*
Daar was redelik verbintenisse tussen die Boer en Rus tydens die Anglo-Boer Oorloë, min mense dra daarvan kennis. Langs die Russiese Kerk in Midrand is ń kapel opgerig ter herinnering aan die 225 Russiese soldate wat tydens die Anglo-BOERE oorlog gesneuwel het. Vrywilligers uit Rusland, het die Boere van die ZAR en Vrystaat BOERE republieke kom help veg teen die Britte of selfs mediese sorg verleen.
*
Wat was die Russe se rol tydens die Anglo-BOERE Oorloë?
Die RUSSE en die BOERE het ‘n noue verbintenis met mekaar gehad. Al hierdie vrywilligers het op eie onkostes saam die Boere geveg teen ‘n oormag Britte.
Russiese dokters, verpleegsters en mediese ordonnanse het ambulans- en hospitaaldiens beman en take verrig. Hulle het duisende myle gereis om hier hulp te kom verleen. Dit het groot verligting aan siekes en gewondes gebring. Hierdie diens het hulle meestal in ou plaashuise of in tydelike skuilings sonder enige geriewe gelewer, selfs treine omskep in hospitaaltreine. Russiese ambulanse se groot rooi kruis was ń algemene gesig by die kommando’s, veral na veldslagte waar hulle dadelik ingespring het om gewondes te versorg. Skrynwerkers wat in Rusland waens gebou het, het vrywillig ambulanswaens vir die slagveld gebou sonder enige vergoeding. Verpleegsters het die helfte van hulle swaarverdiende geld (Roebels), geskenk om hulp te verleen.
Vroeër was die Russe ook in hulle eie stryd met Brittanje gewikkel. Hulle het ook die swaarkry en die talle geliefdes wat hulle verloor en vermink gesien het, het hulle simpatie met die Boererepublieke gegee en pro-Boer laat optree. Toe oorlog verklaar word in 1899 was van die eerste vrywilligers wat in Pretoria aangekom het, vanuit Rusland.
Hierdie Russiese soldate was dapper en uiters gedissiplineerd en het orals groot agting afgedwing. Hierdie vrywillige soldate is onder dieselfde kam geskeer as die gewone burgers. Hulle moes selfversorgend wees en is nie betaal nie. Van owerheidskant ontvang hulle geweer en ammunisie. Kos en perd en saal moes hulleself voor sorg. Die lewe in die veld was nie maklik nie, maar die landelike Russe was, soos die Boere, die lewe in die veld gewoond en het redelik maklik aangepas. Die Russe het in noue kontak met Generaal de Wet se kommando gebly.
*Internet Besoek aan Russiese Ortodokse Kerk Midrand Boere&Russe deur Nico Moolman en Wessel Oosthuizen
*
Geleenthede
In Midrand is die St. Sergius of Radonezh Russiese Ortodokse Kerk met die 5 goudbeslaande koepels. Midrand se kerkgebou is nie net indrukwekkend nie, maar ontwerp en gebou deur die Russiese argitek Kirs George Victorovich. Dit het twee en ń half jaar geneem om bouwerk te voltooi. Die hoeksteen is in 2013 gelê. Die geleentheid is bygewoon deur o.a. ambassadeurs van die Russiese Federasie, Oekraïne, Belarus, Serbia, Griekeland, Ciprus en plaaslike Russiese verteenwoordigers.
Die Russiese Ortodokse Kerk in Midrand in 2021
Geskiedenistoer by die Russiese Kerk in Midrand het ‘n kranslegging gedoen om ook die Russiese burgers wat saam met die Boere kom veg het te herdenk. Die Russiese gemeente het ook verversings voorberei en is daar op ‘n egte Russiese tradisie ‘n VODKA drankie aan al die gaste gegee om saam te drink. Die gasvryheid was iets besonders. Ons sien ook uit na die boek wat handel oor die vriendskappe tussen die Boere en die Russe.
Russiese Kerk is gestig op 31 Mei 1968.
*
Bekende name, hier is slegs twee van die Russe wat uitgesonder word
YEVGENY MAXIMOV
Kolonel Yevgeny Maximov was ń afgetrede offisier in die Russiese leër, bekend vir sy uiterste dapperheid. Hy het op 51 jarige ouderdom by die ZAR en Vrystaat Boere republieke aangemeld om saam die Boere teen Britte te veg. In ‘n besonderse tydperk raak hy bevriend met verskeie Boereleiers en tree selfs as raadgewer op vir die presidente van die Boererepublieke. Nadat Generaal Mareuil gesneuwel het, het Maximov bevel van die Hollandse Korps in die Vrystaat oorgeneem. Hy was uiters bekwaam en het verseker dat die kommunikasie tussen die Kommando’s korrek en betyds is. Seiners moes flink en noukeurig werk en net hulle het die kodes geken. Daar is nie van getekende kaarte gebruik gemaak nie, weens die risiko as dit in verkeerde hande beland.
