Die korruptes in Suid-Afrika

*

Die voetspore van misdaad in Suid-Afrika,  is wyd, redelik verspreid en ver gevorderd.   Net soos dit hier in SA aan die gang is, loop dit ook oor kontinente en lande, veral regerings asook staatsentiteite en besighede wat oral ‘n vinger in die misdaadkoek het.   Hulle mag soms gesofistikeerd voorkom en kan nie maklik herplant of herbou word nie.   Diegene wat so droom, speel woer-woer met die publiek, want die mag van geld en rykdom oorheers hulle.  Dit kom soms voor asof daar geheimsinnige naamlose spookbendes, satanies betrokke is en ontken alles sonder om te blik of bloos.     

Image

*


KORRUPSIE EN MISDAAD GEBEUR NIE BINNE ‘N DAG NIE – DIT VIND OP ELKE GEBIED PLAAS

Op die oog af, vloei geld en magsposisies in die begin soos ‘n nuwe besem wat ‘skoonvee’.   Inderwaarheid word die korrupte besem juis gebruik om nog te steel.   Skelmstreke haal enige persoon of instansie in en slaan hard aan die einde.   Dis ‘n wiel wat altyd draai en verraad teenoor ‘n land se ekonomie, maar veral minderheidsvolke laat tuimel.  Dit kan naderhand nie meer gekeer word om ontbloot te word nie. 

Soms word selfs besighede en organisasies met opset verander, afgebreek om die waarheid en veral geskiedkundige waardes, weg te tower.  Tog skemer die werklikheid deur, dat dit nie ‘n verewigde kul-jou-hier-kul-jou-daar situasie is nie.  Terloops, korrupsie is nie net dertig jaar aan die gang nie, dis eeue oud.

Korrupsie is ‘n magspeletjie, dit strek oor ‘n verskeidenheid van lande, dink maar aan die wapenskandaal na 1994, die tolpad verneukery, skoolboeke, tenders – die uitbuiters en hoe ingewikkeld dit geword het, dat selfs ANC fluitjieblasers daaroor geskryf het.   Voor dit is die inligtingskandaal aan meeste burgers bekend.    Die onderhandelinge van IDASA na 1980 en KODESA daarna, is alles gebou op ‘n vals vlag fondament van ‘demokrasie’.   Dit kan nie herbou word nie en is deel van die ondergang van Suid-Afrika.  Dis hier waar die embrio’s van swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening sonder vergoeding begin groei het.

Die ANC is nie alleen hierin nie en word ook gebruik om die land te vernietig tot ‘n ashoop status.   Dis waar, hulle het ‘n goed ge-oliede stuk masjien in 1994 op ‘n goue skinkbord gekry.   Daar is geen goue skinkbord oor nie,  die masjien is flenters en voos gesteel, afgebreek en kan nie meer funksioneer nie. Is dit opdragte vanuit ander geledere?   Gevolgtrekkings hieroor sal verskil oor die magspeletjies.

Vernietigingsproses in SA

Traditional leaders South Africa: 8840

Wapenskandaal – Arms deals

Eskom design faults – Ontwerpfoute

Generaal Mkhwanazi

Die patroon is identies dieselfde as wat die Britse ryk en haar bondgenote, wat Afrikaners daarby insluit, destyds gevolg het om die Boere republieke te probeer vernietig. 

Anglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aarde

Die Boere volk het nie vergeet nie en hulle is nie deel van die veelvolkige Afrikaner nasie of ander volke nie, was nog nooit nie.   Hulle word mislei deur die veelvolkige organisasies.

AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)

Afrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-Buys

Afrikaner stigting Solidariteit Julie 2024

Afrikanerbond – Johann Rupert – Remgro – Richemont

Die korrupsie samelewing in Suid-Afrika is reeds vir dekades deur die anc gebou, onder die wakende oog van NWO agente of wat hul hulself ag om te wees.   Hulle is nie die enigste wat agente is van die nuwe wêreld orde nie,  Daar is heelwat ander lande, regerings, besighede en organisasies, wat ook deel vorm van die ‘een wêreldmag’.  Heelwat vorm ‘n vals vlag stukkende front.     

