*
Veelvolkigheid is vir diegene wat so wil stem, se eie keuses, die Boere volk skryf nie aan die spul voor nie. Indien die Boere volk hul eie land soek, soos wat dit in 1902 was, is dit hulle internasionale reg daartoe om elke Boere republiek in volle glorie te herstel. Dit het niks met apartheid te doen nie, want dan moet die wat in Ingonyama Trust of Richtersveld CPA bly, ook mos in apartheid bly. Daar is na 1994 duisende CPA en Trustgebiede, almal apart van mekaar geskep waarop hul dekades woon. Hulle politieke leiers skree hard en lelik hulle het geen grondgebiede nie. Maar hulle lieg daaroor. 
*
Hy was al lid van verskeie politieke partye … MARAIS
The Freedom Front Plus has announced that former Western Cape premier Peter Marais is its premier candidate for the province for the 2019 elections.
*
Was nog altyd so – die Kodesa grondwet van 1996 was NIE in 1994 deur alle blankes as demokraties opgestel en aanvaar nie, maar tog het die bestuur wat spog hulle is vir die Boere volk deel van ‘n volksparty gewees – maar so ongeveer 2014 of selfs vroeer multi-kultuur gegaan… dis hulle keuse. Tog wys alle tekens van multi-kultuur dit het gefaal, dit het geflop, dit is tot niet en tog bou sekeres steeds op FW se multi-kultuur se fondasies wat lankal inmekaar gekonk het.
Om nou ook vorendag te kom met stelsels soos Federasies of selfs Konfederasies, is betekenisloos, want die Boere volk sal weer ondergeskik moet wees aan ‘n Federale en Konfederale regering. Federasies en Konfederasies het ook gefaal, dit was al verskeie kere op die tafel, selfs tydens die koloniale bestuur. Daar is baie voorbeelde daarvan en werk nog minder uit. Dit staan uit , elke volk het ‘n internasionale reg tot eie gebied(e) en om hulself te regeer, hul eie leiers aan te wys wat wat voor 1902 gebeur het.
In ‘n eie gebied het die Boere volk die reg om eie leiers te kies en self te regeer. Verskeie Boere republieke het onafhanklikheid gehad, al was hulle saamgesmelt in TWEE Boere republieke, was daar ongeveer 15.
Daar is GEEN volksparty vir die Boere volk nie en hulle word nerens verteenwoordig nie. En al was daar so ‘n party, dit sou eenvoudig doodgesmoor gewees het, want net die kommunistiese sionistiese agenda is van belang. Daar was verskeie pogings in die verlede hiertoe, maar die vraag kan gevra word, tot watter mate het die veelvolkige Afrikanernasie die reg tot Boere republieke dan? Internasionale vereistes is ook dat een volk nie ‘n ander volk se gebied mag toe-eien nie.
Afrikaners is al sedert Rhodes dae veelvolkig en na 1910 het dit duisend maal vererger. Verskeie veelvolkige afrikaner organisasies en politieke partye bestaan sedert 1994, hulle het selfs gehelp om die 1996 grondwet te skryf, sonder om die Boere volk in ag te neem.
Daar is geen politieke party in SA se vals front demokrasie, wat die Boere volk of ander kleiner blanke groepies se belange op die hart dra vir selfbeskikking (volle onafhanklikheid) om te verseker ons kinders en nageslagte het nie net paar bouvalle om te gaan skuil nie, waar eens fondasies gestaan het. Vandag is alles tot niet in die grond in verwoes en vertrap.
Die veelvolkigheid, die multi-kultuur het na 25 jaar nog nooit bestaan in eie reg nie.
Hulle verteenoordig geen volk nie. Hulle het ‘n mandaat van hul veelvolkige lede.
