Boere volksvryheid – Boere republieke

*

Die Boere volk het reeds op verskillende geleenthede in die verlede internasionale erkenning geniet as Boere volk en bestaan steeds in die RSA.  Op die oomblik is hulle sonder hul Boere republieke en dis wat herstel moet word deur ons as Boere volk.  Ander volke gaan dit nie vir ons doen nie.  Daar is honderde boeke geskryf oor die Boere, Boere republieke, konsentrasiekampe, verskroeide aarde beleid en veel meer wat handel oor die Boere volk en hul stryd tot vryheid in suidelike Afrika.

Zuid-Afrika Boerenoorlog 1900 Zuid-Afrikaansch Oorlogsterrein South Africa  Afrika HC29802 – House of Cards

*

Daar is verskeie Boere museums, webtuistes in en selfs buite die grense van Suid-Afrika wat die Boere volk se stryd aangeteken en selfs foto’s geplaas het.    Daar is dus ‘n duidelik erkende Boere volk wat heelwat grondgebiede het wat tot Boere Republieke verklaar is, wat aan die nasate van die Boere volk behoort.

Daar is verskeie konvensies met die Boere republieke wat die bestaansreg bewys.     Die Boere volk is nie deel van die veelvolkige Afrikaner nasie nie, was nog nooit nie.  Die Boere volk is ook nie deel van enige ander etniese volk of gemengde nasie nie.    Die Vredesverdrag van Vereeniging van 1902 is eensydig deur Brittanje en haar bondgenote verbreek en dit word steeds vandag uitgevoer.

Verdrag van Vereeniging 1902

Daar is twee Boere republieke wat internasionale statusse gekry het.   Binne die Vrystaat en ZAR Boere republieke bestaan daar onderlinge en verskillende Boere republieke, met meestal hul eie wortels en geskiedenis.

Duisende Rebelle wat toegetree het byvoorbeeld as vegters in die Boere kommando’s tot die stryd vir die behou van vryheid vir die Boere volkslede, het saam Boere republieke oorloë gemaak teen Brittanje en haar bondgenote.   Hulle was saam die Boere van die twee onafhanklike Boere republieke, waarvan sommige na Anglo-Boere oorlog II, die doodstraf gekry het vir dade van selfverdediging en vryheid vir die Boere volk.   Sommige is selfs verban as krygsgevangenisse uit hul grondgebiede, plase, wonings en families en het nooit teruggekeer uit die vreemde.

Die Boere volk was kreatief en het vooruitgang en ontwikkeling nagestreef met die onderhandelings prosesse met swart leiers oor onbesette grondgebiede wat onbewoonbaar was.    Selfs in die Kaapkolonie is daar Boere republieke uitgeroep deur Boere.   Die Boere volk is en was nie net landbouers soos aan ‘n boer of landbouer gekoppel word nie.   Nie alle boere is Boere nie.    Alle Boere republieke het ‘n geskiedenis waarvandaan hierdie Boere republieke gestig en uitgeroep is as grondgebiede wat wettig bekom is.

Verder getuig die bestaan van die Boere volk ook weens die feit van Anglo-Boere oorloë wat plaasgevind het.  Tydens hierdie periode van oorloë het menige konsentrasiekampe en duisende grafte opgeskiet van verpletterde en vernietigde vroue en kinders.   Konsentrasiekampe is vandag steeds met ons, maar net in ‘n ander vorm, meer lelik en feller, juis as gevolg van swart bemagtiging, regstellende aksie, selfs onteiening kan nie eenkant gestoot word nie.  Baie Boere is al onteien en sit sonder werk en heenkome, so ook elke ander beroep onder Boere volkslede.

Foto’s van die Verskroeide aarde beleid wat die Britte en haar bondgenote uitgevoer het teen ‘n handjievol Boere, vroue en kinders wat meer as 30000 huise geplunder en laat afbrand het.   Dit gebeur vandag steeds, waar Boere besteel word, sowel hul vee afgeslag en geplunder word, hul huise en vee, gras en weiveld word totaal afgebrand.   In die stede gebeur dit ook, waar besighede en infrastrukture vernietig en afgebrand word.

