Vryheid – Nieuwe Republiek (Boer-Zoeloe)

Die geskiedenis van die Trekboere bewys daar was heelwat handelsbetrekkinge / ooreenkomste/ verdrae wat aangegaan is, tussen ons voorouers en swart stamme wat na die Mfecane begin vestig het.   Ooreenkomste het in die vorm van ruil transaksies ontstaan vir dienste gelewer van een party wat betaal is in die vorm van grond deur die ander party.   Hierdie grondgebiede was grotendeels nie bewoon nie.

Generaal Lucas Johannes Meyer
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.

***

 FEITE is ook – indien daar niemand gewoon het nie en niemandsland was, het hierdie grondgebiede aan geen ander etniese volk behoort nie, nie eers aan die Britse kroon nie.   Die Britse kroon is ver weg uit ons gesigsveld, maar hul het alles in hul mag gedoen om ons almal se gebiede te beset vir minerale rykdomme.

Om grond te eis vandag, onder die ANC in Suid-Afrika beteken dit jy doen afstand van jou privaatreg.  Jy het geen vryheid nie en is onderdanig aan die grondwet.   Alle Grondeise val onder die CPA (kommunale regte) wetgewing, nes Trustgebiede ook slegs kommunale regte het.

Koop en verkoop is taboe – lewensreg beslis – maar geen vryheid soos in politieke, ekonomiese, maatskaplike of beveiliging nie.     Dit baat ons niks as ons afstand doen van privaatreg, want dit beteken die grond behoort aan regering.   Om grond te eis beteken jy gee alles netso aan die huidige regering oor, maar jy bly basies net op die grond en mag daar ploeg, plant en daar is geen waarborge dat die regering jou kan afsit van die grond (of jou bates onteien nie).

Trustgebiede was grotendeels al die ou Tuislande wat ons geken het en wat na 1994 meestal aan provinsies of regering oorgedra is.  Daar was Kodesa ooreenkomste en ook “witskrifte”.

Provinsie behoort ook aan regering – dit is tweede vlak regering.   In die begin, na 1994, was die KZN provinsie Inkatha, maar die situasie het drasties verander.   Dus, is daar geen versekerings of waarborge onder die huidige ANC regering nie.

Voorbeelde waar slegs swart of bruin mense bly en wat net vir hul volke beskore is.  Ingonyama Trust, Richterseld het slegs kommule reg.  Waar grond opge-eis is na 1994 , het die CPA wetgewing ingeskop en moes daar CPA’s geregistreer word wat die (aangewyste persone) “trustee” is nes die Trustgebiede se Trustee’s (tradisionele leiers).

Daarvan is daar in 2018 reeds 8840 tradisionele leiers in Hansard vervat.

Ons kan slegs hierdie grond ons eie maak met volle soewereiniteit, dit is akkoorde wat aan ons voorgeslagte behoort het.   Daar bestaan heelwat sulke ooreenkomste in ons volk se verlede.

***

Claiming land under the current legislations (ANC) in South Africa today means you do not have your private property rights (title deed – ownerships).   

All land claims (after 1994) fall under the CPA (communal rights) legislation, just as Trustland (previously called Homelands) areas also have only communal rights. Buying and selling is a no-no .   You can life on that land for the rest of your life, under the ANC legislations and under their constitution.    Read the full Ingonyama Trust legislation – there are even only Zulu names/surnames as beneficiaries.

There are no benefits or freedom to us  if we abandon private right ownership, because that means the land belongs to government.   We can not take other lands as well there are enough land for us to stay and live on.

The current Trustland areas were mostly all the pre 1994 old Homelands, which were mostly transferred to provinces or government after 1994.    Province also belongs to government (level 2 government) .   Landclaims also have the same route, just another legislation.

Ingonyama Trust (is for Zulu people only).

The Richtersveld in Northern Cape (is for example only for the  Khoi san to stay and live on  – they have 6 such tribal lands) – only for them to live on, but “communal property rights”.  Mostly of their lands were called “British Crown lands”.

Where land is claimed after 1994, those people have to register a CPA under the CPA legislation – which are that landclaim’s  “trustee” just like the Trust Areas’ Trustees (traditional leaders).

There were already 8840 traditional leaders in Hansard in 2018.

We can only make this land our own with full sovereignty – full indepdence –  these are agreements that belonged to our ancestors. There are many such similarities in our people’s past.  Vryheid is not the only one to take notice of.  Retief had the same agreement with Zulu people and there were other leaders as well.  

LEES / READ

Agreement/Accord (Zulu/Boer)

Voorafbepaalde gesprekvoerings en raadplegings wat aangegaan is, het die basis gevorm van die hele verdrag (traktaat), waar dit deur beide partye wat teenwoordig was, onderteken is.     Hierdie verdrag het internasionaal erkenning geniet en daarom was heelwat Boere republieke internasionaal erken.  Sulke verdrae maak geweldig saak en het ‘n impak op ons selfbeskikkingsaak en om ons vryheid terug te kry.   Sukses kan behaal word  – alles hang van ons af ons ons vryheid soek of nie.   Ons is reeds met ons rug teen die muur met kommuniste rondom ons, wil ons vry wees of vasklou aan die kommunistiese krummels wat van hul tafels afval.

