Afrika Tuislande “so-called apartheid” – Homelands

*

Afrika het voor 1900 uit meer as 2000 verskillende etniese “tuislande” bestaan waarvolgens elke volk hul eie leiers saamgestel en hul eie sake bestuur het, waarvan heelwat voorbeelde aangehaal word.   In Suid-Afrika het die Shepstone beleid van 1854 na die Mfecane oorloë gevolg wat steeds aparte kommunale gebiede aangetoon het.  Na 1990 het heelwat minderhede in Afrika onafhanklikheid verkry, maar ongelukkig is heelwat steeds verbonde aan die britse statebond.

Image result for tuislande map


*

Before 1900 there were more than more than 2000 homelands in Africa – and most of the African  tribes mostly are still there, ruling by their own leaders.   With our 10 homelands (1961-1994) there were official elections too, etc.

*

Afrika tuislande voor 1900

Hoekom word net Suid-Afrika, veral die 1948 regering en hul inwoners (ou Boere republieke)  veroordeel vir aparte gebiede?    Tuislande is en was regdeur Afrika so gewees lank voor 1910 unie regering?     Tuislande, voorheen bekend as reservate, was totaal en al deur swart groepe self beset en nooit grond aangekoop nie.   Dit het die Engelse afgeneem en geannekseer voor 1900.  Dit het niks met Boere of Boere republieke te doen nie.

Die Boere leiers het vir grondgebiede onderhandel, of vir geld of vir dienste gelewer.   Dit was Niemandsland gebiede.  Later is Boere republieke uitgeroep en van die gebiede het onafhanklike status, internasionaal verkry.   Boere volksgenote het hul eie gebiede ontwikkel.  Vandag , 2024 is daar heelwat grondeise afgehandel en grondgebiede, waarop hulle gebly het voor 1900 is weer aan hulle gegee, met finansiële bystand, saad, trekkers en mentors.  Daar is selfs plase wat deur ander bevolkingsgroepe en Boere opgebou is, aan hulle uitgedeel.

Apartheidswetgewing was deur die Britse koloniale regeerders saam met die reservaat en kroongebiede-leiers gedoen, nie deur 1948 regering en burgers nie.  Daar was heelwat apartheidswetgewing wat in die uniewording maar ook voor 1910 geskryf en uitgevoer is.

Segregasie (apartheid) is nie verkeerd nie nog minder is dit teenstrydig met internasionale reg – volke se bestaansreg vorm deel van internasionale reg waar volke wat onderdruk word, hul reg tot hul eie gebied(e), eie regering daar mag stel om oor hulself te regeer.    Afrika en ander is gevul waar aparte volke apart bly en hulself regeer.

Hoekom is daar dan soveel aparte EU en Russiese lande wat onafhanklik geword het?   Hoekom bestaan Amerika uit meer as 50 state, maar dis ‘n Verenigde land.

Die onderskeie volksgeskiedenis op al die kontinente is toonaangewend dat etniese volke wat by mekaar hoort, mekaar beter steun verleen.   Sekere stamme /volke wie se kultuurverskille nie so groot is nie, is ook geneig om mekaar beter te verstaan.

Afrika is die kontinent van ook van blanke voorvaders (Boere),  net soos dit vir heelwat ander swart en bruin etniese volke is.    Swartes, Bruinmense en alle rasse word ook op ander kontinente gebore, nie net op die Afrika of enige ander kontinent nie.   Die wortels bepaal wie en wat jy is, al word jy aangeneem, het so ‘n persoon steeds wortels van ‘n volk wat nie weggeneem kan word nie.

Geskiedkundige wortels kan nie weggeneem word nie.  Net omdat sekere etniese volke ligter van velkleur of blank is, maak dit nie van hulle minderwaardig nie en het daardie volkere dieselfde reg soos voorgeskryf deur Internasionale reg.

Na 1994 word blankes in Suid-Afrika as die minderwaardige volk beskou wat as “monsters” beskou word en tientalle rassistiese en diskriminerende wetgewing daarteenoor is ingestel.

