Duitsland steenkool kragstasies

*

Nou toe nou, maar ook nie ‘n geheim nie.  Die Duitsers doen dit weer en voer heelwat steenkool van Suid-Afrika in om hul ou kragstasies te laat werk.   Hulle doen dit vir hulself en hul mense soos dit hoort.  Die Mehrum-steenkoolkragsentrale in Hohenhameln, Nedersakse, is inderhaas op 1 Augustus vanaf die reserwe status herroep en is weer in werking gestel. Tot dusver is die aanleg die enigste in Duitsland wat vir heringebruikneming uit die noodreserwe geregistreer is. Dit word moontlik gemaak deur die sogenaamde Ersatzkraftwerkebereithaltungsgesetz (EKBG – Substitute Power-Plant Standby Act) en die gepaardgaande verordening.

Mehrum in Hohenhameln

Mehrum coal-fired power plant is back on the grid - energate messenger.com

*

Lees ook
Germany and France – Coal-fired power stations and nuclear

*

Duitsland bly nie agter nie, en doen wat die beste is vir hulle land se mense en besighede.  Duitsland se politieke leiers laat hul ook nie voorskryf deur ander lande om nie van steenkool kragstasies gebruik te maak nie.   Of van waar hul mag steenkool invoer nie.

Die groot kwellende vraag is, waarom laat ons land se leiers en selfs opposisie partye dit toe wat met ons gebeur?   Wil hul ons nie verbetering gun nie of 100% laat ondergaan?

Volgens wetgewing in Duitsland kan steenkool kragstasies wat in reserwe is, tot April 2023 na die mark terugkeer.  Natuurlik sal daar voorwaardes wees.   Niemand weet wat hou die toekoms in vir enige land nie, ook nie Suid-Afrika nie.    Die steenkool kragstasie van Duitsland, wat in 1979 gebou is, het ‘n netto uitset van 690 MW en ‘n doeltreffendheid van 40,5 persent. Dit word deur die Tsjeggiese maatskappy EPH bedryf. Benewens EPH, werk ander operateurs daaraan om hul aanlegte weer in werking te stel – onder wie die Essen-gebaseerde Steag Group. Die maatskappy is gereed om tot vyf van sy steenkool kragstasies weer op die mark te plaas, het ‘n woordvoerder aan energate gesê.   En dis nie ‘n kwessie van voorskrifte nie, dis wat gedoen moet word.

https://www.energate-messenger.com/news/224337/mehrum-coal-fired-power-plant-is-back-on-the-grid

*

Dit sal selfmoord wees vir lande om nou in die krisis alle steenkool kragstasies te stop werk, dis nie die tyd om te probeer slim wees nie.   Sodoende sal besighede hul deure sluit en gaan ons saam almal onder.

Video

Energie krisis hoe om te bespaar – huishoudings in Duitsland

*

Coal exports from SA to Europe

Coal –  Steenkool  –  ESKOM

*

Suid-Afrika

Die vraag is – Wat maak lande wat nie beskik oor genoeg groen energiebronne nie?   Ons het heelwat steenkool kragstasies, wat daarvan gebruik moet maak en sorg dat dit ekstra beveilig word om sabotasie, korrupsie en kapings uit te sluit.  Daar is selfs oud weermaglede wat kennis het van die tipe van sabotasie wat ook voor 1994 plaasgevind het.

Suid-Afrika val beslis nog nie in daardie kategorie om oor te skakel na net groen energie nie en dit help nie om ons belastingbetalers en besighede in hierdie blik in te forseer nie.

Lande soos Amerika, Engeland, China, Duitsland en Frankryk moet ophou kat en muis speel met ons burgers in die land en voorskrifte uitdeel.  Ons het netso ‘n reg soos elke ander land, al is ons kleiner en nie so ontwikkeld nie.   Waarom inmeng in ander lande se huishoudelike sake?   Meng ons in of skryf ons in Suid-Afrika voor wat in met Amerika, Duitsland, Engeland of China moet gebeur?  Nee.

Vreemd genoeg, is dit duidelik dat ander lande wel die afgelope dekades probeer ontwikkel het met groen krag, soos wind- en sonkragplase.   Suid-Afrika het ook op daardie gebied gevorder.  Kommerwekkend is dat al hierdie groenkrag nie voldoende is om almal te bedien en om hul lande van genoeg elektrisiteit te voorsien nie.   Dit sluit al hierdie groot lande in.

Dis kommerwekkend, nie net in Suid-Afrika nie, kom dit voor dat geen land vooruitbeplan het vir 10 jaar of langer se energiebehoeftes nie.   Indien dit wel so was, sou hierdie lande nie nou na grashalms gryp nie.

Duitsland bewys wel hul kragstasies is nie afgeskryf nie,  of selfs van binne afgebreek soos wat hier in Suid-Afrika aan die gang is nie.  Dis uiters skandalig dat Eskom wat oor heelwat bates beskik met die kragstasies, dit toegelaat het na 1994.   Eskom is ‘n staatsbeheerde entiteit, en is die ANC verantwoordelik dat ons vandag in die dilemma sit.

Waar is al hierdie verskillende ministers wat behoort te waak oor alle staatsbeheerde entiteite,  miljoene rande verdien met hul inkomstes?  Hulle het geen verantwoordelikheid nie.

