*
Maak nie saak hoe groot of klein volke en stamme is nie, hulle het almal een of ander vorm(s) van verskeidenheid kultuurskatte en erfenisse wat oor eeue heen behoue gebly het vir hulle as volk en stam. Kultuurskatte en erfenisse bind ‘n volk saam in ‘n eenheid. Dit alles maak van hulle ‘n volk in die ware sin van die woord. Dit is soos ‘n deeg wat gemeng en geknie word om Boere beskuit of koek te maak en later te geniet. Dit is onafskeidbaar en kan nie maklik vervreem word nie. Tog probeer ander volke en nasies juis om hierdie mengsel wat Boere volk genoem word, te vernietig.

*
Daar is ‘n verskeidenheid van waardige bestanddele om van elke volk ‘n unieke volk te maak, wat uitblink in hul eie voortbestaan. Die Zoeloes verskil totaal van Xhosa en ander swartes of Khoi san en Griekwas, want dis al vir eeue die situasie. Na 1800 het hulle ook nie langs een vuur gesit en bevredigend saamfwlewe as een NASIE nie. Die bewyse van reservate, kroongebiede, tuislande, CPA en Trustgebiede is bewyse daarvan.
Die Boere volk lede is moontlik soms aanpasbaar, maar ook hulle het eienskappe wat net aan hul ‘n reg verleen om voort te bestaan op hul eie waar hul die gelukkigste is. Hul vryheid is belangrik. Hul verbintenisse met die aarde en hul besighede wat hulle stig, sowel die Republieke van ouds, is so iets, wat hulle staande gehou het, naamlik hul vryheid wat hul daardeur verkry het. Die Boere volk is en bly ‘n unieke volk in eie reg. Beide Anglo-Boere oorlog EEN en TWEE, is bewys hiervan.
Die wapad is hul woning. Hulle was nie nomadies nie maar het ontwikkel en vooruitgegaan in hul eie gebiede.
Die ossewa was en is deel van die Boere volk en Boere republieke se geskiedenis.
Die ossewa was alles vir die Boere volk van ouds en vandag speel dit steeds ‘n geskiedkundige rol in die voortbestaan van die Boere volk. Daaruit is besighede bedryf, sowel gekamp, getrek, geslaap en die tradisies geniet om ‘n Boere volk geskiedenis se drome werklikheid te maak.
Dit was hul verbintenis met die natuur op ‘n daaglikse basis, wat hul na aan hul Skepper gehou het. Die ossewa was hul huis en beveiliging, hul laers trek is hiermee gedoen. Hulle het daarmee hul vryheid bereik, wat eensklaps van hul weggeneem is deur al hul aardsvyande, wat nie net die Britse ryk was nie na 1880-1902.
Die Boere volk het soos hul getrek het ook meer as een BOERE republiek uitgeroep en verklaar. Veral nadat grondgebiede onderhandel is was daar oral ooreenkomste bereik, hetsy met geld gekoop of dienste gelewer. Boere het nie enige ander volk se grondgebiede gesteel of beset nie. Daar was dus een Boere volk, maar in verskillende Boere republieke wat hul vryheid geniet het onder hul eie vlae en simbole. Min volke kan daardie situasies wat beleef is bewys. Daar het later nog kultuurskatte bygekom, soos die geskiedenis aanwys van elke Boere republiek en deelname daarin, met oorlogvoering en spesiale skatte wat soos klippe oor hul pad gerol het.
Die werklike verskille, vervolging en oorlog het reeds in die Kaapkolonie ontstaan – Boere volk lede se voorsate se voetspore is oral. Omdat hul ‘n Boere volk was en steeds is. Die Boere volkslede se wortels kan nie net uitgeruk of verander word soos dit ander volke of nasies behaag of bepaal word nie. Heelwat bekende gemengde nasies probeer gedurigdeur om die Boere volk se geskiedenis in te palm, verander soos dit hul behaag en pas. Die Boere volk is niemand se slawe nie, hul is trots op hul voorsate, hul leiers, wat die Boere republieke en vryheid ‘n werklikheid gemaak het. Al is die voorsate met pyn, lyding en hartseer almal in die grafte, weet hulle ons weet wat hulle geweet het en deurgemaak het. Al word sommige goed nog vir die nasate van die Boere volk weerhou, weggesteek of eenvoudig vernietig. Hul stemme sal eendag gesamentlik met HOM uitroep teenoor elkeen wat die Boere volkslede aanraak om hulle te vernietig. Die Boere volk is nie ‘n spesiale volk nie, maar soek net die nodige erkenning soos wat dit was, ander nasies en volke is nie hul meerdere nie, al dink hulle so. Die Boere volk gun ander die son oor hul skyn, laat dit so met elkeen van ons wees./
Die Boere volk kom voor in alle Boere republieke maar weens swart bemagtiging en regstellende aksie asook onteiening, woon heelwat Boere volkslede op ander plekke, selfs oorsee net om kop bo water te hou. Die Boere volk bly die Boere volk vanuit al die Boere republieke en hul wortels het nie oornag in ietsie anders verander nie. Al probeer die jeug van die Boere republieke iets anders wees, hul wortels tot die Boere volk kan nooit vernietig word nie. Niemand kan die Boere volk se wortels vernietig nie. Daar is bykans 20 Boere republieke regoor Suid-Afrika en ook elders in ander lande of kontinente was daar Boere republieke. Die Boere repulieke moet almal internasionaal erken en herstel word om deur onsself regeer te word.
