Munisipale onafhanklike stemkrag


*


Hoe kan dit politieke geknoeiery in SA gestop word? Begin onder op munisipale vlakke en bou voort, dit wat as streek en munisipale vlakke bekendstaan. Die uitslag kan later groter en meer bepalende faktore wees. Benoem en stem vir onafhanklike verteenwoordigers. STEM alle politici uit met onafhanklike verteenwoordigers sodat dit begin kan wees van ‘n totaal nuwe stelsel deur die massas self. Intussen kan daar op grondvlak gewerk word om getalle in gebiede op te bou – soort by soort, groepe wat bymekaar hoort, waar volke, volkereg, tradisies en kulture wat bymekaar hoort, deel van mekaar kan vorm.


*

How can this political manipulation in SA be stopped? Is it possible – yes it is possible. Start at the municipal level and build up, what is known as the regional and municipal levels. The results can later be bigger and more decisive factors, also to peoples.

Nominate and vote for independent representatives. VOTE out all politicians with independent representatives so that this can be the beginning of a totally new system by the masses themselves. In the meantime, work can be done at the grassroots level to build numbers in areas – species by species, groups that belong together, where peoples, international law, traditions and cultures that belong together can form part of each other. All peoples had an international right to rule themselves.


*
*

Koalisies, federale en konfederale bestuur werk nie. Nog minder het unie wording en een land uitgewerk. Dit is ook op die Boere volk afgedwing in 1902 en is die vryheid van die Boere volk gekaap en tot niet probeer maak. Na 32 werk hierdie bedeling steeds nie in die guns van die burgers van SA nie.

Volke moet hulle nie blindstaar teen getalle nie. Hierdie kan net ‘n begin wees vir die groter eindresultate op baie hoër vlakke of selfs beter verantwoordbare onafhankilke mag op gemeenskapsvlakke, in jou dorp, stad of landbou area.

Dit is die burgers van die land wat self moet besin hieroor. Besluit self oor die toekoms. Nie die politici (vele ministers op nasionale en provinsiale vlakke) of politieke partye wat die land sedert 1994 in ‘n wurggreep van verwoesting, hul wetgewings afdwing. Agentskappe van die nwo. Politieke partye in plaaslike owerhede werk hoegenaamd nie meer nie, want na 32 jaar is daar vandag meer chaos en misdaad as ooit tevore. Meer owerhede onder administrasie, wat ook dienste vanaf alle vlakke en staatsentiteite soos eskom daarby insluit. Miljoene onwettige immigrante, plak oral, pleeg misdaad, steel krag, water en beset selfs hop huise. Alles het al bykans in duie gestort.

Die rigting kan geloop word om uitendelik by onafhanklike STAD state, DORP en plattelandse state en selfs LANDBOU en MINERALE state opeindig.

Dit het al gewerk in die geskiedenis van die mensdom. Munisipaliteite se name moet en behoort verander te word na STAD status, hang af van elke deel in die land, wat hulself beheer en regeer. Dit wil sê onafhanklikes behoort deur die stad, dorp en landbou gekies te word om daardie stad en dorp te ombou en te bestuur in belang van daardie gemeenskap.

Indien daar meer as een volk in so ‘n gebied is, behoort daardie volk die geleentheid te kry om ook hulself op te bou totdat hul hul eie stad STADstatus kan kry. Geen volk moet mag oor ‘n ander volk uitoefen nie. Daar moet of behoort geen diskriminiasie of rassisme te wees soos dit tans gedoen word nie. Dit bly ‘n internasionale reg om dit deur te voer. Dit is haalbaar. Suid-Afrika het genoeg kapasiteit om landbou en minerale aan hul STAD en DORP state te koppel.

Singapore is ‘n tipe voorbeeld wat hulle vermag het.

