Sabotasie – skending van menseregte

*
Een van die betrokke ministers by Eskom, meld dat om elektrisiteit te kry is ‘n luukse gebruik.  Dit klink of hy bereid is om sy krag summier te laat afsny.  Sommige ministers erg verlang na waarvan hul afkomstig is en kan gerus afskaal wat so gekant is teen Eskom.   Dis nie die publiek wat die chaos, korrupsie en sabotasie pleeg nie, maar uitgesoektes wat in die binnekring van Eskom werk en deel vorm van bendes wat Eskom so besteel en saboteer.     Diegene wat saboteer moet summier van persele verwyder word – hulle hoef mos nie elektrisiteit te koop nie.

May be an image of 2 people and text that says 'LIVE breakyourownnews.com 13:40 BREAKING NEWS MANTASHE ELECTRICITY A LUXURY A "RELIC OF THE COLONIAL LIFESTYLE, WE WILL SURVIVE WITHOUT IT"'

*

Die swart bevoorregtes (B-BBEEs) wat so aangestel word, wat hul ontevredenheid wys deur die sabotasie en vernietiging, moet dus glad nie elektrisiteit hê nie.   In daardie geval moet ministers en president ook niks van Eskom hanteer of wetgewing daaroor uitdink om dit te beheer op nasionale vlak nie.    Die aanstellings van swart bemagtigers, diskrimineer teen spesifiek blankes op die gebied.

Burgerlikes se menseregte word geskend hierdeur.    Elke besigheid of maatskappy, selfs munisipaliteite en ander dienste wat verskaf moet word, soos water en rioolverwydering, word geskend om nie te bedryf nie, word weinig indien ooit, instand gehou.    Water en riooldienste word beide deur pompe aangedryf.   Sekere munisipaliteite wat alles gratis wil verkry, moet summier afgesny word, hulle het nie elektrisiteit nodig nie.   Wat maak swart bemagtigers daar indien hulle nie die werk kan doen nie.

Lagwekkend om in ontkenning te leef

Mantashe weet ook nie wat “energie” beteken nie, dalk moet die DA of sy ander kaders hom reghelp:    Wat behels “energie” alles?

Dit geld ook vir die luukse voertuie met die blou ligte, waarom moet ministers so beskerm word en teen wie of is hulle bang vir lede van die publiek?    Waarom moet daar soveel ekstra brandstof betaal word om hierdie spul te vergesel?

https://www.news24.com/news24/southafrica/politics/just-in-its-unfair-to-blame-me-or-govt-mantashe-on-defensive-as-urgent-cabinet-meeting-discusses-eskom-20220629

*

Is nie net selfverrykend nie, maar sabotasie is ‘n ernstige aanklag en is hoogverraad teenoor die land

Eskom is beslis besig om stelselmatig en met redelike spoed van hul binnekring en buite kaders, afgebreek te word sodat niemand in enige kragstasie of ander eenhede werksgeleenthede of selfs kos op die tafels gaan hê nie.   Dit gaan tot algehele chaos aanleiding gee, werkloosheid en hongersnood indien burgers, belastingbetalers, maatskappye en besighede nie self inspring en hulself onafhanklik maak van die viktimisasie taktiek van Eskom en hul regeerders nie.

Eskom is ‘n staatsentiteit en word sedert 1994 deur die ANC bestuur.   Dis bykans dieselfde tipe beleid wat gevoer was in die jare 1900 toe die Britte ‘n verskroeide aarde beleid toegepas het teenoor ons twee onafhanklike Boererepublieke.  Alles is vernietig deur diegene wat kom oorlog maak het met die Boere.   Destyds het hul van goedkoop arbeid gebruik gemaak om dit te doen.

Voor 1994 was Eskom netso geteiken en gesaboteer tot die uiterste om ontslae te raak van voorsieners van elektrisiteit.    Hulle werk na ‘n eindpunt toe, waar biljoene gesteel of skades berokken word.   Daar is min hoop dat Suid-Afrika vir jare ‘n veilige en betroubare elektrisiteitsvoorsiening sal hê.  Wat dit vererger is die feit dat Eskom ‘n staatsentiteit is en dit het jare geneem om Eskom te bou tot die reus in 1994.  Daarna word dit eenvoudig, dag vir dag van biljoene beroof en afgebreek.  Wat dit vererger is, daar word reguleerders en wetgewing gemaak sodat Eskom net tot op ‘n punt krag kan voorsien.    Daar is hande en opdragte wat gegee word, om die hele kragnetwerk oor te neem vir eie gewin en die land in duie te laat stort.

Sabotasie

Hierdie is nie gewone diefstal nie, die sabotasie grens aan hoogverraad.   Hierdie piepstemmetjies, die parasiete, pleeg sabotasie van voor 1980 reeds, nie net aan Eskom nie, maar ook aan die ander staatsinstellings, stadsrade en alles wat in 1994 oorhandig is, is rot en kaal besteel.   Die oorhandiging van die 1994 regering aan kommuniste is die resultate waarmee ons moet saamleef vandag.

