Vierkleur en Vrystaat Boere republieke vlae

*
Die Boere volk is enig in hul soort en elke spanlid van die Boere Republieke waaraan hul behoort is hul trots, kultuur en samesyn.    Waarskynlik beskou elke volk hul as uniek, en ons Boervolk is nie anders nie, want ons verskil hemelsbreed van die res om ons.   Dit is hoe dit hoort, volkswortels bring hul bymekaar.

Nylstroom 2010 – Barend Pienaar – ‘n legende in ons geskiedenis om te onthou.

NYLSTROOM, SOUTH AFRICA ? 19 May 2010: Barend Pienaar the ...


*

Die Boere volk is soos enige ander volk, streef na vryheid en onafhanklik, is  menslik, plat op die aarde en mag ook verskil van mekaar.   Bring een volk wat nie onderling met mekaar verskil nie.    Trekkerleiers het ook maar verskil van mekaar, maar in die oorlogtyd en gevegsfronte, gedurende die Anglo-Boere oorloë het Kommando’s saamgestaan.   As ‘n eenheid geveg in verskillende streke met die Krag en Hulp van Bo.  Die Woord is die Lig op hul pad.   So hoort dit vandag te wees.

*

Oud en nuut gesels met mekaar en bring met heimweë die vryheid vir ons terug om te herleef.  Met ‘n vlag.   Daar is so baie om te onthou.    Ook om afskeid te neem, vrede te maak en berusting te vind word die vierkleur ingespan.

Barend
https://www.imago-images.com/st/0054095216

“Die gedigte en voorlesings van die Boere volk moet weer hulle regmatige plek in ons volks lewe begin inneem en veral onder ons jeug.”   Daarna die woorde: “Hoog die VierKleur”.     Daar is baie wat graag luister en diep nadink as daar gepraat word.

Leipold op die plaaswerf

*

So 15 jaar gelede was dit ook die geval met die Reusevlag by Majuba – 2008

*

Onthou Bloedrivier Geloftedag

2023

*

Die Boere volk van die ou Transvaal, ZAR en Vrystaat Boere republieke het heelwat geleenthede wat hul reël en uitvoer, veral waar hul eie vlae gesamentlik wapper.  Die perderuiters bind dit saam.   Dit is ‘n prentjiemooi gesig, hetsy dit nou by ‘n Gelofte dag is of gedenkdienste waar van ons mense vermoor is.   Die Witkruis herdenkings stel gedurig die Vierkleurvlag en perderuiters ten toon.  Nie almal kan altyd bywoon of self deelneem nie.   Vlae vertel hul eie verhale en stories.   Ook uit die verlede was daar feeste gehou.

2019 mooi foto’s –

*

Witkruismonument 16 September 2023

May be an image of 7 people and text

Witkruis monument 15-16 September 2023

May be an image of 3 people and horse

*

2020

No photo description available.

*

2020

No photo description available.

*

No photo description available.

*

2013 – Potchefstroom

No photo description available.

*

2013 Gedenkdiens te Potchefstroom

No photo description available.

*

Vryheid en onafhanklikheid

Tydens die Sandrivier Verdrag van 1852 en die Bloemfontein Verdrag van 1854, wat plaasgevind het tussen die Twee Boere Republieke en die regering van Koningin Victoria, word die soewereiniteit van die twee state erken en die selfstandigheid van die Boere word eerbiedig.   Dit was van korte duur.
Op 12 April 1877 annekseer Shepstone en die Britse soldate sonder dat ‘n skoot gevuur is, Pretoria. Hulle haal die Vierkleur af en hys die Union Jack in die naam van Groot Britanje. Hierna begin ernstige spanning tussen die Boere en die Britte. Die Britte benodig die Boere se geld om hul kapitalistiese ideologie uit te voer en begin swaar belastings op die Boere hef.

Vroeg in Oktober 1880 bereik die spanning breekpunt toe ‘n boer van Potchefstroom, Mnr Piet Bezuidenhout gedagvaar word om agterstallige belasting te betaal en hy weier. Die balju lê beslag op sy ossewa, met die bedoeling om dit op die dorpsplein op te veil.

Onder leiding van Kommandant Piet Cronje gooi ‘n klompie boere die balju van die wa af en neem dit onder ‘n groot gejuig terug na Piet Bezuidenhout.   Die Britte was natuurlik nie met die toedrag van sake tevrede nie en hulle wou die “skuldiges” opsluit en verhoor.   Op hierdie tydstip het die Boere Driemanskap, naamlik Paul Kruger, M W Pretorius en Piet Joubert besluit dat die verset aksies nie meer genoeg is nie en hulle het ‘n dringende Boere Volksbyeenkoms belê om herstellende aksies te beplan. Die Volksbyeenkoms was gereël vir 8 Desember 1880, te Paardekraal.

Die volk het gehoor gegee en meer as 6000 gewapende man het by die klipkoppies op Paardekraal saamgetrek. Nadat die Volkskomitee van 32 saamgestel is, het hulle op 11 Desember ‘n proklamasie in die vorm van ‘n Gelofte opgestel.

