*
Enige land het tradisionele volke – Suid-Afrika ook – blanke, bruin en swart volke. Daar is eerstens verskillende tradisionele volke in Suid-Afrika, veral swart en bruin, wat spesifiek vir ‘n politieke party stem, maar ander verkies om nie deel te wees van die groot skip nie, maar eerder hul eie leiers kies, net soos voor 1994, op hul eie. Indien daar nie goeie of intensiewe navorsing gedoen word nie, gebeur swak en verkeerde aannames uit verskillende oorde. Elke politieke party het hul eie denkwyse, neseiers en bedieners, ‘n eie agenda, heelwat saam die finansiers en nwo agente. Hulle beheer, manipuleer en kontroleer. Indiwidue is of saam of sonder die spul op hul eie.

*
Nie alle burgers stem vir die huidige politieke partye op die skip nie, omdat hulle nie deel is of deel wil wees van daardie skip nie. Daar is eenvoudig teveel rassisme, diskriminasie, korrupsie en misdaad wat nie aangespreek word al vir 30 jaar nie. Burgers is eenkant en verkies dit so – en diegene wat so verkies moenie dink dat dit fratsbesluite is of was nie, want daar is in ander lande wat presies dieselfde gebeur. Al die ander partye saam kon tot datum, niks bereik teen die ANC of selfs EFF ne.
Daarteenoor is daar diegene wat eerder in die goeie boekies wil wees van die ‘bevoordeeldes’ (elites) om hulle parlementêre skippie aan die gang te hou terwyl ander betaal word om rewolusie te stook. Die Boere volkslede is ook nie op dieselfde bladsy as Afrikaners wat soos hulle lyk en Afrikaans praat nie, omdat hulle organisasies danig was met die 1994 oorname sowel as vergaderings na 1994 tot op hede. Daar is eenvoudig niks verkeerd om nie met sulke tipe volkere geassosieer te word nie. Swart en bruin doen dit ook maar en ander lande gebeur dieselfde.
Hoekom moet Boere volkslede ‘n moordkuil van hul harte maak as daar niks in die grondwet of wetgewings is wat die Boere volkslede se belange op die hart dra of beskerm nie. Niemand hou vuurwapens teen ander burgers se koppe om vir die ANC, DA, VF of EFF of ander politici, vir korrupsie, misdaad en onregte te stem nie, dus waarom moet die Boere volk hul tradisies, identiteit, kultuur en geskiedenis oorboord gooi net om in tel te wees. Daar is geen politieke party wat die Boere volk se belang, identiteit, geskiedenis of gebiede beskerm nie.
*
Wat het die Boere volk in 30 jaar gesaai en wat is hul veronderstel om na 30 jaar te oes? word gevra.
Verseker is daar ‘n paar dinge en kan daar nie net grashalms gegryp word nie. Die Boere het NIE na die VF geluister nie. Ken die geskiedenis rondom die Akkoord.
Daar was vir die Volksfront waarna geluister is. Die VF is inderhaas net voor 1994 verkiesting gestig en sodoende is die Akkoord gekaap as ‘Afrikaner’ eiendom of belange wat die VF al vir 30 jaar onder komberse wegsteek. Afrikaners , veral liberaal verligte Afrikaner (blankes), het voor 1994 reeds begin om die land te oorhandig en het nooit vir die Akkoord, selfbeskikking of volkstaat gestem nie.
In die begin jare toe wyle Constand Viljoen nog daar was, was die ondersoek tot ongeveer 1999 aan die gang en later eensydig en gerieflik deur die ANC verwyder.
Die VF plus parlementslede het na Viljoen se bedanking geen steen geneem om die Akkoord se aanbevelings internasionaal te neem vir die Boere volk se vryheid nie. Om te praat en praat met die stoele in parlement vir 30 jaar is niksseggend. Praat teen wind. Die ANC besluit nie oor ‘n volk se vryheid nie, dit word internasionaal gedoen.
