Elektrisiteit en Kragstasie projek

 

  •  
    Haastige hond verbrand jou mond en is daar regtig ‘n energie krisis op hande.  Pasop dat sommiges nie al die suiker en melk uit ‘n beker koffie steel nie en basies niks vir ons hou om besighede te bedryf nie.  Eskom se topbestuur, wat regtig lojaal is teenoor die verskaffing van energie aan die publiek en fisies die werk doen, moet maar waaksaam wees en fokus op wat belangrik is in die land.   Eie ego’s gaan nie die ligte laat aanbly nie en nog minder gaan die beplanning van groen energie dit doen.   

(Rooiwal kragstasie noord van Pretoria)

Rooiwal Power Station - Wikipedia

*

Indien groen energie so briljant is as wat dit aan ons afgesmeer word, hoekom is groot moondhede soos China, Duitsland, Frankryk en ander besig om hul steenkool kragstasies op te gradeer en teen die spoed van wit lig, steenkool, veral uit Suid-Afrika invoer na veral hierdie lande toe wat finansiering leen om kragstasies te vernietig.  

Indien hierdie bekende lande naarstigtelik die steenkool so opraap (uitvoere uit SA), waar is hulle aandeel van die “”klimaatsbesoedeling””, geld dit nie vir hulle ook nie?   Dis eintlik ‘n hele gekkespul eintlik.   Hier sit ‘n paar verdagte rotte aan boord wat groen energie aan Suid-Afrika wil afsmeer om hulself te verryk .     

Die groot sisteme van Eskom van voor en selfs sedert 1994, moet ons hele land bedien, nie net hooggeplaastes en bevoordeeldes met tender prosesedures nie.  Daar gaan eenvoudig teveel korrupsie, wanbestuur en sabotasie aan met ‘n magtige sindikaatnetwerk op die voorgestoeltes op elke Eskom drumpel.   Misdadigers en sindikate wat spesifiek in die donker beurtkrag dwaal en ‘n teelaarde gevind het om ons publiek leeg te melk word al lank ervaar – te lank, sedert 1994, met al die kommissies van ondersoeke wat nêrens heen gaan nie.    Politici is eenvoudig te diep hierby betrokke, en dit geld vir alle staatsentiteite.

*

ALTERNATIEWE UITKYKE EN OPLOSSINGS

Daar is altyd alternatiewe roetes waarna gekyk kan word as ‘n oplossing(s) vir ons land se “energiekrisis” om  beurtkrag te stop .  Die roete wat die ANC en ander bevoordeeldes gebruik is om die totale ekonomie lam te lê, naamlik om alles te verswak, kaap en oor te neem met swart bemagtigers en daarna word deure gerieflik gesluit soos dit hulle pas.  Dit is die hele plan met swart bemagtiging.  Toon enige groot suksesse op die gebied aan.     Die bestuur van Eskom het ‘n verantwoordelikheid aan oor die 100 miljoen burgers en ook die miljoene wat in buurlande is wat elektrisiteit betaal en ontvang.  

Aparte gebiede na 1994 – CPA en Trustgebiede – hoe lyk die situasie in die areas?   
Ook munisipaliteite en streeksdiensterade

Indien Khoisan en verskillende volke steeds in aparte gebiede bly soos dit tans die geval is, moet hulle ook meters installeer in hul huise en besighede om direk elektrisiteit van Eskom te koop, soos die Boere op plase ook doen.   Meeste van die gebiede is plaaslike gebiede.   Die vraag is, hoeveel word gratis hier uitgedeel?

Daar is duisende aparte gebiede (grondeise sedert Kodesa), en persone wat onder die indruk is, dat aparte gebiede na 1994 verdwyn het, moet ‘n slag lees wat om hul aangaan, veral Wetgewings en Hansard van Parlement. 

Tuislande of Reservate vir Swartes en Kroongebiede vir Khoisan en Griekwas, is meestal onder Grondeise (wetgewing) geëis en is geregistreer as CPA en Trustgebiede, totaal en al apart van mekaar.  Opposisie partye wat dit verkondig dat apartheid weg is, se leiers en lede van parlement en provinsies, moet ‘n slag die Parlement se Hansards lees en ook die groot begrotings wat hierby betrokke is wanneer grondeise deurgevoer word.   

