Begroting – tradisionele leiers 2019

Dis net die begin, en weer begroting en natuurlik sal al hierdie tradisionele leiers hulle pond vleis vanuit die staatskas verkry, soos dit jaarliks gedoen word.   Lig u mense in wat aangaan.   Ons  het almal sedert 1994 onder die indruk verkeer dat tuislande weg is (aparte gebiede) – toe nie – dit het Trustgebiede geword en al die grondeise wat bykom word onder CPA wetgewing hanteer –  op dieselfde “beginsels as trustgebiede oftewel kommunale regte” maar net vir spesifieke volke – hetsy Pedi, Sotho, Shangaan, Xhosa, Khoi san, Griekwas of wat ookal…

King Goodwill Zwelithini.

Hier word letterlik en behoorlik baie blanke koeie en besighede  gemelk waarvan die spene reeds leeg gesuig is.   Lees die verwante artikels waarna verwys word en neem kennis daarvan.

Maak seker die Afrikaner en Boere (alle blankes – Engels en Afrikaans, ens) weet hiervan en stem op 9 Mei 2019 vir Front Nasionaal vir ons eie soewereine (selfbeskikking) gebiede.

Met alle respek teenoor alle ander etniese volke – hierdie konings en tradisionele leiers is niks van ons nie, nog minder sal hulle ooit opstaan vir ons.   Hulle het nog nooit.

En dan wil die liberale blankes en radikales hul beste panties vuilmaak oor Orania, Eureka en Kleinfontein.

Ons het ‘n internasionale reg om oor onsself te regeer in ons eie gebiede.

BELANGRIK

Koalisies is onderworpe aan nasionale wetgewing – dis snert dat die ANC gelig gaan word.   Ons hoef niks tot hierdie staatskas by te dra nie.

Die liberales wat nog daarvoor is, wat die grondwet steun of selfs enige veranderinge voorstaan,  kan gerus maar hul plase en huise laat onteien en vir hul boeties en sussies skenk.

***

NET DIE ZULU KONING – DAAR IS ANDER OOK

Goodwill Zwelithini se begroting styg met R9 miljoen.

Die Zoeloe koning, Goodwill Zwelithini, ontvang in die nuwe begrotingsjaar ’n bykomende R 9 miljoen wat sy totale ontvangste op R 66 miljoen te staan bring.
Berekeninge toon dat sy begroting oor drie jaar R 75 miljoen per jaar sal beloop. Alhoewel die begroting vanuit die premier se kantoor kom beteken dit dat dit belastingbetalers is wat die geld betaal.

Die onding om ’n tradisionele leier so te bederf is nog ’n teken van swart bevoordeling, waarvan die Zoeloes die grootste voordeel trek.

Foto – Die Koning van die Zoeloe-nasie, Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu, wat onder die Tradisionele Leierskap klousule van republikeinse grondwet Suid-Afrika herken word. Hy het in 1968 koning geword op die dood van sy pa, King Cyprian Bhekuzulu kaSolomon.

dievryburger.co.za, 08-03-2019

***

Daar word daagliks feitlik oor al hierdie tradisionele leiers op Selfbeskikking/Self Determination gepraat en ook artikels op hierdie blog … oor trustgebiede aka tuislande aka reservate wat dit al was voor 1850.   Die Zoeloes was in 2016 presies 200 jaar oud.

***

Facebook:
https://www.facebook.com/SelfbeskikkingSelf-Determination-826548024058616/

Twitter:

Tuislande aka Trustgebiede is nie weg nie – daar bly meer as 25 miljoen in die ou tuislande – daar bly net soveel indien nie meer as burgers rondom ons in informele sektor en almal trek gratis krag, skole, medies alles gratis.  Ons word gedwing in hierdie “Afrika ‘reënboognasie” ideologie van die liberales”
Dis nie net die zulu koning, Zwelithini wat verhoging gaan kry nie, binnekort sal die res ook bekendgemaak word, indien dit nie alreeds is nie, sal dit opspoor as dit so is. In Oktober 2018 was daar 8840 tradisionele leiers, en onder hulle is ook khoi san volke wat bygevoeg is. Almal soek nou ander byvoordele soos medies, ens. nes die parlementere lede. HANSARD VAN PARLEMENT
Nie een beteken vir ons iets nie, aangesien hulle almal , as daar gestem word, of vir DA/ANC/IVP/EFF en ander partye stem wat swart bemagtiging en onteiening steun… so almal is teenons. OF in koalisie met hierdie partye, dan steun jy ook hierdie wetgewings en beleid van politieke partye (wat onderworpe is aan Nasionale wetgewing)
Versoek: U stem word benodig vir Front Nasionaal en selfbeskikking op 8 Mei 2019 – maak seker jy is geregistreer.

Lig u vriende, familie en kennisse in hiervan, want ons verloor al die pad daagliks al meer en meer. Lees die artikel, die Hansard het ek ook geplaas sodat mense kan sien wat versoek al hierdie 8840 tradisionele leiers (indunas, hoofmanne en daar is ‘n hele hierargie) – koning het sover ek weet, SES VROUE EN 27 KINDERS

Traditional leaders South Africa: 8840

South Africa: Traditional leaders

Legislation only for black and khoisan

Richtersveld – KHOISAN AND CPA

Vals vlag “reënboognasie SA”

***

BELANGRIKE INLIGTING VERVAT IN WITSKRIF – DAAR IS ANDER OOK
Agreements and Traditional leaderships***

“Zulu kingdom” Ingonyama Trust

Trustgebiede>Tuislande>Reservate

*

Dis tyd ons dink aan ons eie volk en ons armes, wat ook nie gevra het om onder swart bemagtiging of regstellende aksie deur te loop nie. Hoe regverdig is dit?  Ons het ‘n internasionale reg daartoe om onsself te regeer.

Ons voorgeslagte het onder die juk van Britse heerskappy weggetrek, en tog talm ons om al hierdie keisers te onderhou? Hou op skuldig voel oor aparte gebiede wat steeds onderhou word. Dis nie ons wat aparte gebiede ingestel het na 1994 of 1854 nie, die Britte het en swart/khoi san leiers doen dit self en dan het hulle die vermetelheid om ons te beskuldig van aparte gebiede, aparte wetgewings en aparte gebiede in hul grondwet vervat.

Betaal aan die keiser .. maar as die keisers (8840 nie my keisers is nie, waarom moet hul deur ons onderhou word)? Tradisionele leiers bestaan vandag, net soos voor 1994 en ook voor 1900, onder Britse kolonialisme. En tog verwag almal, die belastingbetaler moet opdok en hulle is nie een deel van ons nie. Die keisers is nie myne nie. Daar word vinnig swart bemagtiging ingestel om ons besighede te vernietig, maar ons word om elke hoek en draai belas vir die keisers wat niks van ons is nie, maar ons laat dit toe.

Daar is 8840 tradisionele leiers, waarvan in 2018 kennis gedra is in Hansards, dalk nog meer vandag.

19 gedagtes oor “Begroting – tradisionele leiers 2019”

Lewer kommentaar