*
Die BOERE wou nie onder beheer van Britse heerskappy staan as slawe nie. Daarom het hulle getrek en is inderdaad ‘n volk met ‘n ryk geskiedenis en kultuur. Hulle het toe as Trekboere of Vryburgers bekendgestaan, maar het as Boere, die Boere republieke gestig vir vryheid. Regdeur van die Kaapkolonie tot bo in die noorde is dit Boere republieke. Hulle het nie bekendgestaan as ‘n ander volk nie. Hulle was en is en bly ‘n Boere volk. Die Boere republiek gebiede is almal deel van die Boere volk se erfenis.
Die BOERE is en was nog nooit deel van die Afrikaner nasie, wat multi-kultureel is nie. Hulle sal nooit wees nie. Daar is ook nie ‘n ander volk wat die Boere republieke gestig het nie, maar Boere wat hul vryheid wou uitleef en self regeer. Sommige voor in die koorgesange beweer daar bestaan nie ‘n Boere volk nie en hulle is deel van die sogenaamde Afrikaner nasie, wat ‘n veelvolkige nasie is. Dit is alles behalwe die geval.
Die Boere volk is internasionaal bekend met heelwat lande oorsee. Selfs Paul Kruger was en hy is steeds ‘n held wat hy vir die Boere volk gedoen het. Die konvensies, regdeur die geskiedenis van die Boere volk, was met Boere republieke gesluit, nie met Afrikaners nie. Al was dit ook beperk in sommige gevalle, veral waar immigrante en mynmagnate beskerm is, bly dit feite wat nie wegredeneer kan word nie. Dit bly ‘n Boere volk en het so bekend gestaan in die Anglo-Boere oorloë. Dit was Boere vegters teen die Britte en haar bondgenote, wat die Afrikaners hierby ingesluit het.
Om ‘n nuwe naam te probeer skep, is totaal uit pas met die feite en werklikhede, want die Boere volk bestaan reeds. Al die ooreenkomste, verdrae, veldslae, konsentrasiekampe, letterlik alles word met die Boere volk ‘n legkaart gevorm wat elke Boere republiek gestig, hierby insluit. Om ‘n nuwe naam te probeer skep, skep mens ‘n nuwe volk, nie ‘n Boere volk wat vir eeue reeds bestaan het nie.
Weer eens, die wortels van die Boere volk kan nie verander word nie, maak nie saak wie sulke inisiatiewe begin nie – hetsy Afrikaners of iemand anders. Geen volk kan hul wortels verander na iets anders om uit die sak en as op te staan in SA nie, dis oëverblindery en misleiding, waar geld normaalweg betrokke is. Heelwat van die veelvolkige Afrikaner nasie probeer ook van die gebeurtenisse, slagvelde en gelofte feeste inpalm as Afrikaner feeste, terwyl dit Boere volk se feeste is. Dit is die Boere volk se verskillende vlae wat oral gewys word en wat ‘n aanstoot gee aan ander vreemde nasies. Om vandag in howe op te daag en Boere republiek se vlae te wys is onvanpas. Die Boere volk se vlae het niks te doen of in gemeen met die vals demokratiese stelsel nie.
Neem maar kennis dat sogenaamde nuwe volke wat geskep word, met bewegings en ander verwante sake, het geen mag oor ‘n ander volk se grondgebiede nie. Sulke bewegings kan nie aanspraak maak op enige Boere volk gebiede nie. Die Boere volk is ‘n reeds bestaande volk vir eeue en nuwe naampies vir die Boere volk is om eie ego’s te streel. Dis niks anders as wat die Engelse en haar bondgenote van die Boere volk gesteel het, naamlik vryheid, minerale en grondgebiede.
