*
Internasionale misdade is wat in SA aan die gang is. Misdade teenoor ‘n blanke minderheidsvolk. Dit is nie ‘n ideologie van die ANC of DA nie, maar dit is Nasionale wetgewing van die hele parlement van Suid-Afrika wat nou op leerders afgedwing word. Al die politieke partye in parlement, hetsy DA, EFF, VF+ of ander beheerde stadsrade is ondergeskik aan alle nasionale wetgewing en grondwet, wat swart bemagtiging daarby insluit. Al het lede van parlement hul teenstem daarteen uitgebring toe dit aanvaar is, moet nasionale wetgewing steeds op alle vlakke, ook in skole uitgevoer word. Daar is selfs liberale blankes wat hul steun aan swart bemagtiging gegee het in 2003. Skole, opvoeding en sport word hierby ingesluit. ‘n Politieke speelbal vir die DA en ander politici.
*
SKENDING VAN MENSEREGTE EN REG TOT LEWE – INTERNASIONALE MISDADE
Die Menseregte van Blankes, blanke kinders en die opvoeding van kinders word aangetas en vernietig. Asook die reg tot lewe. Ander kleurige kinders word gebruik met opstokery en as slaansak om blanke kinders by te kom en in die proses getraumatiseer. Ander kinders se menseregte word ook aangetas omdat politici en amptenare hulle gebruik as stokke en klippe om blankes te vernietig.
Waar ? In Vishoek
Luister na die klankgreep-beeld
Een van die kinders by Fish Hoek High School het hierdie tirade van een van die diversiteits konsultante met sy selfoon opgeneem. Graad 11 leerders het probeer om die saal te verlaat, maar is deur die skool voorgekeer en gedwing om terug te keer na hul sitplekke en te luister. Stel jou voor dat jy, of jou kinders, deur jou skool gedwing word om (vir meer as twee ure) na iemand te luister wat opmerkings maak soos, “omgekeerde rassisme en grootskaalse plaas moorde in die land bestaan nie” en “swart mense kan nie rassisties wees nie”. Stuur hierdie plasing asseblief so wyd as moontlik aan, sodat ons kan kontak maak met ouers van Vishoek. Ons kan nie net afgaan,
https://www.facebook.com/watch/?extid=CL-UNK-UNK-UNK-AN_GK0T-GK1C&v=856652765490611
Vishoek is nie ‘n groot dorpie nie, maar daar is ‘n hoërskool waar meer as 800 leerlinge deur die DA politieke party blootgestel word en voorkom op afpersing, viktimisasie en manipulasie rakende swart bemagtiging en geloof, veral gemik teenoor die blankes in die land. Hoe laag moet politici en departemente van onderwys daal om leerlinge teen mekaar af te speel en te misbruikl Veral in die eksamentye, hul dwing om diversiteitskursus by te woon wat gaan oor geloof en swart bemagtiging teenoor blankes.
Die feit dat onderwysers nie welkom is by so ‘n kursus nie, spreek boekdele van die politieke en haat aanblaas van topposisies af.
Daar word geen poging aangewend om die wetgewing te verwyder van wetboeke nie. Daar is tans ver oor die 100 wetgewings wat geraak word en dit sluit ook provinsiale en munisipale kantore se regulasies en verordeninge hierby in.
Die liberaal verligte blankes wat help skryf het hieraan, asook aan die Kodesa 1996 Grondwet en nasionale wetgewings, moet die skuld voor hul eie multi-kulturele deure plaas. Daar is heelwat blankes wat swart bemagtiging steeds steun, daarom is daar heelwat multi-kultuur organisasies en verenigings wat besighede opereer op alle vlakke, wat boerderye en landbousektor daarby insluit.
*
OPLOSSING IS DIE HERSTEL VAN BOERE REPUBLIEKE
EN OM VOLLE SOEWEREINITEIT EN ONAFHANKLIKHEID TE VERKRY MET EIE REGERING, LAND, FINANSIES, KULTUUR EN OPVOEDING
Indien ons as volk uit die ANC, SAKP, DA, EFF en VF+ se multi-kulturele kloue wil kom, is ons enigste opsie juis om weg te breek met die verkryging ons eie onafhanklike land. Ons voorouers het dit ook gedoen in 1838 met die Trek uit die Kaapkolonie onder Britse heerskappy.
Dit is lankal tyd dat ons as volk ingryp en ons kinders se welstand en opvoeding eerste plaas. Dit moenie toegelaat word deur enige multi-kultuur politieke partye en nasionale wetgewings op leerders afgedwing en gemanipuleer word nie. ‘n Politieke stinkbom wat nog liederlik in ons gesigte gaan ontplof as ons dit toelaat. Hierdie kinders het reeds ‘n knou weg wat sal sneeubal tot iets groter.
Hierdie spul speel politieke musikale stoeltjies soos en wanneer dit hul behaag. Hulle gee nie om oor wie hulle onderstebo loop en menseregte aantas nie, al word kinders hiervoor aangewend. Duidelik speel die politici ‘n tipe van magspel hier om hul kommunistiese wetgewings af te dwing.