Die gebiede wat ondersoek was, is terloop almal Boere republieke wat reeds onafhanklikheid geniet het. Dus, is dit ook geen Afrikaner of Zoeloe gebiede nie.
Die Boere se identiteit, kultuur, gebiede, geskiedenis en alles word gesteel en tot niet gemaak as ‘vals vlag afrikaners’. Elke volk het ‘n internasionale reg tot vryheid.
Internasionale selfbeskikking vereistes (1933)
Internasionale reg tot Selfbeskikking
Internasionale reg tot onafhanklikheid
Dus, hoe kan die Boere verantwoordelik gehou word as dit juis Afrikaners is wat alles , selfs die Akkoord ‘gekaap’ en nie verder geneem het nie, omdat hul verkies het om eerder op die groen stoele te bly sit, vir hul eie belange en nie vir selfbeskikking of volkstaat nie. Dit is presies dit wat hulle in die Kaapkolonie ook gedoen het en later teen die Boere republieke geveg het. Die heerlike byvoordele en pensioene. Dit geld ook op munisipale en ander vlakke van regering.
Dit is nie die Boere wat die liberale VF plus daargestel het of voor gestem het nie, want die mandaat was aan die Volksfront gegee, nie aan VF plus nie. Stel vas wanneer hierdie politieke party gebore is en waarom.
Daar word geen oplossings vir die land gebring nie, selfs die besoeke aan Trump loop op zero zero uit.
Dit is ook nie die Boere volk wat gereelde samesprekings na 1994 voer met die regering ANC of Thabo Mbeki op Orania nie of hoe? Lees die feite rondom al die vergaderings, selfs in die tydperk waar Suid-Afrika inperking gehad het. Doen navorsing oor al die samesprekings en beeldmateriaal oor wat in dertig jaar hardop uitgespreek is, maar dis al wat dit gebly het. Afrikaners voor en Afrikaners agter en sluit nie Boere volkslede in nie.
Dalk is van die Boere lede van afrikaner organisasies – kom vry daarvan, want hulle doen niks vir die Boere volk nie. Of word daar saamgestem om te onderhandel met kommuniste en rewolusies?
Vergaderings …
Veelrassige organisasies – ABN
Wie is of was regtig verantwoordelik vir swart bemagtiging, regstelaksies en onteiening sonder vergoeding?
Daar was honderde blank verligte liberale Afrikaners wat reeds voor 1994 betrokke was by die opstel van 1996 grondwet. Hulle sit steeds in beheer van VF plus vandag en steeds op die groen stoele. Is hierdie persone deur die Boere volk aangewys en/of verkies om deel te neem aan die 1996 grondwet – nee, beslis nie.
Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord)
Lede van die Boere volk het of weggebly of vir die Akkoord gestem (Volksfront), die politieke naam is inderhaas in 1994 verander na VF plus – weer eens lees op oor stigting van die VF party van 1994. So is baie van ons volkslede mislei met hierdie sogenaamde ‘verandering’.
Regstellende aksie – Affirmative Action – Dakar 1989
Kodesa – liberale en kommunistiese grondwet skrywers
Submission by Solidarity 14 May 2003 in Parliament
Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index
*
POLITICI
Wat jy saai sal jy maai – en dit sal die VF plus verseker nog doen en hul ware kleure dobber reeds bo nadat hulle afgesien het van volkstaat en selfbeskikking, soos in hul aanvanklike manifes ingeskryf en later verander na ‘n multi-kulturele politieke party. Dit het ook niks met die Boere volk te doen nie, maar liberale denkwyses wat in parlement hul eie kleure gekry het.
Buitendien, hoekom is die ‘varkhok’ dan nooit ontruim of skoongemaak in 2024 nie – of is dit teveel gevra? Waarom is dit nie al die laaste 30 jaar aangespreek nie? WANT die Boere volk verskil totaal van die Afrikaner NASIE. Groot verskil tussen ‘n volk en nasie. Nasie is ‘n spul gemengde klomp volke saam wat een NASIE vorm. Daar is geen politieke party in Suid-Afrika wat nie multi-kultureel is, dit wil sê hulle staan ‘n gemengde nasie voor.
