*
Die vraag is – hoe ontbloot mens enige Wit nasionalisme en watter reg het multi-kultuur organisasies om hul oor WIT nasionalisme uit tespreek. Of van wanneer af mag WIT mense wat deel is van die Boere volk, nie saamstaan as ‘n volkseenheid vir hul reg tot voortbestaan waar hul regte onderdruk word. Dit bestaan al sedert 1652 in suidelike Afrika dat swart, khoi san en griekwas afsonderlike gebiede beset het om oor hulself te regeer – tewete Kroongebiede en Reservate. Die Anglo-BOERE oorlog het dit ook gewys hoe die BOERE vegters en leiers as kommando’s van al die Boere republieke saamstaan om ‘n oorlog teen Brittanje en al haar bondgenote, wat die Afrikaners hierby ingesluit word, teegestaan het. 
*
Die artikel wat Ernst Roets geskryf het in 2019, word hieronder aangehaal en bespreek. Dit is duidelik daar word openlik deur Afrikaner organisasies teen die Boere volk gediskrimineer, wat ook meestal blankes is en hierdie Afrikaner organisasies is nie die enigstes nie.
Dis ook nie asof die Boere volk aan die Afrikaner organisasies, Kallie Kriel, Ernst Roets, Flip Buys of enige ander voorsitter voorskryf hoe hul hul organisasies se lede moet beheer nie. Nie een van die Afrikaner organisasies het ‘n REG of MANDAAT om namens die Boere volk op te tree nie. Die Afrikaner organisasies is deur die bank veelvolkige organisasies en kan hul siening en opinies slegs vir hul lede uitspreek. Op die stadium kritiseer hulle lede van die Boere volk, wat nie hul weg volg om hand op die blaas met regeringsinstansies of veelvolkig te wees nie.
Niemand van die Boere volk het Wit nasionalisme al ooit in die geheim bespreek of weggesteek nie, maar die Boere volkslede is toevallig WIT terwyl ander volke soos Khoi san / Griekwas bruin is en die Zoeloe, Tswana, Xhosa, Sotho’s is almal swartes. Die Boere volk het nog nooit probleme met ander rasse gehad nie, behalwe as hulle fisies aangeval en uitgewis word of andersinds met rasbeheerde wetgewings op hul en hul families uitvoer.
Daar is egter ‘n groot verskil, skielik is sommige klassieke liberales bang om WIT genoem te word. Wie is hulle in elk geval om hul uit te spreek oor die Boere volk wat ‘n blanke volk in Suid-Afrika is. Die Boere volk het ‘n internasionale reg om oor hulself te regeer en ‘n bestaan te hê soos wat hul voorouers gehad het in al die 20 Boere republieke.. Die Liewe Vader het velkleure geskape, nie die mense of liberales wat daaroor moet besluit of dit reg of verkeerd is nie.
Die Volkslede wat tot die Boer volk behoort, wat glo in ons eie volk se identiteit en kultuur, patriotisme en ons wortels, is nie geheime organisasies met geheime agenda’s soos wat die Broederbond en ander organisasies vir jare was vanaf 1900 tot datum nie. Het ook niks om skaam te wees omdat hul hardwerkend is en hul eie vryheid soek.
Armoede soos deur swart bemagtiging en regstellende aksie veroorsaak, kom ook uit liberale blanke en klassieke liberale kringe voor 1990. Nog voor die land oorhandig is aan kommuniste en terreurdade om alles te vernietig, is dit liberale en klassieke blankes wat in Dakar, buite die landsgrense besluit het om met rassistiese wetgewings te kom. Die Boere volk was nie hierby betrokke nie.
Regstellende aksie – Affirmative Action – Dakar 1989
Dis eintlik skokkend.
En dit is nie al nie – Solidariteit se Dirk Hermann het ook voorleggings aan ANC en Parlement gedoen hoe om ontslae te raak van 750 000 blankes in Suid-Afrika. Gerieflik vergeet hierdie Afrikaner organisasie waarvoor hul gevra het. Luister en lees die artikels en beeldmateriaal / onderhoud met destydse Minister van Gesondheid – ook deur Solidariteit gedoen.
