Gupta familie in Vanuatu

*

Die Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste het uiteindelik bevestig dat die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) Suid-Afrika se versoek van die hand gewys het om die Gupta-broers aan Suid-Afrika uit te lewer op aanklagte van geldwassery en bedrog.    Wys ook weer eens hoe ernstig ander lande is om korrupsie en misdade hok te slaan.   Die hulpverlening uit die binnekring wat so naarstigtelik verleen is aan hierdie boeties se vervolgingaksies is steeds onopgelos.

Princess 👸🏽 on Twitter: "Ronald Lamola must tell us WHY the Guptas were  allegedly spotted in Switzerland in his resignation letter.  https://t.co/IlHtIiikyB" / Twitter

*

Die Guptas het heel gerieflik na die eiland verkas wat hulle sal beskerm en  wat deel van die Britse statebond vorm.   Switzerland, wat neutraal is, is nog ‘n ander land wat hul glo besoek het.   Die reis en verblyfonkostes word verseker vanuit oorde gefinansier.

Gupta-broers se uitleweringsversoek onsuksesvol

Dubai-aanklaers bevestig skriftelik dat die Gupta-uitleweringsdokumente wel  'in orde was' – berig

*

En hulle het STEEDS almal Suid-Afrikaanse paspoorte.   So hulle is wettige Suid-Afrikaners, maar hul paspoorte is vrylik gegee sodat hulle kon vlug, wat ook gebeur het.   Nou waarom is hulle paspoorte dan nie ook ingetrek dat hulle nie die land kon verlaat nie, hul korrupsie het nie oornag ontstaan nie.  Hulle het reeds 5 jaar gelede landuit gevlug.  Ander misdadigers se paspoorte word vinnig gehou dat hulle nie die land verlaat nie, maar nie die Guptas nie.  Wat maak hulle so spesiaal en werk die regering met dubbel standaarde as daar groot misdade gepleeg word?   En ons weet dis SA en daar is baie misdaad.   Sommiges het gevlug.   Wat het van al Zuma se sake geword?   Dit word keer op keer uitgestel, sodat nog meer misdade voltooi kan word.

https://www.livemint.com/news/world/gupta-brothers-still-south-african-citizens-home-affairs-minister-motsoaledi-11681537004087.html

Zondo: Guptas en Gigaba

Die persepsie dat die ANC hul magte vir dekades misbruik het met die aanstellings van kommissies, volgens hulle 1996 grondwet, sodat hulle gevrywaar is teen vervolging, is steeds aan die orde van die dag.   Kommissies kom voor as vals fronte.    Waarnatoe is die Zondo kommissie se uitsprake op pad en wie gaan toesien dat dit uitgevoer word – beslis nie die 400 lede in parlement nie?  Indien dit hul erns was om misdaad te vernietig, sou dit al lankal uitgevoer gewees het.

*

SWART BEMAGTIGING

Swart bemagtiging is nog ‘n kommissie met Ramaphosa in beheer.    Die ryk bevoordeeldes, aangesteldes in top posisies, trek wins uit die kommissies.

Vals front van apartheid – aparte gebiede (kroongebiede, tuislande/reservate)

Boere, die konserwatiewe blankes kon nie apartheid na 1961 geskep het as dit reeds sedert 1815 bestaan het nie.

Richtersveld 1847

Ingonyama Trustland (Zulu people)

CPA’s in SA  – 2021

Indigenous land (old homelands) – Trustland  –  CPA  – landclaims

Apartheid, wat reeds van ongeveer 1815 deur Brittanje en swart/khoisan stamme bedryf word onder die koloniale vlerkies van die Britse statebond, is steeds die baba wat hulle grootgemaak het.     Dieselfde stamme of volke, bedryf steeds dieselfde aparte gebiede, net onder nuwe name en wetgewings van die ANC en hul eie huise, soos trust en gemeenskaplike eiendomsverenigings waar miljarde rande al sedert Kodesa era aan die sogenaamde agtergeblewenes betaal is.     In die gebiede waar meeste van die khoisan, griekwas en swartes ongeveer sedert 1815 woonagtig is en selfs werk, is daar meer as 40 miljoen, wat hul grondgebiede onder grondeise geëis het.   Hulle het aparte huise en wetgewings vir hul meer as 8840 tradisionele leiers en word ook dienooreenkomstig volgens die ANC maandeliks salarisse betaal.

2022 Salaries of Traditional leaders

Traditional leaders South Africa: 8840

Apartheid en armoedevraagstukke

Die woord Apartheid of wyle Dr Verwoerd, word die skuld gegee vir alles wat die ANC dink is nodig om as slaansak en vals front te gebruik.   Dit word in media berigte beklemtoon.

Apartheid van voor 1990 is nie vir hierdie armoede in 2023 verantwoordelik nie.   Miljoene immigrante loop onwettig oor ons grense en kom plak almal in informele sektore rondom groot stede of dorpies, sodat dit moet lyk dat armoede is deur die Boere en blankes van voor 1994 geskep of veroorsaak.      Hulle pluk daagliks wat hulle gratis kan verorber, soos huise, dienste, skole, mediese sorg, toelaes en veel meer.

Apartheid – 1854

Jan Smuts – Churchill – Rhodes – apartheid  : British rules

Heelwat artikels wat ons blankes raak waar daar teen blankes gediskrimineer word.