Die wortels van die huidige onderlinge samelewings in die land wat as Suid-Afrika geken word, is en word gebou op korrupsie, aanvalle, verkragtings, moorde, mense- en orgaanhandel op alle vlakke van regerings en organisasies. 

*

ARMOEDE IN SUID-AFRIKA

DISKRIMINERENDE WETGEWINGS:  SWART BEMAGTIGING, REGSTELLENDE AKSIE EN ONTEIENING SONDER VERGOEDING

Swart bemagtiging en regstellende aksie het lankal ‘n werklikheid geword – ook nie oornag nie, dis om die rykes te bevoordeel.   Natuurlik gaan dit oor GELDMAG wat beheer uitoefen oor elkeen van ons.   Die herhalings sodat hul geskiedenis kan verander soos dit hul pas.

Dit is voorafbeplan en uitgewerk wat ons vandag deurmaak, die slawe netwerk-agente wat dit met presisie deurvoer om die verskroeide aarde beleid en konsentrasie helkampe te herhaal.


https://www.youtube.com/watch?v=eNKg-W8RPHA

Regstellende aksie – Affirmative Action  – Dakar 1989

Dakar 1986 – Notes of H Giliomee

Ramaphosa: Afrikanerbond

Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index

*

Die Skandvlek van elke stam, volk, veelvolkige nasie en land

Die vraag wat iedereen hulself moet afvra, hoeveel persone in Suid-Afrika, Afrika en ander kontinente, het met hul lewens geboet deur hierdie magsbeheptheid, gierigheid, die minderheidsvolke wat in die hele proses vernietig is vir die geldwolwe van ons tyd? 

Die internet word heelwat gebruik en misbruik as spioen-tentakels om onskuldiges aan die pen te laat ry sodat die geldwolwe die alleenmag en rykdom kan geniet.  Op hierdie manier ontstaan soveel armoede en word armes in die grond ingetrap, vernietig en selfs vermoor omdat hul ekonomies vernietig is.   Daar is baie bloed aan hul hande – hul koppe is deurdrenk van onskuldige lewens wat verwoes word.   

Diskriminerende swart bemagtiging en regstellende aksie, onteiening is nie net ‘n euwel nie.  Hulle diskrimineer openlik en sluit bande met buitelandse regerings wat inval, ondersteun hulle rassisme en diskriminasie.   

*

Die slinkse armoede wat voortvloei soos ‘n borrelende bodemlose fontein, toon dat daar steeds ongelykhede bestaan, wat ‘n vals vlag is en blaam op veral die Boere volk te plaas.   

Die vals vlag van “ongelykhede” uit ander lande wat hiernatoe stroom, en reeds sedert 1800 stroom, word gebruik om die Boere volk en besighede te vernietig.   Die Boere volk en ander bydraers moet al hierdie onwettiges onderhou deur die staatskas.

Bykans die hele Afrika van elke afsonderlike land se ongelykhede en diskriminasie, stroom  sedert 1806  in hul miljoene na suidelike Afrika om die armoede 1000% te vergroot.   Lande uit die Ooste se inwoners het hul gerieflik daarby kom aansluit om die armoede en ongelykhede nog groter te laat vertoon.   Hier is meer as 120 miljoen onwettiges in die land.

Die howe het bepaal chinese is swart.   DWS die ANC se grondwet, aka 1955 manifes.

Swart bemagtiging – Chinese –  B-BBEE legislation

1996 Grondwet en 1955 manifes

1955 ANC Freedom Charter

ANC Freedom charter 1955

*

*

 

IDEOLOGIEë VAN VEELVOLKIGHEID – VALS VLAG DEMOKRASIE

Omrede hierdie vals vlag ideologieë van verskillende partye (multi-kulturele Afrikaner organisasies ingesluit), word die ‘bestaansreg’ en wettigheid van swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening sonder vergoeding tot die spits gedryf om elke Boer en blankes te verarm en uit te sluit uit die ekonomie.     