Hoe het Suid-Afrika daaruit gesien nog voor H F Verwoerd gebore is?   Dit beteken nie enige volk is meerderwaardig as hul aandring op ‘n eie onafhanklike land met eie ekonomie en regering nie.   Die Zoeloe koning en ander het ookal genoem hulle soek hul eie land en gebied.

*

Die Shepstone Beleid van die Britse heersers was in 1847 saamgestel en dit het ook aparte kommunale gebiede behels vir elke etniese volk, wat in 1854 geïmplementeer is.    Dis in London afgekondig.  Swart leiers het dit vir etlike dekades ondersteun – hulle het hul eie gebiede beset en van niemand aangekoop nie.   Dit was die Britte wat alle grond in SA kom afneem het, en ook al die minerale regte.  Dieselfde het met ander gebiede gebeur onder britse heerskappy, naamlik kroongebiede vir Khoi san en Griekwas.

Indien grense getrek sou gewees het op grond van etnisiteit/kultuur, sou daar meer as 2 000 Tuislande in Afrika bestaan het.   Tuislande voor 1994 in Suid-Afrika het elkeen hul eie stemreg geniet, sowel ander voordele en was op pad om onafhanklike status te verkry het.  Dit is ooreenkomstig internasionale reg as volke wat bymekaar hoort hul eie leiers kies in hul eie gebiede self op alle vlakke regeer.

Afrika Tuislande

>

Voor die Berlynse konferensie in 1885 het Afrika grense heel anders daaruitgesien en tydens hierdie konferensie is ander grense in Afrika getrek, waarmee etniese volke nie noodwendig saamgestem het nie wat heelwat konflik tot gevolg gehad het.  Nie dat daar nie voor 1885 nie besliste konflik was nie.

Grense is ook anders bepaal wat moontlik in sommige gebiede meer bygedra tot konflikte.    Maar nie noodwendig nie.   Oral waar daar wel konflikte voorkom is waar minderheidsvolke onderdruk word, nie net in Afrika nie, op ander kontinente ook.    Verder suid in Afrika, het die Mfecane konflikte (oorloë) na 1800 in die suidelike gedeeltes plaasgevind.

Image result for ethnic borders of africa

Let op waar Suid-Afrika is vandag in bovermelde kaart.

Die verskillende en hoeveelheid etniese groepe wat daar toe was in die area.  Beslis nie die hele land vol nie.   Hulle wat ook beweer dat ons blankes hulle grond gesteel het, lieg openlik daaroor.   Die paar etniese volkies wat na die suide getrek het uit die noorde van Afrika, het net sekere gedeeltes (bekend as reservate of tuislande beset) omtrent 1815.

Groot gedeeltes van Suid-Afrika was nie bewoon nie en NIEMANDSLAND.   Reservate en Kroongebiede is besette gebiede.

Lees meer

Berlynse Konferensie 1885 en grense in Afrika

Aparte gebiede in suidelike Afrika gaan terug in die koloniale tydperk  – beskikbare kaarte voor 1900 toon heelwat inligting in hierdie verband dat volke apart gebly en is nie noodwendig deur die toedoen van “kolonialisme” of wat deur ons in Suid-Afrika veroorsaak is nie.

Neem kennis dat daar nog geen Suid-Afrika was voor 1910 toe die land ‘n Unie geword het nie.  Die Britte het verskeie gebiede beset en geannekseer as hulle sin – naamlik die twee onafhankike Boere republieke (ZAR: 12 April 1877) ; (Vrystaat: 1902)  sowel Zulu gebied (1887) in die noorde van Port Natal (Britse kolonie) sowel Khoisan en Griekwa gebiede.

Britse kaart toon aparte gebiede aan vir etniese volke voor 1900

In Nigerië is daar meer as 250 etniese volke en stamgevegte en oorlog ‘n alledaagse gesig.

Image result for ethnic borders of africa

Federale Republiek van Nigerië

Suid-Sudan, bo in Afrika en het op 9 Julie 2011 onafhanklikheid verkry – die jongste land in Afrika wat onafhanklike status verkry het.   Na heelwat verskille en stamgevegte het die gebied wat verskeie minderhede bevat,  tot onafhanklikheid gelei.  Verskeie etniese volke kom in Sudan en Suid-Sudan voor.  Daar is  nog ‘n gebied tydens die onafhanklikheidwording,  waaroor tans verskille bestaan wat onder bespreking is en waar onderhandelinge plaasvind.

