17 Januarie 1852 ZAR

Dankie vir die herinnering – is ‘n unieke dag wat altyd onthou moet word vir VRYHEID.  Ons breek nie af nie, ons brand nie af nie, maar ons BOU.  Ons gun elke volk daardie reg om voort te bou vir hul nageslag.    Niks is onmoontlik nie, dis die wil wat daar moet wees om dit weer te doen.   Ons kan en as dit Sy Wil is sal ons sukses behaal.     Sal altyd op ons eie onafhanklikheid voortbou, dis waarvoor Paul Kruger gestaan het.
NIE DEEL VAN DIE SELFGESKEPTE REENBOOGNASIE EN KOMMUNISME NIE…. DIE GRONDWET SKEND AL ONS MENSEREGTE, DUS … DIE WAT DIT WIL STEUN IS MEER AS WELKOM

Image result for paul kruger 10 oktober

BOU VOORT OP ONS EIE GESKIEDENIS VIR ONS NAGESLAG

#####

DIE ZAR VERJAAR – ONS HERDENK VANDAG DIE EERSTE SELFBESKIKKING
Front Nasionaal SA (politieke party)

Op 17 Januarie 1852 – 167 jaar gelede op hierdie dag, is die Zuid Afrikaansche Republiek formeel gestig. Dit het gevolg op die ondertekening van die Sandrivier Konvensie die vorige dag op die droë oewer van die Sandrivier tussen Winburg en Bloemfontein waar die Britse Ryk erkenning gegee het aan die reg tot selfregering en onafhanklikheid van sowat 40 000 Trekkers en nasate van trekkers wat hulleself ‘n dekade vantevore in die gebied oorkant die Vaalrivier gevestig het.

Dit was ‘n geweldige belangrike stap in die rigting van volkome selfbeskiking – die internasionale erkenning van die bestaan van die Zuid Afrikaansche Republiek. Op dieselfde dag is Potchefstroom verklaar tot hoofstad van die nuwe republiek.

Daar was nog niks. Nie ‘n regering nie, nie ‘n vlag nie, nie ‘n volkslied nie, nie ‘n eie geldeenheid nie. Al wat daar was, was ‘n landstreek van nagenoeg 191 789 vierkante kilometer wat nou onafhanklik was.

Aanvanklik is ‘n regering gevorm deur die verkiesing van ‘n aantal Volksverteenwoordigers. Die verkose voorsitter van dié Volksraad sou optree as staatshoof. Die term “President” is toe nog nie gebruik nie. Marthinus Wessel Pretorius, die seun van die befaamde generaal van Bloedrivier, was die eerste voorsitter van die Volksraad en het in hierdie amp gedien van 1857 tot 1860. Van 1862 tot 1864 was dit Willem van Rensburg en toe weer MW Pretorius van 1864 tot 1866. In daardie jaar is die finale Grondwet uiteindelik aanvaar en word MW Pretorius die eerste president. Hy bly president tot 1871, toe die liberale predikant, Thomas F Burgers, in sy plek verkies word. Burgers regeer tot 1877 toe die Republiek weer deur Brittanje beset word. Na afloop van die Eerste Vryheidsoorlog word die land weer onafhanklik en deur ‘n nasionale verkiesing word Paul Kruger, met ‘n naelskraapse oorwinning oor Piet Joubert, verkies tot die laaste president van die ZAR.

Die vlag is in 1857 vir die eerste keer gehys in Potchefstroom. Op 6 Januarie van daardie jaar is dit aanvaar as amptelike vlag van die Republiek. Die vlag was basies die vlag van die Koninkryk van die Nederlande met ‘n vertikale groen baan aan die linkerhand. Dit is ontwerp deur Dirk van der Hoff.

*

Potchefstroom was die hoofstad van die Republiek to 1860 toe die regering verskuif na Pretoria en laasgenoemde die hoofstad van die Republiek word.

In 1857 word die nasionale volkslied aanvaar. “Kent gij dat volk” is geskryf en gekomponeer deur Catharina van Rees.

Image result for “Kent gij dat volk”  YOUTUBE

*

Die ZAR staatsmunt en staatsdrukkery is in die 1860’s gevestig en die amptelike geldeenheid was die ZAR Pond en ZAR pennies. Die polisiemag van die republiek was bekend as die ZARPs en in samewerking met ‘n Nederlandse maatskappy is die NZASM gestig om spoorlynverbinding met die Portugese hawe van Delagoabaai (Maputo) in Mosambiek te bewerkstellig.

Die amptelike taal van die ZAR was enduit Hooghollands, terwyl daar verwys is na Afrikaans as “Laaghollands.” Hooghollands was die taal van die staatsdiens, die regbank, die handel, die onderwys en die kerk.

Tussen staat en kerk was daar ‘n interessante verhouding in die grondwet van die ZAR. Die grondwet het geen skeiding gemaak tussen die twee nie en het aanvanklik bepaal dat lidmaatskap van die Nederduitsch Gereformeerde Kerk ‘n voorvereiste was vir burgerskap. As jy nie ‘n NG Kerk lidmaat was nie, kon jy nie ‘n burger van die ZAR wees nie. In 1858, bitterlik teen president Pretorius se sin, is dié klousule aangepas om lidmate van die Nederduitsh Hervormde Kerk en van die Gereformeerde Kerk ook toe te laat tot burgerskap. As dit nie hiervoor was nie, sou Paul Kruger nooit burger, wat nog te sê van president, kon word. Tot die laaste dag van die bestaan van die ZAR is geen lidmaat van die Anglikaanse, Rooms Katolieke, charismatiese of enige ander godsdienstige oortuiging toegelaat om stemgeregtigde burgers van die ZAR te wees nie.

*

Die enigste sensus in die geskiedneis van die ZAR is opgeneem in 1870 en daarvolgens was daar sowat 120 340 burgers in die land.

Die ZAR het, tesame met sy buurstaat, Die Republiek van die Oranje Vrystaat, op 11 Oktober 1899 oorlog verklaar teen die Britse Ryk en is na afloop van die Oorlog, op 31 Mei 1902 met die ondertekening van die Vredesverdrag van Vereeniging, opnuut onderwerp tot Britse Militêre beheer.

Op 20 Februarie 1907 ontrrek Brittanje aan die ZAR en laat toe dat verkiesings gehou word om ‘n nuwe regering vir ‘n onafhanklike ZAR saam te stel. Die “Het Volk” party van generaals Louis Botha en Jan Smuts wen 37 van die 49 setels. Die opposisie word gevorm deur die Progressiewe Party van George Farrar en sir Abe Bailey met 21 setels, die Nasionaliste van Richard Solomon met 6 setels en die Arbeidersparty van colonel Creswell met 3 setels. Die regering bestaan uit Louis Botha as Eerste Minister en Minister van Landbou, Jan Smuts as Staatssekretaris, met J de Villiers, Henry Charles Hull, Johan Rissik, Harry Solomon en Edward Rooth as kabinetslede.

Met die aanvaarding van die onderhandelde Suid-Afrikawet op 19 Augustus 1909 (op inisiatief van die Transvaalse regering en veral Jan Smuts) word die ou Zuid-Afrikaansche Republiek effektief ontbind en op 31 Mei 1910 word dit opgeneem in die Unie van Suid-Afrika as die Provinsie Transvaal.

Die ZAR, met die merkwaardige ooreenkomste wat ons vandag ook kan uitwys, het met feitlik niks in 1852 sy reg tot selfbeskikking opgeëis, verkry en ‘n internasionaal erkende en vooruitstrewende staat geword.

4 gedagtes oor “17 Januarie 1852 ZAR”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s