Daar is reeds oor die 8840 tradisionele Khoisan en Swart leiers, en almal verdien groot salarisse en byvoordele.  Elke CPA het hul eie leiers en ons as Boere het geen toegang of seggenskap tot ‘n CPA of Trustgebied nie, slegs hulle wat daar bly het voorregte.   Daar is meer as 30 miljoen wat in die gebiede woonagtig is en heelwat werk.   Almal kry elektrisiteit, water en ander dienste – dis ‘n goeie vraag of hulle daarvoor betaal of nie.  Meer later hieroor, want daar word ook heelwat krag afgesny en alles word op skuld gedoen.     Hoeveel het nie sonenergie ontvang met HOP huise nie, nie net in die ou Tuisland- of Kroongebiede nie, oral word waargeneem hoe daar sonenergie warmwatertoestelle en selfs DSTV en TV antennas opgaan?   Word daar in die nag deur sulke (reservaat) gebiede gery, is die ligte oral aan op daardie plattelandse gebiede.  Wie betaal hiervoor?

Elke ander volk, Khoisan, Griekwas, Zoeloes en ander swartes het sedert Kodesa en 1994 van hul gebiede onder ANC wetgewing geëis en veelvuldige finansiële en ander bates ontvang, diere, saad, trekkers.  Ou Tuislande (reservate) en Kroongebiede, het meestal Trust en CPA gebiede geword.  Hul grondgebiede is selfs in die 1910 Grondwet beskerm dat niemand hul grond kan steel nie.  

As een munisipaliteit of enige trust/cpa se slegte skuld afgeskryf word, is daar groot fout, want indien dit met ons stedelinge gebeur, word alles afgesny en moet alles betaal word en weer heraansluiting fooie betaal word.   Moenie slegte skuld net afskryf nie.   Dis hoekom ander wat dit wel kry, duurder betaal vir hulle elektrisiteit.  Dis diefstal.   As persone winkeldiefstal pleeg, word hulle vervolg, waarom nie in die geval krag steel van Eskom nie?

*

Dit is tyd dat die Polisie hul werk doen.   Om te steel is nie ‘n sosiale foutjie nie  en na bykans 30 jaar is dit nie as gevolg van agterstande nie.   Diefstal bly diefstal en dit sluit die groot koppe van munisipaliteite hierby in.   Die informele sektore wat so drade span, steel se drade moet verwyder word en hulle moet na hul lande deporteer word. 

Nog ‘n alternatief is, is dat Eskom direk aan die publiek krag voorsien deur middel van voorafbetaalde meters wat by heelwat huishoudings geïnstalleer is.   So kan die munisipaliteite wat so korrup is en nie die betaalde krag oorbetaal aan Eskom, totaal uitgeskakel word.  Eskom kan landwyd takkantore hê en volksmense kan direk hiermee gemoeid raak.   Bly weg van swart bemagtigers wat ons in die krisis gedompel het.   So kan die onwettiges in informele sektore totaal en al uitgeskakel word.   Indien hulle onwettig in die land is, moet hul gedeporteer word.

*

Selfbeskikking en onafhanklikheid

As konserwatiewe Boere en blanke volk het ons as volk eerstens ‘n verantwoordelikheid teenoor ons volk se identiteit, voortbestaan, krisis en tradisies.  Ons as Boere het ‘n internasionale reg om ons eie onafhanklikheid te verkry, soos wat ons voorouers gehad het.   Maak nie saak wat ander volkere ons noem nie.     Tans word ons onderdruk, ook by Eskom.  Wat ‘n skande dat hulle dit al vir bykans 30 jaar uitvoer.   

Wat belangrik is, is om onsself te verwyder uit hierdie benarde onderdrukkende situasie en te fokus op gebiede wat histories ons sin is, is die enigste alternatief.   So kan ons ons vryheid herstel en ons eie identiteit terugkry.   Ons voorgeslagte, het die TREK aangepak en in die binneland op grond gaan bly wat niemandsland was.   Hul het 100% onafhanklikheid verkry en is internasionaal erken.

