*
Soms word daar ellelange verdraaide stories oor die oud president, Paul Kruger en ander Boere leiers opgedis wat as die waarheid verkondig word. Alles gaan daaroor om die Boere volk se kultuur en geskiedenis te kaap en ook sodanig te wysig as sogenaamde Suid-Afrikaanse oorlog. Daar was nog nie eers ‘n Suid-Afrika op rekord nie. Daarna is almal in rep en roer oor die saga’s wat later bewys word as onwaar te wees.

*
Paul Kruger was alombekend oor sy lewenslange versoenende rol tussen sy eie mense, die Boere enersyds tussen Boere en selfs die anderkleuriges en swartmense van suidelike-Afrika noord van die Garieb (Oranjerivier), asook tussen die Boere en die Britte. Sou hy soveel moeite gedoen het om oorsee te reis, veral om beperkte soewereiniteit te skrap vanaf die Engelse kroon. Daar was voorwaardes gekoppel aan die Boere republieke se onafhanklikheid, wat slegs bepaal was deur Engeland en haar bondgenote. Vandag weet ons dat Engeland se oorlog nie net uit een kamp ontstaan het nie, maar dat daar groot moondhede vandag is, wat destyds en vandag, steeds saam die Engelse veg.
Niemand gee te kenne dat die Boere leiers nie ook hul eie temperamente het of gehad het nie of selfs foute begaan het nie. As mense het elkeen ons eie as individue ontwikkel met ‘n eie persoonlikheid wat verskil van mekaar. Hoekom sou leiers anders wees? Destyds was dit swaar vir die Boere volk en leiers om onder die heerskappy van die Britte en Afrikaner (BOND party), hul te laat uitleef en was Paul Kruger deel van die Trek uit die Kaapkolonie. Dis die Britte en haar bondgenote wat die voorskrifte uitgedeel het aan ‘n klein minderheidsvolk wat nie onder hul heerskappy wou staan nie.
*
Wie was Paul Kruger werklik?
Was hy maar net ‘n President soos enige ander land of was daar ‘n diepte in hom wat baie min van kennis dra? Wat saak maak en belangrik is, hoe hy die presidentskap hanteer het.
Paul Kruger, die gelowige Christen, het volgens kennis en inligting, niemand onderdruk nie. Daarteenoor het die Boere volk, niemand aangeval nie, maar oor die algemeen hulself, hul wonings, vroue en kinders verdedig. Dis hoe Boere is, indien hulle lewens en vryheid bedreig is of word, het hulle daarvoor opgestaan om dit te verdedig. Boere volkslede vlug nie maklik weg van probleme af nie. Hulle doen dit vandag steeds en dit is nie vreemd dat die Boere volk die mag het om hulself te verdedig as hul aangeval of aangerand en selfs vermoor word. Enige volk sal dit doen en so optree as hul lewens bedreig word. Die Boere het ook soms, by meer as een geleentheid opgetree as bemiddelaar tussen swart stamme en volke om hul eie geskille eenkant te plaas. Dit is ‘n wysheid van verstand, wat niemand van Boere en hul families kan wegneem nie. Daar word altyd dieper na probleme gekyk en om dan oplossings daarvoor te soek .
Die oud President wou in vrede met sy medemens lewe, eerder as om voortdurend in konflik te verkeer. Hy was mettertyd ook in die buiteland bekend om sy leierseienskappe, sy vredesoeke en sy oorredingsvermoëns, is deur wêreldleiers sowel as gewone mense, selfs deur sy vyande, gerespekteer. Indien dit nie so was nie, sou daar nie so baie berigte in die media verskyn het oor die doen en late van die oud President nie. Hy is met fyn en gekose protokol ontvang. Hy wou die beste vir die Boere volk gehad het en dit is volle onafhanklikheid, sonder inmenging of beperkte regering (susereiniteit) wat die Britse ryk oor ons voorgeslagte afgeforseer het.
Niemand van ons voorgeslagte was voorskriftelik aan die Britse ryk of enige ander land op hul eie gehad het nie. Die Britte was nie tevrede met die stuk koek van Brittanje op hulle tafel nie en daarom het hulle die statebond gestig om meer daaruit te verkry, wat al die minerale rykdom insluit wat hulle en hul bondgenote vandag nog voordeel daaruit put. Dit was die grootste rede wat Brittanje gedoen het, en dit was om die Boere volk te probeer vernietig.
Paul Kruger was nes van die ander Trekker leiers, daarom spog ons vandag as nasate met soveel traktate en ooreenkomste wat bewys waarin hulle geglo het om vir regverdigheid, vryheid en onafhanklikheid op te staan. Daar was meer as een leier wat hul sout deur en deur werd was. Alle alle ooreenkomste aangegaan, was met die BOERE volk gedoen, nie met vreemdelinge, organisasies, individue of ‘n multi-kultuur nasie nie.