Mfecane – 1795-1830 teenoor 2024

Nog voorbeelde is die Rebelle wat deelgeneem het uit verskillende uithoeke van suidelike Afrika gekom om die Boere republieke by te staan.   Rebelle afkomstig uit  ander Boere republieke en koloniale gebiede sowel as vervolgings soos doodstraf, verbannings uit hul onafhanklike lande en veel meer.   Vir heelwat lande en regerings is die Boere bekend as die Boere volk, en hulle word steeds vandag as ‘n volk beskou.

Vandag vlug ons mense oorsee weens die misdaad, moorde, regstellende aksie, swart bemagtiging en onteiening net om ‘n bestaan te kan voer en ‘n bord kos op die tafel te kry.   In die nuwe land onder ‘n ander korporasie is daar ander probleme.   Volkslede is nie werklik ‘n vry persoon nie.   Hul verloor alles wat deel was van hulle soos hul Afrikaanse taal, geskiedenis, tradisies, kultuur, byeenkomste en kuier by families en vriende.

Heelwat oorsese lande sluit ooreenkomste met Suid-Afrika, ANC of politici, maar elke regering is onderworpe aan dieselfde korporasie se voorwaardes wat in die Grondwet en ander wetgewing uitgespel word.

Hiermee word die Boere volk ekonomies uitgewis wat elke faset beïnvloed.  Onteiening van grond en sogenaamde vals berigte onder die korporasie, speel uit op ‘n daaglikse basis om die Boere volksgenote uit te wis.   ‘n Groter uitwissing en volksmoord as tydens die Anglo-Boere oorloë. met die aanvalle, moorde en om Boere wat landbouers is sowel elke besigheid te plunder, af te brand en te vernietig.

Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index

Kommunisme SA 2021 Communism

High levels of Violence in SA  –  July 2021 ongoing

*

Hoe kan herstel van Boere republieke gedoen word?   

Dit is dalk aan die een kant eenvoudig – met behulp van hulp van ander lande wat nie deel is van ander ordes is, moet al die Boere republieke herstel word – en dan volle onafhanklikheid geniet.  Daar moet padgegee word uit hierdie stelsel van statebond onder Britse beheer en korporasies wat ons Boere volk so manipuleer en beheer, wat wetgewing op ons afdwing en deel maak van slawerny.

CIS countries GOS state

Letterlike elke Boere republiek, die Boere volk het meer as 20 Boere republieke net in Suid-Afrika, daar is oorsee ook Boere republieke wat uitgeroep is.  As volk het ons ‘n reg daartoe om oor onsself te regeer en vry te wees van wat ons knel en vasbind.

Geheime organisasies van Milner-Rhodes

Indien Suid-Afrika ‘n korporasie is, met hordes besighede, aankope van voedsel en klere, die finansiële instellings waarvan gebruik gemaak word, kan niemand volwaardig vry wees of vry genoem word nie.  Dit is ‘n saak van effe onmoontlikheid om totaal vry te word.

Indien Boere volkslede of selfs nasate na ander lande emigreer, wat ook deel is van dieselfde  korporasie sisteme, sit daardie Boere volkslede met dieselfde probleem as in die huidige Suid-Afrika.  Dit sal net met ‘n ander verrottingsisteem gepaardgaan en sal dit ook mettertyd wegvrot – nwo.

Emigrasie is ‘n duur proses, maak nie saak waarheen nie.  Om deel te wees van ‘n ander korporasie, maak so iemand nie volledig vry nie.   Die “nuwe land” van herkoms het ook besighede, korporasies en instellings wat deel vorm van die groter korporasie.  Indien lenings net soos in Suid-Afrika aangegaan word onder ‘n korporasie, geld dieselfde probleme as met die ander land se herkoms.

*

Een volk of nasie kan nie aanspraak maak op ‘n ander volk of nasie se grondgebiede nie.    Na 1994 bly meeste Khoi san, Griekwa en selfs verskillende swart volke apart van mekaar, met hul eie tradisionele leiers en wetgewing in plek.   Name van wetgewings is vergander – daar is selfs aparte huise vir Khoi San en Swart etniese volksgroepe.   Tans is dit belastingbetalers wat die hele spul onderhou.