Suid-Afrika, daarteenoor, het wel ook heelwat son en windkragplase, maar dis ook tans nie effektief genoeg om die steenkool kragstasies onmiddellik te verbied nie.   Sommige kragstasies het wel baie besoedeling, maar daar kan van hierdie kragstasies opgradeer word om dit te verbeter.     Dit sal meer skadelik wees vir almal van ons indien dit wel gebeur dat groot wêreldlande Suid-Afrika in ‘n blik probeer druk om hul steenkool kragstasies totaal te stop, terwyl hierdie groot lande ons steenkool invoer om dit self te gebruik.     Dis nie juis baie goeie betrekkinge nie.

Indien Suid-Afrika wel ontslae wil raak van steenkool kragstasies, behoort dit geleidelik gedoen te word.   En aangesien ons al sedert 2007 in ‘n erge fase is van beurtkrag, hetsy of dit ‘n gekaapte Eskom is al dan nie, moet dit juis nou nie gebeur nie.   De Ruyter was nog nie eers deel van die Eskom groep toe dit begin gebeur het nie en kan hy nie alleen daarvoor verantwoordelik wees nie.

Ons sal dom wees indien ons triljoene spandeer om kragstasies af te breek om nuwe groen plase op te rig wat nog meer triljoene sal kos.  Sulke plase word nie oornag opgerig nie.   Spandeer eerder meer tyd, energie en finansies aan beveiliging en om sabotasie en korrupsie te stop.  Stel geskikte persone aan wat weet wat in kragstasies aangaan.   Hulle moenie net muurblommetjies wees nie.

*

Sou groen energie vooruitstrewend gewees het, sou hierdie groot lande, soos onder andere China, Duitsland, Frankryk en ander, die voorbeeld gestel het, en hulle doen nie.    Hierdie lande het heelwat ontwikkelde tegnologie en geskoolde arbeid  tot hul beskikking, tog het hulle nou teruggeval na die gebruik van steenkool kragstasies.

Dus om te verwag dat Suid-Afrika sal oorskakel, is summier selfmoord pleeg om nie van die huidige bestaande kragstasies op te gradeer en te gebruik nie.  Eskom sal dom wees om vir altyd die ANC wetboeke na te kom oor die swart bemagtigers wat die land en ons almal, ontsettend skade berokken met sindikate, korrupsie, opsetlike beskadiging van eiendom en personeel wat nie weet wat hulle doen nie.  Stel immers mense aan wat die kennis en ervaring het om kragstasies te onderhou en laat werk.  Toets die geskooldes wat in kragstasies gewerk het toe dit ontwikkel is voor 1994, niemand sal iets verloor indien blankes toegelaat word om dit apart te bedryf en kragvoorsiening in Eskom inpomp.  Laat ons mense wat die kennis en ervaring het om dit te bedryf.   As ander groot lande dit kan doen, waarom nie ons ook nie?

*
*
*

Daar is heelwat relevante inligting en artikels oor Eskom en ons krag netwerk:

Elektrisiteit en Kragstasie projek

Sabotage inside Eskom 2020 report

Eskom sabotage from inside

Deliberate Sabotage at Eskom

Eskom – corruption

*

Eskom het in 2017/18 ’n verlies van R2,3 miljard, R19,6 miljard se onreëlmatige uitgawes en ’n skuld van R380 miljard gely.    Wie moet dit betaal – nie die gebruikers nie !!

https://www.parliament.gov.za/press-releases/scopa-concludes-oversight-visits-medupi-and-kusile-power-stations

Waarom word die publiek gepenaliseer indien Eskom ontwerper se foute toesmeer?   Die wat dit verkeerdelik beplan het, moet die onkostes dra en dit is niks anders as sabotasie nie.

Eskom design faults

Eskom – Medupi (faults)

ANC electricity plan

Enel Green Power RSA (EGP) RSA

Onthou die IPP’s … Waarom word families bevoordeel ten koste van Eskom en kragvoorsiening?   Geen familielede behoort bevoordeel te word nie.    Nog minder swart bemagtigers.

Eskom>AREP>IPP – Ramaphosa>Motsepe>Radebe

Eskom: IPPP: B-BBEE- Karen Breytenbach

Eskom – Radebe – IPP – REIPPP

R131 billion for renewable electricity

Eskom – 27 IPP projects

Turkey Floating Karpowership

Gordhan (what future with Eskom) – Ramaphosa

Eskom is a failure – Eskom se wiele is pap en leeggesuig

Eskom capture

ESKOM – Trillians – Guptas – State capture

Capture of people – Black Empowerment – Zondo

Eskom – Medupi (faults)

Corruption Eskom SA Nuclear Korrupsie

Corruption – Eskom – Parliament

Loadshedding Eskom beurtkrag

SA Parliament Eskom 2 September 2020

Eskom – media

Eskom – Koeberg

Eskom information and off grid systems

Eskom – Solly Tshitangano

Eskom 2019 – Tutuka

Eskom and Africa

Eskom inligting en jaarverslae – Information

Deliberate Sabotage at Eskom

Eskom – corruption

Eskom – Rotek – Shanahan

Eskom Rotek Industries

Eskom corruption – Michael Lomas

Deliberate Sabotage at Eskom

Eskom – Oracle

May 2020  Transformer theft  –  Diepsloot

Eskom and Africa

Een gedagte oor “Duitsland steenkool kragstasies”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s