Grense SA, Botswana, Zimbabwe, Namibië, Mosambiek, Zambië

*

Grensbakens, drade of mure,  wat eens was in die suidelike Afrika streek was, word selde of ooit onderhou.   Dit word eenvoudig deur misdadigers van aangrensende lande afgesteel en totaal afgebreek.   Suid-Afrika se grense is oop vir almal en is ‘n totale klugstorie of sirkus vir elkeen wat wil binnekom.   Dienste, skole, hospitale en selfs HOP huise, alles  is gratis en verniet.  Dit word juis met voorbedagte rade gedoen sodat misdaad nog meer kan groei en plaasvind en nog meer mense aan die einde van dag uitgewis kan word in die streek.   So vind volksmoorde plaas.  So word Boere en hul gesinne geteiken, aangerand en uitgewis.  Dis so maklik om oor enige grens te vlug en te gaan wegkruip.

Roads & Road Transport | SADC

*

Soros en OSF.SA

Hierdie organisasie finansier saam ander kommuniste, die land se grondwet, wetgewing en die hele parlement.

George Soros se “Open Society Foundation” finansier nie verniet al hierdie betrokke lande se immigrante, sodat die misdaad nog groter kan word.   Dis alles om die gewone burgers van daardie betrokke land met vrese te oorskadu.  Deur eenvoudig jan publiek aan te val, hul eiendomme te verwoes sodat daar nog meer en beter strukture geskep kan word sodat die regering nog meer en groter baat kan vind by ekstra (BTW) inkomstes soos veiligheid, sekuriteit en mediese inkomstes.  So word die fokus op die slagoffers en armoede geplaas, terwyl die groot maatskappye wegstap met al die minerale en regte daaromtrent.

Botswana en Namibië

Dit kom voor dat Namibië en Botswana dieselfde pad as Suid-Afrika en Zimbabwe volg, veral oor grensdrade en mure, wat totaal afgebreek en gesteel word.   Misdade wat regdeur die spektrum gevolg word en aanvalle geloods word, waarna misdadigers eenvoudig oor grense verdwyn sonder om vervolg te word.

Daar word telkens genoem dat Afrika een land is, wat nie so is nie.  Vroeër jare was daar ook grense en het tradisionele volke almal apart van mekaar gebly.

In Suid-Afrika is dit nie anders nie.  Na 1994 en Kodesa is hierdie tradisies voortgesit, maar slegs in die geval van die Boere en Afrikaners is dit taboe om ook hul stuk land te verkry, met die oog op totale onafhanklikheid soos wat Botswana en Zimbabwe is.

Aparte gebiede bestaan steeds, veral met grondeise is daar duisende hektaar grond sedert Kodesa aan die grondeisers oorhandig, met finansiering en ander byvoordele, soos trekkers, implemente, saad en die meer as 8840 tradisionele leiers ontvang elkeen groot salaris en ander byvoordele.   Dit word nie meer tuislande en kroongebiede genoem nie.    Dit is nou CPA en Trustgebiede.   Slegs vir daardie volksgenote wat die grond eis (swartes en khoi san).    Miljoene hektaar grond en hulle roem daarop ons blankes het hul grond gesteel.   Dus, indien dit dan ‘n misdaad was voor 1994, waarom is dit nie nou ‘n misdaad nie.  Geen blanke kan hier grond koop en besit nie.   Dit alles is vals beskuldigings, want die spul doen dit sedert 1854 net na die Mfecane oorloë.

Onthou net, elke volk het die reg tot ‘n eie regering en gebiede wat aan hulle behoort.

Hierdie kaart toon aan waar die tradisionele volke was, reeds so ver terug as 1900.

Image result for ethnic borders of africa

lees meer:

Afrika Tuislande  –  so-called apartheid   –  Homelands

*

Tussen Namibië en Botswana is grense soms totaal en al eenvoudig afgebreek, gesteel en weggedra.

*

Dus, waarom moet ander lande se immigrante en onwettiges bly akkommodeer, wat te lui is om hul eie lande op te bou.   Hulle het hul eie lande afgebreek, want Zimbabwe het ‘n sterk struktuur en goeie boerderye gehad, wat totaal vernietig is.   Dis deur hul eie toedoen.    Plaas hulle werk skepping doen en geleenthede, dit val ook nie vir ons in Suid-Afrika en ander lande uit die lug nie.  Ons werk maar almal hard vir inkomstes en voedsel op die tafel.
(Nege jaar gelede)

*
*

Dit moenie toegelaat word deur immigrante en onwettiges om alles te verniel, te steel en af te breek knie.