Volle soewereiniteit: Singapore


*

AFSONDERLIKE VOLKE EN HL TRUST/KEV GEBIEDE

Daar is reeds heelwat sulke gebiede soos die Trust en KEV gebiede, wat totaal en al hul eie leiers het. Die gebiede was na 1800 as reservate en kroongebiede beset en nie deur die Boere volk of enige ander volk nie. Meeste in die ou reservate en kroongebiede het nie hul gebiede gekoop of wettig bekom nie, maar BESET. Hulle doen dit vandag steeds. Hul grondgebiede is weer eens met kompensasie ge-eis. Reservate en Kroongebiede was nog nooit verlore vir hierdie volke en stamme nie, want hulle bly steeds in hul gebiede al sedert 1810 en britse kolonialisme.

APART VAN MEKAAR EN DIE RES VAN ONS

Richtersveld

Ingonyama trust

CPA – Hansards

8840 traditional leaders

Die Boere volk moet ook die geleentheid kry om al hul gebiede, soos wat Ingonyama Trust of Richtersveld hul gebiede het, terug te kry soos wat dit in 1902 was.

Boere republieke

Boere volksvryheid – Boere republieke

Wiets Buys

Boere boek

Daar is oor die 15 Boere repubieke wat wettig bekom is – daar kan selfs meer wees .

EIE LEIERS – EIE FINANSIES – ONAFHANKIK

Hier gaan dit nie oor ‘apartheid’ nie, maar dat elke volk hul eie leiers self onderhou en hul tradisies in stand hou. Daar is geen nodigheid dat ander volke die Zoeloe of Khoi san konings en hul hele hierargie moet onderhou nie.

Skep dan uiteindelik, totale onafhanklike STAD state of STAD gebiede vir Zoeloes, Xhosas, Khoi san, Griekwas, en Boere volke. Elke volk het die reg om hulself te beheer en te bestuur. Ander konings van ander lande het tog niks te doen met Suid-Afrika se huishoudelike sake of aangeleenthede nie. Selfs die hawestede, behoort aan die burgers van die land, maar dit kan opgedeel word in behoorlike STADstate, dorpe en landbou/minerale. Diegene wat dit nie kan opbou en in stand hou nie, moet dit dan nie doen nie en ander die geleenthede binne Suid-Afrika kans gee om dit te doen.

Luister hierna:

SKAKEL POLITIEK UIT – DIT IS WAT ONS VERWOES


*

REWOLUSIES EN GEWELD

Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index

Dat politieke onrus en aanmoediging van opstokery, bydra hiertoe, is nie te betwyfel nie. Leiers klim op podiums en spreek hul eie ideologie en geweld uit. Dit het ‘n baie groot rol hierin gespeel en dit help nie om doekies om te draai nie. Dit help nie om hierdie varkhok te probeer skoonmaak nie, want dit gaan nie gebeur nie. Heelwat van hierdie politieke geknoeiery is deel van die geldmag en dit is wat al die burgers van die land omkrap. Die sindikate en selfs besettings van geboue, onteiening vind reeds op grootskaal plaas. In metrogebiede en oral in die land.

Verseker mislei elke politieke party en misbruik hul magte. Hierdie stokperdjies van wetgewings wat die politici uitdink en promulgeer, verarm elkeen van ons. Politieke verteenwoordigers versamel geld en pensioene vir eie gewin en bou hul eie loopbane op grondvlak tot bo in die hoogste vlakke van provinsiaal en nasionaal. Wie betaal hiervoor – die belastingbetaler. Daar is duisende tradisionele leiers en elkeen het hul eie wetgewing , apart van mekaar.

Niemand het hulle mandaat hiervoor gegee nie. Dit het in 1994 ook gebeur waar daar gevra is vir ‘verandering’, maar ewe skielik het swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening of besettings slegs die ‘elites’ nog meer ryker gemaak.


*

Munisipale verkiesings behoort geen politieke party toe te laat om hulle te beheer nie, omrede die burgers van dorpe en stede hul dienste betaal wat selde indien ooit uitgevoer word nie. Niemand van die op grondvlak ontvang EEN sent uit ‘n politieke party nie, maar hulle salarisse en byvoordele word betaal. SO ook al hierdie munisipale amptenare, wat veronderstel is om hul werk self te doen – hulle moet ophou tenders gebruik.

