, Agrees to Independent Investigation

*
REGERING BESPREEK DIT OOK

https://www.gov.za/CoalitionsDialogue/faqs

*

WETGEWING

Wetgewings SEB-RA : B-BBEE-EE legislations

Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index

Submission by Solidarity 14 May 2003 in Parliament

Wetgewings B-BBEE-EE legislations

5 gedagtes oor “Dekades van donker Koalisies in SA”

Lewer kommentaar