Dr Venter – NP previous government
Rina Venter – Legkaarte – die leuens
South Africa – 1990 – Rina Venter
Nou bou hulle ‘n veelvolkige Afrikanernasie met ‘Afrikaanssprekendes”. Moenie Akademia vergeet nie, alles word met veelvolkige geldelike bydraes gedoen.
Oor armoede uit die 2003 voorlegging – Hoeveel van die 750000 het al gebeur en is deel van die Boere volk? Hoeveel van hierdie volksmense het hul werk en lewens verloor omdat hulle te arm is om ‘n bord kos aan te skaf?
Submission by Solidarity 14 May 2003 in Parliament
&&
Dirk Hermann
Flip Buys
Swart bemagtiging – B-BBEE
*
Wanneer ‘n klassieke blanke opstaan in parlement en sy grondwet probeer regverdig, maar in dieselfde asem hul uitspreek teen wit nasionalisme, terwyl elke wetgewing en grondwet geskoei is teen die BLANKE RAS teen ons ondergang – nerens sien mens enige tekens dat dit afgekeur of in ‘n internasionale hof betwis word nie. Dit staan al vir 26 jaar en selfs langer. Dan is daar ‘n groot probleem met WIT nasionalisme. Die wetgewings is duidelik, wat nie beleid is nie, om teen elke blanke (wat die blanke Boere volk insluit), gediskrimineer.
*
DIE SOGENAAMDE GRONDWET VAN DIE LIBERALE, KLASSIEKE LIBERALE EN KOMMUNIS
9. Gelykheid
(3) Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand diskrimineer op een of meer gronde nie, met inbegrip van ras, geslagtelikheid, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiënteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte.
30 Taal en kultuur
Elkeen het die reg om die taal van eie keuse te gebruik en om aan die kulturele lewe van eie keuse deel te neem, maar niemand wat hierdie regte uitoefen mag dit doen op ʼn wyse wat met enige bepaling van die Handves van Regte onbestaanbaar is nie.
31. Kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe
(1) Persone wat aan ʼn kultuur-, godsdiens- of taalgemeenskap behoort, mag nie die
reg ontsê word om, saam met ander lede van daardie gemeenskap–
(a) hul kultuur te geniet, hul godsdiens te beoefen en hul taal te gebruik nie; en
(b) kultuur-, godsdiens- en taalverenigings en ander organe van die burgerlike
gemeenskap te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit nie.
(2) Die regte in subartikel (1) mag nie uitgeoefen word op ʼn wyse wat met enige
bepaling van die Handves van Regte onbestaanbaar is nie.
10. Menswaardigheid
Elkeen het ingebore waardigheid en die reg dat daardie waardigheid gerespekteer en beskerm word.
11. Lewe
Elkeen het die reg op lewe
Net soos die Zoeloe in Ingonyama Trust saamkoek al sedert 1816, het die Boere volk uit die Boere republieke wat onafhanklik was, dieselfde regte, en selfs meer. Ironies was die spul wat Dakar toe is in 1986 ook in geheim gedoen of daar in Mellspark huis waar gekoukus is om die land te oorhandig.
GEVOLGTREKKING
Vanuit Afrikaner organisasies se oogpunte, word dit beskou as wit nasionalisme as die Boere volk opstaan vir hul regte. Niemand is verbaas oor Afriforum se uitspraak en veral halwe dreigemente wat teenoor wit nasionalisme gemaak word wat ontbloot en teengestaan moet word nie. Die hele artikel word ook hieronder geplaas. Wie dreig wie en in terme van hulle grondwet wat hulle ondersteun is dit ook vryheid van spraak dat die Boere volk wat nie saam die regering koekies en tee geniet nie, ons eie gebiede soek en wil regeer.
Die Zoeloes en ander swart stamme, is tans ook in hul eie gebiede, so ook die Griekwa en Khoi san en daarmee het die Afrikaner organisasies geen probleem nie. Derduisende grondgebiede is na 1994 saam met finansiële vergoeding, saad, trekkers en selfs mentors uitgedeel aan al die Trust en CPA gebiede.
Dit wat die Boere volk verlang is dat hul Boere republieke, al 20 afsonderlike Boere republieke, herstel moet word soos wat dit in 1902 aangedui was in daardie Vredesverdrag ooreenkoms. Dit het absoluut niks met apartheid te doen nie, want dit behoort volle onafhanklikheid te wees soos wat Botswana en Nambië is. Dit is in elk geval ‘n internasionale reg vir enige volk.
