*
Die destydse Vryburgers oftewel die Boere volk was dit eens, om weg te breek van die situasie in die Kaapkolonie om hul vryheid in die ongerepte natuurskoon en wildernis te gaan soek. Jare later se nabetragting kom daarop neer dat Boere vroue, kinders en hul mans, vir enige iets kans gesien het net om volwaardig vry te mag wees. Hulle wou nie onder die Britse heersers aanbly nie en het dus planne beraam om te trek. Nie met vierwiel aangedrywe voertuie nie, maar met osse en die waens. Ons was nie daar nie, maar die spore is aan ons nagelaat om te onthou.

*
Al hul besittings is of verkoop of agtergelaat of hulle was so arm dat hulle niks gehad het nie. Hulle het nie meer kans gesien vir Britse beheer en onderdrukking nie. Die lewe in die wilde natuur was vir hulle ‘n groot en beter uitdaging, al was hul huisies slegs ossewaens en met tentjies vir die families en laertrek om te beskerm.
*
Die Boere volk kan dit weer doen – wat het ons om te verloor, ons het reeds alles verloor? Suid-Afrika is ‘n multi-kultuur nasie, maar die Boere volk is ‘n volk in eie reg… Die Boere volk het reg tot hul Boere republieke en om oor hulself te regeer.
Vervang net SA met Boere republieke
https://www.youtube.com/watch?v=tpdtbTBbM_c
*
Heelwat later het daar meer dinge oor die Boere volk se pad gekom. Min het geweet dat die Engelse beslis nie gelukkig was met die Trek nie, daarom is hulle diep die binneland ingevolg. Natuurlik met die ontdekking van minerale, goud en diamante het dit al hoe moeiliker geword om die Engelse ryk en al hul soldate regtig af te skud.
Boere republieke het oral opgespring om te bewys dat die Boere weet hoe om ‘n dorp te stig en het groot suksesse behaal. Selfs in ander lande waar daar Boere republieke voorgekom het, waar grond afgestaan was aan Boere, staan daar steeds geboue wat die Boere opgerig het, nie net in Suid-Afrika nie.
Brittanje en haar bondgenote moes hierdie herlewing van die Boere volk met alle mag stop en verpletter. Die militêre magte van Brittanje was nooit alleen nie, want sy het ‘n hele paar bondgenote gehad wat hulle gehelp het teen die handjievol Boere vegters, hul vroue en kinders. Boere het vinnig leiers gekies en ook georganiseer om grond te bekom op ‘n wettige manier deur te onderhandel om grond wat aan niemand behoort, te verkry. Hul het grond aangekoop vanaf swart leiers met geld, vee of dienste gelewer. Wettig en ondertekende traktate. Dit was egter soms van korte duur, want die Engelse het nie kans gesien vir hierdie vooruitstrewende Boere en hul families nie. Hulle wou met alle mag die kosbare skatte van die Boere republieke besit, naamlik minerale en die Kaapse seeroete. Daar word moontlik ander redes voorgehou deur die Britte en hul bondgenote hoe sleg die Boere volk is. Die Boere volk is nie sleg gewees nie, anders sou hul hulself laat vergaan het onder die Britse juk en vernietigingsproses. Hul verskillende trekke bewys die teendeel.
Swartes het onder mekaar baie onmin, haat en nyd gehad en kon nie oor die weg kom met mekaar nie. Daarom het die Mfecane losgebars wat hulle al die pad gevolg het uit Afrika. Elke groepie stam het hul eie grondgebiede afgepen en beset. Hulle het geen grond gekoop nie, dit was Niemandsland.
Die Boere volk was presies en het dagboek gehou. Die Voortrekker leiers het dit aangeteken met hul trek ongeveer 1835, hoe hulle op heelwat en verskeie beendere afgekom. Die grondgebiede was verlate soos die oorlewendes gevlug het, weer terug noorde toe. Daar word selfs gepraat dat kannibalisme ook plaasgevind het omdat voedsel skaars was. Kannibalisme vind steeds plaas, nie net in Afrika nie, maar in Suid-Afrika.
Mfecane – 1795-1830 teenoor 2024
Afrika Mfecane – Difaqane sedert 1795
Swartes beset vandag steeds grond as hulle dit wil hê al word dit besit deur iemand anders.