Dit geld OOK vir hospitale en skole. Beide moet ingesluit word in hierdie Stad en Dorp beplannings.

ESKOM EN STAATSENTITEITE

Duur elektrisiteit word eenvoudig vir weke afgesit en munsipaliteite en provinsies word onder administrasie geplaas. Duur hotelverblyf, huise, meubels, luukse motors en toelaes is aan die orde van die dag op alle vlakke van regering wat sedert 1910 het dit nog nooit uitgewerk het nie. Politici bestuur hierdie Titanic skip die diepsee in, die munisipale politici word hierby ingesluit.

Daar is vandag ‘n ekonomiese verwoesting misdaadmuur rondom ons gebou.

Hierdie is ‘n donker muur wat die oorsaak is wat die burgers van die land in ‘n ekonomiese wurggreep beet het. ‘n Muur van onwettige transaksies, korrupsie, onwettige tenders, sindikate, geldwassery, aanrandings, verkragtings, dwelms en mensehandel wat aan die gang gehou word om almal van ons ekonomies uit te wis. Hierdie paar stukkies legkaarte, vorm deel van die geldmag se pogings om die hele land tot stilstand te ruk sodat hul hul oplossings op die verarmdes kan afdwing.

Dit wat hierdie geldmag reeds gesteel het, gaan hulle aanwend om ons verder af te breek tot zero grondvlak.

Die data sentrums en ‘smart’ stede word reeds uitgevoer om ons hul slawe in hokke te plaas. Dit is eenvoudig ‘n herhaling wat voor 1902 plaasgevind het met verskroeide aarde en konsentrasiekampe. Swart bemagtiging, regstellende aksie, onteiening en besettings, het daarby aangesluit om hulle verder in die proses te verryk en om hul eie sakke te vul. Hul eie banke oor die grense te vorm. Dit weet ons, bestaan op die boeke, eers van die interim regering, daarna die ANC en bondgenote en wat weer opeindig by interim.

Alles misdade wat bygevoeg kan word, waar menselewens verwoes word. Daar is oplossings wat die burgers van Suid-Afrika misskyk. Die onafhanklikheid van eie Stad en dorpstate, sowel aanvullend tot groeiende landbou en mynbou STATE.

HANDELDRYF

Weer eens. Indien enige stad of dorpstaat nie in staat is om myne of landbou behoorlik te bedryf nie, behoort ander omliggende stadstate en dorpe die geleentheid kry om dit te ontwikkel. Memorandum van ooreenkomstes is belangrik. Handeldryf. Dit is in belang van Suid-Afrika en al sy inwoners.

Grensnywerhede van omliggende stadsplase vir landbou en myne wat ontwikkel kan word om werkskepping intern aan te moedig. Dit kan later vergroot word. Verskillende grensnywerhede kan ontwikkel word, waar landbou , produksie van organiese voedsel sonder gifstowwe is uiters belangrik vir almal se gesondheid in Suid-Afrika. Dit sal bygevoeg word om besoedeling te bekamp, rehabilitasie van myne, erosie, maar veral werkskepping.

IMMIGRANTE BEHEER EN GRENSE

Die oorheersende onwettige immigrante moet stopgesit word, want dit was die geldmag, mynmagnate en industrieë wat hiervoor verantwoordelik was en is, om hul eie sakke aan te vul. Onwettige immigrante en mynmagnate is al aangemoedig in tye sekert 1900. Hierdie spul moet geen houvas op Suid-Afrika hê nie en ook nie hul infrastrukture, hawens of spoorlyne beheer nie.

STADSGRENSE, dorpsgrense en ander kan hierby gevoeg word, wat uiters belangrik is vir elkeen van ons op grondvlak. Soort by soort, volk by volk is nie apartheid nie.

tuislande homelands

Afrika Tuislande “so-called apartheid” – Homelands



ANTIEKE GRIEKELAND

https://happydooda.co.za/tag/stadstate/



*

FINANSIERING Suid-Afrika Parlement /South Africa Parliament

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

Lewer kommentaar