Ander kleurige volke wat dink hulle het verteenwoordiging, moet maar mooi dink, wie hulle as volk vernietig het. Heelwat van die ou swart reservate en kroongebiede is nooit vernietig nie, dit bestaan steeds, net onder ander wetgewing, apart van mekaar. Hul grondeise gebeur alles met ruim kompensasie uit die belastingkas uit.
Dit is nie net die VF plus wat veelvolkig is nie, almal is en hulle onderskryf die vernietigende Grondwet van 1996. Gaan doen maar die huiswerk waar die VF plus vandaan kom en hoe hulle in die parlement beland het.
*
Al die dinge wat in die volgende video klip gewys word, vind al vir 25 jaar plaas wat nogal ‘n baie lang tydperk is, vir ons wat dit opgebou het, onderhou het, geld wat dit ons gekos het. Daarteenoor is die afbreek as’t ware vinniger as die opbou. Dit kos net ‘n paar petrolbomme en wat het gebeur met die skuldiges? Daar waar protesaksies plaasvind in strate, verskyn groot gate soos die teer brand en later opbreek. Dis hoe hulle infrastrukture met die regering se toestemming uitvoer.
2017 – Coligny where residents descended on a farm and set the house alight. 5 houses and more than one city/town were destroyed
*
Die VF+ is ook 25 jaar oud en steeds op die groen stoele.
Net ‘n korrupsie herinnering wat in die tydperk plaasgevind het en dis ‘n druppel in die emmer.
Daaglikse protesaksies – afbrand en ontwrigting van dienste – die WAPEN skandaal, het al by Mandela begin, daar was die teksboeke en e-tol skandaal, wat net doodgeloop het, die tenders, treine wat verkeerd bestel is. WAAR is daar al in 25 jaar teruggeslaan rakende swart bemagtiging? regstellende aksie, besighede wat hul deure moes sluit of 51% oorhandig aan swart vennote, waar was die VF+ as daar teen blankes gediskrimineer word hetsy B-BBEE of andersinds as daar ‘n K woord geuiter word, maar malema mag sing om die blankes te vermoor … ‘n skitterende afwesigheid word opgemerk maar die groen stoele sit lekker. Kommissies word deur die anc leiers aangestel en niks gebeur daarna nie – dis nou hulle lieflike grondwet.
En daardie pragtige regsbank wat ekstras kos as daar besettings plaasvind – ekstra onkostes en uitgawes – versekeringseise as daar moord en aanvalle , inbrake is
Wat van al die SOE’s wat bankrot gespeel het en gaan… ? Eskom … beurtkrag … SAUK … Denel … en vele ander – waar is die “terugslaan”
DIT IS EINTLIK TERUGSTAAN en nie terugslaan nie
In gesprek met Dr Pieter Groenewald So Slaan die VF Plus Terug
*
Onteiening is deel van die 1996 grondwet lees artikel 25 daaroor.
FREEDOM FRONT PLUS
Expropriation without compensation

*
HOE LUSTIG SPEEL DIE AKTEURS EN AKTRISES ROND IN DIE SA PARLEMENT – EN HULLE KRY GROOT SALARISSE HIERVOOR
Corne Mulder, het ook deelgeneem en help skryf aan die grondwet wat al ons regte weggeneem het – grond – besittings – eiendom – menswaardigheid – swart bemagtiging – alles mooi netjies hierin vervat by Kodesa, saam met Mandela, Thabo Mbeki, Zuma, Ramaphosa, FW de Klerk, Roelf Meyer, Wessels, en veral met George Soros en Slovo.
Daardie grondwet beskerm niemand nie, jy staan daarmee in jou hande. Gebruik die papier om jou af te vee van hulle protokolle.
Meerderheidsbesluit – meerderheid regeer –
Dit word deel van die grondwet wat sekeres help skryf het saam die kommuniste. Waar is die Mulder en Groenewald, die FW / Roelf se waarborge nou heen?
