*
Ironies genoeg, is beide konsepte van Selfbeskikking en Volkstaat in 1994 Akkoord wat onderteken is, spesifiek vir die VEELVOLKIGE Afrikaner nasie voor die 1994 verkiesing. Hierdie Akkoord was amptelik onderteken ter erkenning deur die ANC, die oud NP lede wat teenwoordig was asook diegene wat die Akkoord onderhandel het. Internasionale verteenwoordigers het dit mede-onderteken. Die Boere volk is nie deel van die veelvolkige Afrikaner nasie nie.

*
Die ondertekening voor 1994 verkiesing is onder die benaming van ‘Afrikaner’ selfbeskikking en volkstaat uitgevoer.
Let wel, Afrikaners, wat nie ‘n volk is nie, maar ‘n multi-kultuur nasie. Dis Afrikaners wat veelvolkigheid voorstaan en bevorder onder verskillende organisasies, nie net onlangs nie, dit is al geruime tyd die geval. Daarvan daarvan getuig hordes multi-kultuur organisasies of veelvolkige organisasies wat hulle voorstaan en bedryf. Hul voer met gemak samesprekings met ander veelvolkiges en neem aan dat die Boere volk is deel van hulle veelvolkigheid.
AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)
Afrikaner verklaring 2024
Multi-kulturele Afrikaner organisasies en politieke party VF+
Afrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-Buys
Orania, selfbeskikking Afrikaner verklaring
Afrikaner stigting Solidariteit Julie 2024
Submission by Solidarity 14 May 2003 in Parliament
*
Daarteenoor, is en was die gebiede wat ondersoek is, almal Boere republieke wat bestaan het voor 1910. Al die Boere republieke is ingedwing in die 1910 Unie van Suid-Afrika. Die 1902 Vredesverdrag is duidelik uitgespel met ‘n paar voorwaardes, wat eensydig deur Brittanje en Afrikaners sowel ANC verbreek word.
Die Boere rebellie van 1914, het juis as gevolg hiervan ontstaan. Die Boere sou hul selfregerings teruggekry het, dit het nie gebeur nie. Boere sou kon terugkeer na hul grond en plase, en na wapens neergelê is, is vele van die Boere leiers in hegtenis geneem tydens 1914 Rebellie en selfs vervolg met die doodstraf. Die nasate van al die Boere republieke, is dit aan ons voorgeslagte verskuldig om op te staan vir ons regte, maar ook hulle regte wat gruwelik geskend is hierdeur.
Dit is lankal tyd dat alle Boere republieke erken word , want Boere het met bloed betaal en dit is geen Afrikaner grondgebiede nie.
Die Boere volksgenote het in die meer as 20 Boere republieke gewoon en dis hulle wat hierdie Boere republieke uitgeroep, gestig en bedryf het. Nie die Afrikaners met hul veelvolkige en multi-kultuur organisasies nie. Afrikaners het selfs tydens die Anglo-Boere oorloë met Brittanje en haar bondgenote teen die handjievol Boere geveg en selfs finansieel daartoe bygedra.
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
Omdat daar ‘n mandaat was gedurende die 1994 verkiesing, het die Volkstaatraad amptelik hieruit voortgespruit en ‘n wettige Raad geword in die 1994 oorgawe aan die ANC kommuniste.
Spesifieke Wetgewing van die Volkstaatraad is via SA Parlement uitgevoer. Hierdie Akkoord kon nie voortbestaan het sonder ‘n mandaat nie, want dan sou die ANC parlement die ondersoeke ook nie amptelik goedgekeur het nie, dit was ook een van die voorwaardes. Daar was ‘n mandaat met die 1994 verkiesing gegee.
Violations – Menseregteskendings – Akkoord/Accord of 1994
*
Daar was duidelike bepalings wat in die Akkoord vervat is, wat voorafbepaal was tussen die 3 partye wat teenwoordig was. DUS, daar was ‘n mandaat in hierdie Akkoord en die bewyse was die Boere volk se kruisies en amptelike uitslag tydens die 1994 verkiesing. Alles is onder die ‘Afrikaner nasie’ uitgevoer, maar met die Boere volk se kruisies.
Later na 1994 is heelwat ondersoeke gedoen en aanbevelings gemaak, maar die politieke drywer(s) het in 25 jaar nog nooit dit vorentoe geneem nie. Daar was verskeie lande betrokke by hierdie gebiede se ondersoeke. Die verslag wat aanbevelings bevat, waar ons gebiede is, is ook internasionaal gepubliseer. Hierdie gebiede behoort geskiedkundig aan die Boere volk en haar nasate, wat deel was van daardie twee onafhanklike Boere republieke.
