*
Daar is waarskynlik geen regering in die wêreld wat hulle nie reeds skuldig maak of gemaak het aan radikale of oorweldigende intimidasie, rassisme, diskriminasie en menseregteskendings teenoor hul eie burgers nie. In Suid-Afrika is dit beslis die geval. Wat beslis voorkom in die samelewing op grondvlak tussen gemeenskappe en buitelanders (ongedokumenteerdes), is dat daar heelwat teenstrydige nasionale vlak wetgewings is wat gevolg word waar hierdie verwarring voortspruit. Met wetgewings word ooreenkomste gesluit, waar Suid-Afrika ook ander regerings dwing tot radikale dade, diskriminasie en rassisme veral teenoor die BOERE volk. Regerings besluit vir hulself hieroor.

*
Sekere wetgewende voorvereistes en wetgewings is in botsing met ander wetgewing(s), die SA grondwet van 1996 en internasionale verdrae wat deur regerings onderteken is. Sedert 2024 is daar reeds ‘n regering van nasionale eenheid, net soos 1994 wat uit verskillende politieke partye bestaan. Dis hier waar die sirkus eintlik begin is om almal in Suid-Afrika te verwar met hul teenstrydige wetgewings.
Sulke wetgewings skep nie net algemene publieke verwarring nie, maar stuur af op chaos, rewolusie, politieke geweld, vernietiging van alle infrastrukture, geboue en moontlike ‘xenofobia’ wat die regering reeds op nasionale vlak geskep het in die wetboeke sowel die grondwet. Doelbewustelike verwarring is nie hierby uitgesluit nie.
Die betrokke regeringsamptenare, ministers en wetgewers wat spesifieke wetgewing opstel, moet toesien dat wetgewing eerstens nie teenstrydig is met mekaar nie. Dit help nie om later die blaam voor die publiek, besighede en burgers se deure te plaas nie.
Die regsbank is deurdrenk van hoogs besoldigende advokate en prokureurs wat wetgewings opstel. Hulle het die spesifieke geleerdheid daartoe, nie die publiek of besighede nie. Die President wat die aanstellings doen, is veronderstel om op hoogte te wees en wat die verwagtinge is van wetgewers (wat hulleself daarby insluit). Wetgewers is veronderstel om bevoeg genoeg te wees om teenstrydighede totaal en al uit te wis, te voorkom, sodat die publiek, besighede, buitelanders, immigrante, ongedokumenteerdes en veral verteenwoordigers van ander lande in die land, hulle wetgewings behoorlik verstaan. Niemand word beskerm met soveel teenstrydige wetgewings nie, dit hou nie by immigrasie op nie.
KOMMERWEKKENDE VRAE SAL DAAR ALTYD WEES
Waarom stel regerings in al die lande (spesifiek nou Suid-Afrika), wetgewings in plek om voorskriftelik te wees aan immigrante, dat hulle wettige papiere moet besit, soos visa en selfs permit om in daardie spesifieke land te mag werk of dat immigrante ‘n X bedrag geld die land moet inbring om te oorleef, maar daardie land se grense is vry en oop vir enige persoon om die land binne te dring. Daar word dus voorvereistes en voorskrifte aan alle immigrante en ongedokumenteerdes op alle immigrasie webtuistes geplaas. Meeste ander lande het bykomende voorvereistes veral om te emigreer.
Ter aansluiting hiervan – dis die regering, verskillende ministers en amptenare se pligte om elke immigrant uit te hou, wat nie die wettige dokumente besit nie.
Dit is teenstrydig indien daar gesien word dat miljoene immigrante lande ONWETTIG binnekom, sonder geld, sonder inkomste, met gesinne met geen behuising in sig nie. Hulle slaap in tente of onder plastiek of bome, waar hulle oop ruimtes vind. Hulle gaan steel water en elektrisiteit en die dag as hulle hierdie uitkampplek verlaat, is dit so besoedel van vullis en riool, dis om van naar te word. Nog teenstrydighede.
Daar word geboue en besighede, plase en plotte beset en aangedring dat dit hulle grondgebiede of eiendomme is. Nog teenstrydighede.
Immigrante, onwettiges en sindikate, steel bedradings, straatligte, koper en breek in by huise, val mense aan, steel hul besittings en pleeg moorde.