Francistown in Botswana waar goud en ander minerale gemyn word.

*

Dit kom voor dat verhoudings tussen Botswana en Zimbabwe versleg namate die Botswana-regering voortgegaan het om ‘n elektriese heining langs die twee lande se grens te bou.   Wat kan mens anders verwag, dis oral in Afrika so.    Selfs op ander kontinente.   Misdaad vier hoogty oral.   Onwettige immigrasie vind massief plaas in Suid-Afrika, want grense is lank.  En die regering doen  nie veel om dit te verbeter nie.

Botswana is besig om die toenemende getalle Zimbabwiërs wat uit hul eie land se ekonomiese en politieke ineenstorting vlug, nie te akkommodeer nie.   Zimbabwe het alle kanse om hulself op te hef, maar hulle doen dit nie.     Sommige van hul inwoners gaan plak eerder in ander lande en voer eerder ‘n misdaad lewenspatroon – dis hul betalende beroepe.  Dit gebeur ook in bykans al die Europese en ander lande waar onwettige immigrante hulle inwurm.   Let op wie plunder, brand af en beskadig infrastrukture.

Die Zimbabwiese regering het beweer dat “Botswana probeer om nog ‘n Gaza-strook te skep” deur ‘n elektriese heining te bou, volgens Zimbabwe se Hoë Kommissaris in Botswana, Phreka Mphoko.    Dis natuurlik nie waar nie en ons in Suid-Afrika weet hoe dit voel en lyk.  Elke regering het eerstens ‘n plig en verantwoordelikheid teenoor hul eie burgers.   Indien hulle ander immigrante kan akkommodeer, is daar ‘n hele proses wat gevolg moet word om te emigreer.  In Harare het die 2,4 meter hoë heining protes en frustrasie veroorsaak, aangesien dit gesien word as ‘n simbool van die groeiende stigmatisering van Zimbabwiërs.   Burgers van hierdie lande, soos Zimbabwe, wat bohaai opskop oor Botswana, bring stigmatisering oor hulself, want hulle doen dit ook in ander lande.    Regerings soos Zimbabwe moet ‘n slag voor hul eie deure vee en werk verskaf aan hul mense en nie ander pad kyk vir al die misdaad wat gepleeg word nie.

Botswana word vir ‘n paar jaar gekonfronteer met ‘n groot immigrasieprobleem as gevolg van die Zimbabwiese krisis. Die land se immigrasiebeamptes repatrieer minstens 2 500 onwettige Zimbabwiërs per maand, volgens die Botswana-onafhanklike koerant ‘Mmegi’.

Die elektriese heining word wyd gesien as ‘n reaksie op die groeiende probleem van onwettige immigrasie na Botswana, een van Afrika se rykste lande.       Verseker is Zimbabwe nie ‘n arm land nie en kon hul ook ryk gewees het.   Daar is heelwat minerale en landbou kan baie werk verskaf.   Zimbabwe was voorheen groot op landbougebied en was bekend as die “broodmandjie van Afrika” wat miljoene werk verskaf het, maar hulle is te lui en steel is makliker.  Of is dit omdat hulle blanke Boere verwilder en vermoor het, dat daar skielik niemand meer oor is om te BOER nie.

Siektes en besmette diere

Botswana probeer ook hul eie boere beskerm teen die herhaalde verspreiding van die bek-en-klouseer uit Zimbabwe. Elke keer as Botswana-kuddes met die siekte besmet word, sluit uitvoermarkte vir Botswana se suksesvolle vleisbedryf, wat die land miljoene Amerikaanse dollars kos.   Dan is dit Botswana se boere wat die onkostes moet dra.   Dit versprei ook na ander dele van Afrika, ook Suid-Afrika.

Botswana-owerhede,  is van mening dat die elektriese heining, hoofsaaklik gebou is om wild en vee geskei te hou. Die heining van 500 kilometer sal effektief interaksie tussen Botswana en Zimbabwiese beeskuddes stop en sodoende bek-en-klouseer-infeksies op algemene weiveld stop of totaal uitwis.  Dit is onaanvaarbaar vir Zimbabwe wat wil koning kraai oor die burgers van Botswana.

