*
Hoe kan al hierdie probleme wat gesamentlik ervaar word, voorkom word om voedselsekerheid op elkeen se tafel te besorg? Misdaad speel ‘n groot rol om voedsel op ons tafels te kry. Veilige voedselproduksie word heelwat oorskadu met negatiwiteit. Organiese boerdery is ‘n benadering tot gewas en diereproduksie wat die gebruik van natuurlike insette bevorder om menslike gesondheid en die omgewing te bevoordeel. Die organiese stowwe wat in tipiese organiese kunsmis gevind word, soos dieremis en kompos, speel ‘n kritiese rol in grond- en plantgesondheid. Anorganiese boederye volg ‘n totaal ander programme as wat die organiese bedryf volg.
Wellington in Wes-Kaap
*
Foto bo: Aan die buitewyke van Wellington in die Kaapse Wynland is Upland, ’n klein familieplaas waar daar groot dinge gebeur. Dié plaas is ’n Ecocert-gesertifiseerde organiese boerdery wat ’n bekroonde reeks organiese en sulfaatvrye wyne en ander alkohol produseer, sowel as gewasse soos vrugte, neute en olywe.
*
Organies of anorganies
Wat presies is organiese boerdery?
Radium webtuiste het interessante artikel oor die landboubedryf in die suidelike Afrika streek.
Organiese boerderymetodes sluit die volgende in: biologiese insekdoders, beplanting om insekte aan te trek wat ongewenste peste kan afweer, en die afwisseling van gewasse tussen lande. Erdwurms speel ‘n groot rol in die organiese bedryf.
Organiese boerdery is ’n heel natuurlike proses, wat met verhoogde grondvrugbaarheid begin en bevorder word deur kompos, dekgewasse, wisselbou, bemesting en deklaagbewerking sonder chemiese middels te gebruik. Deur die grond organies te voed, voed die boer in wese die plante en diere. Só word die perfekte balans mikrovoedingstowwe in gesonde plante bereik. ’n Goeie grondstruktuur beteken ook dat die water beter filtreer en behou word om die gevolge van erosie teen te werk. Bo-grond spoel dus nie maklik weg nie.
Organiese boederye is nie prosesse wat oornag gebeur nie, maar indien dit vir jare toegepas is sonder ‘n sertifikaat, is dit makliker om daarop voort te bou. Boere in die teenoorgestelde bedryf, moet stadig te werk gaan om organiese bedryf metodes aan te neem, want daar sal lae onbrengste en meer onkruid wees as die plaag- en onkruiddoders heeltemal verwyder word. Hierdie proses kan tot drie jaar of selfs langer neem.
In wese sluit dit die vervaardiging van goedere wat in harmonie met die natuur is in, sonder om skadelike chemikalieë en genetiese manipulasie te gebruik. In stede daarvan, is die produk se groei afhanklik van bestaande ekologiese prosesse en biodiversiteit, wat innovasie en wetenskap kombineer tot die algehele voordeel van al die betrokke elemente. Ons voorouers het ook gebruik gemaak van organiese boerderymetodes. Daar was nie gifstowwe, byvoeging van chemikalieë of hormoon aanvullings beskikbaar nie.
Die Suid-Afrikaanse organiese bedryf het 250 gesertifiseerde plase regoor 45 000 hektaar grond, wat 0,05% van die land se totale landbou-area uitmaak. Natuurlik is daar heelwat ander wat dieselfde beginsels van organies boerderye metodes toepas, maar nie geregistreer is nie. Dit maak nie van hulle minderwaardige boerderye nie. In die Boere republieke se verledes, was daar meer kennis gemaak met die organiese kant om landbou in sy verskillende fasette produktief te benut. In die veeboerbedryf, behels organiese boerdery ook chemiese-vrye grond en water, en bevorder ook goeie, natuurlike dierewelsyn in die teling, grootmaak en hantering van die diere. Of dit net 45 000 hektaar grond is, is ‘n ope vraag, heelwat klein boere maak gebruik van organiese boerderye. Om nie van chemiese middels te gebruik is, is en word ‘n groot uitgawe aan landbouprodukte te verminder om dit natuurlik te hou.
Die vleis van die organiese vee landbousektor word as hoë gehalte geag, en vereis weiding in ’n natuurlike plaas of plattelandse omgewing asook die goedhartige behandeling van diere.
Sertifiseringsvlakke van organiese boerderye word behaal indien die vleis vry is van enige chemikalieë, antibiotika, hormone, en apart gestoor word. In die organiese bedryf, leef diere in harmonie binne hul omgewing en die werksomstandighede van organiese boere is baie beter as dié wat met gifstowwe te doen kry.
Die plaaslike mark, asook omliggende buurlande, is redelik afhanklik van die organiese bedryf in Suid-Afrika.
Die groter mark – Anorganies
Daar word van allerhande produkte en byprodukte gebruik gemaak, veral gifstowwe op die voedselprodusente afgesmeer of aangebied vir ‘beter kwaliteit’, wat die grond en produkte intussen besmet en verarm. Dit is moontlik dat die gewasse meer is maar dit beteken nie noodwendig veiliger om te gebruik nie.
Dit laat ‘n gevoel dat die magsbeheer op voedselbeheer wyer uitkring, nie net om voedsel as sulks te vernietig nie, maar die hele aarde. Dit verarm nie net die grond nie, maar heelwat bo-grond spoel weg.