Liberale blanke Afrikaners het nog nooit belanggestel in onafhanklikheid, volkstaat, selfbeskikking of vryheid nie – die BOERE wel – hulle het al verskillende pogings gehad om hul Boere republieke te laat herstel soos in 1900. Hierdie verslag wat aanbevelings bevat, is baie duidelik en omskrywend waar die gebiede is.
Dit is die Boere republieke van die Boere, wat slaags was met die Engelse in 1900 in die Anglo-Boere oorlog, terwyl Afrikaners bygedra het tot die Boere volk se ondergang. Hulle het ons uit ons grond uitgeboender met oorlog en konsentrasiekampe, asook die verskroeide aarde beleid waar daar ontslae geraak is van alle vee, pluimvee, voedsel en meer as 30000 wonings.
Hierdie Boere republieke was 100% onafhanklik en was internasionaal erken met konvensies. Inwoners en burgers van die Boere republieke word almal Boere genoem. Hierdie reg is van ons as nasate van die Boere republieke vervreem deur Brittanje en haar medelopers sedert 1902.
Hoekom moet die Boere republiek gebiede vir liberale Afrikaners of selfs die groot getalle onwettige immigrante gebied word as hulle in al die jare nooit belanggestel het in vryheid of onafhanklikheid vir ons Boere as volk nie. Immigrante en onwettiges het almal lande van herkoms. Hulle hoort in hul eie lande en nie hier nie. Heelwat van die liberale Afrikaners was en is vir jare betrokke saam die Engelse, wat teen die Boere geveg het, heelwat het in geheime vergaderings betrokke gewees om die land aan kommuniste te oorhandig (voor 1994).
Dit is tyd dat die Boere republieke en Boere volk erken word, hul status van 1902 moet herken word en die Republieke moet herstel word.
Selfbeskikking (publikasie 1995) (Griggs)
*
Hoekom was al hierdie inligting spesifiek weggehou van ons Boere volksgenote af?
Dus weet baie meer van ons Akkoord en onderhandelinge, as ons eie mense. Die aanbevelings was baie duidelik, daar waar ons in die meerderheid is in gebiede, om ‘n provinsie te verkry met die oog op selfbeskikking. Dit is immers ‘n regsvereiste vir internasionale erkenning om ‘n volk se voortbestaan uit te dra. Afrikaners was not altyd multi-kultureel en het nooit belanggestel om onafhanklikheid te verkry nie.
Geen wet is nodig om selfbeskikking of onafhanklikheid te verkry nie. Dit is ook bekragtig tydens die 1996 grondwet. Die ooreenkoms is lank voor 1996 onderhandel, die akkoord is in 1994 onderteken. Dit is in lyn met internasionale reg, dat elke volk ‘n selfbeskikkingsreg het. Die Boere volk ook.
Selfbeskikking – Afrikaner voorgestelde wet 1998
*
Op 16 Desember 1838 het die Boervolk saamgestaan tydens die Trek uit die Kaapkolonie. Die liberale Afrikaner het nog nooit belanggestel in selfbeskikking of onafhanklikheid nie.
Selfbeskikking – Self-determination
***
(Akkoord – Accord) –
Right to Self-determination – Independence of people
AFRIKANER – SELFBESKIKKING EN VOLKSTAAT
Die Akkoord van 1994 wat onderteken is, is deel van bestaansreg van ‘n VOLK en dit bly steeds pogings wat aangewend is om ons volk se vryheid te verkry om selfbeskikking te verkry, en neem dit hoegenaamd nie ons regte weg om onsself te regeer nie.
Hierdie Akkoord van 1994 is ‘n 100% bewys, dat dit moontlik gemaak is om voluit te ondersoek en waarop ons ‘n internasionale reg het. Die fout wat hier gebeur het, is dat dit onder Afrikaner se naam genoem is wat multi-kultuur is en nie ‘n volk is nie. Gebiede wat ondersoek is, is Boere gebiede en nie Afrikaner gebiede nie.
Dis egter ons as volk wat dit moet verkry en voortgaan om onsself onafhanklik te regeer. Mits natuurlik as ons na 1995-8 behoorlik ingelig was en voorsien was van alle notules en artikels oor die Volkstaatraad. Nie alles is beskikbaar op internet en in Hansards nie.
Wat beslissend is. Ander volke het geen reg om oor ons volk te besluit nie – die regering ook nie. Ons as Boere volk , kan ook nie oor Khoi San, Zoeloes of Xhosas besluite maak nie. Ons moet wel die regering inlig en dis hoekom die Volkstaatraad aangegaan het met hulle navorsing.