Natuurlik, die Britte en haar bondgenote het op hierdie stadium nie alle grondgebiede geannekseer nie, maar juis begin by die swakker volke en stamme, naamlik die bruin stamme, Khoi san, Griekwas en ook die ander swart stamme wat hul eie gebiede BESET het. Swartes se gebiede is destyds, lank voor 1900 reeds reservate of lokasies gedoop en die Khoi san en Griekwa gebiede is Kroongebiede gedoop deur hul eie leiers en die Britse ryk met haar bondgenote. Daarom word dit so in ou kaarte aangedui.
Die woord konsentrasiekamp het vir meeste van ons voorgeslagte later slegs een betekenis gehad en dit is die vernietiging van ‘n volk, wat al haar jong kinders, mans en grootouers, daarby insluit. Die dood het in hierdie kampe geskuil en het later ons Boere volkslede ingesluk, verarm, verhonger en uitgemergel. Dit is en bly ‘n traumatiese ervaring beslis wat vir altyd onthou sal word.
JONG SEUNS
Die kinders, veral jong seuns wat wel konsentrasiekampe ontsnap het, het eerder verkies om saam die pa’s en oupas, te gaan veg vir die Boere volk van suidelike Afrika se vryheid. Hulle wou saamveg en saamskiet. Hulle was die superhelde. Hulle was jonk, onervare, en aangewese op hul leerders, die in beheer van die kommando’s, maar het vinnig geleer. Hul het later goed gekorrel en kon skiet nes hul pa’s en oupa’s hulle gewys het wat om te verwag en te doen.
Die Boere volk was in die algemeen bekend vir hul gevegsvryheid en kreatiwiteit, sedert hul vryheid gekry het as Vryburgers, wat Boere republieke gestig het maar het opgestaan vir hul vryheid. Ander volke of vreemde nasies het nie die Boere republieke gestig nie. Soos die Boere getrek het, het hul hul vryheid en selfs hul vooruitgang verskerp en uitgebreek onder die juk van die Engelse onderdrukking . Vreemde vrywilligers uit die buiteland het hulle ook later bygevoeg om teen die Britse regering te veg. Die nageslagte van die Boere volk is diep dankbaar teenoor die Skepper, dat Hy hulle almal gestuur het om te kom help. Daar was nie baie kommunikasiemiddele nie, maar tog was daar heelwat vrywilligers.
Boere mans het geleer om hulself , families en waardes te beskerm. Die Boere mans, vrouens en kinders het onder een vaandel getrek en vryheid verdedig, al was daar verskillende Boere republieke, is en was hul een volk, met verskillende Boere republieke. Daar is bykans 20 Boere republieke uitgeroep en van hulle was onafhanklik op internasionale vlak erken.
BOERE BLOED – KONSENTRASIEKAMPE EN VERSKROEIDE AARDE
Daarteenoor, is en was die Konsentrasiekampe ‘n verdere onderdrukking wat op veral die Boere vroue en kinders gewag het. Hierdie tipe gedrag wat afgedwing is op die Boere wat skaars begin het om ‘n bestaan te voer, deur hul huise te teiken sowel alle voedsel te vernietig. Hierdie word gesien as ‘n uitdelging en is as vloekwoord gebruik. Dit is beslis nie vlugtelingskamp, soos dit die Engelse behaag het nie, maar moordkampe. Vandag nog beskou die Engelse hierdie moordkampe as vlugtelingskampe (refugee camps).
Moord- en konsentrasiekampe is spesiaal geskep vir Boere vroue, kinders en ou mense om hul te martel deur hul voedsel en mediese voorraad te weier of te beperk, selfs te dokter, sodat die mans moet ingee op hierdie onderdrukking. Die Boere vroue en kinders was egter vasbeslote nes die Boere mans in die veld, wat voortgeveg het.
Die Engelse het gesorg dat daar gedurig ‘siektes’ in sulke opeenhopings in die moordkampe plaasvind, waarna hul rustig hul skouers optrek en soos Pontius hul handjies was in ‘n waskom van Boere bloed. Daardie Boere bloed is later in hul tientalle in grafte gegooi om so die groot aantal Boere volkslede wat wel omgekom het, weg te steek of te verminder.
