Trekboere en die Xhosa

Thys Swart se bydrae : Volk in wording… `n familie geskiedenis:
“Trekboere het reeds die walle van die Visrivier in die Oos Kaap bereik teen die einde van 1770. Aan die oorkant vind hul die Xhosa’s wat suidwaarts beweeg het. Die Trekboere en die Xhosas word beide in hul bewegings gestuit. Die Visrivier word die natuurlike grens tussen die twee groepe. In November 1779 trek die Xhosas oor die Visrivier, die gebied van die Kolonie binne. Die impi’s van Rarabe het die Oosgrens van die Kolonie by Bruintjieshoogte (vandag in die Pearston distrik) oorgesteek en begin om die grensboere se vee te steel, hul huise af te brand en hulle te vermoor. Hierdie invalle het in beide Swellendam en Stellenbosch distrikte plaasgevind. (Die distrik Graaff Reinet is eers in 1786 gestig.)

No automatic alt text available.0

Thys Swart

Twee kommando`s is in die somer van 1779-1780 teen die inval op die been gebring. Die een kommando van die Stellenboschers (Bruintjieshoogte) onder Josua Joubert, die ander Swellendammers (Ten weste van die Boesmansrivier) onder Petrus Hendrik Ferreire. So begin die eerste grens oorlog met die Xhosa. Hoewel baie vee teruggewin kon word, kon die kommando`s nie alle Xhosas terug dryf vanwaar hul gekom het nie.

Op 24 Oktober 1780 neem Adriaan van Jaarsveld as veldkommandant die vereenigde bevel oor van die twee kommando`s. Die stamhoofde wat die rivier gekruis het is opdrag gegee om terug te trek waarop net een opperhoof nl Langa gehoor gegee het. Van Jaarsveld het toe die res die stryd aangesê. Die waens van die kommando het hy in `n kring laat trek en die openinge met doringtakke toegestop. Voorrade en trekdiere is binne in slegs deur `n handtjievol manne beskerm terwyl van Jaarsveldt en die res die Xhosas gaan aanval het. Dit was die eerste keer dat laer getrek is in die geskiedenis van die Afrikaner. In die veldtog wat van 23 Mei 1781 tot 19 Julie geduur het is die Xhosas verpletter en terug gedryf oor die Visrivier. 5300 beeste is terug geneem en die kommando`s ontbind. ”

*** *** *** *** ***

EERSTE KONTAK MET SWARTES UIT DIE NOORDE, DIE XHOSA

In die 1600`s, met die landing van die Europieërs aan die Kaap, het die voorsate van die Xhosa by die Luhlangeni berge naby die verlore rivier Dadasi gewoon. (Mosambiek) Teen die laat 1600`s bevind hul hulself oos van die huidige Ladysmith aan die walle van die Wasbank rivier.

Opperhoof Umnguni van die Chobona (soos die Khoi hul genoem het weens hul groet “Sawubona”), besluit om weens verskeie redes suid oor die Drakensberg te trek. In die proses het hul gebots met die Khoi en die San. Die San het geglo alle diere behoort aan almal en het dikwels die Chobona se beeste gebuit. Die Khoi het nie gehou van die nuwe donker intrekkers in hul weivelde nie en het strooptogte op Chobona kuddes uitgevoer. Die Chobona het die Khoi en Boesman stamme aangeval en hul kinders as bediendes en veeoppassers geneem. Ook het hul verslane Khoi en Boesman vroue vir hulself geneem.

Die Khoi noem die swart invallers Xhosa, wat beteken mense wat kwaad is. Hierdie naam het by Umnguni se oudste seun bygeval gevind en neem die naam UmXhosa aan, wat beteken kwaadste van die Chobona. Hy word opperhoof en die Xhosa brei verder uit deur ander swakker Nguni stamme te verslaan en in te lyf asook verdere Khoi groepe. Deur die jare volg verskeie opperhoofde en beweeg hul steeds suidwaarts. Phalo word opperhoof namate die Xhosa die Visrivier nader. Van sy seuns het stamhoofde geword en was onder andere Langa, Gcaleka, Rharhabe en Nukwa. Hulle sou oor die Visrivier beweeg en met die Trekboere in konflik kom maar ook in hul stryd met mekaar, sou hul later die Xhosa in twee split.