Is dit ook die Boere volk se skuld dat die varkhok van VF plus multi-kultureel of vuil is? Die Boere volkslede is nie multi-kultureel nie en sal dit nooit steun nie. Daarom het hulle, en ook die wat in 1994 nie gaan stem het nie, spesifiek aan die Akkoord steun verleen. Daar is heelwat wat na 1994 nie weer gaan stem het, juis omdat hulle nie multi-kultureel is nie.
Daar moenie gedink word hulle steun die VF plus wat in parlement sit nie. Diegene wat VF plus wel steun, is self multi-kultureel – daar is ‘n paar organisasies wat multi-kultureel is – en verkies om so te wees en steun ook nie die Boere volk as sulks nie. Hulle verlang nie na vryheid, selfbeskikking of volkstaat nie.
Grondwet en insweer
Die VF plus leiers, word nes die ander lede van parlement onder die 1996 grondwet ingesweer. Vergelyk die Grondwet 1996 met die manifes van 1955 van ANC-PAC-SAKP.
Spandeer tyd en vergewis wat in die grondwet en 1955 anc manifes staan. Vergelyk dan al die wetgewings wat na 1994 die lig gesien het om teen die Boere volkslede te diskrimineer met swart bemagtiging en regstellende aksies. Moenie as iemand liggelowig die grondwet en 1955 manifes steun, verwag ander moet dit ook steun nie. Inteendeel, baie stem vir die spul, maar met ‘n beswaarde hart, juis omdat hulle nie op dieselfde blad is nie. Dis ‘n onreg wat ‘n volk aangedoen word. ANC of politiek gaan nie ons vryheid vir ons verkry as Boere volk nie.
1955 ANC Freedom Charter
ANC – Freedom charter
Al is almal op die skip in SA, beteken dit nie hulle het menseregte wat geskend word. Die Boere volkslede wou nie deel wees van hierdie groot ‘titanic skip’ nie. Dis op hulle afvorseer, nes wat die 1902 Vredesverdrag deur sionis jan smuts opgestel is en aan die Boere volk voorouers voorgehou is as die enigste pad vorentoe.
Onafhanklikheid en volksvryheid
Die Zoeloes het voor 1994 hul ultimatums gestel en dis aan hulle, toegeken. Al die ander bruin en swart stamme moes die grondeise pad loop. Duisende CPA en Trustgebiede is totaal apart van mekaar, nes wat dit was voor 1994, met eie tradisionele leiers en ander voordele wat uit die belastingbetalers se sakke afkomstig is.
*
Terloops, nie een politieke party kan of sal voorskryf aan die huidige bestuurders wat hierdie parlementêre skip stuur wat feitlik oorhel na die afgrond van vernietiging. Hulle word almal deur groter organisasies beheer en finansier. Die hele parlement word beheer deur finansierders sedert Kodesa en daarna.
Die ANC is sterk in die meerderheid en hulle moet hul finansierders en beheerders gelukkig hou wat hulle beheer om die SA skip te laat sink. Geen politieke party of selfs koalisies sal die rigting verander nie. Koalisies is al sedert 1994 ingestel in die politieke vlakke en is bewys dat in 30 jaar niks geslaagds is of was nie. Die Zoeloe volk as voorbeeld is die grootste volksgroep in Suid-Afrika, maar selfs hulle is onderling verdeeld in 3-5 verskillende politieke partye wat hul steun. Hulle staan wel as ‘n eenheid saam, in hul tradisionele gebied, Ingonyama Trust, wat reeds in 1994 aan hulle oorhandig is. Dit saam ander trustgebiede word apart, nes voor 1994 beheer deur tradisionele leiers.
*
1994 en agtergrondinligting
Nie alle landbouers of politici wat dink hulle is positief ingestel vir die Boere volk nie, is inderwaarheid regte Boere of deel van die Boere volk nie.
