Vals vlag “reënboognasie SA”

Dis ‘n waarneming al vir etlike jare, dat die media huise wat berigte vervat, politici en liberaal verligte blankes, wat die idee skep dat daar ‘n gelukkige reënboognasie in Suid-Afrika is.  Daar is nie so iets nie.  Daarom word daar gedurig op die konserwatiewe blanke gefokus, wat patrioties is, wat nog glo dat dit ons volk se reg is tot voortbestaan.  Daar word feitlik daagliks media berigte uitgekrap wat effe verdraai word en dan as ‘n politieke en rassistiese speelbal gebruik word om blanke konserwatiewes mee by te kom.   Ons as konserwatiewe blankes, kan dit stop, deur ons rug op hierdie vals geskepte “reënboognasie SA” te draai.  Makliker gesê as gedoen, maar dis moontlik.  Ons het ook regte en dit word geskend.  Die Franse, Duitsers, Nederlanders en Italianers meng ook nie met mekaar en is nie een reënboognasie nie.

reenboognasie geen

Waar het die vals “reënboognasie” ontstaan ?  By die liberaal verligte blankes, by liberales soos De Klerk, Mandela en Tutu.  Almal het geglo dat “apartheid”, aparte gebiede weg is, maar dit is nie, inteendeel, dis vandag nog groter as voor 1994.   Toe word die liberale grondwet geskep – die Kodesa skrywers was heelwat blankes en verlig wat help skryf het om ons menseregte te skend.    Dus, diegene wat die grondwet steun, steun grondhervorming en swart bemagtiging teenoor blankes.  Swart bemagtiging, grondhervorming is alles deel van die kommunistiese planne om alles van ons te vervreem.  Selfs ‘n werk ook, dus gaan ons almal vir een werkgewer werk, die kommunis, wat alles gaan besit.

Wat staan ons te doen?  Indien patrioties en glo aan volk se oorlewing.

Werk aan prioriteite vir ons selfbeskikking, eie onafhanklike gebiede, steun ‘n volksparty en moenie glo wat enige vals multi-kulturele politici verkoop nie.   Soms word verkondig hulle staan op vir minderhede, let wel minderhede.  Daar bestaan nie by hulle ‘n volk nie, want minderhede sluit verskeie minderhede in, probeer nog self uitwerk watter minderhede dit is.   Hul lieg eerstens om hul sitplekke by George Soros tafel te waarborg en warm te hou, vir ‘n vet salaris en pensioen.  Inderwaarheid steun diegene wat multi-kultureel is,  dus vir die kommunis George Soros wat ons land en alles wil besit.

As daar teen jou as volwassene gediskrimineer word omdat jou vel blank is en jy is byvoorbeeld in ‘n sekere beroep soos onderwyser, polisie, munisipale amptenaar – jou wêreld sal nie vergaan om uit die huidige rasse kokon te klim en aan te beweeg nie.   Maak nie saak in watter beroep ons is nie, hetsy dit ‘n Boer is of Ingenieur, daar is altyd rassisme, want oral is dit blankes wat soms nie eers mag aansoek doen vir ‘n werk omdat hulle nie ‘n B-BBEE is nie.    Werkloses in BRICS lande is welkom om aansoek te doen, maar nie blankes nie.   Staan saam met ander wat dieselfde voel oor ‘n volk en ‘n volk se oorlewing.  Binne ‘n vals geskepte reënboognasie gaan ons nie voortbestaan nie.  Om veiligheidsredes vlug heelwat landuit, wat waar is, dis ‘n manier van oorlewing.  Hulle vermoor veral ons kinders en ou mense uit, wat gepaard gaan met martelings.  Moenie wegkyk as volkslede vermoor word nie.

Verseker is dit so – die media huise, liberales, regering, politici en veral verligte blankes wat die kommunistiese FW de klerk grondwet help skryf het) wil hê ons moet skuldig voel oor vals beskuldigings en dan is dit juis hulle wat ‘n berg van ‘n molshoop maak.  Ons is ‘n volk in eie reg en het geen regte tot ons eie skole of taal Afrikaans sedert 1994 nie.  Dis ‘n internasionale reg.

Dis eenvoudig om ‘n saak van beide kante te bestudeer – begin saam mede Afrikaners/Boere bemarking doen in eie omgewing, begin eie privaatskole oopmaak, tuisonderrig gee.  Gebruik kennis en ervaring en begin privaatskole en opleiding.   Niks daarmee verkeerd nie. Daar is baie ouers en volwassenes wat hierdie onderwysers sal steun, wat opleiding sal steun.   Volkseie besighede kan begin en bevorder en gesteun word.