:
HERSTEL VAN DIE BOERE REPUBLIEKE, SOOS WAT DAAR OOREENGEKOM IS MET DIE VREDESVERDRAG VAN 1902
Inteendeel, is dit die huidige ANC-DA-EFF- en ander op die groen banke, wat ‘n heksejag voer teenoor Wit nasionalisme met SWART bemagtigings- en regstellende aksie wetgewings teenoor ‘n handjievol blankes, wat ‘n groot persentasie Boere volkslede insluit.
Natuurlik is daar die klassieke liberale en liberaal verligte blankes wat saam in die kooi is met George Soros – OSF.SA en Cato Instituut. Die Boere volk het nie voorkeur aan multi-kulturele organisasies gegee nie en is ‘n volk in eie reg, en skryf nie voor aan Afrikaners wat om met hulle organisasies te doen nie.
VREESBEVANGE
Dus hoekom moet enige Wit nasionalisme teengestaan word, om by wie aan te pas of word daar ‘n vrees ervaar uit daardie kringe uit? Hoeveel van hul lede is selfs deel van die Boere volk, wat nie by hierdie Afrikaner organisasies hoort nie? Daardie lede moet hulself afvra watter onreg hul aan die Boere volk aanrig met hul veelvolkige Afrikaner organisasie steun.
Die Boere volk het al van voor 1994 versoek ons soek ons eie onafhanklike gebiede, en dit is geen sonde om deur jou eie leiers regeer te word in jou eie gebied(e) nie. Dis hoekom dit ‘n amptelike pad gevolg is wat amptelik deur die ANC erken is.
Suid-Sudanese minderhede het dit ook in 2011 gekry waar hul van Sudan afgestig het. Dis nie ‘n misdaad nie. Daar is baie klein lande wat hul onafhankikheid verkry het. Die Boere volk wil nie by FW de Klerk of by Solidariteit, Sakeliga of Afriforum se multi-kulturele beleid of bandjies aanpas nie – of is dit nou by die groter prentjie van FW de klerk stigting en Afrikanerbond wat ‘n gemengde gefaalde reënboognasie vooropstel en dit nog nooit gewerk het nie? Dis nie die nasionale party wat die mag in die land het nie en dis nog minder Afriforum wat ons Boere volk met wit nasionalisme kan afdreig hiermee.
As daar na die “multi-kulturele reënboognasie” rondom ons gekyk word, word daar daagliks sowat 50+ moorde gepleeg, waarvan Wit Boere VOLK ook stelselmatig uitgeroei word, nie net met Swart bemagtiging nie.
Nie net word ons wit Boere volk aan erge martelings geplaas nie, maar ons vroue word voor kinders verkrag. Ons het ‘n reg tot ons eie volksvryheid.
Namens wie word boeke geskryf of flieks van gemaak waar Wit boere vermink en vermoor word en waarnatoe gaan al die inkomste heen.
Hierdie uitspraak van Afriforum was al lankal te wagte, spesifiek van enige multi-kultuur organisasie net soos die van Malema en is niks meer snaaks nie.
Ironies – ons voorouers het identies dieselfde tipe pyne deurgemaak gedurende die Anglo-Boere Oorlog en die voorafbeplande aanslae, spesifiek teen die handjievol trekkers en Boere volk, wat later onafhanklike Boere republieke gekry het deur liberale blankes of verligte blankes. Meeste Britte wat ons hier kom aanval het, was WIT en liberaliste. Die Afrikaners het graag aan die rokspante van die Britte geklou en saamgespan teen die Boere volk. Die Bondparty het uit Afrikaners bestaan en hulle het ook een Unie van SA voorgestaan soos daarna uitspeel in die regering asook 1948 regering. Sioniste soos Jan Smuts was hoog betrokke in alles wat rondom ons afspeel.