Suid-Sudan het in 2011 onafhanklikheid verkry, grondgebiede is nog nie 100% uitgesorteer nie.

Suid-Afrika bevat ook heelwat etniese volkere wat steeds hul etnisiteit en Trustgebiede (tuislande) behou het

Na die 1994 verkiesing is die indruk gewek dat “aparte gebiede” verdwyn het.  Dit het nie.

Die ooreenkomste wat net voor die 1994 verkiesing onderteken is, het meegebring  dat swart en khoisan volke dieselfde grondgebiede behou (of grondgebiede is met behulp van grondeise vergroot) wat na 1994 Trustgebiede of CPA’s genoem word en wat met toepaslike wetgewing (Trust en kommunale wetgewing of CPA) beheer en bestuur word.   Heelwat belastings word nes voor 1994 in die gebiede ingepomp en kommunale projekte word ontwikkel.   Etniese swart en khoisan volke geniet steeds hul eie aparte kultuur en etnisiteit in hul onderskeie trustgebiede.   Daar is heelwat aparte kultuurhuise en strukture op verskillende etniese volke, maar nie vir ons as die Boere volk nie.

Die Boere volk is ook ‘n etniese volk en  het na 1652 in Suid-Afrika ontstaan en ook hul eie taal gevorm:  naamlik Afrikaans asook Engels.  Boere is ‘n etniese volk,  het ‘n westerse kultuur en hul taal is deur die jare ontwikkel en gegroei tot ‘n baie sterk akademiese en wetenskaplike taal.  Kultuur en etnisiteit is totaal en al verskillend dan die etniese swart of khoisan volke.   Al praat heelwat ander etniese volke ook selfs Afrikaans en Engels.

Boere is ook nie deel van die Afrikaner nasie, wat multi-kultureel is nie.

*

Tuislande word Trustgebiede na 1994 – Grondeise word of Trustgebiede of CPA’s genoem.

Voor 1994 het al hierdie Tuislande meestal sterk selfregerings gehad, wat hul eie leiers gekies het met behulp van stemreg sowel as hul eie nasionale volkslied en vlag gehad

Vier etniese groepe, TBVC lande is uitgesonder met sterker selfregering om volle onafhanklikheid te verkry.   Trustgebiede geniet nie volwaardige soewereine onafhanklikheid nie, maar dit was tydens 1994 onderhandel.  Tydens die 1994 kodesa onderhandelings was daar ooreenkomste onderteken om Selfbeskikking vir ons as volk te ondersoek.    Ons as boere volksgenote het ook nie regte tot enige swart of khoisan trustgebied(e) nie.   Hulle bly apart van mekaar, nes die Zoeloes in Ingonyama trust.

Selfbeskikking (onafhanklikheid)

Waar etniese volke onderdruk word kan Selfbeskikking (volle soewereiniteit) plaasvind en moet ‘n internasionale pad loop om dit te verkry.   Dis in lyn met internasionale reg dat ons ons volk onsself op alle gebiede mag regeer – ook volgens Artikel 235 se bekragtiging van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika is duidelik, dat geen regering in enige volk se pad moet staan vir ‘n eie onafhanklike land nie.  (1996)

*

HERSTEL DIE BOERE REPUBLIEKE, WANT DIT IS DIE BOERE VOLKSGENOTE SE GRONDGEBIEDE.   DIS ONS BOERE WAT DIT VERDER MOET NEEM – NIEMAND GAAN DIT VIR ONS DOEN OP INTERNASIONALE VLAK NIE.