Die hartseer het begin vir die Boere volk, vroue en kinders wat geen huise gehad het nadat alles afgebrand is nie. Die hartseer het hul gevolg vanuit die Kaapkolonie, die Trek was net so moordadig as die Britse anargie en uitwissing op die Boere volk.
Daar was vrywilligers oorsee en rebelle wat saam die Boere volk geveg het in al die veldslae, selfs verban saam Boere vegters na afgeleë eilande. Hulle is en was almal deel van die Boere volk se geskiedenis en sal daarvoor onthou word.
*
Brittanje was nie alleen nie. Daar was duisende perde en vrywillige soldate van Amerika, New Zealand, Australië, Kanada en ander lande wat hul aangesluit het by hul meesterres , koningin Victoria in suidelike Afrika om te veg teen ‘n handjievol Boere vegters, vroue en kinders in konsentrasiekampe. Saam met hulle het gekom – dood en armoede. Die ellende en dood is oor die Boere volk uitgevoer.
https://www.youtube.com/watch?v=IwjEh1zcwm4
*
No matter how large or small peoples and tribes are, they all have some form(s) of diverse cultural treasures and heritages that have been preserved for them as a people and tribe over the centuries. Cultural treasures and heritages bind a people together in unity. All of this makes them a people in the true sense of the word. It is like a dough that is mixed and kneaded to make “Boer rusks or cakes” and later enjoyed with their family and friends. It is inseparable and cannot be easily alienated. Yet other peoples and nations are trying to destroy this special mixture called Boer people.
There is a variety of worthy ingredients to make each people a unique people, who excel in their own survival. Zulus are completely different from Xhosa and other blacks or Khoi San and Griquas, because for centuries, after 1800, they have not been able to sit next to one fire and live together satisfactorily as a NATION in one area. That is a complex situation. The Boer people may be adaptable, but they also have characteristics that only give them a right to continue to exist. Their connections with the earth and their businesses that they establish, as well as the Republics since 1652, are something that has kept them afloat, namely their freedom that they have gained through it. The Boer people are and remain a unique people in their own right.
The ox wagon was and is part of the history of the Boer people and Boer republics. They have paved their own footpaths in southern Africa and develop and prosper their own areas.
The ox wagon was everything to the Boer people. Businesses were run from their homes, as well as camped, travelled, slept and enjoyed the traditions to make the dreams of a Boer people’s history a reality. To get freedom in everything.
It was their connection with nature on a daily basis that kept them close to their Creator. The ox wagon was their home and security, the trek was done with it. They achieved their freedom with it, which was suddenly taken away from them by all their earthly enemies, which was not only the British Empire.
As they trekked, the Boer people also proclaimed and declared more than one BOER republic, especially after territories were negotiated and agreements were reached everywhere, whether bought with money or services provided. Boers did not steal or occupy any other people’s territories. There was therefore one Boer people, but in different Boer republics that enjoyed their freedom under their own flags and symbols, have their own leaders. Few peoples can prove those situations that were experienced. Later, cultural treasures were added, as the history of each Boer republic and participation in it indicates, with warfare and special treasures that rolled like stones across their path.
The real differences, persecution and war already arose in the Cape Colony after 1652 – the footprints of the ancestors of Boer people members are everywhere. Because they were and still are a Boer people. The roots of the Boer people cannot just be uprooted or changed as other peoples or nations please or determine. Many well-known mixed nations are constantly trying to capture the history of the Boer people, change it as they please and suit them.
The Boer people are no one’s slaves, they are proud of their ancestors, their leaders, who made the Boer republics and freedom a reality. Even though the ancestors are all in their graves with pain, suffering and grief, they know that we know what they knew and went through for years and decades. Even though some things are still withheld from the descendants of the Boer people, hidden or simply destroyed. Their voices will one day cry out together with HIM against anyone who touches the Boer people to destroy them. The Boer people are not a special people, but only seek the necessary recognition as it was. Other nations and peoples are not their superiors, even if they think so. The Boer people allow others to shine, let it be so with each of us today.
The Boer people are found in all Boer republics but due to black empowerment and affirmative action as well as dispossession of property rights, many Boer people live in other places, even overseas just to make a living. The Boer people remain the Boer people from all the Boer republics and their roots have not changed overnight into something else. Even if the youth of the Boer republics try to be something else, their roots to the Boer people can never be destroyed. No one can destroy the Boer people’s roots. There are almost 20 Boer republics across South Africa and there have also been Boer republics elsewhere in other countries or continents. The Boer republics must all be internationally recognized and restored to be governed by ourselves like it was before 1902.