Al die politieke partye, die ANC, DA, EFF, IVP, VF+ doen alles in hul vermoeë  om dit steeds in parlement ‘wettig’ te hou.   Dus word elke immigrant ingesluit om onder die Suid-Afrikaanse wetgewing beskerm te word bo die van die Boere volk en ander blankes.    Armoede onder blankes is groot, nie alle blankes is deel van die Boere volk nie. 

Dit is feite.  Dis slegs die bevoordeeldes wat swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening sonder vergoeding begin het, wat verryk word. 

Swartes en anderskleuriges stem amptelik vir hierdie wetgewings wat hulself vernietig in die proses.    Die miljoene immigrante uit die noorde en ooste, omliggende buurlande maak dit nie juis makliker vir ons en hulself nie.    Hulle stroom hierheen juis om ons hele land saam hulle te laat ondergaan.  Dit kom soms voor of hulle gestuur is om alles te misbruik, soos hospitale, klinieke, skole, hop huise met sonkrag en elektrisiteit, sowel toelaes.   Die misdaad vind oral plaas.   Dit het in hul eie lande begin, want daar is niks meer oor in hul eie lande nie.

ALLE wetgewings, sowel grondwet en parlement, word deur links liberales, veral uit Amerika (osf.sa, cato instituut, ford foundation en ander), gefinansier, meestal van sionistiese afkoms en oorsprong.  Hoe regverdig is dit dat dit juis hulle is wat IDASA en KODESA gefinansier het, en wat daarna daaruit voortgevloei het.   Nie almal was teenwoordig met die vergaderings nie, want IDASA het buite die landsgrense plaasgevind.

FINANSIERING Suid-Afrika Parlement /South Africa Parliament

Politieke skip in SA

Heelwat lede van verskillende organisasies, gemeenskappe en samelewings,   vorm die korruptes in Suid-Afrika sonder dat sommige bewus is dat hul deel is van die groter NWO mandjie en geldmag.  Die mag oor hulle is geld, minerale en rykdom.   Al probeer enige van die 400 lede in parlement hoe hard, daar was ‘n strategie in 2022 uitgespreek (NACAC), maar niks het daarmee gebeur nie.   

Dit is onlangs uitgespel in ‘n openbare bekendmaking deur Mkhwanazi self – hy was reeds in Parlement om hulle in te lig gedurende Maart 2025.   Die EFF, DA en ander was almal teenwoordig en daar is niks daaromtrent gedoen nie.   Selfs die toesprake in die withuis het niks besonders opgelewer nie.


*

Korrupsie loop saam met kommissies, wat tot niks gevorder het nie, behalwe duur salarisse wat aan kommissies en lede betaal is.   Daar is geen kommissie wat hul taak enduit vervolmaak het nie, dit hang alles in die lug.   Waar is Zondo vandag – hy is deur Zuma aangestel om die bevoorregtes te ondersoek – hul eie magte word gebruik om hul afdwaalpaaie dood te vee.

Dit is in die grondwet so beplan om deurgevoer te word.   Die presidente wys alle lede van kommissies aan, nes die regsbank.   Die mandaat is juis aan die president verskaf deur al die ANC lede wat hulle in die eerste plek in parlement laat aanstel het om namens almal besluite te maak.

*

DAAR IS GEEN  AANVAARBARE OPLOSSINGS VIR DIE HOë MISDAAD IN DIE VALS DEMOKRASIE NIE – ONREGEERBAARHEID VAN DIE LAND EN DIE PAD VAN ZIMBABWE.   NIKS KAN GEBOU WORD OP ‘N FONDAMENT WAT GESTEEL IS NIE.

Alternatiewe

Ander lande durf en mag nie inmeng nie, dit is ‘n internasionale vereiste, dog kan die huidige regering korrupsie ondersoeke ook nie deurvoer nie.  Hulle kan nie hulself ondersoek nie, want dit werk nie.

Die huidige president en bondgenote moet nie deel uitmaak van enige ondersoeke om hulself te ondersoek nie, nog minder die sogenaamde ‘onafhanklike regsbank’, wat inderwaarheid OOK nie onafhanklik is nie.   Regters word juis, in terme van die grondwet 1996, deur die president van die land aangewys.  Dus speel hul regter in hul eie sake en om ook daarna in belang van korrupsie wat elke lid van die publiek raak, op te tree. 