Toevallig het die grond in suidelike Afrika aan niemand behoort nie, want swart stamkapteins of Brittanje het ook nie die grond aangekoop nie. Vele kere is Boere kommando’s uit verskillende Boere republieke deur een swart stam gevra om hul vee en vrouens van ander radikale swart stamme wat hul goed gesteel het, terug te kry. Soms is daar ooreengekom dat gebiede wat nie deur enige swart volk bewoon of gebruik is (word) nie, juis op hierdie manier verkry is. Dit word Niemandsland genoem.
Boere het heelwat grondgebiede van stamkapteins finansieel aangekoop of dienste gelewer, selfs al was dit Niemandsland. Dit is wettige transaksies wat jare gelede aangegaan is. Net soos wat hierdie swart en ander stamme nie onder die Britte wou wees nie, wou die Boere ook nie. Hulle het almal in verskillende reservate/ lokasies of kroongebiede gebly. Daarom is daar vandag meer as twintig Boere republieke waarmee ons as Boere volk nasate kan spog. Die twee onafhanklike Boere republieke (ZAR – Transvaal en Vrystaat), het ook onderling, elkeen uit meer as een Boere republiek bestaan, waar transaksies aangegaan is.
Vryheid – Nieuwe Republiek (Boer-Zoeloe)
Dis die Niemandslandgebiede wat Engeland en haar bondgenote aanspraak maak dat hulle dit eenvoudig geannekseer het vir die minerale rykdomme en die Kaapse seeroete. Dus, het Brittanje en haar bondgenote op grondgebiede afgestorm soos aasvoëls om alle rykdomme in te palm. Hulle het ook eers al die ander volkere se grondgebiede afgeneem en later word dit verkondig dit was die Boere volk wat dit gedoen het.
Minerale en Apartheid tot datum -Brittanje
*
Dit is ooglopende feite wat hoog wapper soos die Boere Republieke se vlae.
Vierkleur en Vrystaat Boere republieke vlae
Indien dit slegs die Boere volk was wat die vark in die verhaal sou gewees het, waarom het die magtige Brittanje en haar bondgenote dan heel eerste met al die ander volke en stamme slaags geraak en oorlog gemaak, hul gebiede geannekseer as Kroongebiede en Reservate? Kroongebiede en Reservate (lokasies) is nie deur die Boere geïmplementeer nie. Die Boere republieke is vir heel laaste gehou voordat Brittanje met haar honderde duisende bondgenote se soldate die Boere vegters, hul vroue en kinders, ook met die Britse Verskroeide aarde beleid en konsentrasiekampe probeer vernietig het.
Buitendien, die Anglo-Boere oorlog was geen Suid-Afrikaanse oorlog nie soos wat almal vandag verkondig nie. Daar was nie ‘n Suid-Afrika in 1899 nie. Daar was selfs ‘n Anglo-Zoeloe oorlog om maar nog een uit te sonder, wat net so ‘n gedugte volk was om mee rekening te hou. Brittanje het geen volk weggelaat en het hul alles in hul mag gedoen om hul grondgebiede af te neem. Vandag bly meeste van die volke in dieselfde gebiede, wat deur hulself beset is en verkondig dat hul geen grondgebiede het nie. In 1900 het hulle reeds gebiede gehad en dit is na 1961 verander na Tuislande. Dit is alles na CPA of Trustgebiede (met wetgewings), verander na 1994. Almal wat grondeise ingedien het, het dit volwaardig na 1994 ontvang met finansiële steun, bates, saad, produktiewe plase, implemente en veel meer.
*
Isandlwana – Anglo-Zulu war (140 years)
Oor Paul Kruger word daar vandag steeds in die hoofstroommedia om politieke redes met opset valse bewerings gepubliseer dat Paul Kruger en die Boere en/of hul leiers, rassiste was wat die swartmense met wie hulle in aanraking gekom het met minagting en wreedheid mishandel het. Die geskiedenis herhaal ditself vandag, ons as Boere volk word van dieselfde dinge beskuldig, terwyl dit eintlik ander groepe is wat agter die rassistiese deure staan en ons daar soek. Daar word ook nie vertel hoe die Xhosa’s die Boere gesinne op die grense aangeval, huise aan die brand gesteek en hul vee afgeslag en geplunder het nie. Daardie tendens hou steeds aan vandag en het Mfecane nog nooit ophou bestaan nie.
*
Oom Paul was die gekose leier. Op die vraag of Paul Kruger ’n rassis was wat hom aan onmenslikhede teenoor anderskleuriges skuldig gemaak het, kan die volgende feite gestel word. Dus word dit afgemaak as leuens om die Boere republieke en veral al haar burgers te verkleineer.
Ten eerste was Kruger besonder begaafd met taalvaardigheid en kon hy die tale van verskeie swart stamme van Suidelike Afrika vlot praat. Hy het graag met die swart mense in hul eie taal gepraat omdat hy dan beter met hulle kon kommunikeer om misverstande, baie dikwels die oorsaak van onmin tussen volke, te voorkom. Boonop het hy daardeur agting by hulle afgedwing en hulle het hom as ’n geloofwaardige leier met groot eerbied bejeën.