21 gedagtes oor “Afrika Tuislande “so-called apartheid” – Homelands”

  1. […] Before 1900 there were more than more than 2000 homelands in Africa – and most of the African  tribes mostly are still there, ruling by their own leaders.   With our 10 homelands (1961-1994) there were elections too, etc.  Read more Tuislande “so-called apartheid” – Homelands […]

    Like

  2. […] Zulu people –  Ingonyama Trustland*Nothing has been changed regarding separate areas, or “apartheid” – Apartheid was not dismantled. Previously, during 1961-1994, blacks elected their own traditional Homeland leaders during official elections. Border industries were created and thousands worked in those industries. All of the Homelands have their own flag and national song, and some self-governments have own police and army situated in their areas. Most of them supported the idea of independence.Today, there are more than 8840 traditional leaders and there are thousands of separate areas, called CPA or Trustlands, only for those that claimed the land (communal rights). We as tax payers must pay their salaries and benefits.During the Kodesa negotiations there were agreements to sign “peace on the table” – Ingonyama Trust and Ingonyama trust legislation.  After 1994 other legislation, like those for the Khoi khoi and San as well as the separate CPA legislation, where certain people have the opportunity to claim land and rule there own “chiefdoms” or whatever the case maybe.Zulu kingdom – Ingonyama Trust*Onder Britse kolonialisme was die gebiede geannekseer, oorlog gemaak, afgeneem en verander na aparte gebiede Reservate of Kroongebiede. Wyle Verwoerd was nog nie eers gebore nie. Dus hoe kon hy “apartheid” (segregasie) ingestel het as hy nog nie eers daar was nie. Die Shepstone beleid van 1854, getuig van aparte gebiede wat deur Britte beheer was. Die gebiede is in die 1930’s vergroot en in 1961 het Verwoerd die gebiede geërf en Tuislande genoem. Refer to the Shepstone policy of 1854, the roots to segregation and also other legislations under British control. The British empire created Reserves and Crown lands, not us or Dr Verwoerd. But also, if you investigate and trace the areas today, it is still te same, just under new names and legislations. It is also in line with international legislation, that all people have a right to rule themselves, we also. The British took our independence and freedom away with the Anglo Boer Wars. Liberals and classical liberal whites, communists and British rule blamed the whites for this so-called apartheid systems.Trustgebiede – Tuislande – Reservate – Crown land*Hoe het die res van Afrika gelyk, voor en na 1900 grotendeels onder Britse beheer en kolonialisme. Onmoontlik dat Verwoerd regering of selfs ons blankes van 1961-1994, aparte gebiede kon geskep het as ons nie deel was daarvan nie. Khoi san en Swartes, leiers sowel as hul ondersteuners, die liberale en klassieke blankes, nes die Britse regering (empire) is lief om steeds die blaam te plaas op ons wat die oorsaak was van die sogenaamde apartheid. Dr Verewoerd and whites did not create the so-called segregation areas, the British Government did and was still in control of all the areas (colonies) with the blacks/khoisan leaders. Before 1900 there were thousands of separate Homelands in Africa.Tuislande “so-called apartheid” – Homelands […]