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) -; ABO
Daarteenoor, is ‘n hele paar wat saam met Afriforum op dieselfde bootjie is en gaan mens terug op al hierdie organisasies se voetspore. Lede wat saam De Klerk wandel en toesprake wat gemaak word op sy stigting, spesifiek oor kwansuis multi-kultuur of “minderheidsvolke” se menseregte. FW stigting se vele bydraers spreek boekdele hoe daar swart bemagtiging ondersteun word. (KAS) (duits)
Hoe meer mens alles volg, hoe meer weet mens waar hulle staan saam met George Soros en sy CATO Instituut finansier saam die Kogh broers, dis waar Kallie Kriel en Ernst Roets graag in Amerika gaan kuier het.
Dit sluit eintlik aan by Julius Malema se uitsprake oor blankes wat beveg moet word waar hulle uitsprake al in die hof gaan draai het en daar niks van gekom het om ‘n rassistiese Malema te vervolg nie. Nou verstaan mens hoekom Malema nooit vervolg is nie. Bootjie na kammaland volg dieselfde roete. Afrikaners is multi-kultuur.
&&
Dit is nog meer eenvoudiger as die voorlegging, waarvan baie min kennis dra of eerder wegkyk toe daar in 2003 ‘n voorlegging in parlement gemaak is deur Dirk Hermann, oor hoe om van 750 000 blankes ontslae te raak met behulp van Swart bemagtiging en Regstellende aksie.
Dit sluit sommer regstreeks aan by Dr Rina Venter se video waarin sy dit openlik erken. Dieselfde bootjie, net ‘n ander stuurman en albei saam die ANC, EFF en DA, en almal wat wit nasionalisme haat met hul B-BBEE wetgewings en rassisme bevorder om ons nie net ekonomies nie, maar met misdaad uit te wis.
*
Die Wit Boere volk het dieselfde regte as die wat swart bemagtiging uitoefen.
Die harde werklikheid is al vir jare te bespeur maar die dreigemente rondom hierdie uitspraak spreek die binnehof van Afriforum en hul ander “familie organisasies” aan. Dit opsigself maak van Afriforum sowel die lede wat deel van hulle vorm, rassisiste teenoor elkeen wat wit is in Suid-Afrika.
Dit is RASSISME EN DISKRIMINASIE.
Swart etniese volke vorm al sedert 1994 ‘n eie vlak “interne” selfregering, waar daar reeds 8840 tradisionele leiers is na 1994. Die staatskas en belastingbetaler betaal hulle en hulle is absoluut niks van die Boere volk nie. Dit is nou al die ou Tuislande, wat of oorgeskakel het na die Trustgebiede en wetgewing, of andersind na die Grondeise, waar ‘n CPA geregistreer is.
Al hierdie tradisionele leiers, die CPA gebiede sowel trustgebiede, word onderhou deur belastinginkomstes, wie is die grootste bydraers hiertoe? Net vir hulle alleen.
Etniese volke, wat ook die Bruin en Khoisan insluit, is nie deel van die reënboognasie wat vervlak en vervalle is nie.
ONWETTIGE IMMIGRANTE
Gerieflik groei misdaad daagliks ‘n drastiese tempo? Daarteenoor, het misdaad ‘n 15% VAT inkomste vir die regering. Ons sit met al die immigrante rondom ons wat ons nie net aanval nie, maar ook uitwis. Hulle neem oop gebiede soos die dorpe, stede en landelike gebiede van die Boere republieke oor, saam al die mynmagnate, wat alles uithaal vir eie gewin.
Moenie verbaas wees as al hierdie aanvalle veral deesdae, heel beplan is om besighede, veral al die Afrika immigrante tot as te verbrand nie. Hulle is almal binnegenooi, Binnelandse sake het selfs pryse verskaf om te hervestig. Doelbewustelik is daar ‘n duidelik patroon wat al vir 25 jaar gevolg word. Want as die immigrante vlug wie bly oor?
Hoe meer besighede vernietig word, hoe groter die inkomste , veral aan versekering en sekuriteitsagentskappe wat lekker geld maak uit ons uit.
Dit is al genoem. deur verskeie sprekers dat ons Wittes aangeval moet word, en nie net deur Zuma, Mandela, Malema en Ace Magashule nie, maar ook blanke liberaliste of klassieke liberaliste soos Afriforum wat ons wil teenstaan. Om wat mee te maak ons te dwing in die George Soros kommunistiese stelsel?