Kruger het in besonder baie moeite gedoen om in tye van dispute en onmin die stamhoofde op te soek of na Pretoria te nooi om samesprekings (indaba) met hulle te voer. Hy was besonder suksesvol met hierdie diplomatieke skakeling. Onder die opperhoofde met wie hy veral groot sukses deur samesprekings behaal het om ernstige probleme op te los, was Mosjesj, koning van die Basotho, koning Bunu van die Swazi’s, en Mogato (Mokgatle Thethe), hoofman van die Bafokeng. Hy het ook suksesvolle indaba’s met die Tswanas van die Marico-Bosveld in Noord-Wes-Transvaal gehou.
Kruger was ’n diep gelowige en belydende Christen. Hy het geglo dat alle mense, ongeag ras of kultuur, skepsele van God is en dus as medemens aanvaar moet word. Hy het egter van nie-Christene verwag om hulle te bekeer.
Toe Kruger die Joodse Groot Sinagoge van Johannesburg op uitnodiging van die Joodse gemeenskap geopen het, het hy dit “in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees”, as belydende Christen, gedoen. Hy het aan een van die Jode, wat hom daarvoor gekritiseer het, gesê die Jode behoort hulle tot Christendom te bekeer sodat ook hulle gered mag word om die Hemele te kan beërwe.
Kruger het as staatspresident die Boere aangemoedig om in vrede met die swart inwoners van die ZAR te leef. Maar met weerbarstige opperhoofde wat nie wou ophou om die burgers se vee te roof en plase te plunder nie (die lobolo– of bruidskat-stelsel was die vernaamste rede), het Kruger nie doekies omgedraai nie:
Strafkommando’s is uitgestuur om die vee terug te kry en straf uit te deel, sodat die goeie orde herstel kon word. Omdat laasgenoemde aksie baie goed deur die swart inwoners van Transvaal verstaan is omdat dit ook hul eie beleid vir stam-oortredings was, was daar betreklik min botsings tussen wit en swart tydens die republikeinse era en het duisende swartmense vanoor Suidelike Afrika na die ZAR gestroom om daar werk te vind en om in vrede te kan leef, wat hulle nie elders in Afrika beskore was nie.
Dieselfde tipe gedrag van veediefstal, afslag van vee of steel van pluimvee, aanvalle teenoor Boere en families is vandag steeds aan die orde van die dag. Die tipe van diefstalle en geweldadige stam optredes het sedert Mfecane gebeur en het nog nooit ophou bestaan nie. Heelwat immigrante kom die land binne en so ontstaan daar nog meer vreemde stamme en is daar groot verskille aan die orde van die dag, wat ‘n herhalende proses is van Mfecane oorloë. Opstokery en terreurgeweld is aan die orde van dag om dan elke Boer en gesin te teiken in Suid-Afrika.
Mfecane – 1795-1830 teenoor 2024
Afrika Mfecane – Difaqane sedert 1795
*
Niemand minder nie as Joseph Chamberlain, Britse politikus wat agter die beplande staatsgreep op die ZAR van 1895-1896 gesit het om die ryk goudreserwes vir die Britse Ryk te bekom, het 14 jaar tevore, op 25 Julie 1881, in die Britse Laer Huis (House of Commons) gesê die Britse parlementslede wat onder die indruk verkeer dat die Boere van die Zuid-Afrikaansche Republiek gewelddadige rassiste is wat die swart inwoners brutaal mishandel, word gruwelik deur die Britse koerante mislei.
Hierdie indruk wat hulle uit die media verkry, noem Chamberlain “a rash and inconsiderate conclusion”. Die teenoorgestelde is egter die ware toedrag van sake in die ZAR, het hy in die Britse Parlement in Londen gesê.
Chamberlain het ook verwys na ’n brief van ’n vername Britse geestelike, eerwaarde George Blencove, voorvegter vir swart menseregte in Suider Afrika, dat die oorspronklike swart inwoners van Transvaal voor die koms van die Boere deur ander swart stamme uitgemoor of verdryf is. Hy het kennelik verwys na die bloedspoor van die uitgeweke geweldenaar Silkaats en sy Zoeloe/Matabele-krygsbendes wat in Zoeloeland (nou KwaZulu-Natal) teen Tsjaka gerebelleer het en toe moes padgee om elders ’n grondgebied deur roof en plunder te bekom. Toe die Boere in Transvaal opdaag, het hulle groot dele daarvan verlate gevind. Hulle het geen swart stamme uit die gebied verdryf om daarvan besit te kon neem nie.
Nadat die Boere hulle in die gebied ten noorde van die Vaalrivier gevestig het, en die plunderende moordbendes van Silkaats in militêre strafekspedisies oor die Limpopo verdryf het, het die oorspronklike inwoners wat voor Silkaats en kie. moes vlug, weer na Transvaal teruggekeer. Selfs vreemde stamme van elders het ook na Transvaal gekom omdat hulle daar in vrede onder die beskerming van die Boere kon leef.