Tutuka kragstasie

Tutuka kragstasie wat naby Standerton geleë is, is vir die hoeveelste keer (5e) keer gesaboteer.   Volgens berigte is daar 20 binne personeel geskors en 3 in hegtenis geneem.   Hierdie byenes regoor ons land is besmet met korrupsie om elke burger en besigheid in die land skade te berokken –  opdragte wat duidelik van hul boonste strukture gegee word.

Wat hou dit vir hierdie plunderaars en saboteers in?

Nie veel nie, hulle sal dalk vir ‘n wyle ‘n paar pennies in die bank hê, wat ook nie lank gaan hou in die donker Suid-Afrika nie.   Hulle dink tog nie hul oppermeesters gaan hulle vir altyd onderhou nie.    Gaan die wat dit nou uitvoer, die spul later afpers?

OPSETLIKE SAAKBESKADIGING EN TERREURDADE   

Die sabotasie vind letterlik op elke vlak asook in meeste kragstasies plaas.   Dit is nie net diesel, kabels en onderdele wat ‘verkoop’ word nie, maar klippe beland ook in die steenkoolbrekers wat dan nog meer ernstiger skade aanrig, aan die land sowel as elke belastingbetaler en burger van die land.

Tariewe word eenvoudig verhoog en selfs die swart bemagtigers wat die tenders kry, speel nie net kat en muis nie, maar plunder gerieflik saam om hulself en hul oppermeesters te verryk.

Vanaf Maart  2021, was daar identiese sabotasie wat plaasgevind het as die in 2022.   Terroriste teiken Eskom met mag en mening om dik kabels te sny of eenvoudig kragverbruik te sny om die ekonomie van die land totaal te vernietig.  Nadat die fout na 3 dae opgespoor en herstel is, het terroriste weer eens toegeslaan en byvoorbeeld ander skade berokken deur die beheerlugpyp wat die turbinestelsels voorsien, met kraggereedskap gesny.

Hulp uit die binnekring van Eskom     

Persone wat toegang tot die betrokke perseel(e) of kragstasie(s) het, ken ook reeds die sekuriteitstelsels van kragstasie(s) en hulle weet presies wanneer en waar om toe te slaan.  Daar is al so lankal soveel sabotasie en diefstal aan die gang, mens sou dink dat Eskom hul sekuriteit werklik tot baie hoë standaard opgeknap het, wat duidelik net teveel foute het met totale gemak om binne te dring.

Skuldiges weet wat hulle doen in al hierdie kragstasie eenhede om enige sekuriteitstelsel met gemak te omseil.    Binnekring speel hul rol.

Waar is al hierdie biljoene heen wat so maklik en eenvoudig afgeskryf word.  André de Ruyter, die Hoof uitvoerende hoof  van Eskom, het in April 2022 onthul dat Eskom sowat R1,3 biljoen se onderdele by Tutuka moes afskryf omdat niemand dit kon opspoor nie.     Die vraag is, wat is die tydperk wat hierdie ‘onderdele’ gesteel is, sonder dat iemand dit agterkom of daar geen sekuriteit is nie.    Dit is absoluut swak en onaanvaarbaar.     Dis ons geld wat so gesteel word.   Daar word berig dat daar meer sekuriteit aangestel is, maar tog gebeur sabotasie en diefstal herhaaldelik.

Iemand word multi-biljoenêrs uit ons belastinginkomstes en word waarskynlik betaal om die sabotasie te pleeg.   Wat na vore tree is dat hierdie terroriste deel is van Eskom se swart bemagtiging strategieë en presies weet waar, hoe en wanneer om die duurste toerusting te steel sodat dit die meeste skade kan berokken.     Duidelik  is die werkers nie daar om te werk en ‘n diens aan die land te verskaf nie, maar voed hul eie sakke en die wat die opdragte van bo uitdeel.

Die onwettige staking van loonwerkers en personeel is gerieflik in die tyd wat daar soveel sabotasie en diefstal gepleeg word.  Of daar enige aksie sal wees vanaf bestuurskant om diegene wat deelgeneem het, sal tyd leer en niemand sal dalk weet wat gebeur daarmee nie.  Hoeveel onwettige stakings vind landwyd plaas en hoeveel werkers is al ooit hieroor ontslaan?   Dieselfde geld vir swak of min steenkool verskaffing.

*

Noodplanne?

Enige besigheid behoort noodplanne in werking te stel met enige krisis en gebeurlikheidsplanne.   Lys alle weerbare en persone wat ervaring en die kwalifikasies besit wat die werk wil en kan doen.   Raak ontslae van diegene wat daarop uit is om te steel en nie kan of wil werk nie.   Geen werk, geen betaling.


There are solutions  

Where are the Emergency plan(s) for Eskom and each powerstation?

Try and recall all available white or even other Qualified Tradesmen (say up to 65 years old who used to work for  Eskom before.

A suggestion is to put them then on a 2-10 year contract to do all the planning and maintenance to stop load shedding once and for all, like in the old days!    If people are there, not to work, they do not belong there.

May be an image of text

*

Terwyl Eskom saboteurs nog daaraan kou hoe om die publiek meer uit te buit met langer kragonderbrekings, is daar amptenare van Metropole, Johannesburg en Kaapstad  (selfs elders anders), wat bespreek hoe om van Eskom weg te kom.