(bron; AmaXhosa history, traditions, culture and customs – https://amaxhosa.wordpress.com )

***

DIE EERSTE EN TWEEDE GRENSOORLOG

Die eerste kommando oorkant die Hottentots-Hollandberge is in 1717 op die been gebring. Hierdie kommando het opgetree onder aanvoering van Hans Jurgen Potieter, `n swaer van Hermanus Steyn die oue. Die kommando is besig gehou deur Boesmans wat gedurig plundertogte op vee stapels gedoen het, maar ook groepe Hottentotte wat by soortgelyke oortredings betrokke was.

Trekboere het reeds die walle van die Visrivier in die Oos Kaap bereik teen 1770. Aan die oorkant vind hul die Xhosa`s wat suidwaarts beweeg het. Die Trekboere en die Xhosas word beide in hul bewegings gestuit. Die Visrivier word die natuurlike grens tussen die twee groepe.

In November 1779 trek die Xhosas oor die Visrivier, die gebied van die Kolonie binne. Die impi’s van Rharhabe het die Oosgrens van die Kolonie by Bruintjieshoogte (vandag in die Pearston distrik) oorgesteek en begin om die grensboere se veë te steel, hul huise af te brand en hulle te vermoor. Hierdie invalle het in beide Swellendam en Stellenbosch distrikte plaasgevind. Die distrik Graaff Reinet is eers in 1786 gestig.

Twee kommando`s is in die somer van 1779-1780 teen die inval op die been gebring. Die een kommando van die Stellenboschers (Bruintjieshoogte) onder Josua Joubert, die ander Swellendammers (Ten weste van die Boesmansrivier) onder Petrus Hendrik Ferreire. So begin die eerste grens oorlog met die Xhosa. Hoewel baie vee terug gewin kon word, kon die kommando`s nie alle Xhosas terug dryf vanwaar hul gekom het nie. Op 24 Oktober 1780 neem Adriaan van Jaarsveld as veldkommandant die verenigde bevel oor van die twee kommando`s.

Die stamhoofde wat die rivier gekruis het is opdrag gegee om terug te trek waarop net een opperhoof nl AmaMbalu Langa (*1705 – †1794) gehoor gegee het. Van Jaarsveld het toe die res die stryd aangesê. Die waens van die kommando het hy in `n kring laat trek en die openinge met doringtakke toegestop. Voorrade en trekdiere is binne in slegs deur `n handjievol manne beskerm terwyl van Jaarsveldt en die res die Xhosas gaan aanval het.

Dit was die eerste keer dat laer getrek is in die geskiedenis van die Afrikaner. In die veldtog wat van 23 Mei 1781 tot 19 Julie geduur het is die Xhosas verpletter en terug gedryf oor die Visrivier.   5300 beeste is terug geneem en die kommando`s ontbind.
Die vrede was egter van korte duur. In 1793 bars die Xhosa weer oor die Visrivier. Die nuut aangestelde landros Maynier, van die distrik Graaff Reinet, was weifelend om op te tree.

Van 120 plase aan die Visrivier was slegs 4 nie verwoes nie. Boere en verskeie Hotentotte is vermoor, 65 327 beeste en 11 000 skape en 200 perde is geroof. Die onverskrokke Barend Lindeque het toe sake in eie hande geneem en `n kommando saamgestel. Op 18 Mei het hul `n geslaagde slag teen die Xhosas gelewer, maar kon die groeiende stroom Xhosas nie keer nie. Maynier het toe 80 burgers en 37 Hottentotte in `n kommando op die been gebring, maar was te swak om enige verskil te kon maak. Na herhaalde oproepe van hulp van grensboere aan Graaff Reinet, het Maynier in gebreke gebly om die boere te help. Die heemrade en krygsoffisiere van Swellendam is toe om hulp genader waarop burger-luitenant en heemraadslid Petrus Hendrik Feirreira dadelik gehoor gegee het en na die grens vertrek het met 26 Swellendammers en 14 Hottentotte. Die mag was te klein om werklik `n verskil te maak, maar kon hul die Xhosa ten minste anderkant die Swartkopsrivier hou.