Eerw. Blencove het voorts geskryf daar is (in 1881) ’n veelrassige gemeenskap in die ZAR, en die swart stamme se aanwas geskied in so ’n hoë tempo dat dit eerder die Boere is wat lugtig vir die groot getalle swartmense geword het, as dat die swartes die Boere sou vrees. (Hansard, Vol. 263, pp. 1828-1829).
*
Op 23 Oktober 1884 het Lord Derby in die Hoër Huis (House of Lords) in die Londense parlement gesê:
“The black population of Transvaal is constantly on the increase, and there is a continual native immigration going on into that country, which does not look as if the condition of the people were one of suffering and oppression.” (Hansard, Vol. 293, p. 37).
Op 27 Junie 1881 is ’n brief van biskop John William Colenso, Anglikaanse biskop van Natal, in die prominente Britse koerant The Times of London gepubliseer, wat soos volg lui:
“The simple fact that 800 000 natives were living under the Boer government (of Transvaal) without taking flight and running over to Natal for protection, is enough to show that the accusation against the Boers of illtreating the natives under their rule must be grossly exaggerated, and that, to all appearances, they even prefer the Boer rule to their own.”
Hy vermeld ook dat hy, in teenstelling met beskuldigings teen die Boere dat hulle slawerny beoefen, hy geen teken in die ZAR kon vind dat die swart mense tot slawe gemaak word of as slawe aangehou word nie. (Times of London) Colenso het egter toe onthul dat die Natalse administrateur Shepstone met die instemming van die Britse regering 4 000 Zoeloes in Natal met militêre geweld in slawerny ingedwing het. Hulle moes drie jaar lank kosteloos vir die Engelse suikerrietboere van Natal swoeg. Hulle is letterlik as slawe op slawemarkte aan hierdie Engelse boere verkoop.
(Lees meer hieroor in die boek Kaap van Slawe, die Britse slawebedryf van Elizabeth I tot Alfred Milner.)
*
In 1894 is Swaziland met die instemming van die Britse regering in Londen onder die voogdyskap van die Zuid-Afrikaansche Republiek geplaas. Die onderhandelings daaroor het in 1890 begin en is in 1894 afgehandel. Die Britse onderhandelaars was lord Loch en lord Rosmead. Beide die Konserwatiewe Party as die Liberale Party van Brittanje was by die onderhandelings betrokke. Die Boere het aan al die Britse vereiste vir die voogdyskap voldoen en hul ondernemings gestand gedoen.

Kruger laat hoofman Magato se skrander seuns oorsee studeer
Met die opperhoof Magato (Mokgatle Thethe), kgosi (koning) van die Bafokeng in die distrik Rustenburg, het Kruger goeie vriendskapsbande gehad. Toe die Voortrekkers onder aanvoering van Andries Hendrik Potgieter en Gert Maritz in 1837 die strydlustige Zoeloe Mzilikazi en sy impi’s uit daardie distrik verjaag het, was die tot dusver erg verdrukte Magato en sy mense baie dankbaar dat hulle van dié tiran verlos was.
Kruger, wat aan dié oorlog deelgeneem het, het die plase Boekenhoutfontein, Waterval, Rietvlei en Baviaanskrans gekoop. Hy het sy buurman, Magato, goed leer ken. Die enigste uitval wat die twee ooit gehad het, was toe Magato by die uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog in 1881 proviand aan die Britse garnisoen op Rustenburg verskaf het en laasgenoemde die Bafokeng met allerlei valse beloftes tot onrus opgestook het. Nadat driftige woorde hieroor tussen Kruger en Magato geval het – wat amper op handgemeenheid aan albei kante uitgeloop het – is weer vrede gemaak toe Magato onderneem het om nie kant te kies in die stryd tussen Boer en Brit nie. Dié vriendskap het tot Magato se dood op 19 September 1891 voortgeduur.
*
In die publikasie De zonen van Magato (Mokgatle Thete, kgosi der Bafokeng) in Delft, een geschiedenis uit de Nederlands-Zuid-Afrikaanse betrekkingen, 1887-1890 deur dr. G.J. Schutte en uitgegee deur die Suid-Afrikaanse Instituut in Amsterdam, word vertel hoedat Kruger met Magato meegewerk het om van 1887 tot 1890 twee skrander kapteinseuns, Bloemhof (16) en Paul (14), in Nederland te laat studeer om hul leierseienskappe te ontwikkel sodat hulle in die toekoms bekwame leiers van die Bafokeng kon wees. Die meeste van sy inligting het Schutte uit die argief van die Nederlands-Zuid-Afrikaanse Vereniging en die munisipale argief van Delft verkry.
