Lionel Phillips (mynmagnaat)

*

Die Villa Arcadia van Lionel Phillips (1910) wat in ‘n ietwat gedempte Kaapse styl ontwerp en gebou is, is een van Herbert Baker se beste huise aan die Rand.  Phillips was en is geen gebore Suid-Afrikaner, maar ‘n Suid-Afrikaanse finansier en mynmagnaat.   He is in Londen gebore, het hy heelwat later na suider Afrika  geëmigreer.   Hy het vinnig ‘opgang’ gemaak en in die Unie parlement opgeëindig.  Hy is maar een van die tientalle mynmagnate gedurende en na die Anglo-Boere oorloë.

Villa Arcadia

Hollard saves Arcadia (in 2004) and gets the best view around | The  Heritage Portal


*

Al hierdie mynmagnate se huise is buitensporig luuks ontwerp en gebou.   Die mynmagnate se huise staan egter ‘n seer oog uit in gebiede rondom die myne wat veral na 1902 goud en diamante uitgehaal het.   Daar was heelwat mynmagnate wat ryk geword het uit die minerale rykdom van Suid-Afrika en veral die ou onafhanklike Boere Republieke.

Die Anglo-Boere oorloë was kwansuis uitgevoer omdat die Boere republieke bankrot was, is sommer net bogstories – die teendeel bewys dit.  Sou die bankrotskappe die waarheid gewees het, sou daar nie soveel mynmagnate hier in spesifieke areas kom afpak het en multi-biljoenêrs geword het nie.   Meeste van hulle buitelandse immigrante.    Waar het hierdie ryk magnate dan die geld vandaan gekry om die tipe van huise te laat ontwerp en bou.   Herbert Baker het nie sy werk gratis gedoen nie en die arbeid is nog minder gratis uitgevoer.

Meer agtergrond oor Lionel Phillips (1855-1936)

Hy het hom in 1875 in Kimberley gevestig en as diamantsorteerder begin werk. In 1881 word hy ‘n direkteur van die Griekwaland-Wes Diamantmaatskappy. Hy het in 1889 by die voorste mynhuis van Hermann Eckstein and Company aangesluit en Eckstein as hoof van die firma opgevolg.

In 1891 was hy president van die Kamer van Mynwese en hy het ‘n belangrike rol gespeel in die finansiële organisasie en tegniese ontwikkeling van die goudmyne.   Phillips was een van die vier lede van die Hervormingskomitee wat na die fiasko van die Jameson-aanval (1896) ter dood veroordeel is. Die vonnisse is versag tot ‘n boete van £25 000 en verbanning.

Hy het na die Boereoorlog teruggekeer na Suid-Afrika, was ‘n lid van die eerste Unieparlement (1910–15), en is in 1912 as ‘n baronet geskep.    Dus, eers word hy die doodstraf opgelê, verband en word nie baie jare daarna deel van die Unie parlement.

Phillips en sy vrou Dorothea Sarah Florence Alexandra Ortlepp het die grondslag gelê van die Johannesburgse Kunsgalery-versameling en van die Michaelis-galery in Kaapstad.

*

Herbert Baker het Villa Arcadia gebou in dieselfde tyd wat hy ook Glenshiel gebou het, net ‘n paar kilometer verder in Parktown, vir sir Lionel Philips en sy vrou Florence Philips – ‘n bekende filantroop en kunsversamelaar wat die Johannesburg Kunsgalery gestig het. Die Philips gesin het net 13 jaar by Villa Arcadia gewoon voordat hulle na die Kaap verhuis het

In 1923, onder die S.A. Joodse Weeshuis, het dit ‘The Arc’ geword, wat kinders vir die volgende 78 jaar bedien. Die Villa se oorspronklike elegansie en historiese vakmanskap, wat in 2003 deur HOLLARD opgekoop en later gerestoureer is

*

Glenshiel en Villa Arcadia is albei klassieke herehuise, gebou vir ryk, Brits-koloniale mynmagnate en hul glansryke vroue.

https://www.encyclopedia.com/religion/encyclopedias-almanacs-transcripts-and-maps/phillips-sir-lionel

*

NIKE

Die figuur van die Griekse godin van Nike oortref die gedenkteken wat opgedra is aan diegene wat tydens die Anglo-Boer geval het.

Oorspronklik is dit die “Rand Regiments Memorial” en opgedra aan Britse soldate wat hul lewens tydens die Tweede Boereoorlog verloor het.   Dit is op 10 Oktober 1999 heropgedra aan alle persone wat tydens die Tweede Boereoorlog gesterf het en is herdoop na die Boereoorlog gedenkteken.

Die beeldhouwerk, wat na die weste kyk, is die werk van die Rus, Naoum Aronson, wat in opdrag van sir Hugh Lane is, na oorleg met Lutyens en Phillips [Sir Hugh Lane was ‘n vriend van die beroemde beeldhouer, wat dit ontwerp het.

File:The Anglo-Boer War Memorial.jpg - Wikimedia Commons

https://www.wikiwand.com/en/South_African_National_Museum_of_Military_History

https://scientiamilitaria.journals.ac.za/pub/article/view/342/379

*

Herbert Baker huise en geboue

Baron Rosmead (ABW)

Johannesburg –  Egoli-Goud  –  Witwatersrand

Diamonds/Diamante – Gold/Goud -MINERALS

Johannesburg –  Man-Made Urban Forest in the World –  others

Paul Kruger 10 Oktober

Een gedagte oor “Lionel Phillips (mynmagnaat)”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s