Sedert 1994 word al ons blankes se menseregte geskend, net omdat daar wit pigmente oor ons lyf geklee is. Hoe minderwaardig moet meerderhede swart ea sowel blanke liberale/ klassieke liberale nie voel om verskillende nasionale wetgewings van parlement SA te laat implementeer sodat ons blankes nie mag deelneem aan enige ekonomie of vooruitgang in die land nie. Dit word selfs op sportvlak gedryf met kwotastelsels.
*
Dit is nie net ‘n beleid wat oor ‘n ronde tafel verander kan word nie, dit is nasionale wetgewings wat op alle vlakke geïmplementeer is. Dit word afgedwing en dan as “beleid van besighede” gedryf.
*
Regering reken swart bemagtiging is net “beleid” – dit is nie …
Ramaphosa – BEE not a racist policy
*
Blankes word al vir meer as 27 jaar geblameer vir swartes se armoede wat deur hulself veroorsaak word. Daar word al vir 27 jaar verwys na die sogenaamde bevoordeling van blankes, maar in die tydperk is weinig werksgeleenthede geskep vir al die miljoene. Dit word gerieflikheidshalwe ook nie gemeld dat daar miljoene immigrante en onwettiges uit Afrika en Asië die land binnestroom vir gratis onderrig, mediese sorg, toelaes en selfs behuising.
Die terreur op grondvlak, die plunder en afbrand van skole, universiteite, besighede word tot op die grond vernietig sodat hulle nie hoef deur onderrig te gaan of te werk nie en dan afhanklik van kommunistiese staat te wees vir toelaes. Hoeveel van die toelaes word aan immigrante en onwettiges uitgedeel?
Die regering, bestaande uit verskeie politieke partye asook deelname van provinsies, stel eerstens nasionale wetgewings op in lyn met die demokratiese grondwet. Wetgewing word op alle ander vlakke van regerings, soos plaaslike owerhede, staatsentiteite, privaat besighede en maatskappye geïmplementeer wat dit dan as “beleid” uitvoer. Daar word dan van hierdie spul verwag om “beleid” op te stel wat onder die nasionale wetgewing sambreel val. Wees wakker, veilig en neem waar wat in Hansards, Wetgewing en Grondwet aangaan.
Swart ekonomiese bemagtiging nes Regstellende aksie, is rasgebaseerde wetgewings, wat vir meer as 27 jaar geld en wat slegs teenoor die 4 miljoen blankes ingestel is. Dit kring uit na ander bevolkingsgroepe.
Selfs swart immigrante uit Afrika, Kuba of Brics lande (China) het voorkeur bo enige blanke in die land – is al uitgenooi om hier te kom werk en woon.
Indien blankes van Suid-Afrika die land verlaat vir ‘n beter heenkome op ‘n ander kontinent en land, mag daar slegs aanstellings of werkspermitte wees indien daar nie geskikte plaaslike burgers is nie. Indien emigrasie plaasvind verlang daardie land ‘n spesifieke bedrag of belegging om te mag vestig. Geen land oorsee huisves maklik blankes van Suid-Afrika sonder voorwaardes nie.
*
Populasie, sensus en byvoordele van immigrante
Ons is nie net 60-62 miljoen burgers nie – daar is oor die 120 miljoen in Suid-Afrika as die beraamde immigrante en onwettiges bygereken word. Daar is en word nooit statistiek of sensus op immigrante gedoen nie, sodat die getalle wat reflekteer word in media, nooit die ware feite is nie.
Immigrante word veral in munisipaliteite en metro’s opgeneem in wyke waar politici gretig is vir daardie stemme met verkiesings. Hierdie ekstra immigrante lading op ons burgers, eis die spul immigrante alles gratis op wat die burgers kry soos voedsel, behuising, skole, toelaes en hulle is almal geregtig volgens die SA grondwet en wetgewing swart bemagtiging en regstellende aksie.
Terreurdade vind plaas sonder of min vervolgings. Heelwat deelname aan terreurdade vind op ‘n daaglikse basis plaas.
