Grond in SA vir landbou en minerale

*

Daar word heelwat oor grondbesit gelieg vir die burgers van Suid-Afrika, juis om radikale opstokery te bespoedig sodat die land tot op grondvlak afgebreek kan word.   Malema en Anc leiers wat sing om die BOERE te vermoor is deesdae ook ‘n afgewaterde afdreiging, veral vir die Boere volk.   Ongelukkig moet die Boere volk eerder skepties na hierdie uitlatings kyk en dit nie ignoreer nie en eerder ernstig fokus op hul beveiliging en dit geld vir alle besighede, nie net in die landbou bedryf nie.  

African Countries by Arable Land

*

 Die skade wat die spul kommuniste aanrig word nienet aan hulself aangerig nie, maar ook vir regerings en veral beleggers oorsee wat nie belangstel om hier uit te brei nie.   Ander lande met minder misdaad is meer aantrekliker.

Die aanname dat 87% grond in Boere besit is, is dus nie waar nie.  Dit was jare gelede aan die VN gerapporteer dat Suid-Afrika slegs 22% geskikte landbou grond het.   Dis ‘n feit, dat meeste van die Boere volk wat wel grond besit en produktief voedsel produseer, of landbouers is, kan nie eers 10-20% van landbougrond besit nie.  Hoe die radikale kommuniste en liberaliste by 87% grondbesit en diefstal uitkom sal net hulle alleen weet.    Hulle leef in hul eie droom wêreld.

Suid-Afrika vergelyk nie baie goed met die res van Afrika lande wat geskikte grond het vir landbou doeleindes nie.   Suid-Afrika val in ‘n baie klein en minderwaardige kategorie 10-20% grondgebied wat geskik vir landbou doeleindes is.   Dit is al vir etlike jare so, veral na 1994.  Tog, was daar voor 1994 heelwat op meer voedselproduksie gefokus.   

*

Landbou en minerale

Minerale rykdom , veral in die ou Boere republieke is baie groot, en dis een van die redes hoekom daardie gebiede nooit terugbesorg is aan die Boere volk nie.   Mineraal ontginning neem grondgebiede oor wat eens geskik was vir landbou doeleindes en dit word daarna nooit of selde gerehabiliteer.   Daar vorm gedurig onwettige plakkery en ook immigrant neste regdeur die land wat totaal hande uitgeruk het.

Die fisiese landbougrond en plase in SA het behoorlik gekrimp nadat mineraal ontginnings drasties vermeerder het, veral met swart bemagtigers na 1994.     Dit is dus duidelik, nie alle grondgebiede in SA is geskik om voedsel te produseer nie en daar is groot streke waar dit onmoontlik is om te boer, weens hitte en droogte.     Streke is absoluut beperk vir net sekere gewasse of diere lewe hanteer.

OU TUISLANDE HET TRUST EN KEV (CPA) ‘S GEWORD NA 1994

Meeste van die ou reservate of tuislande is geleë in die beste reënvalstreek – hierdie gebiede is na 1994 as grondeise deurgevoer en staan as Trust en KEV gebiede bekend (Hansards).     Die Trust en KEV’s is steeds net sekere bevolkingsgroepe wat dit bewoon en voordeel trek hieruit.   Wetgewings wat Grondeise hanteer, is spesifiek gemik om spesifieke bevolkings te bevoordeel (Hansards).  In hier gebiede vind ook heelwat mineraal eksplorasie plaas.   Slegs swartes, khoi san en griekwas word bevoordeel, met bykomende vergoedings.

Die landboubedryf en wat daarmee gepaardgaan, is en was altyd gesogd en het vir dekades werk verskaf en het nie gefokus net op een ras nie.      Mineraal eksplorasie daarteenoor, is anders, dit verskaf werk, maar al die produkte gaan meestal landuit en die werkers word armer en het min voedsel op die tafel.   Heelwat maatskappye wat minerale in die land ontgin,  is afkomstig van die buiteland en maak meestal van immigrante gebruik om in hul myne te werk.   

Sedert 1902 is minerale regte deur Brittanje geannekseer en deurgevoer – selfs onder statebondsland, waarvan SA lid is.

As en wanneer daar na die verskillende hoeveelheid myne gekyk word, het Suid-Afrika in ‘n slagveld ontaard waar daar feitlik nooit enige rehabilitasie van myne, veral oopgroefmyne gedoen word.  Sodra oopgroefmyne verskyn, soos steenkool, chroom, uraan of platinum, verdwyn landbouverbouing by die agterdeur uit.   Saam met mineraal ontgunning kom erosie, verweer en besoedeling wat grondeienaars van plase afgedwing het sedert 1994.   