Monokrop landbou
Met monokrop-landboubeheer en onbehoorlike boerderymetodes is ons grond egter uitgeput van hierdie noodsaaklike minerale en verskaf nie die voedingstowwe aan ons kos soos dit voorheen was nie.
Monokrop-landbou gaan daaroor om een gewas dieselfde gewasse jaarliks op ‘n soortgelyke stuk grond te saai. Daar word nie van rotasies van ander soorte gewasse gebruik gemaak of selfs te kies om verskeie gewasse op dieselfde land te verbou, algemeen bekend as poli-kultuur nie.
Rus en herstel
Feitlik alle landbougebiede het rus en herstelperiodes nodig, hetsy vee of intensiewe landbou saaigewasse of die pluimveebedryf.
Hoenders kan byvoorbeeld nie jaar in en jaar uit in dieselfde hokke voortleef sonder dat dit skoongemaak of herstel word nie.
Aan die einde is dit die eindverbruikers, veral die jong kinders, wat meeste sukkel met gesondheidsprobleme.
Dieselfde tipe metodes word in normale huise toegepas as daar skoonmaak plaasvind. Organies of anorganies.
WATER
Besoedeling is nadelig vir mense, diere en omgewing.
Besoedelde water kan ‘n groot invloed op die organiese sowel die anorganiese bedryf veroorsaak, wat nadelig is vir die hele land, sy mense, omgewing en diere.
Waterbesoedeling is nie ʼn nuwe probleem nie. Deur die eeue heen het cholera-, tifus-, en disenterie-epidemies dikwels voorgekom weens besmette drinkwater. Dié besoedeling was egter tot ‘n spesifieke area of gebied beperk, terwyl waterbesoedeling vandag wêreldwyd ʼn enorme probleem is.
Die vernaamste oorsake van besoedeling kan toegeskryf word aan die landboubedryf, nywerhede, riolering, en ontspanningsgeriewe en -aktiwiteite. Munisipaliteite maak hul baie skuldig hieraan dat aanlegte nie behoorlik onderhou word nie en Eskom daarteenoor veroorsaak dat pompe nie na behore funksioneer nie. Baie riviere, damme en mere het verander in troebel rioolwater waarin weinig (min) lewe moontlik is en waarin die mens nie kan swem of visvang sonder om sy gesondheid op die spel te plaas nie. Organiese boerderye kan nie hul produkte hiermee benat nie.
Huishoudelike en nywerheidsafvalwater beland in riviere en damme, terwyl chemikalieë (soos gifstowwe teen goggas) wat op landbougewasse gebruik word, nie net die grond besoedel nie, maar later in spruite, damme, riviere en die see gevind word. Dit beteken dat nie net die visse nie, maar ander waterdiere en -plante ook vernietig word. Rommelstrooiing is ‘n groot probleem in die land. Ons mense in die land dra nie veel by om agter hulle en hul besighede skoon te maak nie.
Rioolwater en kontaminasie is ‘n groot probleem. Het ‘n groot invloed in riviere, damme en die see.
Eutrofisering vind plaas wanneer binnelandse water met fosfaat- en stikstofverbinding (afkomstig van landbou- en huishoudelike afvalwater) “verryk” word. Die kunsmatige verryking van water bring sekere fisiese en chemiese veranderings mee. Die gasbalans in varswater (O2-CO2-verhouding) word deur fotosintiserende bakterieë en alge, wat suurstof produseer en koolsuurgas gebruik, in stand gehou. Indien daar ʼn skielike toevloei in voedingstowwe soos nitrate en fosfate is, neem alge só drasties toe dat dit mekaar verdring.
*
Gemeng
Sommige kenners is van mening dat ‘n kombinasie van anorganiese en organiese plant voedingstofhulpbronne die meeste voordele inhou, aangesien dit beide grondvrugbaarheid en gewasopbrengs verbeter wanneer dit saam toegedien word.
Die byvoeging van anorganiese kunsmis, en daaropvolgende hoër opbrengste, lei ook tot ‘n meer doeltreffende verbruik van ander beperkte hulpbronne soos landbougrond en water. Dis egter hier waar moontlike probleme opduik. Sodra chemiese middels gebruik word, hetsy byprodukte of bespuiting, is dit nie meer organiese boerderye nie en kom die sertifikaat in gedrang. Daardie produk is nie organies nie, maar iets tussen-in wat skadelik kan wees.
Opinies word gevorm dat grondstowwe wat gebruik word, soms in die natuur voorkom, onder andere atmosferiese stikstof en mineraal-afsettings van fosfor en kalium. Dit word slegs verwerk om dit meer beskikbaar vir plante te maak. Die mening word gehuldig, dat beide organiese en anorganiese kunsmis kan moontlik grond en ekostelsels negatief beïnvloed indien dit nie korrek gebruik word nie. Organiese kunsmis dra verder ook die risiko dat dit menslike patogene (siektekieme) kan huisves. Dieselfde geld vir anorganiese kunsmis wat dit nie kiemvry maak nie, inteendeel kan dit meer gifstowwe bevat vir mens en dierlike gebruik.
*
Bronne
https://www.nisboere.co.za/category/artikels/
https://www.fertilizer.co.za/af/volhoubaarheid/kunsmis-en-organiese-boerdery
*
Bykomende inligting en artikels
Soros planne – OSF.SA Monsanto
Monsanto – George Soros – Suid-Afrika
Bayer – Monsanto – Seed (global)
[…] Landbou, voedselproduksie en besoedeling […]
LikeLike