Dis ooglopend en welbekend. Die Afrikaners en Boere is beide blanke volke en verskil van mekaar. Die Zoeloe, Xhosa, Ndebele, Sotho’s is almal swart volke en verskil van mekaar. Meeste van die Nederlanders, Belge, Duitsers, Franse, Italianers en Russe is blanke volke en verskil 100% van mekaar op verskillende terreine.
Liberale blankes bly Afrikaners en het voor 1994 reeds gewys waar hul ware kleure is – om die land te oorhandig aan ‘n kommunistiese regering. Organisasies en politieke partye wat eerstens multi-kultureel is, hang die regering en 1996 grondwet (aka 1955 manifes van anc-pac-sakp), aan. Hulle word ingesweer in parlement onder die 1996 grondwet Die multi-kultureel liberale, het weinig of ooit hul steun verleen aan die Boere volk se voortbestaan of steun vir ‘n eie onafhanklike gebied of volkstaat soos wat daar gevra is voor 1993 reeds.
Persone wat nee gestem het vir enige politieke party in 1994 het JA gestem vir die selfbeskikking ideale, onafhanklikheid en volkstaat se volledige ondersoeke.
Dit is 100% met ‘n mandaat uitgevoer. Ons weet almal waar ons as Boere volksgenote vandag staan nadat daar ‘n ondersoek was.
Die mandaat was tydens die 1994 gegee vir hierdie ondersoek en dis nou nie asof meer as 639000 stemme vir die chaos in die land gestem het nie. Myns insiens is dit ‘n feit dat hulle nog minder deel van een of ander treiler kan wees wat aan ‘n parlementêre bus gekoppel is nie. Dit is mos nou verwagtinge dat ‘n Boere volk al hul aspirasies, hul volkskap, hul kultuur, tradisies, geskiedenis en identiteit oorboord moet gooi.
Inteendeel, baie het vir die VF plus gestem onder ‘n vals vlag. Nou word daar na 30 jaar gepoog deur sekeres om die ‘varkhok’ skoon te maak net om ontslae te raak van die topstrukture van die multi-kultuur party. Dis uiters laag en gemeen om dit van Boere volkslede te verwag, want hulle het nie vir die huidige sisteme, grondwet of rewolusies gestem nie.
Daar is eenvoudig nie saamgestem met die oorgang aan swart meerderheid en rewolusies nie, wat ook nie beteken persone wat weggebly het, is deel van daardie bus nie. Persone mag dalk deel wees van die land en selfs vir 30 jaar nooit gaan stem het nie, beteken nie daar word vir hierdie grondwet gestem, wat inderwaarheid niks anders is as die 1955 manifes van die anc-pac-sakp nie. Daardie persone, volksgenote, Boere wat nie wou deelneem aan enige verkiesing nie, wil hulle nie skuldig maak aan al hierdie gemors, chaos en radikale rewolusies nie. Dit help ook nie Boere volksgenote word vals beskuldig van iets waaraan hulle nie is nie. Daar word te lank aan die vals vlag van politieke knoeiery vasgehou.
Boere volksgenote wat stemreg het, behoort van beter te weet dat die VF plus niks doen vir die bestaansreg van die Boere volk nie. In 30 jaar is niks gedoen nie, nog minder is daar enige vordering met plaasaanvalle of moorde en selfs die plakkerskampe waar honderde duisende van ons volksgenote in armoede leef. Die groot uittog van ons Boere volkslede na ander lande, om werk te gaan soek weens swart bemagtiging, maak dit ook glad nie makliker nie. Dit is ook nie net Boere volkslede wat emigreer nie, daar is heelwat Afrikaners wat eerder in ander lande ‘n groter inkomste verkry vir ‘n beter lewe.