En dit is so – die gevoel is wederkerig wat die verwerping van multi-kultuur hierby insluit. Dit wil sê die man, Ernst Roets van Afriforum, maak ‘n bekentenis dat hy staan vir minderheidsregte, maar as blankes ‘n samehorigheid , eenheid of selfs wit nasionalisme het, is dit nou ‘n misdaad en moet dit ontbloot en teengestaan word. Dus moet die Boere volk aan hul voorskrifte gehoor gee en basta met die res.
Hoekom word die ander lede in sy eie “multi-kultuur organisasie” beskerm? en swart bemagtiging is rassisme en diskriminasie mag plaasvind en dit is wettig.
&&
Deur Ernst Roets
Die ideologie van wit nasionalisme is een wat ontbloot en teengestaan moet word. Wit nasionalisme is al op baie verskillende maniere beskryf, maar dit kom neer op die bevordering van die belange van wit mense omdat hulle wit is. Swart nasionalisme kan natuurlik ewe problematies wees, maar dit is nie waaroor hierdie artikel handel nie.
AfriForum is al as baie dinge beskryf, sommige daarvan met reg. In sy wese is AfriForum ’n burgerregte-organisasie wat hom op die beskerming van minderheidsregte toespits. Omdat AfriForum vanuit die gemengde Afrikanergemeenskap ontstaan het, het die organisasie wel ’n klem op die belange van daardie bepaalde gemeenskap. Hierdie klem is onderhewig aan die streng voorwaarde dat die belange van een gemeenskap nie ten koste van ’n ander gemeenskap bevoordeel of bevorder mag word nie. Hulle kan slegs namens hul lede praat en besluite maak. Waar is hulle mandaat andersinds?
AfriForum is gevestig op die beginsels van vreedsame naasbestaan en ook van wedersydse erkenning en respek tussen verskillende gemeenskappe. Die bevordering van die belange van lede van ’n bepaalde rassegroep – bloot omdat hulle tot daardie groep behoort – staan vierkantig in die pad van juis dit wat AfriForum wil bereik.
AfriForum volg ’n gemeenskapsbenadering. Ons erken die onbetwisbare waarheid dat mense vryelik met bepaalde gemeenskappe assosieer en dat mense graag wil sien dat hulle gemeenskappe floreer. Sulke gemeenskappe kom op natuurlike wyse tot stand, gewoonlik op grond van kultuur, taal of godsdiens.
Mense kan ook verskeie identiteite hê het Roets voortgebou.
Dus is iemand vandag ‘n skapie en more is hy of sy ‘n bok en oormore is hy of sy ‘n hoendertjie wat eiers lê of dalk ‘n perd en olifant met ‘n lang slurp.
So byvoorbeeld beskou hy homself as deel van die Christelike godsdiensgemeenskap, maar ook van die Afrikanerkultuurgemeenskap, maar ook van die Afrikaanse taalgemeenskap, maar ook van die gemeenskap van mense wat woon in die territoriale staat wat vandag as Suid-Afrika bekend staan.
Hierdie gemeenskappe oorvleuel, maar elkeen van hulle is anders en elk van hierdie gemeenskappe bestaan uit mense wat vryelik met daardie gemeenskap assosieer maar wat ook nie noodwendig deel wil wees nie van die ander gemeenskappe waarvan hy deel uitmaak.
AfriForum fokus nie op die regte van die “wit gemeenskap” nie en verwerp so ’n beskrywing, onder andere op grond van die feit dat lidmaatskap nie tot enige bepaalde rassegroep beperk is nie – en dat AfriForum baie lede het wat nie wit is nie, byvoorbeeld. So hulle sal nou almal welkom in Amerika wees na Amerika se uitnodiging van vlugtelingstatus en sal weer Amerika opbou.
Beskerming van die belange van kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe en aanmoediging van wedersydse erkenning en respek tussen sodanige gemeenskappe is in die algemene belang. Dit stem ook ooreen met beste praktyke wat deur die Verenigde Nasies en baie ander internasionale liggame voorgestaan word. Organisering op grond van velkleur is egter vernietigend vir maatskaplike samehorigheid.
