Suid-Afrika se volksetnisiteite

*

Die Republiek van Suid-Afrika beskik oor verskillende minderheidsvolke wat elkeen met mekaar verskil.   Die verskillende swart minderhede vorm ‘n eenheid wat meestal politieke multi-kulturele partye soos die ANC, DA, EFF, IVP, COPE, ACDP en VF steun.   Bo-en-behalwe dit, het meeste volke of stamme (soos die Khoi san, Zoeloes, Ndebele en ander) steeds hul eie tradisionele trust of kev gebiede soos en voor 1994, waar ou tuislande (reservate) en kroongebiede geleë was.  Die aparte gebiede het nie verdwyn nie.

The 1913 Land Act | The Heritage Portal

*

Volksidentiteite, etnisiteite en kultuurverskille  word nie polities bepaal nie, maar tradisioneel en deur elke groep hulself.      Groepsoorlewing was en is nog altyd belangrik, vir elke volk, ook in Suid-Afrika, selfs in ander Afrika lande.   Daar word heelwat geskryf hoe volksmoorde plaasgevind het en uitgewis is.    En meerderhede, veral uit ander kontinente pleeg meestal die moorde en kom weg daarmee.

Boere volk

Op plaaslike vlak,die Zoeloe wil verseker nie ‘n Xhosa of Khoi san genoem word nie of andersom.   Die Boere  is ook nie deel van hierdie ander volke of stamme nie, maar het ook hul eie volksgroepe.   Die Boere volk.  Dit gaan nie oor ras of dink een is beter as ‘n ander nie.

Die Boere volk se tradisies, identiteit, kulture en geskiedenis verskil hemelsbreed van die Zoeloe, Khoi san, Griekwa, Ndebele, Tswana of enige ander volke.   Dit is lankal tyd, dat daar meer onderlinge respek is tussen mekaar en besef ons is nie dieselfde volke nie.   Respek skiet ver tekort in die land.

Respekteer ten minste die Boere volk dan dieselfde regte wat vir die Zoeloe in Ingonyama Trust of die Khoi san in die Richtersveld gegun word om hul hulself uit te leef in hul gewoontes, tradisie en hul eie identeite opbou.  Ingonyama Trust is belangrik vir die Zoeloe volk, maar netso is al die Boere republieke uiters belangrik vir die Boere volk.  Dit geld vir elke volk, nie net in Suid-Afrika.

Net omdat die Boere ‘n blanke vel het, maak hulle nie anders nie en is hulle  ‘n volk in eie reg, soos die Zoeloes wat swart is of Khoi san wat bruin is.  Dit is ‘n volksreg om ‘n eie identiteit, geskiedenis kultuur en tradisies te hê.   Dis mos nie ‘n sonde dat die Boere volk blankes is nie, netso min is dit ‘n sonde as die Zoeloe of Xhosa swartes is nie.   Die Zoeloe en Xhosa verskil ook van mekaar en is nie een volk  nie.   Tog stam hierdie swart volke meestal uit Afrika en uit ‘n koninkryk bo in middel Afrika.     Die Franse en Russe verskil van die Italianers en Duitsers en andersom.

*

BESETTE GEBIEDE IS NOOIT VAN NIEMAND AANGEKOOP NIE – SWARTES HET HUL GEBIEDE BESET

Voor 1900 was daar reeds besette gebiede deur swart, khoi san en griekwa volke.  Dit is ook gebiede wat Brittanje voor 1900 geannekseer het, soos die twee Boere republieke.   Ander volke bly steeds op die gebiede en ons as Boere het beslis nie hul grond gesteel nie.   Die Boere volk is geregtig op hul Boere republieke.

In Suid-Afrika word slegs die Boere asook Indiër groepe, uitgesluit omrede hul kultuur en waardes verskil totaal en al van al die ander etniese volke.   Hul volksidentiteit, -geskiedenis, -kultuur en -tradisies word nie erken in die sogenaamde demokrasie nie.

*

Grondeise onder ANC en toepaslike wetgewings sedert Kodesa en 1994.

Die een hofuitspraak wat deur die Grondeise hof gelewer is waar Regter Geldenhuys
en Waarnemende Regter Mia tesame met ‘n assessor by name Wiecher ‘n aangeleentheid aangehoor het oor ‘n grondeis in terme van die “Restitution of Land Rights Act 22 van 1994” ingestel en die eis reeds aanvaar is as ‘n geldige grondeis.