Landros Faure is deur die Politieke raad in die Kaap aangesê om `n sterk kommando op te roep. Onder leiding van kaptein Laurens de Jager is die veldmeesters oor die Buffeljags-, Duivenhoks-, die Breede- en die Leeurivier aangesê om hul areas se burgers op te roep. Maynier was aangesê om Faure te steun waarop Maynier dit as `n belediging gesien het. Maynier roep toe sy eie manskappe op waartydens sy kommandante weier om hom te gehoorsaam. Maynier was `n gehate persoon onder die burgers.

By Grahamstad op 8 September 1793, ontmoet Maynier met sy 117 berede burgers die 400 berede Swellendammers en 100 Hottentotte onder kaptein de Jager. De Jager is aangesê om onder Maynier te dien waarop die burgers groot protes aangeteken het. Sewe het volstrek geweier om onder Maynier te dien. Op 14 en 26 September en 1 Oktober is die Xhosas met goeie gevolg aangeval. Maynier wou deur die Visrivier die Xhosas volg maar die Swellendammers het gewaarsku dat nie alle Xhosas uit die gebied verdryf is nie. Maynier het nie geluister nie en met sy teenwoordigheid aan die oorkant van die Visrivier word verskeie plase weer in die Kolonie geplunder.

`n Beslissende slag het plaasgevind op 14 Oktober toe die Xhosas van twee kante af aangeval is by die Buffelsrivier. Menigde Xhosas is doodgeskiet en 7000 beeste in besit geneem waarvan die meeste deur die Xhosas van die burgers geroof het. Dit was die laaste groot veldslag van die twede Xhosa oorlog. Landros Faure en Maynier was aan die onderhandel met die Xhosa`s oor vrede, maar die burgers wou hê dat alle Xhosas terug oor die Visrivier gejaag moes word. Op 26 November het die krygsraad vergader te Assegaaibos en op 30 November ontbind Faure die Swellendamse kommando. Hieroor was die burgers bitter ontevrede. Hierdie ontevredenheid het direk aanleiding gegee tot die uitroep van die Republiek van Swellendam Junie 1795.

 

***

 

First contact with blacks in South Africa after…. 118 years of settlement

Excerpt from my book: (A Google translation)

Becoming a people… A family history by: MJ Swart

“Trekboers have already reached the banks of the Fish River in the Eastern Cape by the end of 1770. On the other side, they found the Xhosa`s that moved southwestwards. It was the first time after 118 years in Southern Africa that white and black met each other. The Trekboers (farmers) and the Xhosa are both stopped in their movements. The trek farmers from moving east and the Xhosa from moving west. The Fish River becomes the natural boundary between the two groups.

In November 1779, the Xhosa crossed the Fish River, into the Cape Colony. Chief Rarabe crossed the Colony border at Bruintjieshoogte (today in the Pearston district) and began to steal cattle and livestock, burning farmhouses and murdering farmers. These invasions occurred in both Swellendam and Stellenbosch districts. (The Graaff Reinet district was founded in 1786 only.)

Two commandos assembled in the summer of 1779-1780. The one commando of Stellenbosch (Bruintjeshoogte) under Joshua Joubert, the other Swellendam (West of the Bushman`s River) under Peter Hendrik Ferreire. The first border war began with the Xhosa. Although many cattle could be gained back, the commandos could not drive back all Xhosa from where they came from. On October 24, 1780, Adriaan van Jaarsveld took over the commando`s command of both the two commandos as Field commander.

The tribesmen who crossed the river were instructed to return to which only one chieftain Langa moved back. Van Jaarsveld then took on the rest in battle. The ox wagons of the commando was put in a circle and the openings closed with thorn branches. Stock and draft animals are protected only by handful of men inside this laager, while Van Jaarsveld and the rest attack the Xhosa. It was the first time that a Laager was drawn in the history of the Afrikaner. In the campaign that lasted from May 23, 1781 to July 19, the Xhosa was crushed and driven back over the Fish River. 5300 cattle were taken back and the commando`s dissolved ”

***

On Africa Day today 24 May 2015, I Thys Swart, I have this to say and it comes from my heart:

I am an Afrikaner. We came from Europe. My forefathers navigated the oceans in rugged ships, nearly 400 years ago. They left Europe from the Netherlands, Germany and fled France because of their religion…to be free in a new land at the tip of Africa.