Ons moet begin kyk watter skade doen rassisme aan ons eie kinders ook. Al dink ouers dit is mode om met alle rasse te meng, is die rasvermenging ook op ander dinge gefokus – “een reenboognasie”… af te dwing,  en dis wat George Soros ook bevorder – om weg te doen met volke en hul identiteit/etnisiteite en ook eie standaarde.  Ons standaarde moes al van ons vlak daal na ‘n baie ander vlak toe.   Skole en opleiding kan verder gaan.   Op sport gebied kan hierdie kinders ook met mekaar meeding en weer soos in die ou dae ons eie wen-wen situasies skep. Daar kan spesifiek gespesialiseer word in privaatskole.

Die “sogenaamde” grondwet is by Kodesa geskryf, met De Klerk, Meyer, ANC , DA en ander liberales begin – destyds was daar oor die 37.5% wat nie met hierdie “een reënboognasie” saamgestem het nie.  Hoekom moet die mense dit steun as dit nie demokraties en rassisties is.

**

Wanpersepsies bestaan – Voor 1994 was daar Tuislande vir 10 etniese swart volke geskep, dis grondgebiede wat voor 1961 tot sover terug as 1854 as reservate bekendgestaan het, toe was dit ‘n MISDAAD om apart te bly.   Hierdie volke het reeds al vanaf 1854 hier gebly.   Dis nie nuut geskep nie.  Na 1994 word al hierdie gebiede Trustgebiede genoem en oornag is dit geen misdaad nie.

Grondeise is ook geskoei op aparte gebiede vir daardie spesifieke volksgroep en niemand anders word daarop toegelaat nie.

Swartes meng nie eers met mekaar nie.  Tot die immigrante wat land instroom, bly apart van mekaar.   Tot die Chinese wat land inkom bou dan hul eie stede en gebiede.

Voor 1994 was die aparte gebiede, volgens die liberales, apartheid omdat ons as blankes die swart volke uitgewis, vermoor of sonder werksgeleenthede laat.

Ongelukkig was daar seker teveel werk geskep, daarom was hul bevolking so groot in die jare 1961 tot 1994.  ‘n Bevolkingsontploffing is nie uitwissing van volke nie.

Daar was ekstra skole gebou, want Verwoerd het dit in 1955 oorgeneem uit die koloniale Britte se hande waar dit destyds meerdeels in kerke en sommige op plase was.

Ons eie skole 1961-1994 was meerendeels Afrikaans met Afrikaanse onderwysers.  Daar was nie die gerief van Zoeloe of Xhosa of Pedi onderwysers nie.  Hierdie volke het nie veel belanggestel om hul eie onderwysers op te lei nie.  Inteendeel word dit na 25 jaar se kommunistiese regering nog minder gedoen.

Heelwat plattelandse skole was daar soms net 3-4 klasse en verskeie standerds is in een klas geakkommodeer, want daar was nie genoegsame onderwysers nie.   Plattelandse skole was meestal Afrikaans.  Dubbel medium skole het eers later in die tydperk plaasgevind.

Die geskiedenis wys op hoe daar destyds skole afgebrand is deur swartes en vandag doen hulle dit met hul eie regering.   En oral word gediskrimineer waar daar nog Afrikaanse skole is want ons as volk mag mos niks hê nie.  En dit geld ook vir besighede wat so afgebrand word deur swartes.

Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie saam besighede het heelwat grensnywerhede geskep en opgebou.  Ons kon reuse geword het.  Daar was van hierdie volke wat dit benut het en steeds doen.  Van hierdie grensnywerhede bestaan vandag steeds.

Sou ons vorige regime by name Verwoerd mense wou uitvermoor, kon ons dit gedoen het, en ons het nie.

Reservate was in 1854 geskep om die etniese volke uitmekaar te hou, en daar is voortgebou op die gebiede en dit het oorgegaan in Tuislande soos die res van Afrika (Homelands).

Etniese volke en stamme woon in Afrika almal apart van mekaar, gaan let maar op hoeveel stamgevegte daar is in elke land, net in Afrika alleen.

Minderhede soos Suid-Sudan het in 2011 onafhanklik geword weens diskriminasie en rassisme – swart op swart.

Hoekom sit ons vandag dan met etlike Trustgebiede, waar die Zoeloevolk apart van die Tswana en Khoisan volke woonagtig is, en self werk in sommige gevalle?   Dit is al oor en oor bewys die Tswana soek nie die Zoeloe hoofmanne of konings naby hul gebiede nie.

Dis nie ‘n misdaad dat volke aparte gebiede verkies nie – en daar is niks verkeerd dat die Zoeloevolk hul assosieer met hul eie Zoeloe stamme nie.

Daar is niks verkeerd as bruin of khoikhoi in die Richtersveld verkies om saam te wees en mekaar te steun nie.

Gun dit dan vir die Afrikaner en Boere (blankes).  Ons het dieselfde regte.

Advertisements

4 gedagtes oor “Vals vlag “reënboognasie SA””

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s