*
*

BOERE REPUBLIEKE – die Anglo-Boere Oorloë, verskroeide aarde beleid en konsentrasiekampe
Britse imperialisme vanuit die Kaapkolonie om alle Boere republieke, diamante en goud, ander minerale in te palm.
Wat egter fout is, geen AFRIKANER het die Boere republieke beheer nie, BOERE het die Boere republieke uitgeroep en beheer.
Afrikaner geskiedskrywers matig hul aan dat hulle die Boere republieke beheer het en dis hulle wat die geskiedenis probeer verander.
Dit was geen Afrikaner republieke nie, maar BOERE republieke.
Afrikaners het saam Brittanje geveg teen die Boere en Boere republieke.
https://www.youtube.com/watch?app=desktop&v=4EaeKyVq8l4
*
Die BLOED van die Boere volk is aan die hande van Brittanje en al haar bondgenote wat saamgeveg het om al die grond en minerale te bekom. Die BOERE vegters is gejag deur Brittanje en bondgenote vanuit die Kaapkolonie tot by al die Boere republieke, die vroue en kinders soos diere aangejaag na die helkampe van Brittanje.
https://www.youtube.com/watch?v=ia_HdGfzR3A
*
*
*
In die binneland
Kultuurskatte en verskeidenheid ooreenkomste deur die Boere leiers, asook latere veldslae met en tydens die Anglo-Boere oorloë wat uniek verwant is tot elke Boere republiek. Kultuurskatte, museums, grafte en konsentrasiekampe, word oor grense gedeel. Veldslae kom oral voor.
Die veldslae by Bloedrivier of Majuba kan myns insiens nie uitgehaal word uit die Boere republieke waar dit plaasgevind het en deel vorm van ander Boere gebiede nie. Al het daar burgers uit ander Boere republieke deelgeneem in die veldslae, bly dit deel van die geskiedenis van daardie Boere republiek waar dit plaasgevind het maar dit alles is die erfenis en kultuurskatte van die Boere volk as geheel.
Boere en Rebelle het oral deel gevorm om die vryheid en onafhanklikheid van die Boere republieke te beskerm met selfverdediging. Die een Boere republiek se burgers of rebelle is nie bo ‘n ander een Republiek sin verhewe of ondergeskik nie. Hulle was saam in alles. Daar is meer as een Boere gebied, wat Boere republieke genoem word, met ‘n eie ooreenkoms, vaandel en simbool. Die burgers vorm almal een Boere volk, maar is en bly steeds gebonde met wortels aan elke Boere republiek.
*
ZAR en Vrystaat Boere repubieke
Daar was twee groot Boere republieke wat internasionale erkenning geniet het. Hierdie groot republieke het ook onderling bestaan uit verskeidenheid ander kleiner Boere repubieke, wat nie noodwendig onder die ZAR of Vrystaat vlag of simbole gestaan het nie, maar het apart gefunksioneer. Hul eie leiers gekies.
Sommige het saam die internasionale status van volle onafhanklikheid geniet. Daar was selfs presidente aangewys en ooreenkomste (treaties) wat bereik is in kleiner Boere republieke. Soos die Afrikaanse taal, word kultuurskatte van die Anglo-Boere oorloë gedeel.
Al die Boere republieke is belangrik om dit elkeen te herstel – geskiedkundige waarhede van toepassing
Boere erfenisse en kultuurskatte word oor grense gedeel, omdat die oorlog wat geveg was, was teen elke Boere volkslid was, maak nie saak waar hul hul bevind het in watter Boere republiek nie. Dit beteken nie die meer as 20 Boere republieke in Suid-Afrika kan die een oor die ander kleiner Boere republieke loop en daardie kultuurskatte inpalm as hul eiendom nie. Dus het elke Boere republiek, klein en groot, elkeen ‘n unieke geskiedenis, verklarings, ooreenkomste en volwaardig erkende kultuurskatte. Sodoende word die kultuurskatte en erfenisse as geheel aangeteken as die geskiedenis van die Boere volk.
Die meer as 20 Boere republieke in Suid-Afrika se burgers en rebelle het onder hul eie Boere republieke toegetree om saam die ZAR en Vrystaat te veg om as oorwinnaars uit te tree vir hul vryheid en onafhanklikheid.