Die politieke party destyds (VF) van 1994 was die drywer hiervan en het juis as gevolg van die Akkoord ontstaan. Dis hoe ons verteenwoordiging in die parlement begin is. Vandag is daardie politieke party ‘n multi-kulturele party en nie ‘n volksparty nie – en hul rug op ons volk se vryheid gekeer. Dus al 25 jaar later en steeds niks.
Ons kan nie sit, hoop en “bid” dat ‘n multi-kultuur party vir ons gaan opstaan om ons saak te beveg nie. Dit is sleg vir almal van ons, want dit benadeel ons as BOERE volk, maar ons het nie beheer daaroor dat “bestuur” wat eers vir ons was, nou skielik nie volksverbintenisse het nie.
Dit gaan eenvoudig terug tot by 1902 waar die Boere republieke van die Boere vervreem is deur Brittanje en al haar genote wat haar bygestaan het in die oorlog teen die Boere republieke. Dit sluit die duisende Afrikaners hierby in.
Afrikaners het opgestaan en saam die Britse regering geveg om die Boere uit te wis en selfs 30000 pond per jaar aan Brittanje geskenk om dit enduit te voer.
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) ABO
*
VEILIGHEID
Bid alleen gaan nie help nie, gebed is goed vir diegene wat glo. Maar bid alleen gaan nie jou veiligheid waarborg nie. Bid alleen gaan nie selfbeskikking uit die hemel op ons laat neerdaal nie. Om ‘n boom te plant gaan nie help as daar nie nasorg is nie, maak nat die boom en gee ekstra aandag, anders vrek die boom. Help nie om skape en beeste aan te hou as daar nie behoorlik na hulle omgesien kan word nie en ook as daar nie genoegsame kennis oor boerdery is nie – en dit geld vir enige beroep onder ons mense.
ONS individuele volkslede moet ons eie beveiligingsmaatreëls in plek kry – dis krities dat ons tyd en energie, asook die wat finansies het om opleiding te kry indien dit ontbreek en voorsorgmaatreëls te tref dat dit meer as voldoende kan wees. Raak betrokke by jou volkseie omgewingsgroepe vir bystand en hulp andersinds visa versa.
Na 25 jaar is daar steeds ‘n leë lang “tonnel” met niks binne-in nie. Die “tonnel” sien ek as geleenthede wat Volkstaatraadslede gebruik het om ondersoeke te doen, hoe en waar ons selfbeskikking kan kry. En ja, die verkiesinguitslae was ‘n deurslaggewende faktor, en daarom het dit voortbestaan en daar is amptelik rekord daarvan. Dis ons volk se inligting – nie ander sin nie, maar ons volk se inligting, wat in 1994 besluit het GENOEG IS GENOEG.
Verbasend maar te wagte en na 25 jaar stem heelwat van die Afrikaners steeds vir multi-kultuur partye wat vir ons niks beteken of kan doen nie, behalwe as hulle saamstaan met die sogenaamde “reënboogland”. Hulle het geen begeerte om vir ‘n volk te staan nie of vir ‘n volk se vryheid nie. Om selfwerksaam te wees, bring niks in die sak nie, dis nie onafhanklikheid of vryheid nie.
Afrikaner leiers word ingesweer onder die kommunistiese grondwet .
1955 ANC Freedom Charter
ANC – Freedom charter 1955
Wat het multi-kulturele Afrikaners kwansuis in 30 jaar gedoen as hulle dit vandag so ‘ophemel’ dat hulle deel daarvan is? Net mooi niks, behalwe salarisse op die groen stoele.
Daar is in 25 jaar geen poging aangewend om ons volk se vryheid te verkry nie, hoekom sal ‘n multi-kultuur party wat basies niks in 25 jaar gedoen het nie, dit nou wil of kan doen? Dit gaan nie gebeur nie.
Die feit dat die Bestuur van die politieke party, destyds al die aanbevelings van die Volkstaatraad ge-ignoreer het, beteken nie ons as volk het ons regte verloor tot volwaardige onafhanklike gebied(e) nie.
Selfbeskikking word in internasionale reg uitgespel.
Die Boere volk het nie van standpunt oor vryheid (selfbeskikking) verander nie. Die politieke party van destyds, se bestuur, het na 1994 besluit hulle wil eerder multi-kultureel (soos fw de klerk) wees en dis hulle wat nie hul weg oopgesien het daarvoor nie. Dis nie die volk se skuld nie. Daar was regtig baie min inligting wat deurgekom het daarna. Inligting op internet was skaars. Daar kan nie staatgemaak word oop multi-kultuur politieke partye wat nie vir ‘n volk se regte opstaan nie.