***

President Lucas Johannes Meyer (Generaal) (Meijer)

Lucas Johannes Meyer (19 November 1846, Sandrivier – 8 Augustus 1902, Brussel), die seun van Izaak Johannes Meyer en Martha Maria Landman,  was president van die kortstondige Nieuwe Republiek en was verantwoordelik vir die stigting van die hoofstad  Vryheid. Hy was later Lid van die ZAR se Uitvoerende Raad en Veggeneraal in die Boere-oorlog.  Nadat die Nieuwe Republiek opgeneem is in die Zuid-Afrikaansche Republiek is Meyer verkies tot lid van die Volksraad van die ZAR ( Zuid-Afrikaansche Republiek)

*

Die oorspronklike verdrag is op 23 Mei 1884 gesluit tussen die Boere onder leiding van Meyer en Dinuzulu gesluit.   Op 16 Augustus, nadat Isibepu verslaan is, word ‘n meer gedetailleerde traktaat onderteken.
Die ondertekenaars aan Boerekant was D.C. Uys, J.F. van Staden, P.R. Spies, C.J. Meyer, A.M.J. Laas, P.J. Fourie, T.G.N. Steenkamp, J. Birkenstock en F.J. de Jager.
Die Zoeloes is verteenwoordig deur koning Dinuzulu en hoofmanne Dabulo, Umjanond, Uziwetu, Shingane, Oham, Tjambezwe, N’kosana, Soukentjaan, Hemulana, Sindinga en Umgamulo.
Die traktaat besorg aan die Boere ‘n reuse stuk grond en hulle begin spoedig plase uitmeet in die gebied wat gestrek het van die Transvaal tot aan die see. 500 van die gehuurde soldate sou elk ‘n plaas van 1 600 hektaar kry en 300 wat laat aangekom het kleiner ‘halwe plase’.
Soos verstaan word is van ‘n Kompas en dwarshout gebruik om die plase te meet en uit te lê. Met die eerste opmeting was daar nie genoeg plase nie al is daar tot aan die see gemeet. Die opmeting moes herhaal word en kleiner plase toegeken word.
Dit het egter steeds min grond aan die Zoeloes oorgelaat wat baie ongelukkigheid veroorsaak het. Die moontlikheid dat die Boere die kus kon beset het onder die aandag van die Britse owerheid gekom wat vasbeslote was om die Boere te beheer deur hulle in die binneland te hou.
Op 5 Augustus 1884 is die Nieuwe Republiek (Nuwe Republiek) gevorm. ‘n Nuwe grondwet is opgestel, ‘n Volksraad met twaalf lede saamgestel, ‘n Landdros is geleen en Generaal Piet Joubert van die ZAR is gevra om President te word.
Met sy weiering is Lucas Johannes Meyer is as President van die Republiek aangestel.

Die hoofstad Vryheid is op 23 September 1884 gestig.

Daar is met die bou van ‘n Raadsaal in November 1884 begin.   Die gebou huisves vandag die Vryheidmuseum.

foto  Die Ou Raatsaal voor die Anglo Boere Oorlog  (Foto Nico Moolman).  Later is dit gebruik as Polisiestasie op Vryheid en Staatsveearts.  In 1936 is dit as Nasionale monument verklaar en 1938 ‘n vryheidsmuseum geword.

Louis Botha wat toe 17 jaar oud was,  het Lukas Meyer in die ekspedisie ondersteun;  sy talente is hier vir die eerste keer opgemerk en hy is as veldkornet van Wyk 2 van die nuwe republiek gekies.

Toe Vryheid in 1888 deel word van die ZAR,  het Botha ‘n burger geword van die Transvaal waar hy later ‘n leidende rol sou speel in die vestiging van eers selfregering na die Tweede Vryheidsoorlog en later die vorming van die Unie van Suid-Afrika

*Uitleg van die “NIUWE REPUBLIEK”  Regerings Gebou KAMER 1 VoIksraad, Landdrost en hooggeregshof;  KAMER 2 EN 3 Waarskynlik die gevangenis en later die telgraafkantoor;  KAMER 4 Kantoor;  KAMER 5 Staatssekretariskantoor en Uitvoerende Raadskantoor

*

Plan of the “Niuwe Republiek” Government Building  ROOM 1 Volksraad chamber, magistrates and Supreme Court. ROOM 2 AND 3 Probably the prison and later the telegraph office. ROOM 4 Office ROOM 5 Office of the state secretary and meeting room of the Executive Committee

*

Vryheid Volksraad Building and Post Office

The first meetings of the “Nieuwe Republiek Volksraad” took place in tents where it was decided to construct a permanent building. On 14th November 1884, the building contract of a Government office was awarded at a value of £205, to build out of natural materials. The proposed location being Landdroststreet.