Apartheid

Buitendien het ons as Boere nie die Kroon of Reservaatgebiede in 1840 begin skep nie.  Die Britse regering het khoisan, griekwas en swart gebiede geannekseer en dit Kroon en Reservate gedoop.   Dis selfs so in die 1910 grondwet ingeskryf en gebiede word beskerm dis hulle sin.   Die reservate is in die 1930 vergroot en het later na 1961 Tuislande geword waar amptelik verkiesings gehou is.    As die meer as 30 miljoen ‘n reg het tot aparte gebiede waar hul rustig lewe en voordele ontvang, waarom word ons so onderdruk?  Hoeveel miljoene immigrante bly reg rondom ons, indien meer as 30 miljoen in ou Reservate / Tuislande en Kroongebiede woon?

Steenkoolkragstasies se doel teenoor Medupi en Kusile

Waarom moet kragstasies wat miljarde gekos het, afgebreek word.  Daar word nie nodigheid gesien om geld aan te wend vir so iets nie.    Wat het ons om te verloor indien kragstasies afgebreek word – alles. 

Praat van spandabelrig en ongevraagd – Medupi is triljoene begroot en nou word geskimp dat dit nog triljoene gaan kos om dit op standaard te herbou en verbeter.    Niemand het geld om weer die foute van Medupi en Kusile te herhaal of van vooraf te bou nie.   Diegene wat verantwoordelik is vir daardie foute, moet dit betaal, nie die gebruikers nie.  Hoe lank moes ons beurtkrag al kry omdat die twee “reuse” wat gebou is,  verkeerd ontwerp is met lastige instandhouding en veranderings.   Nugter alleen weet wat die ontwerpers in gedagte gehad het.   Dit is sabotasie aan Eskom en belastingbetaler (ekonomie).

Daar is heelwat kragstasies in Suid-Afrika, wat nog werk, sekeres wat ‘beman’ en ander waar ‘werkers betaling ontvang wat niks doen nie’.   Tyd van leeglê is verby – gebruik die regte steenkoolkragstasies..    

VOORSTEL (kragstasies)

Sien hierdie voorstel as ‘n reuse ekonomiese inspuiting, uitdaging en projek om weg te beweeg van kommunistiese oorheersing om ons land van ondergang te red.   Eskom se bestuur moet hul onafhanklikheid en eerlikheid hierdeur bewys.    Regeringsinmening is ongehoord.  Inteendeel waarom is daar selfde of ooit instandhouding na 1994 aan die kragstasies gedoen nie?

Dit is tyd dat ervare mense hierdie kragstasies oorneem en maak werk.  Indien die kragstasies sodanig verval en ‘n gevaar inhou is dit ‘n ander saak, maar mens twyfel hieraan, want van die kragstasies is oud en werk 100%.   Al hierdie kragstasies kom uit ons era uit wat voor 1994 gebou is en ons mense het geweet wat om te doen tyd oprigting en hoe om hulle in stand te hou.   Nie Amerika, Engeland, China, Duitsland, Frankryk, Oostenryk of ander belanghebbendes wat dink ons moet ons kragstasies afbreek nie.  Geld gaan dit nie regmaak nie, ervaring en mannekrag wat weet wat hulle doen, gaan Eskom se krag opbou.

Met alle respek weet die ander huidige swart bemagtiging persone net mooi niks (of min) wat in die kragstasies aangaan nie, want indien hulle geweet het, sou daar nie beurtkrag gewees het nie.    Dit is tyd ons haal die euwel van rassisme uit ons regering, wetgewing en ook die bestuur asook kaping van staatentiteite.  Politici hoort nie daar nie.  Voor 1994 het Eskom werkers nie gestaak nie of is daar bewyse daarvoor – dit moet ook endkry?

