Elke volk het internasionale reg tot selfbeskikking. Dis egter ook nie goedkoop nie, omdat daar gebruik gemaak moet word van kenners op die gebied op internasionale vlak om ons saak te stel. Eksterne selfbeskikking is onafhanklikheid soos wat die twee Boere republieke was en soos Botswana is. . Ons sal nooit dit plaaslik regkry nie, omrede dit ook so gestipuleer word dit word internasionaal gedoen – daar is verskeie ooreenkomste wat dit bewys – die ANC is 100% bewus dat ons ons vryheid soek – dis dan deur Parlement hanteer sedert 1994. Suid-Sudan het ook in 2011 volwaardig hul onafhanklikheid verkry. Daar is ander lande wat onafhanklik is, maar nooit erkenning geniet nie – Somali is wel.
*
Volke wat VOLLE onafhanklikheid nastreef, moet ‘n wettige erkende mandaat bekom. Sonder mandaat kan niks gebeur nie. Ons het een, en dit was deel van die 1994 Akkoord wat ten volle ondersoek was. Dus, hoekom moet daar weer ‘n mandaat gesoek word as ons reeds een het? Die Akkoord is onder die ou wetgewing, voor 1993 onderteken, nie onder die 1996 grondwet nie. So ook die mandaat wat bereik was met die 1994 verkiesing.
Die ANC is ten volle bewus van ons versoek, ondersoeke gedoen, parlement het die Raad aangestel en betaal. So hoe kan hulle nie bewus wees van ons strewe na selfbeskikking nie. Dit hang nie van die ANC of ander lande af nie, maar van onsself, as volk of ons vryheid soek of nie.
*
Stelsels soos Aandeleblokskemas, Trustwette, CPA is slegs lewensreg en bied geen privaat eiendomsreg. Belangrik om die wetgewings te bestudeer. Eksterne selfbeskikking verskil van interne selfbeskikking. Dis meestal ook afgewaterde stelsels van selfbestuur en interne selfbeskikking wat geen waarborge bied nie en steeds onder ANC kommunisme agteruitgaan.
Daar is geen waarborge waar nuwe skole of universiteite opgerig word, wat nie ook met hervorming afgeneem gaan word nie. As dit ‘n wettige onafhanklike gebied is, is dit daardie land se bates nie die ANC sin nie.
Selfbestuur kan nie maklik gebeur op munisipale vlakke nie, dit het ook selfs nie eers in Wes-Kaap gebeur nie.
Elke munisipaliteit kan onder administrasie geplaas word en indien ons dienste verbeter met ons eie geld, kan dit weer eens afgeneem word onder die ANC se kommunistiese beleid. Daar is geen waarborge nie.
Elke volk word internasionaal beskerm – die ANC het al hierdie verdrae onderteken en ons weet hulle steur hul nie aan internasionale gedragskodes wat hul onderteken nie.
Minderhede soos ons wat onderdruk word met swart bemagtiging en onteiening, het dus regte wat hul kan uitoefen. Ons hoef nie deel te wees van ‘n kommunistiese regering en wetgewing wat ons menseregte aantas nie. Dus hoef ons nie op ‘n hopie te gaan sit en krepeer nie.
Ons hoef nie deel te wees van khoi san of swartes se trust of cpa gebiede nie. Dis hulle keuses. Dit maak saak hoe ons daaroor voel en wat ons doelwitte is.
*
Wat beteken Selfbeskikking oftewel volle onafhanklikheid in Suid-Afrika.
Die internasionale reg bepaal minderhede wat onderdruk word, wie se menseregte geskend word, het volle reg om hulself onafhanklik te regeer.
In Suid-Afrika is daar meer as een minderheidsvolk, maar ons Afrikaner, Boere en Blankes se regte word daagliks geskend. Dis hoekom minderheidsvolke wat onderdruk word, hul eie gebiede internasionaal onafhanklik verkry.
Weer eens, selfbestuur bied GEEN waarborge nie. Federasies bied geen waarborge nie, aangesien ‘n Federale regering steeds die mag het, wat die meerderheid is. Trustgebiede soos tans is, bied GEEN waarborge nie, hulle is onderhewig aan die Grondwet van die kommuniste.
Elke volk gee hul eie mandaat vir hulself en kan ook nie namens ander volke daardie regte uitoefen nie. Ons as Boere en Afrikaners het geen bevoegdheid om namens Khoi khoi of Zoeloes of ander volke te besluit oor so ‘n belangrike aspek nie. Hulle het ook geen reg om oor ons volk besluite te maak nie.
Dit beteken nie omdat ons nie tradisionele leiers soos die Zoeloe of Khoisan het, dat ons nie ‘n volk is nie.
Daar was al internasionale erkenning gegee aan die BOERE van die ZAR en Vrystaat republieke. Dit is Boere republieke genoem na die Trek binneland toe. Die oorloe is ook na die BOERE vernoem – Anglo Boere oorloe. Anglo beteken die Engelse het hier kom oorlog maak en ons grond gesteel en geannekseer, nes hulle met die Zoeloe en Khoisan volke gemaak het.
*
Wat is die stand van sake in die huidige in Suid-Afrika?