Die barbaarse en vernietigende spore van korrupsie is groot en die ekonomie is glad nie gesond of effektief nie.   Moorde en elke ander misdaad word hieraan gemeet en gekoppel.

Geen regering, organisasie, sindikaat of groep wat daarby betrokke is, kan hulself aankla, regter speel in hul saak van korrupsie en daarna die uitspraak en vonnisse bepaal nie.     Dit is juis hulle wat in beheer is hiervan en dit 100% toelaat.

Vir 30 jaar word die ANC op ‘n troontjie geplaas om dit alles te bemeester, hulle het dan die mandaat verkry van hul ondersteuners om uit te voer.  Dit wil sê, feite is, die korrupte demokrasie is  is al baie lankal aan die gang, en het nie in 1994 ontstaan nie.   Daar het ook ‘n raskleur aangehaak om verskillende wetgewings daar te stel, juis om die Boere volk, die blankes uit die ekonomie uit te hou.  Die demokrasie is niks anders as ‘n vals vlag met die naam van sionisme en kommuniste wat soos ‘n lamferlap oor almal beweeg en soos klitsgras vasklou.   

Dit is ‘n aflosspan van “hoë lui” wat juis aan bewind geplaas is sedert Idasa bespreking om voort te woeker daarmee.   

Die aflosstokkie word van een korrupte na die ander korrupte oorgegee om verder hanteer te word, sodat dit nog meer gesteel, geplunder en selfs moord gepleeg word as dit moet. 

Swart bemagtiging en regstellende aksie het nie in 1994 begin nie, maar juis by die vorige regering en haar mede-helpers wat wetgewings ingestel het nes die regering dit na 1994 probeer vervolmaak het met swart bemagtiging en regstellende aksie. 

Sonder liberaal verligte sionistiese groepe en besighede, sou Idasa, Kodesa, die 1996 grondwet, alle wetgewings en parlement nie plaasgevind het nie.   

Dit skreeu ten hemele dat organisasies soos osf. sa of cato instituut, die ford foundation en vele ander, te bly is om ‘n bekotste tuimeldroër effek in Suid-Afrika te kon finansier het.  Hulle skud net die stinkende kots uit die tuimeldroër en leef daarmee saam.   

Inteendeel gesprekvoerings vanaf 1966 en selfs die dekades voor dit, het tydens Idasa in die buiteland en ook op die Afrika kontinent plaasgevind.   Gesprekvoering het in geheimhouding plaasgevind.  Dakar is maar een van ‘n paar dorpies waar daar geknoei is.

Die korrupsie-faktore moet totaal en al afgebreek word.    Is dit moontlik?   

Nee, dit is onmoontlik soos dit tans daaruit sien.

Die huidige regering, bondgenote in parlement en daarbuite, sluit elke liberaal verligte finansierder hierby in.  Bondgenote staan altyd bymekaar en gee ander die skuld vir hul onvermoeë om te regeer. 

Al die onderskeie trawante in die verskillende takke van samelewing, kan nie daardie onderskeie rolle vertolk om die land se ekonomie enigsins te herstel nie.   Daar kan ook nie nog wortels bygevoeg word nie, want die bondgenote raak self deurmekaar met al hul eie wortels wat vermeng is. 

NOG minder kan diegene wat by IDASA en KODSA of selfs ABN en AAI betrokke en al die Afrikaner organisasies, wat deel uitmaak van al die onderskeie vergaderings sedert 1966 hierdie rolle vertolk om nuwe wortels te skep.  Hulle het almal na 1996 daardie geleentheid gehad en elke oomblik misbruik om menseregte te skend en elkeen te verarm om hulself te verryk.     

Ironies – sindikate, organisasies en bendelede wat almal hierby betrokke is, word meestal beskerm en ontken soos met plaasaanvalle en moorde.   Die blaam plaas op iemand anders, vind daagliks plaas.  Daarom vloei daar niks uit enige kommissie of howe se penne nie.   Regters word duur opdragte gegee, maar in 30 jaar het daar niks positiefs voortgevloei nie.   