Ons het heelwat geskikte en ervare, plus gekwalifiseerde en toepaslike ingenieurs, wat hierdie steenkool kragstasies in reuse netwerke kan omskep, selfs in meer moderner kragvoorsieners te verander.  Daar is geen nodigheid dat hierdie kragstasies verder afgebreek en ten gronde gaan nie.  Dit is geen nodigheid dat ons ontslae moet raak van al ons steenkool aan ander lande wat ons ondergang probeer bewerkstellig nie.   

Eskom se topbestuur moet hierdie sien as ‘n geleentheid en uitdaging om ons land uit die gemors te kry.  Hulle moet die nodige finansies hiervoor gebruik  en nie in verdere ‘nuwe strukture’ wat nie effektief gaan uitwerk soos Medupi en Kusile of ander inpomp nie.   

 

Afbreek van geboue, aanlegte en steenkoolkragstasies

Die afbreek, gelykmaak, verwydering van die ou kragstasies wat dan weer met ietsie nuuts vervang moet word, is ‘n donker put van vernietigingsproses wat biljoene of eerder miljarde gaan kos.   Gaan die swart bemagtigers dit ook nie kan uitvoer nie?   Om daarna nuut op te rig gaan nog meer kos met geen waarborge dat ons nie in die tydperke gaan beurtkrag gaan kry nie.  Dit sal goedkoper uitwerk om ou steenkoolkragstasies nuwe onderbaadjies te gee vir kragvoorsiening.   Brei die kragstasies uit wat goed werk en baie krag voorsien.   Vergeet Amerika, Engeland, Duitsland, China en ander lande – ons land moet prioriteit kry.

 

*

Relevante inligting

Eskom –  Medupi (faults)

Eskom  –  design faults

Sabotage inside Eskom 2020 report

*

Aparte deure

Hou hierdie voorstel van projekte van die kragstasies opbou, totaal apart van die huidige Eskom bedryf, sien dit as ‘n ekstra bedryfsbeen dat ons Boere en blanke volksmense hul kennis en ervaring in hierdie kragnetwerke kan bewys aan Suid-Afrika en ook die res van die wêreld.   Dis ‘n uitdaging sonder swart bemagtiging.  Los ook solidariteit en afriforum, wat ‘n multi-kulturele unie en forum is, ook hieruit.  

Kundiges en ingenieurs uit ons volk  moet aangestel word wat weet wat hulle doen, weg van swart bemagtiging en regstelaksies soos deur die parlement se wetgewings voorgestel.   Laat hulle besluit wie ervare is as ‘n span om dit enduit te voer.   Daar sal ‘n groot verskil wees met sulke projekte, want kragstasies is oral gebou.   

Sodra daar vordering gemaak word, kan kragstasies een na die ander, totaal onafhanklike kragbedieners in daardie gebiede waarin hul geleë is, word.  Die ekstra energie wat oorbly en nie gebruik word nie, kan in die groter stelsel van Eskom ingeplaas word of in ander buur kragstasies.    Hoekom moet ons land, ons besighede en alles in die omgewing, ten gronde gaan, as ons reeds bestaande kragstasies het, wat opgegradeer kan word met ingenieurs en kundiges.   

Tenders vir steenkool en toerusting, asook beveiliging

Dit moet verder toegelaat word dat ons volkslede ons eie tenders uitwerk en ons eie volksmense gebruik en toeken wat goeie standaard steenkool aan hierdie kragstasies lewer en nie soos die sindikate wat rommel en klippe in steenkool plaas om toerusting te beskadig nie.   (sabotasie)

Behoorlike toesig en beveiliging moet by alle kragstasies uitgevoer word.  Indien vreemdes dit lewer, sal daar eenvoudig weer sabotasie gepleeg word om die kragstasies te beskadig en om toerusting te breek.  Dit moet totaal vermy word.   Ons oud weermaglede kan hierdie netwerke ook oppas en beveilig soos wat ons dit voor 1994 gedoen het.   Daar is reeds te lank op ons mense getrap om hulle te vernietig.

Is die uitdaging te vergesog of dalk pas dit nie in die bevoorregtes en politici se kraal om gebruik te maak van die wat ondervinding het in die ou kragstasie netwerke nie?