Sou daar wel ‘n sogenaamde politieke party gewees het wat die belange van die Boere volk in ag geneem het of selfs beskerm het, sou hulle hul nie kon laat insweer onder hierdie kommunistiese 1996 grondwet nie. Dan is dit mos ‘n vals vlag party. Dus, moenie dat selfs politieke partye wat nie deel van hierdie busrit wou wees of selfs bo-op die bus sit, probeer vals beskuldig nie. Die skip is reeds besig om te sink.
Neem alles in ag. Die hele agtergrond, die aanhef tot met die 1994 verkiesing, die ondersoek van die Akkoord 1994, sowel ander buite parlementêre politieke partye na 1994, is ‘n verdere bewys dat Boere wel probeer het om hul eie saak te bevorder, juis omdat hulle nie hul wou laat assosieer met die VF plus nie.
Rakende die Akkoord, is dit een van die groot redes hoekom wyle Constand Viljoen uit is uit politiek – gaan luiter en lees sy toesprake en word wys daaroor. Gaan gesels met die Volkstaatraadslede, wat ook nie saamgestem het met mekaar oor die aanbevelings van die Akkoord nie.
Sekere groepies wou net hul eie belange van ‘n plasie van Orania bevorder en hulle is almal verbind tot VF plus, Solidariteit en Afriforum. Opvolgers van Constand Viljoen in dieselfde politieke party het na hom, nog nooit die belange van die Boere volk op die hart gedra nie of nog minder die bestaansreg van die Boere volk soos wat dit in 1902 die geval is. Afrikaners en Boere is twee verskillende volke en beslis nie een gelukkig nasie nie. Dit was reeds so voor 1900 ook.
Dis nie ‘n parlementêre bus nie, maar ‘n sirkus vir die land en al sy mense, sowel mense van oorsee. Moet nie vergeet die finansiers wat die parlement en grondwet finansier keur hierdie dade goed.
In die huidige parlementêre en sirkus ontbreek dit nie aan interne ‘fotograwe’ of grappies vir al die sirkus geleenthede nie – dis hoe hulle ‘n land bestuur. Die aandag word totaal weggedraai vanaf korrupsie, moorde, verkragtings en misdaad, want sommiges in parlement hou hulle te besig met die interne eff vermaak. Hulle is juis diegene wat die voorbeelde behoort te stel – dis hoe hulle ‘n land regeer.

Na 1994 was en is die parlement van SA onderhewig aan rewolusionêre veranderinge, alles waarteen leiers van veral die Boere volk gewaarsku het. Hoe kan dit gesond wees as ‘n nasionale parlement soveel oproer en fisiese geweld het. Hulle is ‘n voorbeeld hoe die radikale rewolusionêres moet optree in die publiek.
*
*
Bronne, artikels en inligting
Oorsig 14 Desember 2023
Lees meer oor al die wetgewings wat deurgegaan en onderteken is, asook oor Hoofregter Zondo se aanbevelings en kritiek oor korrupsie en staatskaping.
https://www.pa.org.za/blog/2023-review-parliament
Oorsig 2022
https://pmg.org.za/blog/Review%20of%20Parliament%202021
Die Zondo verslag 2022 – Korrupsie en staatskaping
Click to access PMG_Zondo_Report.pdf
Ramaphosa se planne
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] Politieke skip in SA […]
LikeLike
[…] Politieke skip in SA […]
LikeLike
[…] Politieke skip in SA […]
LikeLike
[…] *Politieke skip in SAMoenie die BOERE volk inwurg in ‘n Afrikaner nasie nie. Dis nie die Boere volkslede wat die Afrikanernasielede van die afrikanerdom moet gelukkig hou of selfs steun nie.Multi-kulturele Afrikaner organisasies en politieke party VF+Politieke speelballe* […]
LikeLike
[…] Politieke skip in SA […]
LikeLike
[…] ARTIKELS EN INLIGTINGPolitieke skip in SAKommunisme SA 2021 Communism2021 BillionairesCPAs in SA – 2021Vermoor die Boer lied […]
LikeLike
[…] Politieke skip in SA […]
LikeLike