Magato het vier seuns gehad wat volgens stamwette respektiewelik die potensiële opvolgers van hul vader was: Sekete (Johannes), Tumagolê, Kebarapetse/Keorapetse (Bloemhof), en Paul. Johannes, ’n Christen, het sy aanspraak op die leierskap van die hand gewys. Die “kroonprins”, Tumagolê, stompsinnig en weerbarstig van geaardheid, het hom van jongs af aan allerlei misdrywe skuldig gemaak. Gevolglik het sy vader besluit dat hy nie oor die nodige leierseienskappe beskik nie en het hy hom van sy opvolgingskap onthef. Ook is hy nie vir enige opleiding oorweeg nie. Vir Magato was Bloemhof die opvolger, met Paul as adjunk.
In 1884-’85 het die Nederlands-Zuid-Afrikaanse Vereniging ’n studiefonds vir Suid-Afrikaanse studente gestig om in Nederland te kan studeer. Die bestuurslede was die Amsterdamse hoogleraars proff. J.W. Gunning (voorsitter) en C. Bellaer Spruyt (sekretaris), asook H.A.L. Hamelberg van Arnhem.
Die studiebeurs is in oorleg met die Commissie voor de Hollandsche Studiebeurzen in Pretoria ingestel en deur die volksraad van die Zuid-Afrikaansche Republiek toegeken. Die sekretaris van die kommissie was Louis Wessels.
In 1887 is vier belowende leerlinge van die ZAR gekies om in Nederland te gaan studeer: Nicolaas Smit (12), seun van genl. Nicolaas Smit, held van Amajuba in die Eerste Vryheidsoorlog van 1881, Sarel Eloff (16), ’n kleinseun van pres. Kruger, Bloemhof Magato (16) en Paul Magato (14).
Die Magato-broers het hul skoolopleiding by die Hermannsburgse sendingstasie Saron in die Noordweste ontvang. Die vier leerlinge het in die skip Dunvegan Castle na Nederland gereis, waar Bloemhof en Paul in Delft toegewys is aan die sorg van ds. Leendert van der Valk van die Christelijke Afgescheiden Gereformeerde Kerken – verwant aan die Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika (Dopperkerk) in die ZAR. Paul Kruger was ’n vurige lidmaat.
Van der Valk moes toesien dat Bloemhof Magato naas gevorderde Christelik-akademiese opvoeding ook ambagsopleiding in algemene skrynwerk, wamakery, tekene en aanverwante vakke ontvang. Paul Magato moes as sendeling en godsdiensonderwyser opgelei word. Hul hoofonderwyser was Martinus Smink, pionier in Christelike onderwys in Delft en jare lange hoof van die Christelike skool van Nieuwe Langendijk. Een van ds. Valk se seuns, M.H.A. Valk, en nog drie senior onderwysers het die Magato’s onderrig.
Dit is besonder interessant dat daar onder meer besluit is om ook Tswana as akademiese vak aan hulle te doseer. Om veral die grammatika en taalkunde suksesvol te kon aanbied, moes een van die leerkragte die taal eers self baasraak. Daar was egter net ’n taalkundige handleiding in Zoeloe en ’n Bybel in Sotho beskikbaar, maar die leergierige en gehoorsame twee seuns het fluks meegewerk om uit eie kennis hul onderwyser by te staan om gesamentlik Tswana akademies onder die knie te kry. Hulle het weldra baie goed gevaar in taalkunde en stylleer, en kon gou briewe in keurige taal aan hul vader skryf om oor hul vordering verslag te doen. Hulle kon ook Nederlands en Engels lees en skryf.
Daarby het die seuns formele godsdiensonderrig ontvang, is gekatkiseer en het belydenis van die geloof afgelê. In Oktober 1890 is hulle gedoop en as lidmate van die Christelike Gereformeerde Kerk in Delft aangeneem. Almal was hoogs tevrede met hul vordering – veral hul vader, Magato, Paul Kruger en die republiek se Volksraad.
Maar toe tree die noodlot tussenbeide: Magato, toe reeds bejaard, word siek en hy versoek dat sy seuns van Nederland terugkeer sodat Bloemhof die leierskap by hom kon oorneem voordat hy sterf. Die seuns vertrek toe op 16 Oktober 1890 per skip terug na Suid-Afrika.
Terug by hul vader word die hele stam opgeroep om die opvolgingsplegtigheid by te woon. Maar die meerderheid besluit net daar dat die gekerstende Bloemhof met al sy geleerdheid nie geskik was om hul volgende koning te wees nie. Dit moes die onterfde, gewelddadige Tumagolê wees.
Die ZAR se naturellekommissaris op Rustenburg, H.P. Malan, is daarop ingeroep om geweldpleging te voorkom. Hy gelas toe dat op demokratiese wyse verkiesing gehou word. Die meerderheid stem toe vir Tumagolê. Bloemhof en Paul moes noodgedwonge uit die gebied vlug en hulle met hul volgelinge elders gaan vestig. En so het hul name in die vergetelheid en uit die geskiedenis verdwyn.