*
WAAROM IS ONTEIENING – ARTIKEL 25, IN DIE EERSTE PLEK INGESTEL IN DIE PARLEMENT, WIE HET DAARTOE INGESTEM? HULLE MOES TOE AL DAARTEEN KAPSIE GEMAAK HET EN NIEMAND HET NIE
“Die verslag van die parlementêre komitee oor grondhervorming is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie en die gevolge van onteiening sonder vergoeding hang soos ʼn donker wolk oor Suid-Afrika se horison.”
Dit is hoe dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, vandag in die parlementêre debat oor onteiening sonder vergoeding gereageer het.
“Al Suid-Afrika se parlementslede het op Woensdag 21 Mei 2014 voor hierdie podium gestaan. Hier het ons ‘n eed voor hoofregter Mogoeng Mogoeng gesweer om Suid-Afrika se Grondwet te handhaaf en te beskerm. Vandag sê julle nee wat, kom ons vergeet dié eed en verwyder ‘n fundamentele beginsel van die land se Grondwet, ‘n hoeksteen en basiese reg wat die wese vorm van die oppergesag van die reg in Suid-Afrika, soos vervat in die land se Grondwet.
“Onteiening sonder vergoeding is ‘n kragtige instrument en dreigement in die hand van enige regering, totdat dit eindelik tog gebruik word. Dan word dit ‘n giftige kelk teen die lippe. Onthou hierdie woorde en waarskuwing.
“Suid-Afrika is in hierdie haglike situasie omdat die EFF die ANC op 27 Februarie 2018 op ʼn slu wyse oorreed het om hom in die parlement te steun oor onteiening sonder vergoeding. Vanaf daardie oomblik het die EFF die inisiatief gehad oor die saak en die ANC het gevolg. Selfs die finale aanbeveling in hierdie verslag is deur die EFF voorgestel en deur die ANC gesekondeer.
“Onteiening sonder vergoeding het die vermoë om enige staat ʼn internasionale uitgeworpene te maak. Nie net president Donald Trump nie, maar selfs die egpaar Bill en Hillary Clinton het die ANC met hul besoek aan die land gewaarsku om nie die roete van onteiening sonder vergoeding te volg nie,” het Mulder gesê. Mulder het bygevoeg die parlement word mislei met die parlementêre komitee se verslag wat die parlement en die president nog in die verleentheid gaan stel. Hy het gesê die verslag is nie die produk van ‘n openbare deelnameproses, of van debat en ooreenkoms in die komitee nie en is fundamenteel gebrekkig…
***
READ ABOUT:
ALLE EIENDOMME – OOK AANDELE EN BATES, NIE NET GROND NIE
Dubbel standaarde / Double standards
DA – B-BBEE – land reform – grants
Corne en Groenewald was ook Kodesa skrywers
Codesa (writers) – Kodesa (skrywers)
Codesa Constitution – Kodesa Grondwet
Grondwet beskerm niemand
The Bridge – Die Brug
B-BBEE – swart bemagtiging – Motsepe
*
WIE EN WAT IS DIE AFRIKANER
Roets was nog self deel hiervan
Afrikaner stigting Solidariteit Julie 2024
Afriforum Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word
Afrikaners Afriforum Ernst van Zyl
Afrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-Buys
In Orania moet jy aansoek doen vir verblyfreg, jy kry geen titelaktes nie, maar aandeelsertifikaat
Orania, selfbeskikking Afrikaner verklaring
Multi-kulturele Afrikaner organisasies en politieke party VF+
AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)
Veelrassige organisasies – ABN
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
[…] VF +++ multi-kultuur […]
LikeLike
[…] IS EINTLIK TERUGSTAAN en nie terugslaan nie VF +++ multi-kultuur […]
LikeLike
[…] VF +++ multi-kultuur […]
LikeLike
[…] VF +++ multi-kultuur […]
LikeLike
[…] VF +++ multi-kultuur […]
LikeLike
[…] VF +++ multi-kultuur […]
LikeLike