Dis hierdie vryheid wat van ons Boere volk gesteel is gedurende Anglo-Boere oorlog II. Die vals front van die 1902 Vredesverdrag van Vereeniging wat deur Brittanje en Afrikaners (Sioniste) opgestel is sodat Boere hul wapens moes neerlê en buig voor die Engelse kroon.
Daar is egter meeste van die tyd ‘n verskeidenheid van gemengde nasies wat jaloers neerkyk op die volke se voortbestaan wat uiteindelik lei tot die vernietiging van hierdie minderheidsvolke se voortbestaan, wat elke kultuurskat van minderhede in die proses vernietig of eenvoudig geannekseer word.
Konsentrasiekampe en verskroeide aarde beleid – hartseer kultuur en geskiedenis skatte
Die Boere vroue, kinders en ou mense se lewens is hel gemaak en dis deurgevoer na elke Boere vegter in die veld en ongereptheid van suidelike Afrika. Dit is niks anders as volksmoord en genocide nie. Ondersoeke deur die Britse regering, die Unie van Suid-Afrika en selfs die 1948 regering het feite weggesteek vir die Boere volk se nasate. Selfs die hoeveelhede wat in oop grafte ingegooi is, is verklein in die guns van die Britte en haar bondgenote om dit nie as ‘n volksmoord te laat deurskemer nie. Saam hiermee is heelwat kultuurskatte gesteel en weggevoer na ander lande en museums. Minerale vorm deel van hierdie hele proses.
Bannelinge na eilande maak die moordsyfer nog groter, waar jong seuns en mans in afsondering moes lewe.
*
Soos tydens die Anglo-Boere oorloë is en was die Afrikaners, die liberale nasie weer eens betrokke met Swart bemagtiging en regstellende aksie, veral teen die Boere families. Meer as 39000 is destyds in helkampe oorlede en nie 26000 soos dit afgemaak word dat die Boere vlugtelinge was nie. Boere se vroue en kinders is ingedwing hierin, nadat hul huise afgebrand is.
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
Dit is en bly die eiendomme van die Boere volk en haar nasate wat vandag steeds in Suid-Afrika ‘n bestaan probeer maak onder die hand van kommuniste soos die ANC en hul liberaal verligte trawante, wat die Boere volk sedert 1902 – 1910 – 1948 – 1982 – 1986 – 1992 – gaan offer het met samesprekings in lande oorsee.
https://www.youtube.com/watch?v=Ir59InBXdnY&t=81s
*
Skatte van volke is geskiedenis van ‘n volk, wat vinnig verander word deur geskiedkundige skrywers, wat die Boere naam verander met Afrikaner naam. Jaloerse kreature wat aas en vernietig sover hulle gaan en aan die einde maak of verander dat dit hul eiendom is.
Afrikaans as Taal is ‘n bestanddeel van hierdie Boere beskuit en is deel van ‘n volk se erfenis. Die Afrikaanse taal en Boere musiek veral gaan oor grense heen en kan gedeel word met ander volke – dit ken geen perke. Die bevordering van die taal Afrikaans hoort saam met ‘n spesifieke volk. Ander wat die taal Afrikaans aanleer en praat, maak nie van hulle ‘n Boer nie, netso kan Boere die taal Zoeloe of Xhosa aanleer wat die Boer nie ‘n Xhosa of Zoeloe maak nie.
Dit is vir sommige volke en stamme feite wat uitstaan hoe plundertogte deur die bevoorregtes van veral groot moondhede vir eeue uitgevoer word. Groot moondhede slaan toe om alle argitektuur van geboue, brue en ander besienswaardighede van spesifieke volke, totaal en al te vernietig. Hier word van groot oorloë gepraat.
Die mag en vertoon van die Britse ryk en haar bondgenote sedert 1806 en regoor al die kontinente strek oor al die komponente waaruit minderheidsvolke en stamme bestaan. Indien minderhede hul teësit teen hierdie bondgenote en wêreldmagte, word hul eenvoudig met militêre presisie en magte uitgewis sonder dat die bondgenote skaam is oor hul honger na mag of word geen oog geknip. Dit gaan al vir eeue aan.
Geheime organisasies van Milner-Rhodes
Daar word dus opdragte en doelwitte gestel met sulke oorloë. Dit word voorafgegaan met behulp van korrupsie wat kwansuis gepleeg word sowel aanvalle en misdade, tot moorde waar die aanvallers skielik van die aardbol verdwyn. Regoor grense heen word al hierdie minderhede beroof van grond, minerale, geskiedenis en kultuurskatte wat versamel is vir die aanvulling van die bondgenote se eie museums en om hul geskiedenis te probeer goed lyk.