Die feite dat die ANC die land se grense oopgegooi (N Zuma was Minister van Binnelandse Sake) het, miljoene immigrante binnegenooi het om oral te kom plak en bly, maak dit nie maklik nie. Die Boere volk is en was in 1995 met Volkstaatraad se ondersoeke in die meerdeerheid gewees, net soos wat Ingonyama Trust aan die Zoeloes behoort (ou Zoeloeland reservaat en Tuisland). Immigrante hoort nie onwettig te plak nie en die ANC moet hulle terugstuur vanwaar hulle afkomstig is. Immigrante het almal ‘n land van herkoms en wortels waar hul gebore is.
Dit is en bly ‘n internasionale reg wat ons as volk geregtig is om te verkry.
Regerings, volke en organisasies soos ANC gaan dit nie vir ons “skenk” nie.
Omdat ons volk juis uit alles uitgesluit word, is dit geloofwaardig dat ons steeds voluit wil gaan hiervoor. Ons ontken ook nie enige ander volke se regte tot hul eie bestaan of onafhanklikheid nie. Nog minder meng ons in met hul “trustgebiede” of tradisionele leiers wat hulle verkies om te hê sedert 1994. Hulle het daardie bed gekies om op te slaap, hulle moet rustig daarin slaap. Ons menseregte word geskend en GENOEG IS GENOEG as ons mense so uitvermoor word.
Terloops – daar is in Desember 2018 reeds melding gemaak dat daar 8840 tradisionele leiers is (bruin en swart) – almal in afsonderlike gebiede – Trustgebiede en CPA (grondeise), maar ons, waar is ons? ons word stelselmatig met hulle wetgewings (B-BBEE) uitgewis of met moorde.
***
Selfbeskikking – Self-determination
1994 Agreement were signed by Freedom Front (Viljoen), National Party (Meyer) and the ANC (Thabo Mbeki)

**

*
Lank voor 1996 grondwet is en was daar ‘n tussentydse grondwet, waaronder die Akkoord onderteken is. Die ondersoeke wat gedoen is , veral die ou Boere republieke se gebiede, is onder hierdie tussentydse grondwet ondersoek.
The Constitution was certified in 1996, which stated by Constitutional judges that self-determination is an international right for each people to rule themselves in terms of international laws:
BUT THE AFRIKANER ACCORD WAS ALREADY SIGNED IN 1994 under the interim Constitution.
***
Self-determination of people
https://www.youtube.com/watch?v=EsrKNAo1Hd4
***
SELF-DETERMINATION
*
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
[…] Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike
[…] Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike
[…] Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike
[…] Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike
[…] Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike
[…] Hierdie Akkoord kon nie voortbestaan het sonder ‘n mandaat nie, want dan sou die ANC parlement die ondersoeke ook nie amptelik goedgekeur het nie, dit was ook een van die voorwaardes. Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike
Een van die redes hoekom ons nog nie in n gebied waar ons die meerderheid is, selfbeskikking grkry het nie, is omdat hul(die huidige regering) hul mense en buitelanders(volksvreemdes) regoor die land versprei het die afgelope 25 jaar, sodat wanneer hul rég is, gaan hul begin met onderhandelings en net eenvoudig sê dat ons oral in die minderheid is.
LikeLike
[…] Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike
[…] van 1994Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord)Mandela en ANC skryweSelf-determination – Afrikaner/Boer – ANC-Mandela letter […]
LikeLike
[…] (publikasie 1995)Self-determination – OnafhanklikheidSelfbeskikkingsreg – VolkSelfbeskikking en Volkstaat (Akkoord)Geen wet is hiervoor nodig nie (wat met die huidige grondwet bekragtig is) – die Akkoord is […]
LikeLike
[…] Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike
[…] volle soewereine OnafhanklikheidSelf-determination – Afrikaner/Boer – ANC-Mandela letter (1993)Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord)Self-determination – Selfbeskikking (publikasie […]
LikeLike
[…] volle soewereine OnafhanklikheidSelf-determination – Afrikaner/Boer – ANC-Mandela letter (1993) Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) Self-determination – Selfbeskikking (publikasie 1995) * Bredin Horner – VF+ South Africa – […]
LikeLike
[…] Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike
[…] Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike
[…] Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike
[…] Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike
[…] Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike
[…] Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike
[…] Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike
[…] Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike
[…] Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike
[…] Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike
[…] Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord) […]
LikeLike