By hierdie geleentheid moes die Hof beslis of die herstel van besit aan die gemeenskap ekonomies vatbaar en in die belang van geregtigheid is in terme van Artikel 33 van die Wet.   Waar daar verskille is word dit oral gevolg.   Dit is en word alles op Nasionale vlak regering uitgevoer, want hulle president stel volgens 1996 grondwet die regters aan.

https://www.vvd.co.za/knowledge-base/wat-beteken-die-beginsel-dat-die-herstel-van-besit-by-n-grondeis-ekonomies-vatbaar-moet-wees/?print=pdf

*

Die Boere volk het geen swarte in enige reservate inforseer om te bestaan of swartes om dit te beset nie – hulle het selfs stemreg in hul eie gebiede, hul eie leiers gekies voor 1994.    Tuislandleiers is amptelik verkies.    Van die reservate of tuislandgebiede is in die beste reënvalstreke geleë en beset.   Hulle het almal uit die noorde op suidelike Afrika toegesak en slegs sekere grondgebiede beset.

Tuislandgebiede of reservate het nog nooit aan enige Boere volk behoort nie.  Dit was in elk geval deur Brittanje voor 1900 beset en geannekseer.

Dat daar besliste gebiede is wat aan die Boere behoort kan nie betwyfel word nie.

Sedert 1815 het swart etniese volke sowel ander , khoi san en griekwa gebiede beset, wat aan niemand behoort het nie.  Die Boere het ook, na onderhandelings met swartes ook in Niemandsland grondgebiede gaan vestig.  Dis van niemand gesteel nie omdat hulle steeds daarop woonagtig is en fself werksaam is.

Voor 1961 is die verskillende swart gebiede reservate genoem en khoi san en griekwas se gebiede is kroongebiede genoem.  Alles gebiede wat deur Brittanje geannekseer is voor hulle die Boere republieke ook afgeneem het met hul verskroeide aarde beleid en hul haatlike moordkampe.

Die feite dat swartes ook in kampe gebly het, was meestal omdat hul werkers vir die Britse regering was.    Werkerskampe is dit genoem en hulle het vrye beweging gehad, maar ook in baie swak toestande.  Hul take was die bou van spoorlyne en ook ander soos die britse verskroeide aarde beleid.

Mapping poverty in South Africa | South Africa Gateway

*

Wanneer die Boervolk saam die konserwatiewe Afrikaners of enige ander blanke volk hul eie gebied onafhanklik wil hê , hul eie leiers kies, met ‘n eie volkskultuur, waardes en tradisies, word dit as ‘n internasionale misdaad of ‘apartheid’ genoem en vinnig sonder enige verhoor, op plaaslike vlak, as ‘n misdaad verklaar.

Sonder enige bewyse, word so ‘n gedagte vinnig gedemp en vinnig afgemaak dat dit nie haalbaar is of ekonomies vatbaar nie.    As en wanneer die Zoeloe die ou Zoeloe reservaat as voorvereiste noem met die 1994 en dit Ingonyama Trust heet, met wetgewing onder die ANC verander na hul gebiede, is dit ‘n Zoeloe se volksreg.

Indien die Khoi san en Griekwa hul gebiede na 1994 opeis, en dit Trust of KEV (CPA) gebiede noem, is dit ‘n volksreg, maar word dit gesien as menseregte en ‘n internasionale reg.  Dis slegs hulle teen wie daar nie gediskrimineer word nie.   Hierdie groepe en gebiede, word ook nie deur hulself onderhou nie, maar deur die belastingbetaler van die land.   Dit is veel erger as voor 1994 met die Tuislandbeleid, wat onafhanklikheid sou verkry het.

Onafhanklikheid, die herstel van al die Boere republieke.

Boere  moet in elk geval alles self probeer bewaar, want dit wat in regeringshande is, gaan of agteruit of word eenvoudig vernietig, geplunder of aan die brand gesteek.    Soos enige ander volk het die Boere van vandag ‘n verantwoordelikheid teenoor hul kinders en nageslag om alles self te bewaar.

Hul volkseie geskiedenis loop hand aan hand saam met kulturele instellings, saam met opvoeding, skole en kolleges bou en in stand hou, hardloop hul eie mediese dienste en sekuriteitsfirmas, en kyk na die armes en kwesbares binne hul eie geledere.   Die huidige regering laat dit nie toe nie, want dit is glo ‘apartheid’.   Die Swartes, Khoi san en ander groepe het almal aparte skole in gebiede wat oorheersend is deur hulself.

Selfs op plaaslike owerheidsvlak en staatsentiteite, wat nie regtig aan die regering behoort nie, gaan baie agteruit en dis meestal as gevolg van swart bemagtiging of regstellende aksie wat koning kraai.   Daar is na die 1994 verkiesing vasgestel waar ons volkslede in meerderheid bly, want op die vlakke was daar ‘n mandaat verskaf om ons gebiede te ondersoek  (Verwys na die Volkstaatraad van 1994).