Trustgebiede –  Tuislande  – Reservate en Kroongebiede

Traditional leaders South Africa: 8840

2022 Salaries of Traditional leaders

Die benadeeldes in Suid-Afrika

*

Daar was ook nog nooit ‘n Boere Afrikaner of Afrikaner Boere volk nie.   Daar bestaan nie so ‘n volk of nasie soos Boere Afrikaners of selfs Afrikaanses nie.   Gaan lees die geskiedenisse oor die onderskeie wortels van die Boere volk en Afrikaner nasie en die ontstaan van Boere republieke.

Daar is ‘n groot verskil tussen die Afrikaner nasie  (veelvolkige organisasies ) en die Boere Volk.      Die Boere volk word van alles daagliks beroof en hul menseregte word daagliks geskend deur organisasies en politieke partye wat sogenaamd demokraties is.

Daar bestaan ‘n Afrikaner nasie, wat veelvolkig en multi-kultureel is, wat hul stempel afgedruk het sedert 1880 en Britse beheer in die Kaapkolonie.

Dis bekragtig dat daar geld van meer as 30000 pond aan die Britte gegee is deur die Afrikaner bond en Afrikaners, per jaar om oorlog te voer met die handjievol Boere volkslede (vegters, vroue en kinders) en waaraan Afrikaners oral deelgeneem het met oorlogvoering teen vroue, kinders en vegters.

Die oorlog was nie mooi nie, nog minder die Verskroeide aarde beleid en konsentrasie helkampe van Brittanje en haar bondgenote nie.  Net omdat die Boere volk opgestaan het vir hul vryheid en om hul Boere gebiede te beskerm teen die magtige reuse van Engeland en al haar bondgenote.    Die uiteinde was Boere volksmoord.

*

BRONNE EN ANDER INLIGTING

Daar is heelwat Afrikaner organisasies wat hand op die blaas is met kommuniste, en dit loop al ‘n lang pad, saam Rhodes in die Kolonie, regdeur tot in 2024 waar ons vandag is.

Ironies hoe hard die Afrikaners en hul organisasies poog om die Boere volk deel van die Afrikaner nasie in te giet as deel van hul veelvolkige rigtings, organisasies en opinies waarin hul hulself uitleef, en dit geld op alle gebiede, museums, geskiedenis en veel ander.

Boere volkslede wat deel is van enige Afrikaner organisasie, hetsy of jy jouself beskou as ‘n Boer al dan nie, neem deel aan die stryd om die Boere volk se uitwissing te bespoedig.   Met die deelname van Afrikaners saam om dieselfde tafels en bed as die ANC, PAC, en ander, doen elkeen vrylik mee aan uitwissing van die Boere volk.

Sing saam die kommuniste om die Boere uit te wis en die Boere te vermoor.

Kill the Boer Kill the farmer in South Africa

AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)

Veelrassige organisasies –  ABN

ABN en Dinokeng

Afrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-Buys

Orania, selfbeskikking Afrikaner verklaring

Afrikaner stigting Solidariteit Julie 2024

Afrikaner  – verklaring 2024

Ramaphosa: Afrikanerbond

Kodesa – liberale en kommunistiese grondwet skrywers

Submission by Solidarity 14 May 2003 in Parliament

Invalsplanne op Boere republieke

1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) –  ABO

https://www.house-of-cards.nl/product/zuid-afrika-boerenoorlog-1900-zuid-afrikaansch-oorlogsterrein-south-africa-afrika-hc29802/

Minerale en Apartheid tot datum -Brittanje

Grond in SA vir landbou en minerale

Ander volke bly vandag steeds na 1825 in hul besette gebiede, hulle het nie die grond aangekoop nie, nog minder het Engeland en haar bondgenote die grondgebiede gekoop met anneksasies.     Baie van die etniese volke kla saam met die politici hoe Boere hul grondgebiede gesteel het, dit is allesbehalwe die geval.  Boere republieke is wetlik bekom, aangekoop met geld of dienste aan spesifieke stamme gelewer.

Richtersveld – KHOISAN AND CPA

Richtersveld 1847

Gold and diamonds -1886 –  Griqualand West

Ingonyama Trustland (Zulu people)

CPA’s in SA –  2021

Bophuthatswana Homeland (SA)

Grond eienaars: ANC regeringsplase

Parlement April 2023 Hansard Landelike sake en grondeise

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

6 gedagtes oor “Boere volksvryheid – Boere republieke”

Lewer kommentaar