 

*

Ander lande se inmenging – Amerika, Engeland, China, Duitsland, Frankryk, Oostenryk, Nederland ea

Die boodskap van die Amerikaanse president en ons president om steenkool kragstasies af te breek is onaanvaarbaar vir meeste van ons. 

Dit is skokkend om te verneem hoe ander lande hier inmeng in ons land se huishoudelike sake en besluit wat die beste vir ons is.  Suid-Afrika skryf nie aan enige van hierdie lande voor nie, waarom laat ons leiers dit eerstens toe?   Daar is redes hoekom dit onaanvaarbaar is.   Hulle moet fokus op hul eie lande en fokus op hul eie tekortkominge en ‘n slag Suid-Afrika uitlos.

Omdat dieselfde ryk en groot ontwikkelde lande wat ons kragstasies wil laat afbreek, juis agter ons hoë standaard steenkool sit wat al vir jare uitgevoer word na hulle.  Daar word miljoene tonne uitgevoer na China, Duitsland, Frankryk, Nederland, Oostenryk en vele ander EU lande wat reeds hul eie steenkool kragstasies opgradeer.     Nou wat vertel dit vir ons op grondvlak?

Daar is nie ‘n probleem van “aardverwarming” en besoedeling nie.  Hierdie lande se regerings wil hulle besighede laat floreer, terwyl ons in Suid-Afrika verder moet krepeer en in die gapende afgrond inval en daar bly.   Dis onaanvaarbaar en gemaksugtig.

Nog ‘n rede wat hul aanvoer is die kwessie van kastige groen krag.     Gaan doen navorsing, wie is in beheer op topvlak van hierdie ‘groen krag’ – veral oor sekere  familielede en vriende wat bevoordeel word.   Daar is bekende name hierby.

Groen energie is nie noodwendig suksesvol soos aan almal verkondig word nie.  China en die  EU lande maak daarvan gebruik en dit is nie effektief vir hulle nie.  Hulle is reuse moondhede en groot ekonomieë.  Dus moet daardie regerings besluit in hul eie belang, daarom voer hul steenkool van Suid-Afrika in.    Al ooit gedink dat dit nog minder effektief vir ons sal wees?   Energie moet gekombineer  en so gebruik word.   Word al vir jare hier in Suid-Afrika gedoen.

Ons in Suid-Afrika sit reeds met heelwat wind en solar plase – energie wat ook nie voldoende is nie.   Dit kan net vergroot word.   Andersinds, as ons totaal afhanklik hiervan sou gewees het, sou dit al lankal effektief gewees het.   Dit maak nie sin om die ‘besoedelingskombersie’ so af te kamp nie en die groen halmpie te gryp wat wegwaai in die wind nie..   

Ons kragstasies het die potensiaal om te verbeter en dit is reeds geboude strukture en in plek op die regte plekke.    Nie net ‘olifante’ nie.   

Terloops – daar is geen waarborge dat die geld wat hierdie ryk lande ‘voorskiet’ of LEEN of SKENK, uiteindelik aangewend gaan word om aan ons almal krag te voorsien met nuwe projekte soos Medupi nie.   

Die kwelvraag is, hoeveel banke is op privaatplase beskikbaar waar hierdie miljarde gestoor word?

Afrika kontinent gaan opeindig in nog meer donkerte en beurtkrag,  ‘n donker massa sonder energie en misdaad sal oorneem, waar groter werkloosheid gaan seëvier. 

Die lande wat ons steenkool opraap, sal met al ons steenkool sit en in gemak hul besighede en huisies beman, terwyl ons werkloos moet gaan bedel vir ‘n bord kos en hongersnood in die gesig staar.   Misdaad gaan oorneem.    Hul werk beslis met ‘n duistere agenda om ook die hele Afrika te beheer, veral Suid-Afrika met hul ryk neerslae van steenkool, uraan, goud, diamante en ander minerale.  Afrika leiers moet opstaan teen hierdie euwel, en dit sluit Suid-Afrika in, maar ongelukkig is die ANC regering nie heeltemal eerlik met die inwoners nie.

