Op die Gelderland – Paul Kruger

 

Last surviving ship of a class of 6 socalled “Pantserdekschepen”, derived from the British Apollo-class.    The Gelderland served as artillery training ship until 1939 when she was decommissioned on August 24 1939 and laid up. Noord Brabant commenced service as accommodation ship in 1926.

Image result for De Gelderland in 1897

Wie het Paul Kruger gehelp?

Wilhelmina Helena Pauline Maria (Den Haag, 31 Augustus 1880 – Apeldoorn, 28 November 1962), Prinses der Nederlanden (1880-1890, 1948-1962), prinses van Oranje-Nassau en hertogin van Mecklenburg-Schwerin (1901-1962), was  van  1890  tot 1948 koningin van Nederland en het regeer onder die naam Wilhelmina.

In werklikheid het sy eers vanaf 1898 regeer; gedurende die eerste agt jaar was Emma van Waldeck en Pyrmont – haar moeder – die koningin omdat Wilhelmina nog te jong was.

Sy was hewig ontsteld oor die oorlog so lank aangehou was en haar eie mense so uitvermoor is.

https://www.wikiwand.com/af/Wilhelmina_van_Nederland

*

Wie was Manie Bredell?

Manie Bredell was die oudste seun van Johan Bredell

Bredell se persoonlike verbintenis met pres. Paul Kruger het dateer uit die periode net voor die uitbreek van die Driejarige Oorlog. Destyds is hy na die presidentswoning in Kerkstraat, Pretoria, ontbied en het opdrag ontvang om hom saans met sekretariële werk behulpsaam te wees. Hierdie reëling het meegebring dat hy gewoonlik sommer op ‘n rusbank in die presidentswoning geslaap het. Bedags moes hy sy belangrike pligte in die polisiehoofkwartier nakom en snags in die president se huis slaap.

Met die uitbreek van die oorlog het sy pligte ingrypend toegeneem. In sy dagboek gee hy ‘n lang lys van sy pligte aan en maak geen geheim van sy gevoelens oor mense wat lyf wegsteek nie. Onder punt V skryf hy byvoorbeeld:

“Moest ik steeds alle krijgsgevangenen aan station ontvangen en in hunne respectieve kampen bezorgen. Had soms drie paarden ter mijne beschikking omdat een niet al het werk kon verrichten. Sliep natuurlijk ‘s nachts bij President aan huis op een sofa voor bijna acht volle maanden.”

Van F.C. Eloff (1877–1954, kleinseun van pres. Kruger en seun van Gerhardus Eloff en Anna Johanna Maria Aletta Kruger) het hy indertyd geskryf:

“Frikkie Eloff, ZHEd.’s Privaat Secretaris, heeft mij veel  met zijne werkzaamheden verneukt, absoluut verneukt, doordien hij zich ‘s daags uit de voeten maakte en ik zijn werk moest doen. Ik deed zulks uit loutere belangstelling en in belang onzer zaak. ‘s Nachts werkte Eloff nooit. Het werk deed mij erg moe worden, doch gaf niet in en spande steeds al mijn krachten in om mijne plichten op de best mogelijke wijze na te komen, waarin ik ook meende wel geslaagd te hebben.”

*

Pres. Paul Kruger en Manie Bredell, toe nog sy lyfwag, verlaat Lourenco Marques aan boord van die Gelderland op pad na Europa op 19 Oktober 1900. Die skip het op 20 Oktober gevaar.

*

In Mei 1900 het Bredell die president eers vergesel na Machadodorp – wat toe as regeringsetel gedien het nadat die regering genoodsaak is om Pretoria te ontruim – en later na Waterval Onder, waarheen die ou president ter wille van sy gesondheid gegaan het vanweë die heilsamer klimaat. Van die ontruiming van die Republikeinse hoofstad het Bredell in sy dagboek geskryf:

“Op 28.5.1900 ongeveer vertrokken wij: President Kruger, L. Jacobsz (Assistent Staats Procureur), Dr. Heymans, F. Eloff (Privaat Secretaris ZHEd.) en ik uit Pretoria onder bereden politie escorte en arriveer de volgende dag te Machadodorp alwaar wij in de salon spoorwagen logeerden. Het was daar dan ook erg koud. Mijne werkzaamheden begon toen opnieuw. Ik moest de wagens met goud en geld bewaken. Zoo ook het rijtuig van ZHEd., ammunitie wagens, enz. Jacobsz en ik ginging dikwijls uit rijden. Later moesten wij naar Waterval Onder gaan ter wille van President’s gezondheid. Wij hadden daar een aangenaam huisje ter inwoning.”

Bredell het saam met sy broer Johannes (noemnaam Pieter, 1870–1954) deelgeneem aan die Slag by Dalmanutha op 27 Augustus 1900 en saam met pres. Kruger en die regering na Nelspruit geretireer weens die blykbaar onstuitbare, ooswaartse opmars van die Britse magte.

*

Op 10 September 1900 het die uitvoerende raad aan die bejaarde pres. Kruger verlof toegestaan om vir ‘n tydperk van ses maande na Europa te gaan. Dit sou die president beveilig en hy sou die saak van die Boererepublieke in Europa kon gaan bepleit.