Die mandaat van elke ondersteuner in elke politieke party en besighede, in hierdie bose kringloop van onderskeie korrupsievlakke, word nie net misbruik nie, maar daar word nog meer tydens elke verkiesing uitgedeel.   Dit geld vir elke munisipaliteit, staatsentiteit en provinsie of skole.

Dit blyk uit verskillende bronne dat die korruptes in Suid-Afrika, nes ander lande, nie net uit een sindikaat of groep of organisasies of besighede bestaan nie, maar tientalle wat die belastingbetalerskas leegsuig.   

Die Eskom sages en ondersoeke was maar een van die tientalle staatsentiteite wat almal op korrupsie en bankrotskap afgetuimel het in ‘n ashoop.  Die leier van die ANC probeer hard om hul uit daardie ashoop los te lieg.   Daar word hard probeer dat hulle daardie rol waardig is wat juis korrupsie toegelaat het .   

Die groot Korrupsie in Suid-Afrika is ‘n KANKER wat soos onkruid, nooit uitgeroei sal word nie.   Die sade en wortels kom altyd op ander plekke op om ekonomiese oeste te belemmer en uit te wis.

Die ANC en ook die lede in parlement, wat almal onder die 1996 grondwet ingesweer word, is almal ewe skuldig aan misdaad, moorde en korrupsie wat in die land plaasvind.  Hulle laat dit toe dat niks effektief is nie, maar alles moet behoorlik vernietig word.   

Die ANC en al die res in parlement wat deel het aan alle wetgewings om dit te vervolmaak, is soos ‘n wilde boom wat welig groei.   Daar is reeds wortels van misdaad, korrupsie, aanvalle en moord.  Dit sal verder versprei.    Ongelukkig het die groot gewortelde boom omgewaai en is reeds leeg gesteel en geplunder en sal nie maklik weer dra nie.   Hierdie boom, wat wortels geskied het, het ‘n onkruid en kanker in elke volk en samelewing geword wat na 1994 ‘n sneeubal geword het wat al groter word.

KORRUPSIE VAN ALLE TYE

Die nagevolge van korrupsie is ‘n baie ernstige misdaad, wat die land op meer as een gebied geskend het en burgers van alle menswaardigheid gestroop het.  Weer eens, die anc en al die ander politieke partye in parlement, kan nie regter in hul eie sake speel nie.   

Die president moet by hom en al sy ministers en lede van parlement begin, hulle moet die voorbeeld daarstel.   Die politici kan nie hulself beoordeel nie.   

Waar is of was die POLISIE en HOWE met al die korrupsie wat in hierdie politieke arena en samelewing plaasgevind het?

Twee maande gelede

https://www.youtube.com/watch?v=wBuYh-quqNQ

*

Dit is korrupsie om staatsgeboue of privaat eiendom te plunder, af te brand en te stroop.   Dit skend besighede en elkeen wat ‘n inkomste probeer maak uit besighede.   Skending van menseregte vind daagliks plaas deur diskriminasie en rassisme.  Daar word spesifiek gesing om die BOERE te vermoor.

Vermoor die Boer lied – Kill the Boer song

In Parliament – One settler one bullet and Kill the Boer song

EEN PLAN IN SUID-AFRIKA

Fourteen points declaration and world order  (08.01.1918)

Ramaphosa se militante oproepe

Ramaphosa Apartheid skadukleed


Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index

Vuurtonge – Stemme van vuur

Generaal Mkhwanazi

Generaal Mkhwanazi 2011

High levels of Violence in SA  July 2021 ongoing

Protesting at Marikana 2012

Verskroeide aarde, Mfecane: Kill the Boer lied

Suid-Afrika se misdadigers

Privaat tronke kontrakte beloop biljoene rande per maand

Werkskepping in Suid-Afrika – tronkbewoners en slagoffers

Tronkmiljoenêrs van Suid-Afrika

Manenberg (gangsters) crime in general

Privaat tronke kontrakte beloop biljoene rande per maand

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

*

3 gedagtes oor “Die korruptes in Suid-Afrika”

Lewer kommentaar