Tumagolê het die tradisionele Bafokeng-stamskool en die ou stamgebruike in ere herstel wat deur sy vader, ’n bekeerde Christen, afgeskaf is. En daarmee het al die drome van Magato en Paul Kruger vir die “opheffing” van die Bafokeng soos mis voor die son verdwyn. Die goeie verhouding tussen die Bafokeng en die Boere, enersyds, en in die geledere van die stamlede self, andersyds, het uiteraard vinnig versleg.
In 1920 het ’n burgeroorlog onder die Bafokeng uitgebreek wat twee jaar lank voortgeduur het. Dit was ’n stryd tussen tradisionaliste en vernuwers, tussen Christene en heidene, tussen voorstanders van samewerking met die Boere en Boerehaters. Die Bafokeng-stam was uiteindelik die verloorders.
*
In February 1891, President Paul Kruger saw the Jubilee Singers perform, perhaps entering a theater for the first time in his life, and was said to have been greatly moved by their rendition of “Nobody knows the trouble I have seen”. The company closed in South Africa on January 25, 1892
https://en.wikipedia.org/wiki/Orpheus_McAdoo
In die vroeë 1890’s het die Amerikaanse Neger-sanggroep McAdoo’s Jubilee Singers van Alabama, ook bekend as die Orpheus M. McAdoo’s Alabama Cake-Walkers & Georgia Minstrels, ’n toer deur Suid-Afrika onderneem.
Hierdie Gospel-sangers het ook in die Transvaalse Boererepubliek, die Zuid-Afrikaansche Republiek, voor pres. Paul Kruger en sy vrou, Gezina, opgetree.
Die groepleier en onderwyser, Orpheus M. McAdoo, het by die groep se aankoms in Kaapstad in 1890 van die Engelssprekende kolonialers daar verneem dat die Boere van Transvaal rassiste is wat behae daarin skep om swart mense af te knou en te verdruk. Hy is sterk aangeraai om die ZAR liefs te vermy.
In strakke kontras met die rassistiese leuens oor die Boere en Kruger wat in die Kaap aan McAdoo opgedis is, is hy vriendelik deur die Groot Gryse by die presidensiële ampswoning in Kerkstraat, waar ieder en ’n elk die president op demokratiese wyse volgens afspraak kon spreek, ontvang.
Die indertydse historikus en skrywer J.F. van Oordt skryf in Paul Kruger en de opkomst van de Zuid-Afrikaansche Republiek, HAUM, 1898, soos volg hieroor:
“Een niet onaardige verhaaltje is door den heer McAdoo, het hoofd van de Amerikaansche Neger-zangergroep verhaalt. Hij kwam ZHEd. (pres. Kruger) vragen om bij een concert, door zijn troep te worden gegeven, tegenwoordig te zijn, en verzekerde den President dat zijne lieden zeer mooi zongen.

*
Kruger was ʼn skrander diplomaat, wel ter tale en vredemaker
Paul Kruger was betrokke by die Konvensie van Sandrivier toe op 16 en 17 Januarie 1852 ’n traktaat met Brittanje opgestel is vir die onafhanklikheidserkenning van Transvaal. Dit het gelei tot die stigting van die Zuid-Afrikaansche Republiek, ook bekend as die Boere republiek van Transvaal. Kruger het drie afvaardigings na Londen gelei om die ZAR se onafhanklikheid te bewerkstellig. Toe hy egter in 1881, en later weer in 1899, moes kies tussen die vryheid van die Boere en skatpligtige onderdanigheid aan Brittanje, het hy verkies om tot die bitter einde toe vir hul vryheid en reg te veg.
*
Vir sy jare lange staatsmanskap en vredemakersvermoëns is hy in 1899 as die eerste ontvanger van die Nobel-vredesprys deur die Skandinawiërs genomineer.
Brittanje, wat indertyd op die punt gestaan het om die ZAR binne te val om die Witwatersrandse goudmyne met oorlogsgeweld van die Boere te roof, het egter agter die skerms geknoei dat Kruger se kandidaatskap vir die Nobel-vredesprys teruggetrek word. Die flou verskoning was dat die prys kwansuis nie aan regeringsleiers toegeken kan word nie. Hierdie bepaling is egter later geskrap. Onder staatsmanne, politici en sanksiedrywers wat die Nobel-vredesprys al ontvang het, is Nelson Mandela en FW de Klerk van Suid-Afrika, asook Barack Obama van Amerika.
![Die muntkant van die Nobel Vredesmedalje[/caption]
[caption id=](https://web.archive.org/web/20230323213257im_/https://www.fak.org.za/wp-content/uploads/2015/11/Nobelprys-goue-medaljon-kruiskant-300x300.jpg)

In die voorwoord tot die derde uitgawe in Maart 1942 van regter Manfred Nathan se biografie Paul Kruger, His Life and Times, skryf die geleerde outeur:
“Paul Kruger was proposed as a candidate for the Nobel Peace Prize of 1899. Nominations for the award were considered by the Swedish Parliament in so far as it affected Science and Literature, and by the Norwegian Parliament in so far as it affected the Peace aspect. The proposal of Kruger was made by the member for Upsala, and it was seconded by the member for Jönköping. A committee of five was appointed to report. At the Hague Peace Conference of 1899, it was decided not to award the prize to the Heads of States. The first Nobel Prize award was in 1901.”