Dit geld ook vir al die Boere vegters en kinders wat betrokke was by Anglo-Boere oorlog I en II, waartydens verskeie Boere republieke hul deelname getoon het vir die verdediging van die Boere volk se vryheid. Beide Anglo-Boere oorlog I en II wat in suidelike Afrika plaasgevind het, het vegters, rebelle en selfs vrywilligers gehad wat teen die Engelse ryk geveg het. Dit was ‘n baie onuithoudbare situasie vir die handjievol Boere, vroue en hul kinders, wat al hierdie dinge, saam die ander wilde aanvalle snags, moes trotseer.
*
Die Engelse was nooit alleen nie en het in hul honderde duisende opgedaag, Afrikaners van die Kaapkolonie het in hul duisende by hulle aangesluit, selfs duisende bonde aan die Britte verskaf, soldate en verpleegstes vanuit Kanada, Australië, New Zealand, Amerika, Indië – dit wil sê al die bekende Britse statebondslande lede was hierby betrokke.
Wêreld oorloë teen ‘n handjievol Boere. En dan noem die Britte en haar bondgenote dit ‘anneksasies’ en dat dit wettig was. Alles is haarfyn beplan gewees. Die meer as 250000 perde uit Amerika wat vir Brittanje aangestuur is in stoombote getuig waar hul lojaliteit was, nie by die Boere republieke nie. Dis hulle wat almal bygedra het om die Verskroeide aarde toe te pas en meer as 30000 plase, huise en voedsel te vernietig. Dis hulle wat ons Boere volk in armoede gedompel het. Dit nadat meer as 39000 vroue en kinders in konsentrasiekampe moes veg vir oorlewing. Geen of selde ooit mediese dienste ontvang het.
TROTSE BOERE VOLK
Die Boere vegters was uniek en op hul eie. Ironies het die Boere uitstekend as vegters gevaar, hul het geen weermag gehad soos wat die Britse ryk en haar bondgenote gehad het nie, maar slegs kommando lede om hul vryheid te verdedig teen hierdie magtige meerderheidsryk. Daar is en was meer as een land hier betrokke om die Boere volk uit te wis.
SWARTES
In dieselfde tydperk het die Britse ryk werkerskampe opgerig vir haar swart en ander gewillige slawe wat kom werk het om treinspore en blokhuise op te rig, asook om in myne te werk om hul minerale landuit weg te voer. Hierdie werkerskampe word ook kwansuis konsentrasiekampe genoem, terwyl dit inderwaarheid werkerskampe was waar werkers slegter behandel was as die Boere, hul vroue en kinders in konsentrasiekampe. Daaroor word nooit ‘n woord gerep of geskryf nie. Onmenslik en wreed wat die Britte ook aan hul werkers gedoen het met swak verblyfkampe, min water en voedsel. Dit is later herhaal in al die hostelle waar swartes gebly het om in die rykes se myne gewerk het. Terloops – swartes is nie opgepas of agter heinings opgepas soos die Boere vroue en kinders nie, want hulle moes werk vir hierdie nuwe regering in wording.
Die swartes en ander bondgenote wat hulp aan die Engelse verleen het, het hand bygesit met die plundering van alles, dreigemente van vroue wat steeds in huise gewoon het, is afgebrand saam voedsel en skure. Boere het nog altyd voorsiening gemaak om voedsel te berg vir die maande wat voorlê. Die Engelse en swartes was deeglik daarvan bewus.
VERKRAGTINGS
Daar is jare later, in die 1980’s ‘n verslag bekendgestel waar van ons vroue en jong meisies verkrag was in hierdie konsentrasiekampe. ‘n Hartseerverhaal, wat die ou NP Afrikanerbond Broederbond vir ons as Boere volk weggesteek het.