Koper, koperkabels en sekere ware wat meestal onwettig is, word aan plekke verkoop wat veronderstel is om elkeen van hierdie artikels,soos koper te lys met identiteit en ander besonderhede. Hoeveel hiervan werklik nagegaan word, is onseker, maar heelwat koperpype en selfs elektriese substasies word gesaboteer, drade afgesteel en verkoop as skrootmateriaal. Groot duur artikels van Eskom en munisipaliteite, pompe, word gesteel en dan word dit uitgevoer na Swaziland, Mosambiek, Lesotho en selfs ander lande. Alles teenstrydighede met verskillende wetgewings.
https://gsmcommander.com/cable-theft/?srsltid=AfmBOopd_60m3w4xrhiBEgRNRbhHqoo8G_GyrW8ELLDvImZzvb7_fW6V
Daar is heelwat teenstrydighede wat verwant is in verskillende wetgewings wat gemaak is oor die vrybeweging van immigrante en veral onwettiges.
Ongedokumenteerde immigrante is eerstens nie veronderstel om in die land te wees nie. Dus indien hulle in die land is, is daar heelwat wetgewing waaraan nie voldoen word nie, maar indien burgers of selfs lede van GNU optree, is dit kwansuis XENOFOBIA. Die indruk word dus geskep dat niemand enige iets mag doen hieromtrent nie.

Immigrante met geen papiere nie, is onwettig, hulle plak en beset gebied (voorbeeld) XYZ, maar niemand mag hierdie armsalige immigrant ABC’s aanraak nie, want indien enige burger of geregsamptenaar hierdie ABC’s vra om weg te beweeg, terug te gaan na hulle lande, moet daar duur hofsake wees om van hierdie persone ontslae te raak. Dit geld ook vir die wettige immigrante met papiere. Dit is alles teenstrydig.
Volgens wetgewings moet daar glo alternatiewe behuising aan hierdie ongedokumenteerdes of immigrante ABC’s verskaf word indien hulle moet wegbeweeg. Watter burgers het daardie klas van geld om hulle te akkommodeer. Dis nie die plig van die burgers om onwettiges of immigrante te akkommodeer of van die nodige dokumentasie te voorsien nie. Die GNU en regerings laat hulle eerstens onwettig die land binnekom. Nog meer teenstrydighede.
Die ABC kinders wat almal onwettig is, ongedokumenteer, gaan in groot getalle gratis skool in SA se plaaslike skole, want ABC het mos nie geld om dit te doen nie.
Die ABC kinders of ouers word siek en hulle word na ‘n munisipale kliniek of hospitaal geneem om versorg te word. Weer eens teenstrydighede, want iemand moet vir al hierdie dienste betaal wat die ABC gratis ontvang.
Oral word vure doodgeslaan. Dis onregverdig en menseregte van BURGERS word eerstens geskend. Dan skielik as sekere politici in die GNU optree, is dit kwansuis xenofobia. Hulle is tog aangestel tydens verkiesings of is die GNU amptenare skielik almal “onwettig” in hul poste? Omdat hier miljoene ongedokumenteerde ABC’s in die land is, is dit klaar teenstrydighede. plus hierdie ongedokumenteerdes misbruik die land se stelsel en selfs die grondwet, wat nie vir hulle geskryf is nie, maar skep xenofobia probleme op nasionale vlak (GNU). Tree die GNU amptenare op, is dit Xenofobia, tree hulle nie op nie, is dit ONWETTIG.
Immigrante – Immigrants – Soros
Immigrante – Immigrants
Die ABC immigrante en ongedokumenteerders neem vrylik deel aan al die protesaksies, bestorm groot winkels, brand af waar hulle kan, stop trokke langs paaie en steel alle goedere, alles onwettig en teenstrydig met nasionale wetgewing wat nie deur die GNU toegepas word nie. Hierdie ongedokumenteerdes pleeg xenofobia teenoor die burgers van daardie land waar hulle onwettig is en pleeg verskillende misdrywe.
Daar is baie voorbeelde van protesaksies na 1994 waarby immigrante en onwettiges betrokke was. Heelwat besighede moes hul deure sluit en burgers (of nie burgers) het hul poste verloor en sit werkloos.
July 2021
Protesting at Marikana 2012
NASIONALE VLAK REGERING
Dit is lankal tyd dat die President van die land, en betrokke ministers in die regering van Xenofobia aangekla word, want hulle laat die onwettiges en ongedokumenteerdes die land binne, sodat die land in ‘n helse rewolusie ontaard, alles weens teenstrydighede van die regering wat in 1994 oorgeneem is deur ‘n rewolusionêre organisasies.