Menseregteskendings en swart bemagtiging
Inhoudsopgawe B-BBEE Index

*

Die voormalige Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma dien 15 maande tronkstraf uit op aanklagte van korrupsie teen hom. Die ondersoekpaneel ondersoek ook bewerings dat Zuma drie Indië-gebore sakemanne toegelaat het om vir hul eie wins te steun. Die sakemanne ter sprake is Atul Gupta, Ajay Gupta en Rajesh Gupta. Die bewerings is dat Zuma die Gupta-broers toegelaat het om ‘staatshulpbronne te plunder’ en regeringsbeleid te beïnvloed. Wie is die voortvlugtige Gupta-broers?

*

Wat het Suid-Afrikaanse regering kwansuis gedoen omtrent die Guptas, waarom is hulle nooit vasgekeer en selfs vervolg nie?    Hulle wag tot die Guptas landuit vlug en maak dit dan ‘n ander land se probleem of hoe?

Sedert die staatskapingskandaal is verskeie van die Guptas se bates in Suid-Afrika glo deur die staat bevries, insluitend ‘n private straler, hul herehuis in Saxonwold, Johannesburg, en een in Constantia, Kaapstad.  Hulle het uit Suid-Afrika na Dubai gevlug nadat hulle in Suid-Afrika gesoek is om kriminele aanklagte in die gesig te staar oor twee aangeleenthede — die sogenaamde Nulane- en Estina-sake.  Daar is moontlik plaaslikes in hegtenis geneem, maar wat van die Guptas wat skotvry is en luuks lewe.

Dubai

Die Gupta-broers Rajesh en Atul het nie meer Interpol-rooi kennisgewings aan hul name geheg nie wat die weg sou gebaan het vir hul arrestasie om aanklagte van bedrog en geldwassery in Suid-Afrika.   Tog word niks of enige vervolgings gewaarborg nie.    Hulle sit veilig as burgers van ‘n ander land of eilandgroep.

Daar word nou berig dat die rooi kennisgewing verval het sodra die lasbriewe vir arrestasie vir die Guptas in die VAE uitgereik en uitgevoer is. Dit beteken daar sal her-aansoeke moet wees vir nuwe rooi kennisgewings.    Dit is bewys dat Suid-Afrika se regering sloer met sulke sake sodat misdadigers wegkom met triljoene sonder om vervolg te word.

Wie het baat hierby gevind, aangesien alles onder die Zuma en selfs Mbeki presidente en hul makkers plaasgevind het?   Ramaphosa en sy kabinet dra ook kennis van alles, so ook al die opposisiepartye.

Die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste het volgens berigte op 6 April 2023, met die Ambassadeur van die Verenigde Arabiese Emirate geskakel.     Dit is in die tydperk verneem dat VAE die versoek van Suid-Afrika van die hand gewys het.   Dit was glo in die hof in Dubai op 13 Februarie 2023.

Heel gerieflik is vervolging dus van die hand gewys met GEEN waarborge nie.   Suid-Afrika het alle geleenthede gehad om die Guptas plaaslik in hegtenis te geneem het, maar het dit nie gedoen nie.

In dieselfde gesprek is verneem dat die Guptas burgers is van ‘n eiland, Vanuatu.   Vir etlike dekades is hier op Suid-Afrikaanse bodem gemaak en breek soos hulle lekker kry, maar noudat vervolging hulle in die gesig staar, het hul gerieflik burgers van hierdie vulkaniese eilande geword.    Vanuatu is ‘n klein eilandnasie in Oseanië, dit het ‘n bevolking van ongeveer 307 000, en dit was eens ‘n Britse kolonie.   Hierdie is ‘n groep van ongeveer 83 eilande wat hul onafhanklikheid gekry het in 1986 van Brittanje en Frankryk.    Vanuatu is ook deel van die Britse Statebond sedert 1980.

Is hulle bo die wet verhewe?

Vanuatu – Britse statebond

*

Korrupsie gaan al langer as 10 jaar aan.    Gerieflik vlug die Guptas uit Suid-Afrika, terwyl die regering en regstelsel nie baie ernstig om hulle te vervolg nie.

https://www.iol.co.za/news/crime-and-courts/uae-turned-down-sas-request-to-extradite-guptas-brothers-to-come-back-to-face-prosecution-8375a5b3-e4ac-4df6-a7c1-925dbf3f6c29

https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2023-04-07-guptas-are-now-citizens-of-vanuatu/

*
*

Verwante inligting – Gupta legkaarte sedert hul aankoms in SA

Deel van die Britse statebond

Vanuatu –  Britse statebond

ZONDO COMMISSION OF ENQUIRIES

State capture –  Zondo commission  – Molefe –  Gigaba – Guptas

State Capture-Ramaphosa-Zuma-Manyi-Chinese-GUPTAS

State capture – Ramaphosa

State capture  SOUTH AFRICA

ConCourt send Zuma to Jail –  Zondo  – spider web

Zondo – Guptas –  Duduzane Zuma

State capture –  Zondo commission  –  Molefe  –  Gigaga  –  Guptas

Affidavit – State Capture by SARB & Banks

Zondo – Hogan – Zuma – State capture

Zuma – Zondo commission

Zondo Commission – Zuma – 2021

Zondo Commission – Ngoako Ramatlhodi (spy) – Zuma

Zuma in action – his own Zondo Commission

Zuma and his Zondo commission about State capture

Zondo – Hogan – Zuma – State capture

Zuma – Zondo commission

Zuma-Ramaphosa – ANC faction –  Guptas  –  Saxonwold

Koornfontein mine – Gupta – Black Royalty Minerals (BRM)   – AEMFC

Zondo: Guptas, Zuma, Ramaphosa etc

Gupta  – Denel  –  Ramaphosa – CPA’s

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s