*
Anglo-Boer War concentration camps
James Peterson
“Scorched Earth” British Concentration Camps in South Africa (Anglo-Boer War)
https://www.youtube.com/watch?v=vNeO7KvlIHs&t=2432s
*
VERNIETIGING
Beide Anglo-Boereoorlog I van 1881 en II van 1899 tot 1902 is die mees uitgebreide oorloë wat tot dusver in suidelike Afrika gevoer is. Hierdie twee oorloë het ook verskeie skermutselinge en botsings tussen die Boere vegters en Britte met al hul bondgenote veroorsaak. Die Britte wou alles in hul vermoeë doen om die Boere vegters, vroue en kinders as slawe te behou soos hul gewoond was en te vernietig.
Die Britse verskroeide aarde en konsentrasiekamp-beleid is van besondere, maar negatiewe belang vir die Boere vegters, vroue en kinders. Dit het alle ekonomiese vryheid vernietig vir elke Boer, vrou en kind. Die beleid van konsentrasiekampe het die verskroeide aarde beleid aangevul en visa versa, juis om totale vernietiging te bespoedig. Met verskroeide aarde beleid is alle voedsel eers geplunder deur die Engelse magte of hul handlangers en die res is tot as verbrand, sodat daar geen voedsel beskikbaar moet wees vir die eienaars nie.
Die hartseertrauma is die neerlê van wapens.
Om te dink, die Boere leiers moes die Engelse ryk en Afrikaner sionis Jan Smuts in die oë kyk met hierdie 1902 Vredesverdrag, waarin geskryf staan die Boere republieke moet terug na die Boere volk. Hy wat Smuts is, het homself dan voorgegee as ‘n “Boere kommando leier”, en hier kom die Afrikaner saam Milner en dwing so iets af op al die Boere volkslede.
Selfs nadat die vals vlag vredesverdrag van 1902 aan die Groot engelse klok (sionisme) gehang is by Vereeniging, is dit onmiddellik en eensydig deur die Engelse verbreek. Daardie voorwaardes het soos ‘n skip oor die horison verdwyn na Engeland en haar meesters op hul eie troontjies.
Invalsplanne op Boere republieke
Boere en Russe – Anglo-Boere oorlog 1899-1902
Onregte en menseregte skendings teenoor Boere in SA
*
1914 Rebellie
Die 1914 Rebellie wat gevolg het, was juis as gevolg van die 1902 ooreenkoms en is heelwat van hierdie Rebelle leiers deur die Unie regering wat uit London beheer is, gevang en ter dood veroordeel. Die Smuts regering is alombekend vir wat hulle gedoen het aan die Boere volk, spesifiek die leiers. Die Boere republieke is in 1902 gekaap en is weer eens onder die Engelse regering ingedwing. Die Boere volk wou nie deel wees van hierdie meesters van London nie, maar is ingedwing omdat hulle grondgebiede ryk was aan verskillende minerale rykdomme.
Slegs die rykmanne, die mynmagnate (randlords) en hul lande het voordeel getrek uit al die minerale van Suid-Afrika en spesifiek afkomstig uit die Boere republieke.
Onder die Britse statebond het alles in Suid-Afrika versleg. Veral vir die Boere volk.
Selfs na 1994 wat daar weer by die Britse statebond aangesluit is, het die land totaal en al tot niet gegaan. Vandag kan ons nie regtig spog met ‘n Eerste wêreld land nie, daar is niks oor nie.
Die Afrikaners het destyds in hul duisende aan die kant van die Britte geveg en het selfs finansieel uit die Kaapkolonie daartoe bygedra.
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
Afrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-Buys
*
Met respek teenoor die ontslapenes, ons Boere voorgeslagte en ook vandag se nageslagte van die Boere volk, vergun my om ‘n paar sulke plekkies uit te wys wat besoekpunte kan word en geleer kan word wat in ons geskiedenis plaasgevind het.
Bowenal, kan ons almal, waar moontlik en finansies dit toelaat, betrokke raak by die Boere volk organisasies wat die vryheid van die Boere volk op die hart dra. Dit moet nooit uit die oog verloor word nie. Dit is dat elke volk die reg tot vryheid het, dit is ons as Boere volk se internasionale reg om die sowat 20 Boere republieke te herstel soos wat dit in 1902 was. Onafhanklikheid is vir elke VOLK beskore.
Wees vry van die Britse statebond en haar slawerny van beheer van korporasies oor ons lewens. Die Britte en haar korporasies het nog altyd net hartseer en dood oor ons Boere volk uitgespreek.