Waterbesoedeling soos suurwater is ‘n groot bedreiging vir die hele land se watergebruik, omgewing, mense, diere, riviere en damme.  Niemand kan suurwater drink en nog minder minerale.   Infrastrukture word verwoes met die duisende trokke op paaie nadat sommige swartes treine gebrand en infrastruktuur verwoes het.

Minerale, klippe en rotse kan nie geëet word en stop nie hongerpyne nie.   

WERKSGELEENTHEDE

Daar is nie so baie werksgeleenthede nie.   

In 2021 word vermeld dat die mynbedryf sowat 460000 werkers was.    In 2019 was dit beraam op 515000.   

Daarteenoor het die landbousektor en verwante dienste gelewer, sowat  801 503 einde Junie 2021 vergeleke met 780 057 in Junie 2020, ‘n toename van 2,7%.

Gedurende 2023 was daar ongeveer 479 228 werksaam in die mynbedryf terwyl die landbou sektor sowat 920000 werkers in diens gehad het.   

Die totale werkers in die landbousektor was ongeveer 935000 terwyl die mynbedryf slegs 471882 werkers in diens gehad het.

*

Die sondebokke is eerstens die groot maatskappye wat mynpermitte vanaf die ANC regering verkry, wat swart bemagtigers hierby insluit en al die geld in hul sakke druk.   

Dink net aan al die duisende steenkool-, mangaan, chroom en ander minerale wat per pad vervoer word, meestal na Maputo en Richardsbaai.   Trokke wat nie belastings betaal aan al die dorpe se paaie wat hulle vol gate agterlaat met hul swaar vragte nie.  Dit veroorsaak duisende ongelukke op die paaie. 

Dan is dit die plaaslike inwoners wat sit met stukkende paaie wat deur die myne en gulsigheid verwoes word.  Plaaslike inwoners van dorpe kry nie byvoordele van enige van hierdie minerale of myne wat ontgin word nie.  Selfs dorpe wat op hul pad is loop deur en hierdie myne wat van pad vervoer gebruik maak en wat deur hul dorpe gaan, moet spesiale heffings betaal as hulle dit wil gebruik.

Die ander oorsaak is die regering wat die hoofoorsaak is wat mynpermitte goedkeur en dat myne nie herstel word soos wat dit was as landbougebiede nie.   Alle minerale vind plaas op plase wat omgedolwe en besoedel word, wat erosie tot gevolg het.   Die gehalte water wat myne dus agterlaat, laat suur en ander gemors agter, wat landbou onmoontlik maak op ‘n eens produktiewe plaas.

Staatsgrond

Ander gebiede, soos nasionale en provinsiale parke, beloop etlike miljoene hektaar grond en die feit dat die regering na 1994 meer as 5000 produktiewe plase bekom het, behoort nie een hiervan aan die Boere volk nie.   Daar is ook groot organisasies soos staatsbosse, lughawens, skole, staatsentiteite, Eskom, damme, vleilande en riviere wat etlike miljoene hektaar beloop wat aan die regering of provinsie behoort.  Oor die 5000 plase wat eens produktief voedsel produseer het, is landbougrond in SA . 

Grond eienaars: ANC regeringsplase

Gordhan  –  Staatsentiteite  – Eskom en ander

*

In ‘n  artikel word gemeld van Suid-Afrika se totale grondoppervlakte van 46,4 miljoen hektaar, was 37,2% van sy 122,5 miljoen hektaar landbougrond kommersieel.   

Afrika het 60% van die wêreld se bewerkbare grond, wat beteken daar is miljarde dollars se beleggingsgeleenthede. Slegs 22 persent van al die bewerkbare grond word as ryk aan bewerkbare grond beskou.   Vandag, met al die mineraal ontginnings, is dit minder. 

Bewerkbare grond is grond wat vir die verbouing van gewasse gebruik kan word. Suid-Afrika het sowat 18,6 miljoen hektaar bewerkbare grond, wat sowat 10% van die land se totale grondoppervlakte is.

Daar is ongeveer 600 miljoen hektaar grond in Afrika wat nie geplant is nie. Bangladesj het die meeste grond wat aan landbou gewy is. In Indonesië is daar meer as 221 000 vierkante kilometer permanent bewerkte grond. Altesaam 44% van die grondoppervlakte in Engeland is landbou.

*

HULLE IS NIE GRONDLOOS NIE

VERGELYK DUS TUISLANDE – CPA – TRUSTGEBIEDE wat swartes voor 1900 beset het en steeds daar woonagtig is en bly.    Dit het die meeste reënval in die land.  Niemand het hul grond gesteel soos hulle beweer nie.

