*
Sindikate werk al vir dekades in Suid-Afrika in alle bedrywe – korrupsie, wanbestuur en misdade is aan die orde van die dag. Daarteenoor is die vorigeMinister van Polisie, sy hele mag, wat meerderheid is in die land, wat bykans nooit enige van die sake oplos nie. Eskom, ‘n baba van die regering en die wat oorlogskamer beheer moet ‘n slag kyk wat hulle werklik vir die land doen of beteken met al hul korrupsie en beurtkrag wat vir jare seëvier. Eskom is een van vele staatsentiteite, maar so is die mynwese en minerale ontginning dieselfde. Swart bemagtiging klad elke bedryf in die land.

*
Korrupsie op hierdie vlakke het ‘n groter invloed in elkeen van ons se lewens en die land se ekonomie. Sindikate en manipuleerders gaan slim te werk om elkeen van ons in die land te probeer uitwis – hul sogenaamde sofistikeerde geheime agendae om die bevolkings te verminder. Hul manier om nog meer finansies in te palm.
Na die 2024 verkiesings sal ‘n volgende 30 jaar of selfs langer van wanadministrasie, korrupsie en veel meer begin inskop. Politieke partye of koalisies gaan die tendense nie maklik oplos nie, hierdie sindikate word al lankal bedryf onder ‘n vals vlag van korrupsie en misdade. Dit het 30 jaar geneem om tot op hierdie vlak te daal.
*
Watter rol speel mineraal ontginnings by al hierdie ander ontsporingselemente?
Die ANC en kaders, sowel ander politici in parlement en elke vlak van regering, het die hef in die hand gehad vir dekades. Die uitreiking van minerale ontginning, mynpermitte en prospektering word deur die regering en spesifiek die Minister van Minerale Hulpbronne en Energie uitgereik. Miljoene hektaar grond word gebruik om swart goud en ander edel metale te myn in Suid-Afrika, nie net om steenkool te verskaf aan kragstasies nie, maar ook vir die uitvoermark. Nie net besoedel die mineraalontginning die hele omgewing en lug nie, maar kosbare water word in die proses totaal vernietig vir huishoudelike gebruik. Plantegroei kwyn weg onder die verskillende besoedelingstowwe wat uitgelaat word, hetsy lug of water. Dit het ‘n groot impak in die voedselbedryf.
*
Minerale – steekool en korrupsie in die mynbedryf
Korrupsie is groot en dit is eenvoudig toegelaat om plaas te vind vir 30 jaar of selfs langer. Min het gebeur om sindikate vas te vat in die mynbedryf sowel in staatsentiteite soos Eskom.
Daar is ‘n baie groot agterstand in die uitreik van minerale, prospektering en permitte. Hier gaan dit oor die steenkool ontginning, bemarking en verkope, veral deur sindikate. Dit raak elkeen van ons in Suid-Afrika. Dit is een van die hoofredes hoekom dat soveel beurtkrag plaasgevind het die laaste dekade en langer, sowel as die brandstofpryse, ander prysverhogings wat gemanipuleer word deur die regering en instellings wat ons melk vir meer inkomstes.
Groot stukke grondgebiede, wat eens landbougrond was, word omgedolwe om nooit weer herstel te word nie. Korrupsie is aan die orde van die dag hoe steenkool (swart goud) gesteel en geruil word, uitendelik as iets anders en minderwaardig verkoop word. Dit beloop miljarde rande. Dit het alles ‘n groot invloed in ons lewens, huishoudings en besighede en uiteindelik, werkskepping en die ekonomie.
Die landbougebiede, Boere se plase moet grond gebiede afstaan vir die vals agenda van grondhervorming, terwyl swart goud, gebruik word om sekere swart bemagtigers te bevoordeel. Werkskepping in ander sektore sowel landbougebied, word in die proses totaal vernietig, hiermee word die hele voedselketting verwoes. Boere kan tog nie produkte aanplant of weiding vir vee in gebiede wat nie gerehabiliteer is nie. Niks sal groei nie.
![FROM THE ARCHIVES] Coal theft | Carte Blanche | M-Net - YouTube](https://i.ytimg.com/vi/AzoGDcHS8ZQ/maxresdefault.jpg)
https://www.youtube.com/watch?v=YO7LrQHpH44
*
Swart goud – Trokke vol steenkool word gesteel.
https://www.youtube.com/watch?v=PNykNiFAiLE
*
Dis alombekend. Die regering met hul swart bemagtigingsagente, beheer die ontginning van steenkool en alle minerale. Dus, is dit die regering wat baat vind by die minerale ontginning en uitvoer. Hulle reik die nodige mineraalpermitte en mynregte uit aan indiwidue of besighede. Dit is nie privaatindividue wat dit uitreik nie – lees die wetgewings daaroor. Alles het ook ‘n 15 % BTW.
Heelwat immigrante plak in hierdie oop areas en skep die indruk dit hulle grondgebiede is.
*
2016
Die proses het reeds voor 1980 begin. Daar is allerhande probleme met landbougrond wat deur die mynbedryf opgeslurp word. Dit word nie net besoedel nie, maar min rehabilitasie vind plaas in Suid-Afrika en selfs in Afrika. Dit wil sê die landbousektor verloor en so word Boere en landbouers se regte ontneem deur die mynbedryf.
Werkskepping in die mynbedryf is nie stabiel soos landbousektor nie, want landbou is ‘n aanhoudende proses, terwyl ontginning van minerale na ‘n sekere tydsperk stop. Indien geen rehabilitasie plaasvind nie, word nog meer landbougrondgebiede eenvoudig afgeskryf. Mynpermitte is normaalweg geldig vir 2 jaar. Bereken gerus self hoe lank myne in u eie omgewing werksaam is en of dit ooit wettig is. Daar moet aan wetgewing voldoen word.