*
Maximov het na die Transvaal gegaan as ‘n oorlogskorrespondent en militêre waarnemer. Met sy reiskoste gedek deur die Russiese Ministerie van Oorlog, het Maximov sy verslae van die Boererepublieke aan die Algemene Staf in Sint Petersburg gestuur. Hy het waarskynlik ‘n geheime taak van die Ministerie gehad. Aan die einde van Februarie 1900 het Maximov en Ganetsky begin om ‘n Russiese Korps in Pretoria te organiseer om strooptogte agter die vyandelike linies uit te voer.
Die Nederlandse Korps onder Maximov se bevel. April 1900 (Vrystaat)
*
Ander Studiemateriaal – Daar is 13 volumes wat gewy word aan die deelname van Russiese militêre personeel (geheime militêre agente), amptelike militêre agente (aanhangers), militêre ingenieurs – assistent militêre agente, loopbaan vrywillige offisiere, reserwe offisiere, burgerlikes, immigrante van verskillende nasionaliteite, militêre dokters , burgerlike dokters en verpleegsters uit die destydse Russiese Ryk in die eerste groot oorlog van die 20ste eeu en die houding van die Russiese pers en die magte wat daaraan verbonde is.
*
*
*
*
LEO PROKOVSKY
Soos een van die Russiese Offisiere, Leo Pokrovsky, wat die Boere kom help veg het, in gebroke Afrikaans gesê het: “…ons het die bietjie teen die baie kom help.”
Leo Pokrovsky is op 25 Desember in 1900 tydens die Anglo-Boereoorlog dodelik gewond deur ‘n Britse skerpskutter. Na 25 jaar is hy in die NG Kerk in die dorp Utrecht herbegrawe.
Langs die Utrecht-museum staan daar ‘n muur van herinnering, vir diegene wat aan die Anglo-Boereoorlog deelgeneem het. Die muur het name van ongeveer 90 Russe wat saam met die Boere geveg het. Onder hulle Prins Bagration van Mukhrani en Earls Bobrinskiy, Kaneckiy en Komarovskiy. Volgens berigte het sowat 225 Russiese soldate, offisiere en immigrante aan die oorlog deelgeneem. ‘n Afdeling van die Russiese Rooi Kruis het ook tydens die oorlog gehelp. Een van die meer versierde, uitstaande en moedige militêre bevelvoerders was Yevgeny Maximov, wat tot die rang van Generaal van die Boere-leër gedien het.
Aartsbiskop Mark van Egoryevsk, Hoof van die Moskouse Patriargaat in buitelandse instellings het ‘n kapel in die naam van Sint Prins Vladimir ingewy wat by die kerk van St. Sergius van Radonezh in Johannesburg opgerig is. Die kapel staan ter nagedagtenis aan Russiese soldate wat in die Anglo-Boereoorlog gesneuwel het.
*
RUSLAND EN USSR
Moderne Rusland ontleen sy naam aan die Kevian Rus, die voorouers van Rusland, Oekraïne en Wit-Rusland. Die naam Rus’ kom van ‘n Oudnoorse woord vir ‘die manne wat roei’. Die vroegste bronne wat die Rus noem, kom van die begin en middel van die negende eeu uit Bisantium, Persië en Frankryk. Almal van hulle beskryf die Slawiërs en die Rus as twee afsonderlike groepe, met die Rus wat die Slawiërs oorheers. Die heel eerste plaaslike vermelding van die Rus kan gevind word in die Primêre Kroniek, wat in die 12de eeu saamgestel is.
Voorheen die Russiese Federatiewe Sosialistiese Sowjetrepubliek (RSFSR), ‘n republiek van die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke (USSR), het Rusland die Russiese Federasie geword ná die ontbinding van die Sowjetunie in Desember 1991. Na die Sowjet-era het die gebied, bevolking, en industriële produksie van die Sowjetunie (toe een van die wêreld se twee Koue Oorlog-supermoondhede, die ander is die Verenigde State) wat in Rusland geleë was, oorgedra aan die Russiese Federasie.
In 1894 trou die laaste Russiese tsaar Nikolaas II (18681918) met prinses Alix van Hesse (1872-1918). Tog was dit nie die eerste huwelik wat die Romanovs en die heersers van die Groothertogdom van Hesse bymekaargebring het nie: Nicholas se ouma, prinses Maria (18241880), was van die Hesse Hertogdom-familie.
*
Verskeie ander Bronne
https://www.samilitaryhistory.org/jnl2/vol191bg.html
Grigory Lukyanov
https://vk.com/wall-52136985_717?lang=en
https://www.st-sergius.info/en/
*
*
RELEVANTE INLIGTING
ABO Haut rookpype – Boerehelde
Skending van Afrikaner/Boer menseregte
Die Anglo-Boere Oorloë in kleur
Twee Onafhanklike BOERE republieke
Commonwealth and suppression by British Colonialism
British horses during the Anglo-Boer wars
Romanovs Russian Royal family – Romanoffs