The following map shows the rainfall in those old homeland areas – the best agricultural land in South Africa.  Blacks are living in the best areas in South Africa.   Nobody stole their lands, homelands.   They are still living in the same areas with more than 8840 traditional leaders that is being paid by TAX payers money.

The problem with SA's soil and why we need to save it | City Press

*

The old homelands / reserves became CPA and Trustlands after 1994 – the very same land areas of the different black groups in South Africa.   They did not mix as one culture and still have their different cultures in South Africa.

Ou Tuislande – Reservate / lokasies, het beslis nie die hele suidelike Afrika bevat nie.  Hulle leiers het dit destyds gekies en BESET, niemand het hulle daar ingedruk nie.  Inteendeel in die 1930’s ongeveer is die Reservate vergroot wat dit vandag is.

1: Map of Homelands designed by the government | Download Scientific Diagram

*

Die HUIDIGE regering kan geen gebied aantoon waar daar duisende plakker gebiede is, waar daar slegs onwettige immigrante uit Afrika onwettig kom plak het.   Hulle dring almal aan op verblyf, water, dienste, mediese sorg, skole en selfs toelaes word aan hulle uitgereik.   Hierdie plakkerskampe is meestal almal geleë in metro gebiede en dorpe/stede in Suid-Afrika.

 

*

2022

In ‘n artikel van 2022 word beraam dat slegs 12% van Suid-Afrika se grond bewerkbaar is, wat gedefinieër word as grond wat geskik is vir bewerking.   Die meerderheid van die land se bewerkbare grond is in die Oos-Kaap en Wes-Kaap provinsies geleë. Die res kom in die Noord-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal en Limpopo provinsies voor.    Die totale oppervlakte van bewerkbare grond in Suid-Afrika is sowat 4,5 miljoen hektaar.   

Geliewe daarop te let waar al die ou reservate, kroongebiede, tuislande, trust en kev’s geleë is, gebiede wat vrugbare grond het sowel heelwat reënval.    Dis op die grondgebiede waar daar oor die 50 miljoen (plus) burgers werksaam is, selfs grondeise na 1994 ingesit het en slegs hulle het die voordele wat vir hulself aangewend word.   

Die Boere volk is ‘n volk in eie reg en is nie deel van die Afrikaner nasie wat veelvolkig is nie.  Daar is sedert 1994 ‘n magdom plase (5000) wat aangekoop en ander eenvoudig gebruik word vir mineraalontginning.  Weinig word daar enige rehabilitasie op die plase gedoen (oor die 6000 plase word aangedui dat dit in onbruik staan weens erosie, besoedeling en veral suurwater).

*

2012

Volgens ‘n Buro vir Voedsel- en Landboubeleid-loodsstudie in 2012 is 46,4% van die land se hoë potensiaal bewerkbare grond in Mpumalanga. Mpumalanga kan gesien word as voedselsekerheid vir Suid-Afrika omdat dit bestand is teen droogte – en ’n veranderende klimaat beteken dat ons in die toekoms meer droogtes sal sien.

Toe die studie gedoen is, het Mpumalanga reeds sowat 26% (225 217ha) van sy hoëpotensiaal bewerkbare gronde vir mynbou en prospektering verloor.  Spogplase waar die BOER of landbouer eenvoudig geïgnoreer is, is aangewend in die mynbedryf en eenvoudig daarna as waardeloos nagelaat, sonder rehabilitasie.  Die hartseer nuus is dat “hoëpotensiaalgronde waar minerale ontgin word, nooit gerehabiliteer sal word nie”.   Suurwater en erosie is ‘n groot bedreiging vir almal in die land.

2018

Met ‘n artikel van 2018 en indien daar ou kaarte vergelyk word, sal gesien word waar 50+ miljoene steeds woonagtig is.  Daar was duisende grondeise met verskillende vergoedings in Hansards beskikbaar.   

Grondeise het sedert Kodesa 1994 gevolg, waar meeste van die ou reservate en kroongebiede omskakel is in KEV (kommunale gebiede) en Trustgebiede waar meer as 50 miljoen steeds bly en voordele ontvang.   Dit is en word nie net finansiële bystand wat verleen nie, maar ook saad, trekkers, diere en ander hulp, tog het produktiewe spogplase eenvoudig verdwyn.   

Miljoene hektaar is in die gebiede gebruik vir minerale eksplorasies, oopgroef myne en mynhope met erosie en suurwater is nagelaat vir die arm landbouers wat dit nie kan herstel nie.   Dit moet deur minerale inkomstes gedoen word wat nie gebeur nie.   

Ryk bevoordeeldes trek die geld landuit in oorsese beleggings en bankrekenings ver weg van Suid-Afrika.