Daar is ander punte en wetgewings wat aansluit by die immigrant en onwettiges / ongedokumenteerders, naamlik swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening.
Die regering en wetgewers stel wetgewings op, wetgewings het ‘n administratiewe roete en moet ook voor die publiek dien. Die feit dat daar so baie swartes uit Afrika of ander gekleurdes die land binnekom, meestal onwettig, word hulle meestal tydelik in diens geneem as swart bemagtigers. Dit word ook as verskoning gebruik om die Boere aan te val en uit te wis, dat Boere kwansuis onwettiges in diens het.
Hierdie hekkies word totaal deur die regering en GNU (ook vorige regering) oopgelaat en die publiek neem hulle dan in diens. Soms omdat buitelanders se dienste goedkoper mag wees. Daar is nie net verwarring nie, maar teenstrydighede.
Swartes en gekleurdes uit ander lande, nie net Afrika nie, skroom nie om te meld van die ‘grondwet’ van 1996 nie. Regerings veral uit Afrika maak beweringe hoe hulle die ANC sowat 80-90 jaar gelede gehelp het, deur hul opleiding te gee in kampe in verskeie lande. Vandag sit ons met feitlik 100 miljoen onwettiges en ongedokumenteerders, wat oral hul besighede en veral onwettighede bedryf, soos dwelmhandel, mensehandel en besettings van geboue, wat totaal en al onaanvaarbaar is en beslis teenstrydig.
In die ou dae, selfs na 1994, het heelwat van ons bietjie rondgereis toe brandstof nog goedkoper was. Soms langs paaie gestop om te gaan loer wat inheemse swartes verkoop. Soms is dit kleipotte, gevlegte mandjies, selfgekweekte groentes en vrugte of wat hulle elders gaan koop het. Soms is Boere se produkte ook gesteel en so verkoop, wat vandag steeds gebeur.
Die tye het drasties verander let mens soms op. Dit was skaars 20 jaar gelede. Hoeveel immigrante en selfs immigrante verkoop nou hul groter houtprodukte diere en swart kunswerke uit ander Afrika lande in die strate in dorpe, stede en oop ruimtes.
Hoeveel van hierdie houtware wat so uitgestal word, is besmet met allerhande kewers en gemors? Hier is nog teenstrydighede wat ‘n risiko is vir die omgewing en ander markte wat vernietig word.
Ander verkoop weer ander sterker ware, soos sigarette en dwelms. Groot stede se besigheidsgebiede is al sedert 1994 beset en totaal oorgeneem. Eienaars moes vlug vir hul lewens. Intussen gaan die markte voort in hierdie besette gebiede, daar is heelwat vrouens en selfs mans wat hulself of hul kinders se dienste verkoop, en dit is nie net volwassenes nie. Ander word verswelg in die massas en verdwyn. Ernstige dwelms en grootmaat, selfs vuurwapens kan op die swart mark verkry word. Wie van die regeringsamptenare, die ryk bevoorregtes gee regtig om – of dalk kry hulle hul ook gerieflik goedkoper ongelisensieërde vuurwapens of dwelms op die swart mark. Vuurwapens waarmee heelwat burgers vermoor of aangerand word. Jong kinders en getroue amptenare wat veronderstel is om wet en orde te handhaaf, word behoorlik in strikke ingelok en so word hulle verslaaf aan iets wat nooits moes gebeur het nie. Sindikate is volop in ons strate en heelwat is immigrante of onwettiges.
*
GEEN Afrika of Oosterse lande sal toelaat in hulle lande wat die immigrante en onwettiges vandag in Suid-Afrika doen nie. Hierdie lande sal nie toelaat dat Suid-Afrikaners afpak, plak en grond of geboue beset nie. Indien enige Suid-Afrikaner soontoe wil gaan, of na enige ander land, moet hul genoeg geld hê en andersinds wettige papiere besit of selfs permitte om daar te mag werk.
*
Hierdie meer as 140 wetgewings is totaal en al rassisties, diskriminerend en teenstrydig met internasionale ooreenkomste wat onderteken is. NOG meer bewyse van teenstrydighede waar die Boere volk en blankes se regte aangetas word en menseregte geskend word. Volke en nasies maak hul skuldig aan diskriminasie en rassisme teenoor die Boere volk. Dit is nie net die ANC wat B-BBEE begin het nie. Afrikaners het en wie is hul leiers?
Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index
Swart bemagtiging onderrokke
Ramaphosa : Immigrants/Immigrante
*
Contact Admin @:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com