Die Boere volk het reeds internasionale erkenning geniet in verskillende vorms – hul is ‘n aparte volk en nie deel van ander blankes, die veelvolkige Afrikaners wat hand op die blaas is met die ANC regering nie.
Die meer as 10 Boere republieke, Anglo-Boere oorloë plus al die veldslae is deel van die kultuurskatkis van die Boere volk en behoort nie aan enige multi-kultuur nasie of ander vreemde volke nie.
*
BYKOMENDE INLIGTING EN ARTIKELS
Rustelose volk se geskiedkundige erfenis
Kultuurskatte, museums en -erfenisse – bestaansreg van die Boere volk
Concentration camps by the British empire
British concentration camps – ABW (Rudie Rousseau)
Invalsplanne op Boere republieke
Boere, Groot Trek en Boere republieke
Slag van Stormberg – 10 Desember 1899
Konsentrasiekampe tydens ABO
Konsentrasiekampe – ABO
Camps during Anglo Boer wars
ABW concentration camps – Rudie Rousseau ea
Anglo Boer Wars – concentration camps
Concentration camps – ABW
From America and Australia
British horses during the Anglo-Boer wars
Daar is steeds Mfecane’s in en onder ons midde, wat die Boere volk wil uitdelg.
Mfecane – 1795-1830 teenoor 2024
Afrika Mfecane – Difaqane sedert 1795
Die Xhosa stamme is afkomstig uit Uganda, die Luhlangeni gebergtes. Heelwat Zoeloe volke kom uit sentraal Afrika en Mosambiek. Hulle was nie permanent in suidelike Afrika nie.
Daar word uit twee monde gepraat oor wie en wat die grondbesitters is… Dit is ou nuus al vir 30 jaar, tog sing hulle dieselfde deuntjies oor en oor dat hulle geen grondgebiede het nie.
Ingonyama Trustland (Zulu people)
Zoeloes – Ingonyama Trust and land reform
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
*
Die mag en vertoon van die Britse ryk en haar bondgenote sedert 1806 en regoor al die kontinente strek oor al die komponente waaruit minderheidsvolke en stamme bestaan. Indien minderhede hul teësit teen hierdie bondgenote en wêreldmagte, word hul eenvoudig met militêre presisie en magte uitgewis sonder dat die bondgenote skaam is oor hul honger na mag of word geen oog geknip. Dit gaan al vir eeue aan.
Geheime organisasies van Milner-Rhodes
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] Ladysmith ook gebruik daarvoor om die Boere uit te snuffel, af te loer en hul onkant laat vang. Anglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aardeBeleg van Ladysmith […]
LikeLike
[…] Invalsplanne op Boere republiekeAnglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aarde […]
LikeLike
[…] Anglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aarde […]
LikeLike
[…] Anglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aarde […]
LikeLike
[…] hulle behoort.Oud president Paul Kruger en 20+ Boere republiekeDie Engelse ryk teen die Boere volkAnglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aardeKultuurskatte, museums en -erfenisse – ‘n bestaansreg van die Boere volkSwart […]
LikeLike
[…] Anglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aarde […]
LikeLike
[…] Onregte van besettings deur oorlog en geweldHerstel van Boere republieke en Boere volkDie Engelse ryk teen die Boere volkInvalsplanne op Boere republiekeAnglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aarde […]
LikeLike
[…] Anglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aarde […]
LikeLike
[…] was ook in aparte kampe gehuisves, meestal werkerskampe.Verskroeide aarde – Scorched earthAnglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aardeVerskroeide aarde, Mfecane: Kill the Boer […]
LikeLike
[…] wat Afrikaners daarby insluit, destyds gevolg het om die Boere republieke te probeer vernietig. Anglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aarde Die Boere volk het nie vergeet nie en hulle is nie deel van die veelvolkige Afrikaner nasie of […]
LikeLike
[…] Anglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aarde […]
LikeLike
[…] volk te probeer vernietig. Boere volk, -republieke en Anglo-BOERE oorloë 1 en 2, anneksasiesAnglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aardeTydens die Konvensies is erkenning gegee aan die Boere volk se bestaan as volk in die onderskeie […]
LikeLike