*
MENSEREGTE SKENDINGS EN ONREGTE AAN DIE BOERE VOLK
Die onreg wat Paul Kruger en die Boere in 1899 aangedoen is toe die eerste toekenning van die Nobel-vredesprys hierdie werklike groot en vredestrewende staatsman in ’n tyd van groot beproewing deur die geknoei van Brittanje ontneem is, is lankal vergete. Dit staan nie eens in die Nobelprys-literatuur opgeteken nie. Soos verwag kon word, was die eerste ontvanger van die Nobel-prys ’n Brit.
Paul Kruger was vir baie hooggeplaastes ‘n bedreiging en dit is omdat hy aan die kant was van die klein Boere volk in die harte van al die Boere republieke. Sy oorsese besoeke en doen en lates getuig van die man wie en wat Paul Kruger is en was vir ons Boere volk.
*
Regter Nathan bespreek in die eerste hoofstuk van sy biografie die plek van Paul Kruger in die geskiedenis soos volg:
Volgens hom was Kruger oor die twintig jaar van sy presidentskap van die ZAR die mees opvallende figuur in die geskiedenis van suidelike Afrika. Aan die begin is hy verkleineer en gewantrou, terwyl diegene wat hom op nasionale en rassegrondslag teengestaan het, geen steen onaangeroer gelaat het om al sy pogings om die republiek op te bou, te verydel, af te kraak en hom as president aan nyd en veragting, vermeng met haat, te onderwerp. Maar Kruger het oor al daardie struikelblokke oorkom en daaroor getriomfeer. Indien nie gedurende sy lewe nie, dan sekerlik ná sy dood, het sy teenstanders en sy vyande teensinnig hulde gebring aan al sy uitnemende kwaliteite.
Pater Patriae
Kruger het sy mense in hul uur van nood gelei, en dit was asof ’n heilige mantel op sy skouers geval het. En selfs toe was hy nie oral welkom nie. Sy opregtheid, sy gewilligheid om na die klagtes van die armstes te luister en die menings van die dwaasste, sy openheid vir ander, het mense laat voel dat hy die vader van sy mense is, en dat hy iemand was wat dit verdien het om die toegewydheid te ontvang wat aan ’n vader betoon word. Hy was egter meer as ’n landsvader (pater patriae).
Hy het die toon aangegee in sy eie land deur sy sterk, onwrikbare wil, en hy het ook die leiers van die openbare mening in Brittanje en selfs oral in Europa en ander kontinente, daardie imperiale mag wat hy soveel jare lank teengestaan het, beïnvloed, onthuts en ontwrig. Indien hy die bitterste antagonisme in sommige van hulle opgewek het, het hy hulle, asook diegene wat hom goedgesind was, daartoe genoop om na te dink, en om soms selfs hul beleid jeens Suid-Afrikaanse aangeleenthede te verander. Sodoende het hy die aandag van die ganse wêreld op hom gevestig. Van so ’n mens kan daar nie gesê word dat hy van weinig betekenis was nie.
Hy kon vir sy mense nie permanente onafhanklikheid bewerkstellig nie, maar hy het hulle geestelik onafhanklik gemaak, en hulle sodoende bevry. Paul Kruger het aan die Boere volk ’n bestaansreg en siel gegee. Sy invloed duur vandag nog en dit sal steeds so in die toekoms wees.
“He was a man of the people, he grew up with the people; he lived for the people,” skryf regter Manfred Nathan in sy biografie.
As daar een dag elke jaar is wat amptelik kan herleef as Heldedag, dan is dit 10 Oktober, die verjaarsdag van Paul Kruger. Vir meer as ’n eeu lank was Krugerdag ’n landswye feesdag van Suid-Afrika. Met die koms van die sogenaamde reënboog-demokrasie het dit egter soos alles van werklike waarde verdwyn.
Die beroemde Duitse staatsman Otto von Bismarck het Kruger “die grootste diplomaat van die 19de eeu” genoem.
*
Daarom is dit tyd dat al hierdie Boere republieke in ere herstel moet word soos wat dit behoort te wees.
Dit was ook so vervat in die 1902 Vredesverdrag, maar dit is wat Brittanje en haar bondgenote verkies het om te verbreek met Unie wording. Daar word graag dalk na sy laaste besoek aan Brittanje verwys, veral om die beperkinge van ‘susereiniteit’ tot niet te maak (London Konvensie).