Wat van die korrupsie wat nie vasgevat en uitgeroei word nie?   Daar word net niks daaraan gedoen n ie.

Daar moet voorkeur gegee word aan hierdie tipe van sabotasies wat plaasvind.   Dis nie die eerste keer dat Eskom soveel beurtkrag instel as gevolg van korrupsie en sabotasie nie.  Die feite dat die aanvraag na steenkool groter is in die wintertydperk behoort geen probleem vir Eskom te wees as hulle hul onderhoud en instandhouding doen soos wat dit behoort te wees nie.

Daar is volgens bronne heelwat kragnetwerke soos die wind en solar, wat ook nog nooit ‘gekoppel’ kan word in die stelsel nie – waarom nie.   Dit is lankal tyd dat die publiek hierdie regering aanvat, wat dit is hulle wat Eskom reguleer, nie die werkers of brandstof en steenkooltekorte nie.   Stadsrade,  Metropole, besighede en maatskappye wat heelwat krag verbruik, moes al lankal die rooiligte gesien flikker het.

Burgers en onwettige immigrante maak baie gebruik van onwettige kragtoevoer, dit is tyd dat hierdie tipe diefstal hokgeslaan word.  Munisipaliteite moet hierdie saboteurs eenvoudig blok en hul onwettige kragdrade verwyder.  Indien hul onwettige immigrante is, stuur hul summier terug na waarvandaan hul afkomstig is.   Dis onnodig dat ons so duur vir elektrisiteit betaal, want ons kan nie die hele Afrika gratis onderhou met alle dienste verskaffings nie.

9 Maart 2022 op twitter:

Daar bestaan geen vertroue met die huidige regering en wat hulle doen met Eskom nie.   Duidelik gaan die plundertog voort.  Korrupsie en sabotasie staan soos ‘n paal bo water uit.

Wie vertrou die ANC nadat alle staatsentiteite leeggesteel is en selfs die regering self so gekaap is.   Hierdie is nou ‘n regering wat nooit moes gewees het nie want hul onttrek alles uit die land uit vir hul leermeesters.

*

Dis nie dat enige opposisie party bydraes lewer om van die korrupsie ontslae te raak nie, maar duur kommissies dra geen vrugte nie, behalwe die verslae wat ook niks van sal kom nie.   Die hele parlement, wetgewing en grondwet word onder andere deur George Soros se OSF.SA beheer en gefinansier en daar uit London huis (statebondland).   Niemand anders as Ramphele en Zille is deel van OSF.SA.

Mantashe failed to address the electricity crisis

Since his appointment in 2018, Mantashe has presided over the worst loadshedding period in years. Independent estimates show that since 2018, when President Ramaphosa came to power, South Africa has shed 4 136 GWh of electricity. The economic cost of this loadshedding crisis has resulted in record unemployment and a very high cost of living for vulnerable South Africans. Mantashe must take responsibility for the dysfunctional regulatory environment and planning of our electricity supply sector.

Image

*

The ANC government has been looting our state coffers for decades, and together with their policy on cadre deployment, our government has become a crime syndicate for the benefit of the connected few. Under Ramaphosa’s cabinet corruption continues to flourish, our electricity infrastructure is collapsing and there is no capability to affect a turnaround plan.

https://www.da.org.za/2022/03/ramaphosas-cabinet-must-go-5-reasons-for-the-das-motion-of-no-confidence-in-gwede-mantashe

*

RELATED

Eskom  – Koeberg

Glencore .

State capture – Zondo commission  – Molefe  – Gigaga – Guptas

Eskom –  Koketso Choma  – Matshela Koko

Eskom –  housing –  Hostelle

Eskom : corruption (executives)


OSF-SA (George Soros)

Nigel Farage exposes George Soros – OSF

Africa Check and funding – South Africa – Africa – OSF.SA George Soros and others

Cato Institute and Koch Brothers (Muckety)

Ooreenkomste – Agreements

OPEN SOCIETY: SOROS FUNDING

Anarchy in South Africa

Soros and Ramaphosa

George Soros  –  OSF.SA   –  FW stigting  – Grondeise: 1994

Soros and revolution –  Schwartz György

Hegelian Dialectic

Soros bedrywig in Suid-Afrika

Kodesa – “liberale en kommunistiese grondwet skrywers”

Dakar-Kodesa 1982-1986-1994

Mislukte Suid-Afrika –  SA Failed

Wie is ABN?

ABN en Dinokeng

Veelrassige organisasies  –  ABN

*

Wie word ryk uit swart bemagtiging – bevoorregtes?

Inhoudsopgawe B-BBEE Index

An ANC-run Eskom will remain powerless – Katzenellenbogen

Power station saboteurs darken SA – again

https://ewn.co.za/2022/06/27/eskom-unprotected-strikes-at-some-power-stations-tantamount-to-sabotage

RELATED

Sabotage inside Eskom 2020 report

Deliberate Sabotage at Eskom

2 gedagtes oor “Sabotasie – skending van menseregte”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s