Die Boere volk en Boerieman


Lede van die Boere volk kan nie die wortels van hul voorouers vernietig nie, maar daar is ander volke en vreemde nasies en selfs regerings op internasionale vlak, wat dit wel probeer doen deur allerhande wortels voor te hou soos geld en beter lewens wat aan die kommuniste en wêreldbeheer gekoppel is. Dus is dit noodsaaklik om te onthou, klou vas aan wat joune is, dis deel van die Boere volk se kultuur, geskiedenis, tradisies. Dit geld vir elke volk in die land. Daar is heelwat gepaste beeldmateriaal en gesprekke wat gevolg kan word om meer agtergrond te bekom wat in Suid-Afrika aangaan.



*

Al probeer ander leuens versprei dat die Boere volk nie bestaan nie of nog nooit bestaan het nie, is verfkwaste siek leuens op media en liberale leiers wat steeds probeer om die Boere volk se lewensideale te verongeluk. Hulle het reeds lank voor 1900 daarmee begin en nog nooit opgehou daarmee nie. Elke volk in Suid-Afrika het die reg om op hul eie te wees, hulself te beheer en daarom is dit noodsaaklik dat elkeen hul eie volkswortels respekteer. Ander volke kan nie namens ‘n volk besluite maak nie.

Milner en Rhodes

Swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening van bates en eiendomme, het lank reeds voor 1994 begin. Inderwaarheid het dit reeds by Idasa in Dakar begin.

Dakar-Kodesa 1982-1986-1994

Persone wat teenwoordig was by Idasa kon nie wag om hul kloue in besighede te slaan met hulle swart bemagtiging nie. Luister hoe word van die ou besighede en maatskappye vernietig, met die hulp van misdadigers en sindikate.

Waar is ons helikopters heen? Hulle maak oorlog met ons besighede, ontwikkelings en tegnologie. Wie het al hierdie miljarde rande van besighede wat verkoop is, ingepalm? Nie die Boere volk nie.

Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index


Swart bemagtiging is soos boomwortels

So was die Boere republieke ook vernietig deur die Engelse en bondgenote, die Afrikaner, Afrikanerbond en hul liberale lakeie gedurende die Anglo-Boere oorloë. Hulle het aan Britse kant geveg en was ten gunste van een groot land wat hulle wou beheer en inpalm. Minerale ingesluit. Dit het in 1910 gebeur met die Unie en ook later 1948 regering. Brittanje kon dit nooit alleen doen met hulle groot magte uit alle oorde nie. Die oorloglustiges en bondgenote, het slegs geglo om met geweld, rewolusie en vuur die Boere volk en -republieke te vernietig.

Op plaaslike vlak het die Engelse heelwat uit die binnekringe van volke ontvang om die slagvelde met lyke te besoedel.

1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO

Hulle het die voorgeslagte ingedwing in sulke situasies in, waar kinders, mesies en vrouens vir dae sonder kos en water in die konsentrasiekampe geplaas, wat deur die militêre magte, selfs Afrikaner manne, opgepas en gewapen. Heelwat vrouens en dogters is in daardie jare aangerand en verkrag. Daar was nie swart konsentrasie kampe nie.


1914 BOERE Rebellie: Suid-Afrika

Daar was aparte WERKERSkampe, waar swartes kon beweeg soos hulle wou. Hulle het vir die Engelse regering gewerk. Die Boere konsentrasiekampe was met veiligheidsheinings beman en opgepas. Die Engelse en bondgenote het hul swart slawe gebruik om vir hulle te werk om spoorlyne en paaie te bou, asook hul duisende blokhuise te beman of op te pas sodat die Boere nie hierdeur die Engelse kon aanval nie.

*

Besighede en maatskappye is veral deur die ou NP en die Broederbond aan swartes oorhandig, nog voor die 1994 verkiesing gebeur het. Dit was grotendeels deur hierdie spul in Dakar onderhandel, maar veral die Afrikaners en die Afrikanerbond.



BOERE VOLK

Volkswortels – elke volksgenoot is verbonde aan ‘n volk. Maak seker hoe en waar jy inpas in jou volk. STAAN op vir jou volk se regte, niemand gaan dit namens of vir jou doen nie. Moenie wegkruip agter voorskootbandjies van multi-kulturele VEELVOLKIGE en gemengde Afrikaner nasie of hul organisasies nie. Hulle is niks van die Boere volk nie. Hulle kan nie namens volke besluite maak nie, slegs vir hul lede.

