Afrika se groot skeur en Rovuma



*

Dit lyk kompleet soos ‘n baie lang slang of draak wat bo naby Egipte wag om te ontwaak om die Afrika kontinent oop te skeur. Die Oos-Afrikaanse Skeurvallei is ‘n massiewe, 3 500 km tot 6 500 km lange aktiewe kontinentale skeursone wat strek vanaf die Rooi See tot Mosambiek, waar die Afrika-kontinent in twee verdeel, die Nubiese en Somaliese plate. Hierdie geologiese kenmerk, wat ongeveer 25 miljoen jaar gelede gevorm is, sluit diep valleie, aktiewe vulkane soos Kilimandjaro en ontsaglike mere in.

Lewer kommentaar