Om AfriForum as ’n konserwatiewe organisasie te bestempel, sal nie onakkuraat wees nie. Ons beskou onsself egter as konserwatief in die ware betekenis van die woord, en ons vereenselwig nie met die stigma wat deesdae aan konserwatisme geheg word as synde ‘n ideologie wat na die verlede hunker, of wat teen verandering gekant is bloot omdat hy verandering nie kan hanteer nie, of wat tradisie ten koste van vooruitgang wil bewaar. AfriForum is niks hiervan nie. AfriForum kan as konserwatief beskou word in die sin dat ons gemeenskap, kultuur, tradisie, erfenis en gewoonte koester. Ons heg groot waarde aan hierdie dinge in ons eie gemeenskappe, maar ons wil graag sien dat alle gemeenskappe dinge wat hulle na aan die hart lê, sal beskerm en bevorder.
Ons erken dat daar ontasbare dinge is wat mense as deel van hulle identiteit koester en dat hulle dit wil bewaar. Ons is egter oortuig dat die bevordering van hierdie dinge volhoubaar verwesenlik kan word slegs as ander kultuur-, godsdiens- en taalgemeenskappe ook die reg kry om hulle lewe in te rig soos hulle dit goedvind – selfs al stem jy nie met hulle oortuigings saam nie.
Rasgegronde nasionalisme staan in die pad van juis hierdie dinge wat AfriForum wil bereik. Dit is in die nastrewing van hierdie dinge wat AfriForum koester, en ook in sy teenkanting teen ’n eendimensionele rasgegronde benadering, dat AfriForum al herhaaldelik stappe gedoen het vir die beskerming van die regte van ander gemeenskappe.
Voorbeelde hiervan sluit in AfriForum se veroordeling van wit nasionalistiese groepe en rassistiese kommentaar deur wit nasionaliste.
Ander voorbeelde sluit in AfriForum se regstryd met die Suid-Afrikaanse regering om ’n skool vir die Zoeloe-gemeenskap van Nkandla te bou, die bystand wat aan die Wallmansthal Communal Property Association en die Ndebele Vaaltyn-stam gelewer is, en talle ander.
AfriForum huiwer nie om ferm standpunt in die openbare diskoers in te neem nie. Soos enige organisasie of beweging wat bereid is om standpunt in te neem oor eietydse kwessies, kry AfriForum ook te kampe met die uitdaging van kwaadwillige kommentators wat poog om die organisasie uit te beeld as iets wat hy nie is nie. Dit is ’n lui manier om die organisasie te diskrediteer deur valse stigmatisering en stereotipering sonder om te reageer op die werklike standpunte wat AfriForum inneem.
AfriForum het die ideologie van wit nasionalisme nog altyd verwerp en sal voortgaan om dit te doen.
https://www.afriforum.co.za/afriforum-se-verwerping-van-wit-nasionalisme/
*
HIERBO:
Ander voorbeelde sluit in AfriForum se regstryd met die Suid-Afrikaanse regering om ’n skool vir die Zoeloe-gemeenskap van Nkandla te bou, die bystand wat aan die Wallmansthal Communal Property Association en die Ndebele Vaaltyn-stam gelewer is, en talle ander.
Dus ‘n interessante siening, en mag die Ndebele en Zoeloe gemeenskappe afsonderlik gebou en ondersteun word soos tans met CPA en Trustgebiede gedoen word na 1994.
Daar bly nie onwettige immigrante in die CPA of Trustgebiede nie – waarom word onwettiges daar uitgehou? Meeste plak en beset die Boere republieke van 1902.
*
Die Boere volk het ‘n reg tot alles , ook ‘n eie onafhanklike gebied, eie skole, eie regering, identiteit en kultuur. Dit is ‘n internasionale reg om dit as volk terug te kry, wat in 1902 van die Boere volk gesteel is. Dit beteken ook nie, net omdat die Boere volk blankes is, het hulle geen regte nie, al word hul beskuldig van aparte gebiede. Dit het niks met apartheid te doen nie, want onafhanklikheid is ‘n soewereine staat en volk wat oor hulself regeer.
Dus, geen apartheid nie, wat die Zoeloes en ander volke vandag het, is aparte gebiede met Trust en CPA’s.
Daar is na 1994 reeds duisende aparte grondgebiede en toepaslike wetgewing, ooreenstemmend met die 1996 grondwet vir afsonderlike ontwikkelings en volke, maar daar word oordeel gevel omdat ons ‘n blanke BOERE volk is met dieselfde regte as swart volke.