Die Boere volk het ‘n ryk kultuur en geskiedenis, soms baie hartseer, maar dit is nodig dat die Boere volk ‘n stempel in suidelike Afrika in die geskiedenisarnale afgedruk het, veral met die stig van Boere republieke. Hulle het ‘n reg tot al hul Boere republieke wat hul wettig bekom het. Die Boere volk se geskiedenis, kultuur en identiteit is deel van die Boere volk en beslis nie deel van die veelvolkige Afrikaner nasie nie. Hulle het hul eie identiteit.
Daar bestaan nie ‘n volk soos Boere-Afrikaner of Afrikaner Boere of Afrikaanses nie. Heelwat van ons geskiedenis en kultuurskatte word gekaap en as Afrikaner eiendom voorgehou. Daar is heelwat, derduisende geskiedkundige geskrifte wat dit bewys, selfs die internet is lewendig daaroor
Ons as Boere volk word deur dieselfde tipe leiers en ondersteuners weggehou van ekonomiese bemagtiging en ook ons Boere republieke wat ingesluk word deur onwettiges en immigrante. Van die miljoene hektaar grond wat omgedolf word vir minerale rykdom word nie eers gepraat nie, want daar word vandag om elke hoek en draai grond aan buitelanders ‘verkoop’ of selfs beskikbaar gemaak met die 99 jaar pagstelsel.
Die huidige stelsels, wetgewing, grondwet, parlement word alles deur liberaal verligtes en sionistiese organisasies gefinansier vir hul eie rykdom hieruit. Niks het dus verander nie.
Meeste van die ryk mynmagnate wat die Boere republieke binnegestroom het, was meestal van sionistiese afkoms en immigrante. Dis hulle huise, wat as ‘museums’ in sekere gebiede , wat met sorg onderhou word deur die regering en liberaliste.
*
ARTIKELS EN WANTE INLIGTING
Daar is ‘n groot verskil tussen die VEELvolkige Afrikaner nasie en die Boere volk, wie se geskiedenis gekaap en selfs ‘verander’ word sodat dit moet lyk en klink of dit Afrikaner geskiedenis is. Daar was na 1652 verskillende blanke groepe in suidelike Afrika. Vryburgers het vry geword, ook grensboere, wat bewys hulle wou nie onder heerskappy van die Engelse en Afrikaner (bond party) staan in die Kaapkolonie nie.
Die ENGELSE was nie alleen nie, die bondgenote is meer as een nasie en volk wat Engeland gehelp het om die Boere volk en hul -republieke te vernietig. Vandag is dit steeds bewys, sedert 1980 ongeveer dat Afrikaners deel wil wees van die ANC-SAKP-PAC, want hulle aanvaar die 1996 grondwet, aka 1955 PAC manifes.
Invalsplanne op Boere republieke
Anglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aarde
Verskroeide aarde – Scorched earth
Boere volksvryheid – Boere republieke
Die Engelse ryk teen die Boere volk
Kultuurskatte, museums en -erfenisse ‘n bestaansreg van die Boere volk
Geheime organisasies van Milner-Rhodes
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
Dakar 1986-.. Notes of H Giliomee
Regstellende aksie – Affirmative Action – Dakar 1989
AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)
Submission by Solidarity 14 May 2003 in Parliament
Multi-kulturele Afrikaner organisasies en politieke party VF+
Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index
&
https://samilhistory.com/tag/paul-kruger/
https://af.wikipedia.org/wiki/Paul_Kruger
https://www.imdb.com/name/nm1536779/bio/
https://www.westernfrontassociation.com/world-war-i-articles/the-british-route-to-war/
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] Oud president Paul Kruger en 20+ Boere republieke […]
LikeLike
[…] Oud president Paul Kruger en 20+ Boere republieke […]
LikeLike
[…] ‘n internasionale reg om oor hulself te regeer in die Boere republieke wat aan hulle behoort.Oud president Paul Kruger en 20+ Boere republiekeDie Engelse ryk teen die Boere volkAnglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide […]
LikeLike
[…] Oud president Paul Kruger en 20+ Boere republieke […]
LikeLike
[…] Oud president Paul Kruger en 20+ Boere republieke […]
LikeLike
[…] Oud president Paul Kruger en Boere republieke […]
LikeLike
[…] en Verraad teenoor Boere republiekeOud President Paul Kruger en Verraad teenoor Boere republiekeOud president Paul Kruger en Boere republiekePaul Kruger 10 OktoberPaul Kruger se dae in die vreemde – 10 OktoberPRESIDENT PAUL KRUGERKNP […]
LikeLike
[…] en Verraad teenoor Boere republiekeOud President Paul Kruger en Verraad teenoor Boere republiekeOud president Paul Kruger en Boere republiekePaul Kruger 10 OktoberPaul Kruger se dae in die vreemde – 10 OktoberPRESIDENT PAUL […]
LikeLike
[…] en Verraad teenoor Boere republiekeOud President Paul Kruger en Verraad teenoor Boere republiekeOud president Paul Kruger en Boere republiekePaul Kruger 10 OktoberPRESIDENT PAUL KRUGERKNP – Kruger National […]
LikeLike