On the 1st of June 1885 President Lucas Meijer addressed the first meeting of the   Assembly in their new building:  “After lengthy and heavily tried months in which we were obliged to continue our activities in tents, where it was almost impossible to have them performed, we have now the privilege to gather in this new building, although it has not been finished completely”   The building was finally completed in 1885  at a cost of £250. The Building served as both the Volksraad and the Magistrates Courts.

*
This Building was later used as the Police Station of Vryheid before becoming the office of the State Veterinary. In 1936 it was declared a National Monument and in 1938 turned into a museum. It was the fifth building in Natal and the sixteenth in South Africa to become a National Monument. It is one of the oldest museums in Natal. (text partly from Battlefields Route website)

Die Poskoets

http://www.accommodationvryheid.com/vryheid-old-volksraad-and-post-office/

***

EIE VLAG 

5 Augustus 1884 – Die Nieuwe Republiek word in Suid-Afrika gestig

Die Vryheid Republiek of Nieuwe Republiek was een van die kleiner Boererepublieke in die huidige Suid-Afrika wat deur die Voortrekkers gestig is nadat hulle die Kaapkolonie, wat onder Britse beheer was, verlaat het. 

Die Nieuwe Republiek het slegs vir ‘n kort tydperk tussen 1884 en 1888 bestaan voor dit in die Zuid-Afrikaansche Republiek opgeneem is as die distrik Vryheid.  Hul het ook ‘n eie vlag gehad.

The Nieuwe Republiek (‘New Republic’) was established in north-western Zululand by a few hundred Boer farmers in August 1884 after they signed a treaty with the Zulu king. By agreement with the neighbouring South African Republic, it was incorporated into the ZAR in July 1888.        The Volksraad (legislature) approved an official flag on 13 November 1884.

 

The Nieuwe Republiek (‘New Republic’) was established in north-western Zululand by a few hundred Boer farmers in August 1884 after they signed a treaty with the Zulu king. By agreement with the neighbouring South African Republic, it was incorporated into the ZAR in July 1888.

https://en.wikipedia.org/wiki/Flag_of_the_Nieuwe_Republiek

(sources)

  • Burgers, A.P. (1997). Sovereign Flags over Southern Africa.
  • Burgers, A.P. (2008). The South African Flag Book.
  • Van Zyl, J.A. (1995). ‘History of the Flags of South Africa before 1900’ in SAVA Journal SJ 4/95.

  1.  Leverton, B.J. & Pringle, J.A. (1975). The Pioneers of Vryheid.
  2. Van Zyl, J.A. (1995). ‘History of the Flags of South Africa before 1900’ in SAVA Journal SJ 4/95.
  3.  Burgers, A.P. (2008). The South African Flag Book.

***

President Lucas Johannes Meyer (Generaal) (Meijer)

Borne: 19 November 1846 Sandrivier, Vrystaat.

General Lucas Johannes Meyer, later president of the New Republic (Nieuwe Republiek) established on territory received as reward from King Dinuzulu, is born in Sand River, OFS.

The Nieuwe Republiek, established in northern Natal on land awarded to Boers by Dinuzulu, was recognized by Germany and Portugal.

This area was later incorporated on its request by the ZAR because of financial problems, after the British annexed the coastal plains from the Thuhela river (Tugela) northwards in order to prevent the Boers from building a harbour.

After considerable dispute in a Natal arbitration court, Britain eventually recognized the New Republic, but reduced in size after annexation of the coastal plains by Britain and deprived of its claims to St Lucia for a harbor.

The Niewe Republiek was incorporated on its own request with the Zuid Afrikaanse Republiek in 1888.     Stability in the Zulu kingdom continued until the British annexed the Zuid Afrikaanse Republiek in 1899.

*

*****

Ramaphosa – swart bemagtiging kommissie

Ramaphosa : B-BBEE

Communism – Bolshevism – Revolution

Moord en selfverdedigingSelfbeskikking – onafhanklikheid

“Zulu kingdom” Ingonyama Trust

Span osse – Selfbeskikking

17 Januarie 1852 ZAR

12 gedagtes oor “Vryheid – Nieuwe Republiek (Boer-Zoeloe)”

  1. […] Die geskiedenis van die Trekboere bewys daar was heelwat handelsbetrekkinge / ooreenkomste/ verdrae wat aangegaan is, tussen ons voorouers en swart stamme wat na die Mfecane begin vestig het.   Ooreenkomste het in die vorm van ruil transaksies ontstaan vir dienste gelewer van een party wat betaal is in die vorm van grond deur die ander party.   Hierdie grondgebiede was grotendeels nie bewoon nie. Vryheid – Nieuwe Republiek (Boer-Zoeloe) […]

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s