Die Boere volk se grond is in 1902 deur Brittanje en Afrikaners gesteel en in die Unie van Suid-Afrika ingedwing en word steeds uitgedeel aan vreemdelinge. Dit moet 100% herstel word – daar is meer as 20 Boere republieke in Suid-Afrika.
*
MULTI-KULTURALISME WORD VERWERP EN SAL DIT ALTYD TEENSTAAN
Ironies is die Zoeloevolk in hul Ingonyama Trust al sedert 1994…
Verskillende stukke inligting beskikbaar geplaas …
“Zulu kingdom” Ingonyama Trust
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
Die 7.6 miljoen swart titelakte houers
Agreements and Traditional leaderships
B-BBEE – violation of white people’s human rights – sport quotas
State-owned land – 25 years later
Skending van Boere volk se menseregte
Begroting – tradisionele leiers 2019
Zwelithini: Traditional leaders: SA – budget
Traditional leaders South Africa: 8840
Rina Venter – Legkaarte – die leuens
Dr Venter – NP previous government
Estimated 500 000 plus murdered since 1994
SA is a failed country (since 1994)
>
DISKRIMINASIE EN RASSISME – SWART BEMAGTIGING
Die skema is swart bemagtiging en heet Koöperatiewe aansporingskema (KAS) – ” The scheme referred to as the Co-operative Incentive Scheme” (CIS) and a B-BBEE scheme.
AfriForum, Pioneer, Saai, Agri All Africa (AaA), Purposely Ignited, Boschveld Free Range Chickens, Agrico and Laeveld Agrochem took hands with the Boiphitlhelelo Co-operative to tackle a joint agricultural development project at Noga’s Post village of Thaba ’Nchu… Daar word ook van ander plekke melding gemaak in die artikel.
KAS – CIS -Afriforum-Pioneer-Saai-AaA- Agrico-Boiphitlhelelo – Noga’s Post village
*
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
Wat in die land aangaan is nie toevallig nie. Dit is n wel deurdink te plan om stadig oor te hel ten gunste van kommunisme waar almal gelyk is en sommiges baie meer “gelyk”. Daar is geen Afrika land waar daardie reëls nie geld nie. Melk die koei tot hy droog is.
LikeLiked by 1 person
[…] Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word […]
LikeLike
[…] B-BBEE – BEE – AA – – Scorecards – Swart bemagtigingB-BBEE – swart bemagtiging – Motsepe*Die vraag is – hoe ontbloot mens enige Wit nasionalisme, en van wanneer af mag dit nie saamstaan as ‘n eenheid nie. Dit bestaan al sedert 1652 in suidelike Afrika. Niemand van ons het Wit nasionalisme al ooit in die geheim bespreek of weggesteek nie? Die regering maak ‘n groot ophef daarvan om SWART bemagtiging in te stel teenoor elke BLANKE in die land. Moet swart bemagtiging nie met wortel en tak uitgeroei word nie, want wie word daardeur bevoordeel en ryker gemaak met aandele en besighede? Heelwat besighede was ons volk sin.Die Zoeloes staan ook saam en hulle is swart – Ingonyama Trust sedert 1994 en voor dit was dit die Zoeloe tuisland.Elke grondeis is apart van mekaar en CPA’s is geregistreer en elkeen wat daarop bly, staan saam met hul eie volkslede, slegs hulle gebied en hulle mag voordeel trek.Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word […]
LikeLike
[…] WAT VAN SWART BEMAGTIGING EN DISKRIMINASIE? Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word […]
LikeLike
[…] Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word […]
LikeLike
[…] Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word […]
LikeLike
[…] Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word […]
LikeLike
[…] Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word […]
LikeLike
[…] blanke nasionalisme wat beveg moet word, is ook niks anders as rassisme teenoor die Boere volk nie.Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan wordFlip Buys van Solidariteit en ook Dr Rina Venter het hul bydraes daartoe gelewer en dit word […]
LikeLike
[…] Wie swaai daardie wit nasionalisme van veroordeling rond? Roets Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word […]
LikeLike
[…] Wie swaai daardie wit nasionalisme van veroordeling rond? Roets Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word […]
LikeLike
[…] Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word […]
LikeLike
[…] Afriforum – Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word […]
LikeLike