Dit kom voor of die presidente van Suid-Afrika regtig in kompetisie is teen mekaar wie die meeste kriminele sake aanhangig gemaak word teen hulle. Dis nie spekulasie nie, maar feite wat rondom ons gebeur. Is waarskynlik om te bewys hoeveel skuiwergate in die regstelsel is dat min of selde vervolgings hieruit voortvloei. Moet nie uit die oog verloor dat dit juis die jeugbrigade van die Broederbond was wat die konsep aan die ANC voorgehou het.
*
Verwys na vorige sake soos die wapen, teksboeke, treine, tolpaaie, eskom, staatsentiteite, pensioene, nkandla skandale. Opmerklik is al die kommissies wat vir dekades aangestel word, wat eenvoudig geen magte het nie. Wie se tyd en geld word vermors met kommissies wat niks met die inligting kan of wil doen nie? Kommissies en regters word volgens die grondwet deur die president van die land benoem en aangestel.
Daarteenoor wil dit voorkom of die Phala Phala-roofdebakel ‘n sagte dood gesterf het. Volgens berigte het Ramaphosa aan die openbare beskermer gesê dat sy geen jurisdiksie het om ‘n klag oor die Phala Phala-plaasskandaal te ondersoek nie omdat dit meer as twee jaar gelê is nadat ‘n buitelandse valuta-diefstal daar plaasgevind het.
So, iemand erken in die openbaar daar was buitelandse valuta diefstal betrokke. Indien sulke persone met dieselfde oortredings van die publiek was, was hul lankal verhoor en gevonnis. Misdaad bly misdaad. Van wanneer af word presidente van enige land vrygestel van vervolging? En kan ‘n president sommer so besluit hulle mag nie vervolg word nie?
Reuben Sekwele, het ‘n strafregtelike saak teen Ramaphosa by Booysens-polisiestasie in Johannesburg geopen omdat Ramaphosa na bewering sy intellektuele eiendom gesteel het. Sekwele, die uitvoerende hoof van Rubbytad Group, ‘n onafhanklike kragprodusent, beweer Ramaphosa het sy sakeplan gesteel wat hy as ‘n ongevraagde bod ingedien het.
Sekwele beweer Ramaphosa het hom later aan ander staatsdepartemente voorgestel aangesien die president glo tevrede was met sy sakeplan en dat die sakeman deur middel van ’n reeks e-posboodskappe met dié departemente gekommunikeer het.
*
http://www.rubbytadgroup.co.za/
https://www.youtube.com/watch?v=-VqlUOctT8c
https://www.gov.za/speeches/president-cyril-ramaphosa-2018-state-nation-address-16-feb-2018-0000
*
MEER INLIGTING:
/
State capture Zondo commission – Molefe – Gigaga – Guptas
Ramaphosa se swart bemagtiging geldfontein
SO HELP ME GOD – Ramaphosa and Phala Phala money
Ramaphosa -R140 billion ($8.5)
Supporters of Zuma Nkandla 5 July 2021
Zuma – Nkandla – Ingonyama Trustland
Corruption – Bosasa – Guptas – Armsdeals etc
Wapenskandaal – Arms deals
Cyril Ramaphosa – Empire se geldeenheid
Ramaphosa besittings en veel meer
Ramaphosa besittings B-BBEE
Goldman Sachs – Ramaphosa – IFC
Sabotage inside Eskom 2020 report
Submission by Solidarity 14 May 2003 in Parliament
Bosasa Mti – Watson – Zuma
Bosasa – Bribes and the ANC
Ramaphosa – Bosasa and R500 000
Bosasa – donations (fake) money laundering – ANC – DA elections
Affidavit – State Capture by SARB & Banks
[…] Ramaphosa sages […]
LikeLike
[…] PhalaPresident keepers = Jacques PauwRamaphosa sagesSO HELP ME GOD – Ramaphosa and Phala Phala moneyRamaphosa: ANC Korrupsie en […]
LikeLike
[…] Ramaphosa sages […]
LikeLike
[…] Phala Verslag RamaphosaSO HELP ME GOD Ramaphosa and Phala Phala moneyRamaphosa sagesRamaphosa R140 billion ($8.5)Ramaphosa: ANC Korrupsie en […]
LikeLike