Ramaphosa se militante oproepe

*

Troebel besoedelde waters vloei daagliks oor Suid-Afrikaners om meeste uit te wis, maar veral die Boere en die wat voedsel voorsien word die ergste geraak.   Volksmoorde is reeds aan die gang sedert 1900 en na 1994 het dit meer intensief geraak.   Herhalings van voor 1900 vind nou weer plaas, soos die verbrande aarde beleid, aanvalle en moorde.    Die huidige politici in parlement beheer alles, ook die misdaad, korrupsie en moorde.

IN FULL | Cyril Ramaphosa's first speech as ANC president

*

Met die agente van die N W O in die agtergrond wat nekhare laat rys.   Daarteenoor, weet die opregte en hardwerkende burgers van Suid-Afrika die potensiaal wat ‘n goeie land met heelwat toerisme skatte, minerale rykdomme en staatsentiteite wat tot en met 1994 baie goed onderhou is, kan oplewer.   Ongelukkig het Suid-Afrika na 1994 se oorname aan kommunisme en liberale gierigheid, alles laat afdaal na hierdie onregeerbare se standaarde van chaos en verwoesting.

Die ROOI Rewolusie van die ANC het nog nooit opgehou bestaan na 1994 nie en so sing en dans hul voort op hul eie tromme en musiek.   Die 2021 geweld in Gauteng en Kwazulu-Natal staan uit, waar feitlik alle besighede vernietig is en voor dit was daar ander geweld, plundertogte en moord.  Boere op plase word daagliks geteiken, aangeval, selfs gemartel en vermoor.

Die ANC beheer die land, die parlement, wetgewing en grondwet wat hulle ingestel het sedert 1994.  Hulle is en bly steeds militant in al hul protesaksies en heelwat vergaderings eindig in geweld.   Indien studente ontevrede is, staak hulle, plunder en steek alles wat voorkom aan die brand.   Taxi en bendegeweld seëvier op alle vlakke waar baie eenvoudig doodgeskiet word.   Omdat hulle vertel word dat alle grond sonder kompensasie, afgeneem word, word heelwat minderhede aangeval, geplunder en selfs aangeval en vermoor.  So word volksmoorde oor ‘n tydperk van 30 jaar gepleeg.   Nie net word minderhede se regte totaal geskend nie, maar baie vlug landuit omdat hul nie werk kry weens rassistiese en diskriminerende wetgewings.

Die jare 1994 tot 2023 wat deur die ANC en hul gewillige liberale vennote, handlangers en finansiers regeer is, het die land in chaos laat verval.     Omdat dit hul missie is, is alles haarfyn laat uitvoer met hul voorafbeplande rooi rewolusies, afgebrande en stukkend gebreekte infrastrukture, besighede wat moedswillig geplunder en afgebrand is, sodat werkloosheid en hongersnood ons almal se voorland is.

In 2023 doen Ramaphosa weer eens ‘n beroep op die ANC se jeug tot militante optrede, veral met die oog op die 2024 verkiesing.  Hulle is so lank in beheer van al die wreedaardige militante afbreekmetodes, tog vra hy die jeug om voort te bou om militant te wees teenoor dit wat die ANC regeerders  ‘geskep’ het en waarmee hul in massas vir 30 jaar gestem het.  Werkloosheid en die verswakte toestande van paaie, treine, infrastrukture, munisipale beheer is alles te danke aan die ANC se beheer en kontroles.  Wetgewings soos swart bemagtiging en regstellende aksies sowel as onteienings wat geïmplementeer is, wat tot werkloosheid gely het, is te danke aan die ANC, haar jeugbrigades en kiesers self, niemand anders nie.  Dit het niks met apartheid,  1944 of 1976 te doen nie.

Hul is ingestem deur die massas om die land te beheer en te regeer, dog hul passie is rewolusie, geweld, korrupsie en misdaad.   Belastingbetalers en veral besighede, die liberale Afrikaners om die Kodesa tafels, die finansierders van parlement en politici wat aan al hierdie regeerders se standaarde voldoen, doen mee aan die ANC ondergang.   Dis ook op hansards beskikbaar – lees gerus meer daaroor.

EEN PLAN IN SUID-AFRIKA

Development of One Plans – Ramaphosa

Ramaphosa – 2020 – New Dawn – NWO

Demokratiese rewolusie in SA na 1994

*

3 Julie 2023 Beeldmateriaal

Oproep tot militante optredes deur Ramaphosa tot die jeug van die ANC.
https://www.youtube.com/watch?v=pkvcouckYCk

*

Met die oog op die 2024 verkiesing, is die ANC Jeugbrigade gevra tot aktivisme en rewolusie.   Die komende paar dae en maande sal die bewyse lewer waartoe hul in staat is.   Dit is in 2021 in KZN ervaar sowel die mynopstande van 2012 en Kaapse geweld.

*

TLU.SA IS EN BLY ‘N MULTI-KULTUUR ORGANISASIE EN MOET HUL LEDE GELUKKIG HOU – waarom lees TLU.SA nie ‘n slag die Hansards en ander brokkies oor wat vir ons beplan word nie?