I am an Afrikaner. We are part of Africa. My forefathers were headstrong pioneers, moulded into a new people with their own language, Afrikaans, named after Africa. As Hendrik Bibault already stated in 1700, in the Dutch language: “Want ik ben een Afrikander!!!” (“…because I am an Afrikaner…”)

I am an Afrikaner. I am from Africa. My roots are rooted deeply in the Southern tip of Africa – 12th generations to date! I am a10th generation farmer. We were here for more than a 100 years before my people met any black tribes that came from the north. We worked the fields and bred cattle, horses and sheep.

I am an Afrikaner. We are indigenous to Africa. We survived the attacks from wild animals, survived Africa`s droughts and floods. We survived the attacks, looting, cattle theft and farm murders by bloodthirsty tribal gangs that moved in from the east in the late 1700`s. We declared the first free Boer Republics in 1795: Republic of Swellendam and Republic of Graaf Reinette; rejected the rule of the Dutch East Indian Company; elected our own President.

The British took over our country. Some of us trekked north to be free again in new Boer Republics in an open country where Shaka the Zulu king, had wiped out all other tribes. My family stayed, resisting the British rule and language. We never submitted, never became British, because we are Afrikaners.

I am an Afrikaner. We are the white tribe of Africa. The British Empire also took my people’s Republics in the north because of their hunger for wealth, gold and diamonds. There were three years of war…55 000 farmers against 500 000 professional British soldiers…they burned our houses, our land and killed our woman and children in concentration camps. After the war they forced English on to us. If you dared to speak Afrikaans at school, you were labelled with an “I am a donkey” sign. But we survived, we struggled and fought for 60 years and got our country back. We became The Republic of South Africa, we were a great nation, we flourished….

I am an Afrikaner, we are from Africa. With Russian help, Cuban soldiers, MPLA, SWAPO, ANC terrorists and all other communists, fought us on our borders for years in a war that we won.

This time we were sold out for gold and money by traitors, we were cheated and lied to.

This country was given to the enemy that is still looting our electricity company ESKOM, our Reserve bank, Land Bank, municipalities and every single institution that our forefathers had built up. The new leaders have become fat and wealthy and brutal, while their own people have become poorer than ever. My people, the Afrikaner people, have suffered even more, as they are not allowed any jobs or grants.

I am an Afrikaner, I have no country anymore! It lies desolate with daily load-shedding due to a failing electricity grid, no clean water in towns, roads that are falling apart, a corrupt police force, murder, rape, theft, corruption, racism against whites prevalent everywhere, farm attacks and farm murders every single week. The world has turned its head away…it does not concern them and we are alone, like always, as from our start. We are Afrikaners, yet again we have lost everything…

I am an Afrikaner…this is my Africa. We will rise again, we are the white tribe of Africa, we are from Africa, we have nowhere to go. We have only God, the living God of our forefathers, the King of kings. He carried us in the past…He will still carry us today.
God knows!!! I love this African sun, the African thunder and rain. I love the soil, the mountains, the blue oceans alongside its coast, the Kalahari desert sand, the Karoo, the grass fields, the coastal plains, the smell of the soil after the rain, the playful calves before a storm, the sheep in the meadows, the springbok in its run, the lion in its roar…I am an Afrikaner, I am from Africa. I am here to stay….

***

Matthys Johannes Swart the 4th

Die Republiek van Swellendam kom tot stand toe sowat sestig Kaapse burgers op 17 en 18 Junie 1795 onder leiding van Petrus Delport die drosdy beset en die landdros van Swellendam, Anthonie Faure en sy amptenare dwing om te bedank. Die voorval vind plaas enkele maande na Marthinus Prinsloo ‘n waarnemende regering in die Colonie van Graaf-Reinet vestig op 4 Februarie 1795.

Die opstand en selfregering is gemotiveer deur ongelukkigheid met belastingbetaling aan die Kompanjie en die verbod op inboek van Khoikhoi-kinders op plase. Hoewel ‘n nasionale landdros aangestel is en die nasionale konvensie as regering gedien het, is die regering in Vrye Republiek van Nederland erken en is daar nie beoog om ‘n republiek te stig nie.

Die kortstondige onafhanklikheid van die gebied kom tot ‘n einde kort na die Britse besetting van die Kaap in September 1795

***

No automatic alt text available.
(facebookblad – Republiek van Swellendam 1795)

Advertisements

Een gedagte oor “Trekboere en die Xhosa”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s