*

RSA is ‘n ashoop status

Tref onderskeid met betrekking tot etnisiteit, kulturele waardes, tradisies en ‘n eie volksidentiteit.

Dit is nie die huidige regstelsel van Suid-Afrika wat moet besluit watter gebiede, wat geëis word, is haalbaar en ekonomies vatbaar nie.   Tans is dit die politici wat ‘n totale gemors maak van die land op alle vlakke van regering en staatsentiteite.    Selfs die Trustgebiede en KEV (CPA), werk glad nie.   In die meeste gevalle word van mentors gebruik gemaak en heelwat was produktiewe plase wat in ‘n kwynende landskap voortblom.    Hoe kan die regstelsel wat deur die ANC gekies word, onafhanklik wees?  Of selfs besluite maak oor ‘n volk se vryheid al dan nie.

Politieke magspeletjies is ‘n gevaarlike uitvoerplan vanuit die donker gordyne en vergaderings met geslote deure van komitees en parlementsgeboue, saam provinsies en munisipaliteite.  Dit grens aan volksmoord(e) wat nie net een enkele gedagte is nie, maar ‘n hele paar.

*

AS DIE STREEP GETREK WORD

Is die huidige Republiek van Suid-Afrika sedert 1994 ekonomies haalbaar of nie.   Nee, beslis nie.    Na 1994 het die ANC en al hul bondgenote in die huidige parlement, wat ingesweer word onder die 1996 grondwet, beslis nie gewoeker met wat daar was voor 1994 nie.  Daar is hoegenaamd niks opbouends omtrent die ANC of enige ander politieke party nie.

Dat daar moontlik ‘n verskil in sekere munisipaliteite op plaaslike vlak is, mag dalk wees, maar dis ook al.   Die verskillende politieke veelpartye is multi-kulturele partye, wat onder een vleuel staan op plaaslike regeringsvlak het niks vermag in die 30 jaar nie.   Nie een party het mag oor die ANC of nasionale wetgewing of die 1996 grondwet nie.   Selfs as wetgewing geskryf word, is hulle absoluut niks.   Paar wat besware indien en daar bly dit.

Terloops, daar is vandag minder dienste en meer chaos, misdaad en moorde en ons heffings vir plaaslike bydraes vir dienste, vermeerder jaarliks.   Die veelparty politici moet steeds die nasionale wetgewings deurvoer en dieselfde grondwet steun wat ons ondergang is.   Alle munisipaliteite se bywette moet aan nasionale wetgewing voldoen, daar is geen uitsondering nie.   Hulle is almal betekenisloos op nasionale vlak wat die regering van die dag is en ook op vlakke 2 en 3 regerings.

Is RSA ekonomies haalbaar indien alles na 30 jaar onder die ANC en liberale Afrikaner grondwet met rassistiese en diskriminerende wetgewing vernietig is?   Nee, beslis nie.   Ons is al vir jare op die ashoop en land met die grootste misdaad en korrupsie vlakke.

The Health Benefits Of Citrus Explained

&

Vrugte en groente verskil van mekaar – volk en identiteite van volke verskil van mekaar.

Vergelyk nie lemmetjies met koemkwatte of lemoene nie, want dit verskil van mekaar.

Daar is selfs ‘n verskil tussen ‘n groen appel en ‘n rooi een of ‘n peer.

*

Lees meer agtergrondsinligting daaroor:



Anglo Boere oorloë –  Shepstone

Twee Onafhanklike BOERE republieke

Kalahari desert

San people in SA

SA geen reënboog-eenheidstaat – No rainbownation

Ethnic people in South Africa

Trustgebiede – Tuislande – Reservate en Kroongebiede

CPA’s (KEV) in SA  –  2021

Swart besighede –  Black owned entities

Richtersveld –  KHOISAN AND CPA

George Soros –  Open Society Foundation

1955 ANC Freedom Charter

ANC  –  Freedom charter 1955 

Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index

Swart bemagtiging in die blanke landboubedryf: uitvoere

Rassisme, diskriminasie en onteiening – water lisensie aandele

Kodesa –  liberale en kommunistiese grondwet skrywers

Traditional leaders South Africa: 8840

Hoe agteraf kan mens optree?
AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)

ABN en Dinokeng

Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word

Noga’s Post village  –  CIS -Afriforum-Pioneer-Saai-AaA- Agrico-Boiphitlhelelo

Submission by Solidarity 14 May 2003 in Parliament

*

Contact Admin
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

5 gedagtes oor “Suid-Afrika se volksetnisiteite”

Lewer kommentaar