*
Meer oor die mynbedryf.
https://cer.org.za/wp-content/uploads/2016/05/LRC-2016_Mining_affected_communities_Eng.pdf
Mynpermit word toestemming verleen aan indiwidue of maatskappye om dit vir twee jaar doen en dit is nie groter as 1.5 hektaar nie. Mynregte word aan indiwidue of maatskappye gegee om vir 30 jaar te myn. ANC regering was nou 30 jaar aan bewind.
https://www.miningreview.com/gold/how-to-apply-for-mining-rights-in-south-africa/
*
DIE EKONOMIE WORD ERG BENADEEL EN BESKADIG
Dit kom dus voor dat hierdie alles saamgemeng is in een kookpot van nalatigheid, anargie en verwoesting. Dit word genoem dat groot gebiede wat ‘n agterstand het in uitreiking van permitte, is in die Mpumalange provinsie.
Daar is ‘n baie groot agterstand in die vorige ANC regering (Mantashe) vir die uitreiking van mynpermitte en toestemming om minerale te ontgin. Tot datum is daar meer as 5236 mynregte, permitte en prospekteerregte uitstaande wat nog nooit uitgereik of selfs oorweeg is nie.
*
WETGEWINGS
Swart bemagtiging speel ‘n groot rol met die toekenning van minerale permitte, regte of prospekteerregte. Daar moet aan verskeie wetgewings voldoen word.
https://transparency.org.au/publications/south-africa-mining-licence-process-map/
Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index
*
WERKSKEPPING, GRONDHERVORMING, MINERALE EN LANDBOU
Die agterstand in besighede en die mynbedryf is ontsettend hoog en dit stoot letterlik nuwe geleenthede weg en bied min nuwe werksgeleenthede. Dit verswaar myns insiens ook die landbou bedryf waar daar geen voedsel sal plaasvind nie, nog minerale ontginning, waar geen permitte uitgereik word of toegelaat word nie. Waarom word die slakkepas proses gevolg deur die regering, as daar ook nie ontginning van minerale plaasvind nie. Personeel word aangestel onder swart bemagtiging, maar kom nie hul pligte en verantwoordelikhede na nie.
Werkskepping is dus ‘n kritieke situasie.
Dit is eenvoudig, indien die minerale ontginning ‘n wesentlike probleem is of geen waarborge bied nie, is die alternatief, dat die landbougrond ten minste benut behoort word wat werkskepping sal bevorder en voedselketting nie vernietig word nie. Die landbousektor was vir jare goed genoeg om werk te skep.
*
*
Dit raak elke belastingbetaler, besighede en Boere
Intussen gaan die nuwe era en koalisie regering voort en raak die agterstand al groter en groter om in te haal. Die nuwe era van koalisie regerings gaan nie dadelik ‘n impak doen in ons lewens nie, indien ooit. Daar is geen bewyse dat hierdie tipe van koalisies sal werk nie.
Gaan groot en klein Boere waar ‘n swaard van mineraal ontginning oor hul grondgebiede of besighede hang, dit bly verduur omdat die regering hul eie slakkepas het rondom ontginning van minerale, die uitreik van permitte en selfs rehabilitasie van plase. Boere is al van hul grondgebiede verwyder sodat daar gemyn kan word. Selfs Wildsparke wat onder die regering en provinsie val, loop deur.
Klein en groot Boere en besighede, moet totaal wegbeweeg van Eskom monopolie en regeringsbande wat besighede en gesinne al vir meer as 30 jaar vernietig. Alles word juis deur die regering vernietig deur wetgewings wat die regering implementeer het na 1994.
Daar behoort na alternatiewe gekyk te word. Die groei van besighede begin altyd onder en as die vlerke nie sterk genoeg is om te vlieg en sweef nie, sal dit skade berokken. Werkers word dan eerste verminder. Begin kleiner en effektief, met so min as moontlik slegte skuld, soos enige goeie besighede doen. Niemand kan hardloop voor mens nie sterk genoeg is nie.
Doen dit eenvoudig en bou self op, indien moontlik skep meer as een kleiner tipe besigheid wat verskillende tipe werksgeleenthede in jou eie groter besigheid kan bevorder. Besighede moet hande vat met Boere om hul produkte en ware uit te stal en direk aan publiek te verkoop. Waar moontlik hou die aandag weg van persoonlike planne, sake en/ of verbeterings. Bly ook weg van die liberaal verligte media af wat net alles wil beheer en kontroleer.
*
VERWANTE INLIGTING
Zondo: Guptas, Zuma, Ramaphosa etc
Rassistiese Eskom oorlogkamers
Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index
B-BBEE – Shanduka black umbrellas
Onwettiges EN korrupsie by Eskom sindikate (syndicates)
Korrupsie, misdaad, aanvalle moorde
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
[…] Mynbedryf, landbou, ekonomie, werkskepping, voedsel […]
LikeLike
[…] Mynbedryf, landbou, ekonomie, werkskepping, voedsel […]
LikeLike
[…] organisasies van Milner-RhodesMinerale en Apartheid tot datum -BrittanjeMynbedryf, landbou, ekonomie, werkskepping, voedselGold and diamonds -1886 – Griqualand […]
LikeLike
[…] Mynbedryf, landbou, ekonomie, werkskepping, voedsel […]
LikeLike
[…] Mynbedryf, landbou, ekonomie, werkskepping, voedsel […]
LikeLike