Op 13 Desember 1880 het Adj. President Paul Kruger die Volk toegespreek om vas te stel of hulle eensgesind was en saamstem dat die Britte se juk afgeskud moes word. Na sy toespraak was die teenswoordige doodstil.    Paul Kruger het die klippe op die koppie waar hy gestaan het tot stil getuies van die “besluit van die volk” geroep. Hierna is krygswet aangekondig met die strydmag onder bevel van Kmdt Genl Piet Joubert.

Die volgende dag het elke burger ‘n klip (of twee) geneem en op die plek waar Paul Kruger gestaan het, ‘n stapel gepak. Martinus Ras het die vierkleur bo-op die klipstapel staan gemaak, hierdie klipstapel of altaar was ‘n teken van die (tweede) gelofte om met die hulp van God, die vryheid van die Zuid-Afrikaansche Republiek in ere te herstel.   Hierna het verskeie skermutselings en die twee bekende veldslae, naamlik die slag van Bronkhorstspruit op 20 Desember 1880 en die slag van Majuba op 27 Februarie 1881 gevolg.    Groot Britanje het die aftog geblaas en die twee republieke was weer vry, tot en met 1899 toe die Volskaalse Anglo Boereoorlog uitgebreek het.

Op versoek van die Volksraad is die Paardekraal Monument op die koppie op Paardekraal opgerig en President Paul Kruger het dit op 16 Desember 1891 tydens ‘n Gelofte en Verootmoedigingsfees onthul.

Hierdie dag was uiters gedenkwaardig aangesien dit die eerste Volksfees/Paardekraalfees was, waarop die Slag van Bloedrivier weer deur die boerevolk herdenk is.    Van hierdie dag af vorentoe het Paardekraal Monument ‘n dubbele betekenis gekry, naamlik ‘n besonderse verbintenis met die gelofte van 1838. Die stapel van 1880 is gehuisves in sy huis, soos die geskiedenis van 1880 to 1881 ook op die dag in sy ware perspektief aan die volk deur ‘n ware volksleier verkondig is.

Bloedrivier en Paardekraal het alby die Volk bymekaar gebring, trou aan mekaar laat sweer, maar belangrikste van al, die volk ook nader aan God gebring.

Daarom kan Bloedrivier en Paardekraal nooit weer geskei word nie. Op Paardekraal is die ideaal van die Voortrekkers verwesenlik, waar sy vinger wys, het die Volk homself en sy God gevind. Dit is die tradisie van Paardekraal, ‘n feesplek vir Boere Afrikaners wat hulle vereenselwig met die Gelofte van Bloedrivier en Paardekraal en die Feeste/Geloftes getrou onderhou.
Daarom hou ek nou die Gelofte aan u voor sodat ons, dit nooit mag vergeet en ook getrou sal onderhou.

GELOFTE 1838

My broeders en mede-landgenote, hier staan ons voor die Heilige God van hemel en van aarde om ‘n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag, soos ‘n sabat sal deurbring; en dat ons ‘n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte; want die eer van Sy Naam sal verheerlik word deur die roem en eer van die oorwinning aan Hom te gee.

https://boereafrikana.com/Transvaal/StedeDorpe/Krugersdorp/Paardekraal.htm

*

2022 – Wat beteken die Vierkleur en enige vlag van die Boere republieke?

*

No photo description available.

*

Nie almal wat soos die Boere volk lyk is deel van die Boere volk nie.

Die Vierkleur van die ZAR, Transvaal Boere republiek

British in ZAR and Free state  –  ABWars

17 Januarie 1852 ZAR

Monumente : Geskiedenis simbole ZAR

Legkaart vir ons volk se voortbestaan

Veelrassige organisasies  – ABN

More backgroun on ABN
ABN en Dinokeng


AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)

Communism

Romanian communism – Nicolae Ceausescu

*

Soros active in South Africa

Soros bedrywig in Suid-Afrika

*

Monsanto

George Soros – SA – Monsanto

Khoi san, Griekwas en swartes het reeds baie grond ge-eis – as KEVs of Trustgebiede.

Trustgebiede  –  Tuislande  –   Reservate en Kroongebiede

CPA  in SA  –  2021

Indigenous land (old homelands)  – Trustland  –  CPA   –  landclaims

Ingonyama Trustland (Zulu people)

Richtersveld  –  KHOISAN AND CPA

Richtersveld  – Diamonds

Ramaphosa – 2020 – New Dawn  NWO

Freedom Self-determination –  Selfbeskikking

Violations –  Menseregteskendings  – Akkoord/Accord of 1994

Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord)

Volksregte –  Rights of people

Zimbabwe (SA volg)

Kenya – Trustland and british colony

LEES:
Segregasie – Apartheid

‘Apartheid’ > 1854

19 gedagtes oor “Vierkleur en Vrystaat Boere republieke vlae”

  1. […] is in ons Boere volk se geskiedenis en kultuursakeMelrose huis  –  Vrede van VereenigingVierkleur en Vrystaat Boere republieke vlaeGrondgebiede van Boere volkBritse oorlog teen Boere RepubliekeDie Vierkleur van die ZAR, Transvaal […]

    Like

Lewer kommentaar