*
haal aan:
VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Basies onderwys
3 November 2022
In wat herinner aan die gebeure op Schweizer-Reneke in 2019, is leerlinge van die hoërskool op Vishoek Maandag só erg getraumatiseer deur ʼn sogenaamde “diversiteitskursus” oor rassisme en geloof by die skool dat talle van hulle sielkundige berading ontvang.
Die gedwonge “kursus” is deur die DA-provinsiale regering se onderwysdepartement gereël en aangebied.
Die DA-regering pas dieselfde gefaalde rasgedrewe ideologie as die ANC toe wat tot rassepolarisasie lei en ‘n beter toekoms van gelyke geleenthede vir almal bedreig.
Altesame 800 leerlinge is verplig om dit by te woon en moes vir twee en ʼn half ure onder meer luister dat slegs wittes rassiste kan wees terwyl daar ook ʼn skerp aanval op Christenskap gedoen is.
Die VF Plus gaan ʼn klag by die menseregtekommissie (MRK) teen die Wes-Kaapse departement van onderwys indien oor die aangeleentheid.
Volgens ouers en inligting in die VF Plus se besit, het drie amptenare vergesel van ses sielkundiges van die departement dié “kursus” van twee en ʼn half uur lank aangebied. Onderwysers moes buite wag.
Leerlinge is belet om opnames te maak en is gedreig dat hul fone afgeneem en enige opname of foto skoongevee sou word indien hulle wel ʼn opname maak. Enkele leerlinge het dit wel gedoen.
Op die opnames kan duidelik gehoor word hoe die uitlatings groot ontevredenheid onder die leerlinge veroorsaak.
ʼn Seun, wat duidelik ontsteld was, het gevra waarom swartes dan betrokke is by soveel plaasmoorde. Hy is op beledigende wyse die swye opgelê en is nie toegelaat om verder te praat nie.
ʼn Dogter kon wel die saal verlaat met die verskoning dat sy dringend die badkamer moes besoek. Sy is na ʼn onderwyser en het aan hom vertel dat die kinders erg getraumatiseer word in die saal.
Hy is saam met haar terug en het probeer om die kursus stop te sit, maar is beveel om die saal te verlaat.
Volgens ouers was die kinders erg verward en ontsteld oor die uitlatings, veral omdat leerlinge van alle rasse van die skool baie goed met mekaar oor die weg kom.
Die departement het glo besluit om die kursus aan te bied nadat ʼn Afrikaanse onderwyseres vroeër vanjaar in ʼn opvoedkundige gesprek met leerlinge verwys het na die “k”-woord waarmee swart mense lank beledig is.
Die Wes-Kaapse departement het haar aangekla, maar sy is onskuldig bevind aan enige oortreding. Tog was die druk op haar blykbaar só groot dat sy moes bedank. Dit is glo gebruik as rede vir die “kursus”.
Volgens ouers het die optrede van die departement nou kwaad gesaai waar daar liefde en wedersydse respek tussen leerlinge was.
Ouers is hierdie week verder ontstel toe die sielkundiges wat in die saal was tydens die sessie, nou terug is by die skool om die leerlinge “traumaberading” te gee.
ʼn Ma van een van die leerlinge sê dit is ʼn belediging dat dieselfde mense wat betrokke was toe die trauma veroorsaak is, nou berading moet gee en dat dit die skade wat aangerig is, net vererger.
Die VF Plus het verskeie vrae oor die aangeleentheid gerig aan die skoolhoof, mnr. Steven Joubert.
Hy was blykbaar nie geneë om die kursus te laat aanbied nie en het gesê dit sou die kinders veral in eksamentyd ontwrig. Hy is glo geen keuse gelaat nie.
Mnr. Joubert het die VF Plus verwys na me. Bronagh Hammond, die Wes-Kaapse onderwysdepartement se direkteur van kommunikasie.
Verskeie pogings om haar telefonies op haar kantoornommer te bereik, was onsuksesvol.
Dit is vir die VF Plus jammer dat kinders deur die aangeleentheid geraak is. Soos wat in Schweizer-Reneke gebeur het, was dit onnodig, ondeurdag en het onskuldige mense die ergste benadeel.
Dit wil voorkom of die DA nie ʼn les geleer het uit wat op Schweizer-Reneke gebeur het nie.
Buiten die klag dring die VF Plus daarop aan dat die DA in die Wes-Kaap onmiddellik opdrag gee dat die onderwysdepartement die betrokke amptenare verbied om hulle enigsins verder met enige skool in die provinsie te bemoei.
*
WAT VAN SWART BEMAGTIGING EN DISKRIMINASIE?
Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word
Human Rights Whites/Menseregte – blankes
International rights – Internasionale reg : Human Rights – Menseregte
Schweizer Reneke Menseregteskending
Statelessness – Violation of Human Rights and international crimes
Human rights violations – Menseregteskending