Daarheen het Bredell hom as lyfwag vergesel om, volgens sy dagboekinskrywings,”van tijd tot tijd de noodige veiligheids maatregelen te treffen”.

Die geselskap het oor Komatipoort na Lourenco Marques gereis waar die ZAR se konsul-generaal, Gerhard Pott, hulle ontmoet het en by wie hulle oornag het.

Die Britse konsul-generaal, Crowe, het druk uitgeoefen op die Portugese goewerneur, Antonio José de Souza Machado, om die aankoms van die Kruger-geselskap na Crowe se goeddunke te bestuur. Portugal het swaar op Brittanje staatgemaak vir geldelike steun en sedert die uitbreek van die oorlog ’n jaar vantevore, was Lourenço Marques ’n broeiplek van intrige en spioenasie.

Die president was van voorneme om net in die Portugese kolonie te vertoef tot hulle die eerste uitgaande stoomskip, die Herzog van die Duits-Oos-Afrika-Linie, kon haal. Maar die volgende môre het die goewerneur laat weet Kruger sou ’n gas van die Portugese owerheid wees en moes onverwyld in sy ampswoning kom tuisgaan.

Hierdie “inwoning”, waartydens die president feitlik in huisarres geplaas is, het van 12 September tot 19 Oktober geduur.

Kruger het besef die eintlike goewerneur van Delagoabaai was die Britse konsul-generaal en het die opdrag gehoorsaam. Vir Machado was dit ’n verleentheid om so ’n Britse opdrag uit te voer, maar dit was al uitweg.

So het Kruger sy 75ste verjaardag as so te sê ‘n gevangene in die vreemde deurgebring. Kort voor lank is sy geselskap nie meer toegelaat om hom in die goewerneurswoning te spreek nie omdat Crowe nie daarvoor te vinde was nie. 

*

Die wêreld het kennis geneem van die situasie in Delagoabaai en veral vir die jong koningin van Nederland, Wilhelmina, was die gedagte ondraaglik. Uiters omsigtig het sy diplomatieke stappe begin doen om die ou president te red.

Toevallig was die Nederlandse kruiser die Gelderland indertyd in die Indiese Oseaan en Brittanje was nie gekant daarteen dat hy Kruger aan boord neem nie.

Met koningin Victoria se toestemming het koningin Wilhelmina gereël dat “het pantser-dekschip” (volgens Bredell se dagboek) die Gelderland steenkool inneem by Delagoabaai en pres. Kruger en sy geselskap oplaai om hom na enige hawe te vervoer. Wilhelmina was diep ontsteld oor die uitgerekte oorlog, want baie van haar landgenote was betrokke en boonop was sy en die Boere van dieselfde afkoms. Tog wou sy streng neutraal wees in ‘n Europa wat destyds grotendeels anti-Brits was en haar uitstekende betrekkings met Engeland handhaaf. Daarom sou Kruger ook nie deur Britse waters geneem word nie, maar aan wal gaan in Frankryk.

Die Gelderland het Delagoabaai op 12 Oktober 1900 binnegestoom onder bevel van baron Sweerts de Landas. ‘n Week later, op 19 Oktober, het Kruger en geselskap aan boord gegaan. Toevallig was daar terselfdertyd ‘n koninklike saluut van Britse en Portugese skepe ter viering van koningin Wilhelmina se huwelik, wat pas aangekondig is. Die skip het die middag van 20 Oktober 1900 vertrek.

So het Bredell saam met Kruger en sy gevolg langs die Ooskus van Afrika noordwaarts gevaar, deur die Rooisee en die Suez-kanaal na Frankryk. Onderweg daarheen moes hulle Dar-es-Salaam, Djiboeti en Port Said aandoen om steenkool in te skeep.

Hoewel hy erg seesiek geword het, was die reis vir Bredell baie interessant. ‘n Paar reëls uit sy dagboek oor die vaart deur die Suez Kanaal lui soos volg:

“Gisteren passeerden wij o.a. eenige Duitsche schepen die ‘met man en muis’ ZHEd. toejuichten. Heel leuk gezicht. Een Engelsch schip was brutaal genoeg om het onze niet te salureeren in het kanaal.”

En later, onderweg in die Middellandse See, skryf hy hulle het “gisteren avond een officieele dinner gehad in de Long Room van de officieren.

Heel prettig. De Transvaalsche vlag door de 20 000 Amerikaners ten geschenke gegewen, werd voor de eerste maal gebruikt.”

‘n Transvaalse vierkleur wat spesiaal in Amerika vervaardig is, is op 29 Mei 1900 aan Kruger deur ‘n Amerikaanse seun, Jimmy Smith, namens die skoolkinders van Philadelphia, Pennsilvanië, Amerika, oorhandig.

https://af.wikipedia.org/wiki/Manie_Bredell

** **

Dit was nie sy keuse nie.
Paul Kruger se dae in die vreemde – 10 Oktober

Advertisements

Een gedagte oor “Op die Gelderland – Paul Kruger”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s