Verskeie ministers sowel die president asook munisipale amptenare,  is onverantwoordelik in hul dade en gruwelike foute van korrupsie, sabotasie en kapings, asook sindikate, maar die blaam word verskuif na iemand anders.

Minerale

Steenkoolmyne moet ook verder 100% gemonitor en gerehabiliteer word wat dit oorspronklik was.  Dit kom voor of die Ministers vergeet wat hul pligte en verantwoordelikheid is rondom die ontginning van steenkool en selfs ander minerale.   

Verskeie ministers is verantwoordelik, waar daar waterbesoedeling of lugbesoedeling plaasvind, erosie in die omgewing.   Ons myne waar steenkool ontgin word, lyk soos ‘n slagveld van besoedeling en erosie.   Dog hou ministers hul blind.

Minerale wat uitgevoer word, wat ekstra inkomste is, moet voorsiening maak vir die miljoene wat aan rehabilitasie geskenk word.   Hierdie gebiede, wat meestal landbougrond was, moet vooraf gefotografeer word en moet herstel word soos wat die omgewing was.  Plase wat voedsel voorsien het, behoort dit weer te kan doen as dit reg gedoen word.  Duidelik word duisende myngebiede nie gerehabiliteer nie.      Hoeveel plase kom hier nie al herstel gewees het waar daar intensief geboer kan word nie?

*

ONGELUKKE OP ONS PAAIE

Raak ontslae van al die swaar trokke wat verantwoordelik is vir motorongelukke en dood op ons paaie.   Trokke beskadig ons paaie en dit verval in chaos en gate.   Myne en trok eienaars moet verantwoordelikheid neem hiervoor.   Hulle betaal nie vir die paaie se gebruik nie.

Trein infrastrukture moet heringestel en ook beveilig word.   Indien dit so gedoen kan word, en naby al die kragstasies, kan ons oudweermaglede en jong volkslede wat nie werk het nie, geleentheid gebied word om beveiliging en ander werke te verrig.     Deur alles apart te bedryf, kan gesien word, wat werk en wat werk nie.  Veiligheid by al die kragnetwerke is prioriteit om veilig te werk en te voorsien in die behoeftes.

VOORUITBEPLANNING EN NOODPLANNE

Daar behoort ‘n 10 jaar plan vooruitbeplanning te wees en dit moet kragstasies hierby insluit.  Daar moet noodplanne in plek wees by elke kragnetwerk en kragstasie, sodat ekstra krag omgeskakel en gestoor kan word. Dit geld ook vir steenkoolaflewerings en dieselvoorsiening (Sasol).    Die watersisteme gaan ook groet as Eskom bestuur nie alles in hul vermoë doen nie. 

Daar is honderde besproeiingskemas en munisipale waterskemas, wat eenvoudig nie gaan werk sonder die nodige elektrisiteit nie.  Waterskemas was ook vir etlike dekades begroot en uitgevoer.  Waarom word energie nie op dieselfde basis beplan nie, want sonder dit, gaan daar binnekort nie water wees nie.

Kragstasies kan ‘n groot inspuiting en hulpbron wees as hul reg aangewend word en nie vernietig word nie.  Hou op die om die publiek so te melk en te besteel.

*

VERWANTE INLIGTING

Diamonds/Diamante  –  Gold/Goud -MINERALS

Minerale regte, belasting en regering

Verskroeide aarde  –  Scorched earth

Gold and Diamonds in South Africa

Minerals –  SA Minerale

Mining –  Salt, Coal and Charcoal

Mining  – Open Pit mining (Palabora)

*


Sedert 1994, word daar 100% teen slegs blankes in Suid-Afrika gediskrimineer.  Die minderheid bevolkingsgroep in Suid-Afrika is ‘n minderheid blanke volk wat letterlik uit alles, die ekonomie, uit werksgeleenthede en besighede uitgesluit word met regstellende aksie en swart bemagtiging, selfs op sportgebied word blankes uitgesluit.

Inhoudsopgawe B-BBEE Index

2 gedagtes oor “Elektrisiteit en Kragstasie projek”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s