    Like

  3. […] *Wat met ons Boere volk gebeur het voor 1900, gebeur nou in die EU en CIS lande ook.  Duidelik is daar heelwat EU lande, wat Rusland en Hongarye insluit, wat nie hul vryheid en onafhanklikheid wil of gaan prysgee nie.*Jeugdiges moet juis poog om direk betrokke te raak om hul van die waarheid te vergewis van hul eie wortels om staande te bly in ‘n land waar daar teen die Boere volksgenote gediskrimineer word met hordes wetgewings en aanslae.   Wat belangriker geag word om dit te kan uitvoer, is om  op hoogte te wees van die volksgeskiedenis, kultuur en tradisies regdeur alles en nie verdraaide geskiedenis nie.   Moenie multi-kultuur lewenswyses verhewe plaas bo die volksgeskiedenis en kultuur nie.    Kennis is mag –  Boere volksgenoteDie behoeftes en geskiedenis van die Boere volk moet deur hulself geken en bestuur word en moet nie hulle of hul nageslagte onderskat nie.    Dit is ‘n leersame proses, soms duur lesse wat geleer word, juis om uit die foute wat die voorouers moontlik onwetend uitgevoer het, asook hul teenstanders en vyande se aksies om te vernietig, te vergelyk.   Dan eers kan herhaling beperk word, om sodoende die volk se eie omstandighede te verbeter.     Dis allerbelangrik, geskiedenislesse is meestal betroubaar, mits die geskiedenis die getroue weergawes is wat plaasgevind het.   Moenie net alles vir soetkoek opvreet nie.   Daar word daagliks gesing om die Boere volksgenote afgebreek en te vernietig met sogenaamde liedere en swart bemagtiging.Vermoor die Boer lied – Kill the Boer songSwart bemagtiging Inhoud B-BBEE IndexRacism and Discrimination South Africa*Groot hoeveelhede immigrante het op die Boere republieke toegesak vir al hul minerale rykdomme.  Uit verskillende lande is magnate gegroepeer juis om die Boere republieke te vernietig, saam die volksgenote.Boere, Britte en uitlandersNeem in ag, dis die oorwinnaars wat geskiedenis herskryf, dit doelbewus verdraai en misleiding vind plaas.  Meestal word ware inligting van die opregtes en gelowiges vir dekades verbloem.  Dit word en is nie net met die Boere leiers of Anglo-Boere oorloë gedoen nie.   Ander lande wat nie saam die klieks loop nie, word almal geteiken om vernietig te word.   Indien na strooihalms gegryp word met ‘n verdraaide geskiedenis, ontvang daardie volk ook verdraaide geskiedenislesse wat rampspoedig kan eindig.   Dit eindig in ‘n duur proses van emigrasies na ander lande waar ander lande se regeringstelsels, kulture en protokolle aanvaar word, wat juis eie volkswortels in die proses verarm, vervreem en vernietig.In 1994 is ons Boere volk in ‘n multi-kultuursamelewing ingedwing, en dit is nie verskillend wat regtig in 1902-1910 in suidelike Afrika afgespeel het nie.   Na 1994 ervaar die Boere volksgenote erge ekonomiese vernietiging van volksgenote, met die kommunistiese aanslag van rassisme, diskriminasie en grondhervormings, wat uit en uit teen internasinale regulasies opgestel is en deurgevoer word.   Afrikaner stigting Solidariteit Julie 2024Orania, selfbeskikking Afrikaner verklaringAfrikaner  verklaring 2024Die feite dat Boere volksgenote van die Boere republieke nooit beskerm is in enige ooreenkoms van 1902 (Vereeniging vredesverdrag), is juis van die punte wat die Britte en Afrikaners na 1909 gerieflik eensydig verbreek het.  Vereeniging Vredesverdrag van 1902 en wetgewingsDit is onder andere in die verdrag gestel, niemand sal vervolg word, hul eiendom verloor en selfregering sal teruggegee word aan die Boere Republieke.  Vergoedings is belowe en nooit het dit by die verarmde Boere uitgekom nie.   Boere republieke se burgers is in die Uniewordingsproses ingedwing.  Hierdie verdrag is deur sionis Jan Smuts, asook ander leiers met die Britte opgestel en mede onderteken.   Dit is leuens dat slegs Brittanje betrokke was teen die handjievol Boere.   Brittanje was nie alleen in die Anglo-Boere oorloë of selfs ander voorafgaande oorloë op ander volke, om hulle lewens te neem en grond in te palm is nie uitgesluit nie.  Lande soos Amerika, Kanada, Indië, Australië en ander het meegedoen om soldate na die Boere republieke te stuur om vernietig te word.  Afrikaners het ook aan die kant van die Engelse geveg.   