SA grondwet SA constitution

The Constitution has been changed a lot of times since 1994 and who still believe in the so-called FW de Klerk – Slovo – Soros – SACP – ANC – DA – EFF document that it is a “democracy”?   Conservatives are not part of this document at all.   There are also various B-BBEE legislations against only the White minority people in this country and that included the land reform as well.

Image result for south africa constitution

1agrondwet

1grondwet

Dank aan Front Nasionaal

DIE AMENDAMENT WAT MISGEKYK WORD
Front Nasionaal SA

Die wysiging van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te laat gebeur is nie die eerste grondwetlike wysiging sedert 1994 nie. Dit sal die 14e een wees! Daar word gedurig gekarring en gekrap aan die grondwet, wat enersyds bewys dat die grondwet gladnie so ‘n wonderlike dokument is soos wat dit oor die jare voorgehou is nie. Andersyds bewys dit ook dat die regerende party stelselmatig al hoe verder afwyk van die beleid wat in 1994 versoenbaar met die grondwet was. En hulle verander nie hulle beleid om dit were in lyn te bring nie, hulle verander die grondwet.

Dit laat ‘n mens half dink aan die storie van die oom wat voor die hof gestaan het omdat hy betrap is waar hy besig is om ‘n spoorwegbruggie aan die onderkant met ‘n beitel weg te kap. Hy verduidelik dat sy donkiekar met die daaglikse melkaflewering vir die dorp nie daar kan deur nie omdat die donkies se ore te lank is – dit steek onder die brug vas.

Ewe verbaas vra die landdros toe waarom die oom dan nie ‘n skraper gevat en die grond onder die brug bietjie weggeskraap het nie? Daarop antwoord die ou ewe verontwaardig: “Maar edelagbare, dis mos hulle se ore wat te lank is, nie hulle se pote nie.”

Wat min mense egter raaksien is dat die beoogde wysiging die heel eerste een ooit aan die Handves van Menseregte sal wees. Want inderdaad is onteiening van eiendom sonder vergoeding ‘n vergryp teen die Internasionale Handves van Menseregte, wat op sy beurt vervat word in die Suid-Afrika handves van menseregte.

Die ANC besluit dus nou eensydig dat Menseregte ook moet verander om by hulle beleid te pas. Slinks. As jou grond gevat word kan jy nie hof toe nie, want dis wet en jy kan nie Menseregtekommissie toe nie want dis nie meer ‘n oortreding van die Handves van Menseregte nie.

En dan is daar nog steeds mense wat nie glo dat ‘n Kommunistiese diktatuur ons voorland is nie!

8 gedagtes oor “SA grondwet SA constitution”

  1. Dit kom voor dat die ” GRONDWET” n stukkie papier is wat Misdadigers Amptelik Magtiging gee om Misdaad te pleeg.
    It appears the South African Constitution is only a piece of Paper to OFFICIALLY give permission for Criminals to Commit crimes and that is the ANC Party Included as they are in Control of the South African Government and very few of them are actually Sufficiently EDUCATED.!!

    Liked by 1 person

  2. Is die waarheid – die regering is kommunisties en maak nie voorsiening vir die normale burgers nie – dit is ook ‘n mensereg wat hulle skend. Duidelik soos : Elkeen het die reg tot lewe, word deur die ANC, die onderskeie ministers verbreek en tot die sogenaamde president, wat ons blankes as paddas beskou, wat ons beledig – is rassisties teenoor blankes, want die paddapotkoker het swart bemagtiging gedryf.

    Like

  3. Basies gaan dit al jou regte wegneem. Die reg om grond te besit is ook ‘n internasionale reg, wat hulle verbreek – anc het die ooreenkoms onderteken met VN wat deur bykans 200 lidlande onderteken is.

    Like

  4. Dis niks anders as die 1955 anc manifes wat alle bates, grond, aandele nasionaliseer nie. My bevindinge en ek grond dit op Hansards van Parlement, is dat hulle besig is om alles te nasionaliseer al van 1994 af. Oor die 5000 plase is met belastinggeld aangekoop. Die ou tuislande is verander na Trustgebiede (wettiglik), asook grondeise is vervat in die CPA wetgewing (sal later die twee wetgewings plaas en dit uitwys) hoe dit ons raak. Albei stelle wetgewings, wat op verskeie volke van toepassing gemaak is, is slegs vir daardie bevolkingsgroepe. Khoisan het hul eie gebiede en wetgewing, so het die Zoeloe ook hulle sin. Dit bly onder huidige omstandighede, segregasie, niks het verander na 1994 nie. Ons respekteer dit, maar respekteer hulle ons gebiede, sodra ons praat daarvan, word dit as rassisme voorgehou.

    Ons moet ons selfbeskikking verkry op grond van ons etnisiteit – Afrikaner en Boer en ander blankes wat dieselfde voel, gaan saam Dankie Fanie.

    Ek sal nog meer uitlig oor die onderskeie wetgewings

    Like

  5. Huurhuise en enige eiendom, word by hierdie artikel 25 ingesluit. Enige aandele en besigheid word ingesluit by hierdie artikel wat hulle wil verander na “geen kompensasie”

    Wat gaan ons verloor?

    Alles

    Die kans is ook groot as iemand ‘n woning/besigheid, gedeel moet word soos wat EFF en ANC voorhou. Hulle kan dit op jou afvorseer, soos as daar 10 kamers is in ‘n gebou, dit nie bewoon word nie, en jy en 2 bewoon die gebou, kan 7 ander gesinne skielik geakkommodeer word. Jy sal niks daavoor ontvang nie en geen sê daarin hê nie.

    Die Bolsjevistiese regerings (ou oosbloklande) het so gewerk. Het dit ook so raakgelees op SAKP se webtuistes en selfs ANC sin wat nou “weg” is (onbetaal)

    EEN regering besit alles
    EEN werkgewer
    Of jy werk vir hulle of gaan onder

    Like

  6. Pottie you are 100% correct.
    Korrek.
    Het dit op die blog geplaas Wie finansier dit. Kommuniste.
    Grondwet en parlement.

    Kommunis George Soros

    Like

Lewer kommentaar