Dit wil sê ‘n meerderheid van beraamde 50 miljoen swartes (en liberale blankes) het rasgebaseerde wetgewings ingestel teenoor blankes (beraamde 50:4) sodat blankes nie besighede inbring sonder om hierdie wetgewing in hul besighede toe te laat nie. Daar is min ekonomiese groei.
Is die 50 miljoen scenario die feite?
Die 50:4 is veel meer, (eerder 120:4 plus) aangesien miljoene immigrante en onwettiges uit Kuba, Afrika en China reeds werksaam is in Suid-Afrika onder die huidige rasgebaseerde wetgewings.
Voedselsekerheid moet ook die immigrante in gedagte hou, want alle immigrante koop by Suid-Afrikaanse winkels. Dis die Boere en landbouers wat die winkels van voedsel voorsien, nie alles word ingevoer nie.
*
Strategie van die wetgewings is tweeledig, maar dit word voorgehou dat dit vir “arm swartes / ander” is. Dit is nie.
Lees op maatskappye se webbladsye wie word bevoordeel. Ryk bevoordeeldes (alle rasse en nie net wit monopolie nie) verdien groot inkomstes uit swart bemagtiging en regstel aksies.
Dit alles word gedoen om die blankes, die Boer en Afrikaner uit posisies te druk en besighede wat byvoorbeeld meer as 51% aandeel in ander volke moet besit om te kan bedryf. Daar is al voor 1994 reeds bestaande swart besighede, wat slegs vir swartes is. Vandag is dit blankes wat die rassisme en diskriminasie moet deurmaak – dis blankes wie se armoede gegroei het. Daar is ongelukkig heelwat swartes en ander volkslede, wat armoede en misdaad deurmaak, maar 90% is immigrante wat uit ander Afrika lande hier kom plak. Dis nie net immigrante wat hiervoor verantwoordelik is nie, heelwat landsburgers doen graag mee aan die kommunistiese rewolusie.
*
Daar word gedurig voor ons blankes se deure geplaas word dat die vorige regering blanke poste gereserveer het. Wat het in Tuislandgebiede plaasgevind?
Stem uit die Graf
Diegene wat nie weet wat die regering, privaat besighede en die Nywerheids Ontwikkelings Korporasie (NOK) gedoen het om swartes op te lei en werk te verskaf in en rondom ou Tuislande (10) moet gaan oplees daaroor en selfs fisiese bewyse is steeds daar.
Daar is duisende besighede wat steeds in die gebiede bestaan en selfs werk (soos onder andere Pretoria Noord se Nissan, bv. nywerhede en vele ander). NOK en vorige regering, het juis grensnywerhede geskep vir beter werkskepping, sodat werkers nader aan hul geleenthede is om inkomstes te verdien.
*
*
*
*
Unpacking the Employment Equity Act. The purpose of the Employment Equity Act, No 55 of 1998 is to achieve equity in the workplace by promoting equal opportunity and fair treatment in employment through elimination of unfair discrimination and implementing affirmative action measures to redress the disadvantages in employment experienced by designated groups, in order to ensure equitable representation in all occupational categories and levels in the workforce.
*
WHERE IS EQUAL OPPORTUNITIES? ALL population groups
Employment Equity Act
*
Racism, Discrimination, Crime and Corruption – UN (prevention)
*
Swart bemagtiging en regstellende aksie is wetgewing en nie “beleid” nie. Dis afgekondig vir sekere doelwitte – om ontslae te raak van die sogenaamde “blanke monopolie” wat nie bestaan nie.
Various articles on Black Economic Empowerment…
&
[…] *Wetgewings B-BBEE-EE legislations* […]
LikeLike
[…] Submission by Solidarity 14 May 2003 in ParliamentWetgewings B-BBEE-EE legislations […]
LikeLike
[…] Wetgewings B-BBEE-EE legislations […]
LikeLike
[…] Wetgewings B-BBEE-EE legislations […]
LikeLike
[…] Wetgewings B-BBEE-EE legislations […]
LikeLike
[…] Wetgewings B-BBEE-EE legislationsTraditional leaders South Africa: 8840 […]
LikeLike