Dis met goeie reg dat die regering strukture in plek het en daar hou, en nie soos Suid-Afrika waar alles eenvoudig afgebreek word nie.   Weer eens, Zimbabwe is nie ‘n arm land nie, hulle gebruik nie hul eie rykdom in hul eie guns nie, nou kla hulle oor ander lande se burgers wat hard werk om ‘n goeie ekonomie te bou.   Indien sabotasie op die grense plaasvind, is dit Botswana owerheid se plig om die skuldiges te vang.

Zimbabwe owerhede gaan beslis nie daarvan hou as Botswana burgers Zimbabwe gedurig terroriseer en saboteer nie.   So waarom moet Zimbabwe kla oor hul buurland en hul eie maatskaplike en ekonomiese probleme afskuif op hul buurlande, wat ook Suid-Afrika insluit.   Dit is tyd dat Zimbabwe en die burgers hul eie land opbou, veral diegene wat dit afgebreek het.   Jaloesie op buurlande gaan nêrens oplossings bring soos werkverskaffing nie.  Werkverskaffing is harde werk.

Zimbabwiërs het glo bondgenote in die omgewing se omgewingsbewustes gevind, wat die heining ‘n “futiele en bisarre skuif” noem. Terwyl ander lande in die streek transnasionale parke en wildreservate skep, sal die Botswana-heining ‘n hindernis wees vir die vrye beweging en voortplanting van wild in die sone. Verder, meen ekoloë, dra baie van die streek se wild op een of ander manier die bek-en-klouseer.   En dit is eenvoudig ‘n foefie, want al die parke en wildreservate is omhein, selfs in Suid-Afrika word dit ten duurste onderhou.

Die politieke implikasies van die heining is ‘n selfs suurder verhouding tussen Harare en Gaborone. Botswana het, soos alle lande in die streek, reeds gely onder die ekonomiese ineenstorting wat deur Zimbabwe se politieke krisis veroorsaak is.    Botswana se president Festus Mogae was egter een van baie min Afrika-leiers wat openlik teen die beleid van sy Zimbabwiese eweknie, Robert Mugabe, gepraat het. Verhoudinge was dus reeds koel voordat Botswana sy nuwe “beskermingsskild” aan die Zimbabwiese grens begin bou het.

Vir Zimbabwiërs is die Botswana-heining net nog ‘n negatiewe gevolg van hul land se ineenstorting. Met die groeiende instroming van Zimbabwiese immigrante in die streek – Botswana-owerhede alleen skat dat tot 100 000 Zimbabwiërs onwettig in die land woon – word hulle toenemend in buurlande gestigmatiseer.    En hierdie tipe van immigrante moet dit voor hul eie deure skoonvee of in hul eie lande gaan werk en bou vir ‘n toekoms vir hul kinders.

Staatsamptenare in Botswana het Zimbabwiërs die skuld gegee vir die roof van huise en die teistering van kinders. Zimbabwiërs word toenemend met dieselfde houdings in Suid-Afrika en ander buurlande ontmoet, waar vreemdelinge haat na berig word aan die toeneem is. Die meeste Suider-Afrikaners bevraagteken egter hoofsaaklik hul regerings se onvermoë om die politieke probleme in Zimbabwe aan te spreek.

Burgers van Zimbabwe (en ook elke ander land) moet ‘n slag ophou om te gaan bedel in ander lande en werk/bou in hul eie lande.  Dis nie die buurlande wat die oorsaak is van Zimbabwe se ondergang nie, dis diegene in Zimbabwe self wat alles loop en plunders sover hulle gaan.   Om te werk is ‘n voorreg en bou die land.   Net die burgers kan iets vir hulself doen.   Ander lande het genoeg probleme van hul eie, soos om onwettige immigrante terug te stuur na hul lande toe.

Dit geld ook vir ons land se mense wat trokke langs ons paaie beroof en aan die brand steek of geboue plunder en laat afbrand

Lees meer

http://www.afrol.com/articles/10498

*

Malawi en Mosambiek
Noorde van Mosambiek se landskap en dorpies, ook grenspos

*

Tete Brug

*
*
*

Kazungula Brug in suidelike Afrika

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s