Die 26ste ANC Jeugliga Nasionale Konferensie (Slotopmerkings) op 2 Julie 2023

Binne in die vals vlag van demokrasie, het selfs TLU.SA  met ongeloof kennis geneem van die opmerkings wat Ramaphosa gemaak het tydens die slotopmerkings van die 26ste ANC-jeugliga Nasionale Konferensie op 2 Julie 2023, wat jong Suid-Afrikaners byeengeroep het om militante revolusionêre te word.    Weer eens is hierdie ‘n bewys dat dit geen demokratiese stelsel is sedert 1994 nie.  Daar word gefokus op rewolusie, wat alle tipe misdaad insluit om hul pylvakke te bereik.

Ramaphosa het gedurende een van sy toesprake van Julie 2023 verwys na 1944 en 1970 en beroep gedoen op ANC jeugbrigade se militante optrede.    Hy het gemeld dat sonder ’n militante, lewenskragtige en gedissiplineerde jeugbeweging wat reageer op die behoeftes van jongmense, kan die ANC uiteindelik die vermoë verloor om te groei en homself te vernuwe.      Daar word volgens hom glo op die skouers gestaan van eens ‘reuse’ van die ANC bevrydingsbeweging wat dit was voor 1994.      Die jong leeus van 1944 wou die aard van weerstand verander van passiewe deputasies na massaboikotte en ‘n meer militante aksieprogram. Baie van hierdie jong leiers sou voortgaan om uitstaande leiers van die ANC self te word en daarin geslaag om die geskiedenis van ons beweging en ons land te verander.    Tog kan die ANC niks vooruitgang bewys nie, slegs korrupsie, misdaad, moorde en kapings.

*

Weinig of ooit word enige korrupsie aangespreek, vervolgings word nie gemaak nie en misdadigers loop vry rond.

Het jou gesê

MALEMA het ‘n ander invalshoek wat verskerp

Daarteenoor, veg Malema van die EFF met dieselfde tipe doelwit van militante optredes en rewolusies, maar nie regtig teen die ANC nie, maar teen die BOERE wat uitgewis moet word.

Dit is duidelik dat hul verskillende rewolusies in gedagte het om mag te bekom en te behou.   Malema is duidelik daaroor dat indien alle BOERE uitgewis is, sal die hele land hulle sin word en sal daar opregte vrede heers.   Met geen BOER in sig nie, sal hul beloon word met mag, pag en praal, maar daar sal geen voedsel in die land of streek beskikbaar wees nie.

Die staat beheer alles soos in 1955 voorgestel in die manifes van pac-anc-sakp:

Lees ander inligting oor staatskapings, kontrole en beheer

ANC – Freedom charter 1955

1955 ANC Freedom Charter

Oorlogkamer van Eskom 2014

Grondwet SA Constitution

Kodesa – liberale en kommunistiese grondwet skrywers

*

BEELDMATERIAAL

Vermoor die Boere (en alle voedsel produksie)

*

Wat het dus verander na 1994, want dit laat mens teruggaan na vorige swart leiers soos Dingaan en ander wat vroue en vee gesteel het om hul mag te behou en al die manne van daardie ander vreemde stamme.     Daar is geen keer aan die massas, hier uit Suid-Afrika en die uit Afrika wat hul by die rewolusie na 1994 aangesluit het nie.  Nou word daar beroep gedoen om die rewolusie uit te bou, via die ANC en EFF om die land te beheer.

Selfs Malema van die EFF, wat eens deel was van die ANC, laat hom nie stop om die rewolusie met moord en misdaad te dryf nie.

Hier doen hy ‘n beroep om nooit bang te wees om iemand te vermoor nie want dit is wat ‘n rewolusie vereis.   Wat gebeur sedert 1994 in die land?

Hoeveel volksmoorde vind plaas?

*

Die ANC en EFF is meer as een politieke party, wat die rewolusie van hul eie kante af lei en met elkeen hul eie leier.   Hul baklei teen hulself en hul eie kartels en magstelsels om mag te behou of meer te bekom.

WIE is die WEF regtig?

Image

W E F World Economic Forum

15 jaar PLUS beurtkrag onder ANC

South African and world tsunami’s

Image

*

BRONNE

https://www.tlu.co.za/en/open-letter-to-president-ramaphosa-regarding-revolutionary-remarks/

https://www.tlu.co.za/en/open-letter-to-president-ramaphosa-regarding-revolutionary-remarks/

https://www.businesslive.co.za/bd/politics/2023-07-03-new-ancyl-leaders-will-have-to-manage-factionalism-says-cyril-ramaphosa/

https://www.iol.co.za/news/politics/anc-president-cyril-ramaphosa-tells-youth-league-to-take-charge-of-election-campaigning-ahead-of-2024-4a2b16e4-1dac-4026-9f53-0d55243af2b5

Een gedagte oor “Ramaphosa se militante oproepe”

Lewer kommentaar