Dit was Brittanje en haar bondgenote wat kom oorlog voer het in suider-Afrika teen die Boere repubieke om hul uit te wis. Dit is nie die BOERE wat Brittanje of een van haar bondgenote gaan aanval het nie. Die bondgenote het Afrikaners daarby ingesluit. Die Boere vegters het uit meer as 15 Boere republieke teruggeveg om hul vryheid te behou. Respekteer ons as Boere volk vandag daardie vegters, hul oorloë en veldslae? Dit help nie ons hou net optogte en hys vlae van al die Boere repubieke nie, ons behoort op te staan om ons vryheid terug te kry op internasionale vlak. Niemand gaan dit vir ons doen nie.

Britse oorlog teen Boere Republieke


Die wat die agenda 2030 dryf vir wêreldbeheer, sal poog tot elke blanke uitgewis is, en heelwat swartes word aangewend om die vuilwerk te doen. Elkeen wat dit uitvoer, word geprogrameer om hierdie vuil werk uit te voer. Dit kom voor hoe meer geweld by sulke aanvalle betrokke is, hoe meer is die finansiële beloning. Dieselfde geld vir korrupsie en sindikate. Heelwat het al met hul lewens geboet, veral as daar ondersoeke aan die gang is, word mense uit die weggeruim.

Wanneer die kringloop van vernietiging eendag voltooi is, sal hulle by die ander volke se oorlewendes se deure aanklop. Hulle agenda gaan nie stop by die Boere volk of blankes nie. Hulle weet hoe maklik word swartes en anderskleuriges om die bos gelei en gemanipuleer wat enige iets glo om R10 of kospakkie te kry.

Carnergie

Witkruismonument


KULTUUR EN VOLKE WORD GROOTLIKS ONDERDRUK EN VERNIETIG VIR ‘N MULTI-KULTURELE REëNBOOGNASIE

Dit is nie net die Boere volk wat onderdruk word nie, heelwat swart volke wat nie aan liberale organisasies gehoor gee nie, veral volke, word ook onderdruk.

Dit vind ook op ander kontinente plaas, die EU is ‘n groot voorbeeld hiervan.


SEGREGASIE OF APARTHEID HET VOOR 1990 BESTAAN EN IS NIE DEUR DIE BOERE INGESTEL NIE.

Dit word steeds uitgevoer onder die ANC bewind na 1994.

Die Zoeloes word heelwat bygekom omdat hulle voor 1994 verkiesing beding het dat hul hul Zoeloe gebiede sal behou. Daardie ooreenkoms word op hoë vlak bevraagteken om vernietig te word. So het Ingonyama Trust ontstaan, net na die 1994 verkiesing is wetgewing ook bygevoeg om dit wettig te maak deur die Interim regering. Na 1994 het duisende grondeise gevolg wat ook aan ander volke die reg gegee het om grondeise te plaas, met verskillende kompensasies. Richtersveld is ook saam ander gebiede verklaar as Khoi san gebiede, veral in die Noord Kaap.

Dit is grondgebiede wat lankal aan hulle behoort, grondgebiede wat deur hul eie volksleiers voor 1900 beset het. Hulle bly lankal daar, sedert die Britse kolonialisme. Min of geen van die gebiede is ooit wettig aangekoop nie.

Dis slegs die Boere volk wat van die grondgebiede in Niemandsland gekoop of onderhandel het.

Boere volksvryheid – Boere republieke

Daar is heelwat bewyse wat bewaar word, nie net in Suid-Afrika nie, maar internasionaal oor die bestaansreg van die Boere volk.

Kultuurskatte, museums en -erfenisse ‘n bestaansreg van die Boere volk

Die Boere volk het nie swartes of gekleurdes in enige besette gebiede ingedwing nie.

SEGREGASIE – APARTHEID

Na 1994 het die ou RESERVATE verander na Tuislande. Hier het hulle wettige verkiesings gehad en die leuen word verkondig dat hulle nooit stemreg gehad het nie. Tipies afrikaner en kommunistiese leuens. Tuislande het almal hul eie volksliede, vlae en ander tradisies voortgebou. Grensnywerhede is geskep vir werksgeleenthede, waarbinne duisende opgelei is om die werk uit te voer.

Lewer kommentaar