 

These Provinces Have Unused Land Suitable For Agriculture | Wandile Sihlobo

*

Myneksplorasie in basies dieselfde gebiede is oopgroefmyne die bewys waar eens landbou beoefen was.  Neem kennis dat geen steenkool of ander minerale wat uit die aarde uitkom, gaan die verskillende volke opvoed en klee nie, want al hierdie ontginnings gaan na die bevoorregtes en swart bemagtigers in Suid-Afrika wat dit beheer.

 

Coal deposits overlaid with arable land in South Africa; data obtained... |  Download Scientific Diagram

*

1975 (J P Kotze) 

Voedingstand van Suid-Afrikaners wat die Tuislande insluit – Die groote grondgebiede het sedertdien hoegenaamd nie verander nie.  Inteendeel het Suidi-Afrika voedsel uitgevoer op die stadium in 1975.

Op bladsy 17 – Die Republiek van Suid-Afrika en sy ‘ onafhanklike gebiede ‘ het ‘n totale bevolking van ongeveer 27,2 miljoen.   

Vir hierdie bevolking is daar 122,111 miljoen hektaar grond beskikbaar, waarvan net meer as 100 miljoen vir landboukundige doeleindes aangewend kan word.   

Daar is egter net 15% van hierdie totaal onder bewerking.   Die res is weens klimaats- en grondkundige faktore net vir ekstensiewe landbou geskik.  Gedurende 1976 byvoorbeeld is meer as R800 miljoen se voedsel van landboukundige oorsprong uitgevoer.

*
*
*

BRONNE

https://www.mapsofworld.com/africa/thematic/countries-by-arable-land.html

https://www.myggsa.co.za/only-12-of-south-africas-land-is-arable/

https://www.news24.com/citypress/news/the-problem-with-sas-soil-and-why-we-need-to-save-it-20180824

https://www.researchgate.net/figure/9-Coal-deposits-overlaid-with-arable-land-in-South-Africa-data-obtained-from-DEA_fig16_339886362

https://www.planetware.com/map/south-africa-south-africa-minerals-and-industries-map-saf-afs4.htm

https://www.researchgate.net/figure/Map-showing-the-distribution-of-coal-mines-in-South-AfricaActive-mines-are-indicated_fig4_320133948

Click to access P11012021.pdf

https://www.statista.com/statistics/1312267/south-africa-mining-employment/

1975

https://curationis.org.za/index.php/curationis/article/download/187/129

*
*
*

VERWANTE ARTIKELS EN INLIGTING

Grond eienaars: ANC regeringsplase

Mining  Open Pit mining (Palabora)

Diamonds/Diamante   Gold/Goud -MINERALS

Landbou, voedselproduksie en besoedeling

Mineral Rights –  Minerale regte

Minerals  SA  Minerale

Soros planne – OSF.SA Monsanto

Monsanto – George Soros – Suid-Afrika

George Soros – SA – Monsanto

Monsanto – Bill Gates

Bayer – Monsanto – Seed (global)

Monsanto – Bayer – Germany

Monsanto – Soros – BAYER (Germany) –  France

Bayer – Monsanto – South Africa – Bayer

Grondhervorming -besetting: Suid-Afrika

Tuislande en aparte gebiede in Suid-Afrika

10 gedagtes oor “Grond in SA vir landbou en minerale”

  1. […] Tuislande en aparte gebiede in Suid-AfrikaDie ANC werk ook met ‘n plan om alle staatsentiteite so te verarm en totaal te vernietig.  Maar intussen word al die ou reservate (tuislande) en kroongebiede apart bedryf, en dis die belastingbetalers wat daarvoor moet betaal.   Heelwat HOP huise en reservate/tuislande/ kroongebiede kry ook voordele uit sonkrag en wind wat wel energie verskaf.15 jaar PLUS beurtkrag onder ANCDan kry almal, asook die tradisionele leiers, steeds ook gedeeltes van die minerale inkomstes op hul KEV en Trustgrondgebiede, iets wat beslis ontbreek waar dit die Boere volk aanbetref.   Sommige myne bou ook skole en infrastrukture vir die gemeenskappe.   Richtersveld  KHOISAN AND CPAGold and diamonds -1886 – Griqualand WestAl wat hierdie myne aan ons gebiede doen, is omdolwe en al die skatte van minerale uithaal en landuit neem, sonder enige deel wat aan enige Boere volk of selfs infrastrukture gaan.   Daar is steeds duisende ongerehabiliteerde myne wat erosie en besoedeling veroorsaak.     Miljoene hektaar grond wat eens landbougrond was, is oorgeneem deur regering en instansies waar vandag gemyn word of soms is dit reeds gemyn en geen rehabilitasie gedoen, soos die oop steenkoolgroefmyne.Grond in SA vir landbou en minerale […]

    Like

Lewer kommentaar