Hierdie voorwaardes is nooit uitgevoer nie.   Dit is myns insiens niks anders as oorlogmisdade en skending van die Boere volk se menseregte nie.   Heelwat Boere is na 1914 ter dood veroordeel deur die Smuts Afrikaner regering.ABO Perde – ABW horsesAnglo-Boere oorloë  – Springfontein1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond)  ABOBritse konsentrasiekampe Hester de BeerDaar word leuens verkondig, die Boere is deel van die multi-kultuur Afrikaners, wat allesbehalwe die geval is.  Afrikaners is ‘n gemengde nasie, die Boere is ‘n volk.Daar is heelwat wanpersepsies en diskriminerende wetgewings teenoor ons Boere volksgenote ingestel na 1994, juis om die handjievol wat in 1902 oorleef het, verder te vertrap en te vernietig, onder kommunistiese bewind en regerings wat gekoppel is aan die NWO.      Die jeug en selfs ouer geslagte van volksgenote, moet juis weet waarin ons as Boere volk sedert 1902 gedompel was.   Daar is heelwat verdraaide geskiedenislesse of artikels, wat herhaaldelik voorkom sedert 1900.  Diegene wat nie op hoogte van sake is oor al die verdrae en selfs  ooreenkomste wat in 1902 deur die leiers onderteken was, is eenvoudig deur Brittanje en Afrikaners, verbreek.   Dit is een van ons grootste geskiedenislesse ooit, waar ons Boere volksvryheid gesteel is en van selfregering beroof is.  Heelwat Boere het in 1914 tydens die Rebellie hul lewens verloor juis deur die Afrikaner en Engelse regering van 1910.   Dis hulle wat koning kraai in die 1910 en 1948 regerings om alle mynregte te behou.   Meer as 400000 immigrante is deur dieselfde regering die land ingebring na 1902.   Boereheld Jopie Fourie en SmutsVerdrag van Vereeniging 1902Onregte en menseregte skendings teenoor Boere in SA*Apartheid – ‘n vloekwoord, maar dis nie deur die Boere uitgedink nie.Apartheid wat reeds in 1854 deur Brittanje begin skep is in Port Natal (Shepstone saam die hoofmanne van ouds), saam met Rhodes se Glen Grey asook ander wetgewings en afkondigings (proklammasies), is tipiese voorbeelde daarvan.  Die 1994 regering en bondgenote/ondersteuners voer dit steeds uit en die blaam van apartheid word na ons gewys.    Aparte gebiede is destyds al gevorm onder Britse imperialisme.   Dit was Afrikaners wat in beheer was 1910 en 1848 regerings.Government CPA  –  Commonwealth  –  StatebondCommonwealth –  CPA CharterSegregasie  – ApartheidApartheid –  1854Die feit dat die ANC en veral die etniese hoofmanne en leiers, na 1994 steeds op aparte gebiede met elkeen aparte wetgewings, woonagtig is, is nog voorbeelde hiervan.    Dis hulle wat grondhervorming instel en afdwing op ons.    Daar is oor die 8840 tradisionele leiers op CPA en Trustgebiede.   Hulle is reeds deel van die NWO planne.Development of One Plans –  RamaphosaEEN PLAN IN SUID-AFRIKARamaphosa 2020  New Dawn   –   NWOTraditional leaders South Africa: 8840CPA’s in SA 2021Richtersveld –  KHOISAN AND CPAIngonyama Trustland (Zulu people)*Die blaam van apartheid word knaend en gerieflik voor ons volklede se deure geplaas oor gronddiefstalle en veral om al die BOERE gebiede, plase en minerale wil bekom.   Dit alles, terwyl hulle reeds die meeste grond besit.  Dit was die Britte en hul bondgenote wat dit alles veroorsaak het, saam swartes en ander stamme, wat grond voor 1830 beset het en dit kroongebiede of reservate genoem het.  Hulle het geen grond gekoop nie, dit was Niemandsland en daardie einste gebiede, is aan ons vir geld of dienste gelewer verkoop.  Dis gebiede wat Brittanje geannekseer het.   Na 1961 het Reservate/lokasies Tuislande geword en miljoene in die state het amptelik daarvoor gestem.Trustgebiede – Tuislande – Reservate en KroongebiedeAfrika Tuislande –  so-called apartheid  – Homelands […]

    Like

  4. […] Richtersveld – KHOISAN AND CPADaar was in 1900 oor die 2000 Tuislande in Afrika:  Ironies het heelwat swart “Afrika” lande, volksgebiede uit Tuislande bestaan, lank voor 1900 al en Dr Verwoerd het dit ook nie geskep nie, dit was reeds in plek toe hy gebore is.    Elke volk het die reg om oor hulself te regeer in gebiede wat geslagte aan hulle behoort.Afrika Tuislande – so-called apartheid  –  Homelands* […]

    Like

Lewer kommentaar