Kultuurskatte van minderhede se geskiedenis vind aan die einde plek in die rykdomme van die globale heersers se boeg van leuens en bedrog.
Groot moondhede versamel kultuurskatte en erfenisse wat die minderhede van geslag tot geslag bewaar wat oorgedra is om hul merkwaardige geskiedenis uit te dra. Daar word dus nie net een volksmoord gepleeg deur die groot moondhede en bondgenote nie.
Die dag wanneer daar ‘n ware oudit gehou word oor al hierdie kultuurskatte van die bondgenote en dit word terugbesorg aan die regmatige eienaars daarvan, bly daar eenvoudig niks oor waarop hierdie bondgenote trots kan wees nie, behalwe die bloed wat van hul voete en hande afdrup,
*
Terloops, daar is baie verskillende blanke volke en nasies.
Die Swart, Khoi San en Griekwas bestaan ook uit verskillende volke , wat almal apart grond beset het in veral die oostelike dele van suidelike Afrika na 1806. Die Boere het hulle nie daarin forseer nie. Hulle het met mekaar in geveg getree, lank voor die Groot trek en het mekaar uitgewis.
Sommige swart stamme wat uit Uganda afkomstig was, het ook in die oos-Kaap gaan rondtrek. Almal het grond beset, nes hulle dit vandag doen in Suid-Afrika. Na 1994 is grond geëis onder Grondeise wetgewings, sowel trust en kev wetgewings.
Ander volke het almal kultuurhuise en kultuurskatte, waarom mag Boere nie hulle eie beheer nie, dit behoort nie aan ander volke nie.
Mfecane – 1795-1830 teenoor 2024
Afrika Mfecane – Difaqane sedert 1795
Ingonyama Trustland (Zulu people)
Zoeloes – Ingonyama Trust and land reform
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
*
Die Xhosa stamme is afkomstig uit Uganda, die Luhlangeni gebergtes. Heelwat Zoeloe volke kom uit sentraal Afrika en Mosambiek. Hulle was nie permanent in suidelike Afrika nie.
Die Afrikaners is ‘n gemengde nasie en het dit openlik verklaar, hulle is niks van die Boere nie.
Afrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-Buys
*
Hierdie lande was almal deel van die groter Sowjet Unie voor 1991 en het almal onafhanklikheid verkry en so hul status as vrye volke gekry.
Al die EU lande is ook onafhanklik en hul hoef nie deel van die EU te wees nie. Hulle is reeds vry lande met volle onafhanklikheid.
Engeland het ook uitgetree en haar naam en volk/nasie het nie daarna verander na ietsie anders nie.
Boere state en republieke kan basies dieselfde pad volg, om hul eie Boere republieke te laat erken, van hulle was reeds onafhanklik. Daar is baie werk om te doen om hierdie einddoel te bereik en dit is slegs ons as Boere volk wat dit ‘n werklikheid kan maak. Niemand gaan dit vir ons doen nie. Kom vry van die juk van die huidige regering wat ons hul slawe probeer maak.
CIS – Commonwealth of Independent states
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
[…] Kultuurskatte, museums en -erfenisse – bestaansreg van die Boere volk […]
LikeLike
[…] Grondgebiede van Boere volkKultuurskatte, museums en -erfenisse, ‘n bestaansreg van die Boere volk […]
LikeLike
[…] Scorched earthBoere volksvryheid – Boere republiekeDie Engelse ryk teen die Boere volkKultuurskatte, museums en -erfenisse ‘n bestaansreg van die Boere volkGeheime organisasies van Milner-Rhodes1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – […]
LikeLike
[…] Engelse ryk teen die Boere volkAnglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aardeKultuurskatte, museums en -erfenisse – ‘n bestaansreg van die Boere volkSwart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index*Solidariteit soos die ander organisasies is en bly […]
LikeLike
[…] Kultuurskatte, museums en -erfenisse – bestaansreg van die Boere volk […]
LikeLike
[…] Boere monument (ZAR)Stoelmonument Middelburg KaapkolonieKultuurskatte, museums en -erfenisse – bestaansreg van die Boere volkABO Militêre gedenkplekke in Natal (KZN) kultuurskatteKultuurskatte, geskiedenis, simbole van […]
LikeLike
[…] Kultuurskatte, museums en -erfenisse ‘n bestaansreg van die Boere volk […]
LikeLike