Elke tradisionele etniese volk het reeds hul eie Trustgebiede of CPA’s (grondeise), wat hulle sin is, en dis al so vanaf 1910, en selfs vanaf 1854 toe dit Reservate genoem is.
Dit was Tuislande in 1961 tot 1994 genoem.
Nie een van daardie etniese volke het al ooit ‘n uitnodiging gerig dat ons oor dieselfde regte moet beskik nie – meestal spreek wel kritiek uit daaroor watter regte ons mag verkry of reghet tot enige regte.
Het ons as Boere en Afrikaners al ooit enige aksies geneem dat hierdie Trustgebiede of CPA’s nie ons toelaat nie? Daar was al etlike individuele hofsake wat gefaal het oor persone wat onwetend eiendom gebou het op Trustgronde. Weens hul geloof is hul verbied om sake daar te bedryf.
Verder oor tradisionele leiers en hul gebiede sal daar niks gesê word nie, omdat hul politieke leiers wat hulle gekies het in parlement, verkondig alles (ook ons grond, bates en eiendom) behoort aan hulle. Dus, hoekom sal hulle iets sê as hul ruim vergoed word in die tradisionele Trustgebiede?
*
Trustgebiede en CPA’s word deur tradisionele leiers beheer met behulp van ANC nasionale wetgewing na 1994.
Veronderstel die ANC regering wysig al hierdie tradisionele wetgewing, wat gebeur as dit herroep word, verval al hierdie tradisionele leiers se magte ook. ANC het hervorming en swart bemagtiging ingestel nes hulle lus het.
Dus, watter waarborge het selfs die tradisionele leiers vandag as tradisionele leiers se magte en trustgebiede weggeneem word? Ons het nou gesien wat gebeur met die parlementêre ondersoeke oor trustgebiede.
‘n Ander saak is minerale in gebiede – hetsy op ons privaat eiendom wat ons gekoop het sowel die Trustgebiede – wie se woord is wet in die Trustgebiede of CPA – wie beheer die minerale regte in Trustgebiede?
Trustgebiede en CPA’s is NIE ONAFHANKLIKE GEBIEDE nie, dis nie eers “selfregering” soos met Tuislande nie – daardie leiers is slegs ‘n Trustee.
Waar is al hierdie Trustgebiede se Titelaktes? By die ANC regering. Dis in Hansard vervat. Nie eers grondeise is gewaarborg nie, die eisers het lewensreg (kommunale reg) en verder is die grond die ANC se grond.
Dus is en bly dit geen opsie vir ons nie. Wat help dit mens kry interne selfbestuur/ regering, maar dit word later verwyder omdat jy nie nasionale wetgewing wil gehoorsaam nie. Hoe word swart bemagtiging en onteiening gestop – daar is slegs EEN waarborg
TOTALE ONAFHANKLIKHEID is die pad om te loop
~~
Every people (volk) has international right to self-determination. Unfortunately, systems of self-management, self-sufficiency and internal self-determination do not offer any guarantees in South Africa today. Not even to their own supporters.
People who pursue FULL independence must also obtain a legally and fully recognized mandate that is acceptable to the international countries. Without a mandate nothing can happen to any people and no self-determination.
Boers and Afrikaners are also a people (volk), just like the Zulu and Xhosa peoples – they all form the “nguni tribes”. Every people is thus protected internationally – the ANC has signed all these human violation treaties in the past.
Minorities, such as the Afrikaners and Boers, who are suppressed by black empowerment and expropriation, have international rights they can exercise. We do not have to be part of a communist government and legislation that affects our human rights. So we do not have to sit down and do nothing about it.
What does self-determination means then? It is to get full independence. Basically, International law determines minorities who are suppressed, whose human rights are violated, have full right to rule themselves independently in their own areas (not self-sufficiency or under the national laws of ANC). In South Africa there are more than one people. But our rights are violated on a daily basis while attacks and killings did not stop. That is why minority people who are being oppressed acquire their own territories internationally independently.
Self-government does not provide any guarantees. Trust areas as currently, offer NO guarantees. Federal governments are still in charge if people want a canton like in Switzerland – they have only one army and security system in place.
Not even Trustlands or CPA’s (landclaims) have any guarantees at this moment in time.
Unfortunately there are the old Homelands that became Trustlands after 1994. In terms of Hansards, the lands belong to the ANC. Tribal authorities and kings are only Trustees.
What IF the ANC just repeal every Trustland legislation?
Then no traditional leader has basically no right at all. Refer to the investigations by the ANC that they want to repeal those legislations. The current situation in Trustlands or CPA’s, the authorities, they have also no rights.
What happen to mining in those areas? Government ANC is the ruler, not the traditional leaders. If the ANC want to take my land in terms of their constitution, nothing will stop them to do that. It is in the constitution to take all property rights away.
Not even landclaims have any guarantees on that lands. In terms of certain legislation, those lands belongs to ANC. People have only right to live on that land.
FULL INDEPENDENCE is the way to go – depends on us.
[…] Internasionale reg tot onafhanklikheid […]
LikeLike
[…] Internasionale reg tot onafhanklikheid […]
LikeLike
[…] Internasionale reg tot onafhanklikheid […]
LikeLike