Privaat tronke kontrakte beloop biljoene rande per maand



*

‘n Paar jaar gelede het sekere persone met die idee gekom om tronke te ‘privatiseer’ sodat dit “PRIVAAT” gemanipuleer en beheer kan word vir die tronkbewoners om meer menseregte te verkry asook om vrylik te beweeg (ontsnap) soos en wanneer erge misdade gepleeg word.   Natuurlik sal die ontsnapping nie openlik gewys word nie.    Daar is reeds name genoem en welbekend aan die parlement se adhoc komitee en parlement wat die voorlegging vir die privaattronke bygewoon het.   Dus is Ministers en lede ingelig wat aangaan.   Hierdie inligting is ‘n opinie en gaan oor die werklikheid met die toekenning van tenders

Popcru accuses G4S of firing Mangaung prison employees to avoid pension  pay-outs

*

Aan die einde van die jaar word daar verseker ook jaarverslae en terugvoer verwag oor die privaattronke.    En soos altyd, word veral regeringsowerhede se hande in ‘ONSKULD” gewas wat die tenders aanvanklik toegeken het en ook verantwoordelikhede is vir die eindprodukte verskuif na wie ookal.   

Korrektiewe dienste is nie enig in hul soort wat tenders toeken en in die proses hul verantwoordelikheid toesmeer nie.     

Lees die inligting en maak gerus u eie gevolgtrekking en vorm ‘n opinie hoe maklik word moorde in Suid-Afrika gemanipuleer.   Net soos in buurlande en elders plaasvind, veral regeringsleiers wat uitgehaal word.   Kyk dan hoe maklik word tenders toegeken vir die beheer van privaattronke.   Dis ook in een van hierdie tronke waar Bester aangehou is.   Daar word nou bespiegel of hy regtig so lank in die tronk was en helpers gehad met ontsnapping.

*

DKD tenders

Die tenders in die twee gevalle, beloop etlike biljoene rande per maand veral aan twee ‘uitheemse en vreemdelinge organisasies/ konsortiums’ wat dit van buite ons land beheer.   Hoe gerieflik en gemaklik was die wat misdade wil pleeg om huurmoordenaars alias bestaande misdadigers so maklik te bekom en vinnig weer agter tralies te besorg.   Kamera sisteme kan maklik privaat beheer word en  niemand staan pa vir dade wat die misdadigers pleeg nie.

Thabo Bester alias verskillende name en gesigte,  is maar een van baie ander misdadigers wat in so ‘n tronk floreer het met ‘n rekenaar, selfoon en wi-fi internet.    Alles word met tenders gedoen, sodat vals propaganda, met regeringstoestemming gedoen en met belastingbetaler uit die staatskas uitgevoer word. 

Daar word meestal in al hierdie artikels eensydig na die misdadiger se menseregte gekyk, maar die slagoffers wat juis of verkrag, dood of aangerand is, se menseregte word eensydig vergeet en selfs doodgeskryf of – gepraat.   Soms lees mens min wat  die misdadigers se vonnisse is of waar hul hulle bevind.


*

FacilityDetail

*

Mangaung Korrektiewe Sentrum, Bloemfontein (Brittanje)
Kutama Sinthumule Korrektiewe Sentrum,  Limpopo (Amerika)

Minstens drie amptenare van die Departement van Korrektiewe Dienste wat die multi-biljoen rand-kontrakte beding het vir die twee private tronke in Suid-Afrika wat deur Amerikaanse en Britse maatskappye bestuur word, het die departement verlaat om by dieselfde maatskappye aan te sluit nadat die ooreenkoms onderteken en verseël is.   

Die kontrak van 25 jaar vir Mangaung Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein, Vrystaat, is aan die Britse sekuriteitsfirma, G4S, toegeken. Dit is op 24 Maart 2000 onderteken en sal na verwagting op 30 Junie 2026 eers beëindig word.

Die tweede kontrak van 25 jaar vir Kutama Sinthumule Korrektiewe Sentrum in Limpopo is aan die Amerikaanse maatskappy, GEO Group, toegeken. Dit is op 16 Augustus 2000 onderteken en sal op 15 Februarie 2027 eindig.

Die reeds bekende organisasie, G4S het ‘n vennootskap aangegaan met ‘n plaaslike konsortium, Mangaung Korrectional Kontrakte (MKK), terwyl die GEO Group ‘n plaaslike konsortium, die Suid-Afrikaanse Bewaringsdienste (SABD), ingespan het.

*

Tenders

Die regering bestee tans meer R1 biljoen per maand vir die 5 952 gevangenes wat in dié fasiliteite opgesluit is. Dit het aan die lig gekom dat drie korrektiewe dienste amptenare, Pieter Jordaan, Steven Korabie en Frikkie Venter, die kontrakte met G4S en GEO Group onderhandel en onderteken het voordat hulle by dieselfde maatskappye aangesluit het nadat die kontrakte onderteken is.    Dit is heel toevallig dat hul ook hoë posisies beklee.

Venter het by Mangaung aangesluit as besturende direkteur, terwyl Korabie dieselfde pos in Kutama beklee het. Toe Korabie Kutama verlaat, is hy deur Jordaan vervang.   Venter en Korabie het later Mangaung en Kutama se planne en ambisies op 12 Oktober 2001 namens hul nuwe werkgewers aan die Parlement se portefeuljekomitee vir korrektiewe dienste en sy staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor – Scopa) voorgelê.

Feite is, die Parlement hoef dit nie te aanvaar het nie en moes hul huiswerk meer deeglik gedoen het oor die persone wat voorlegging gedoen het en die maatskappye betrokke.    Myns insiens het hulle hulself netso skuldig gemaak aan wat rondom misdaadtafels aangaan, veral soos in Thabo Bester geval.   Is dit die eerste en laaste keer uit die tronke?     Dis Ministers waarvan gepraat word, wat die land en tenders toeken.   Is verskeie ministers wat misdaad en misdadigers beheer – ook staatsentiteite soos Eskom.    

Daar word geen huiswerk gedoen rakende enige tenders nie en dit geld nie net vir korrektiewe dienste nie, maar ook tenders vir staatsentiteite soos Eskom, wat alles vernietig en rot en kaal steel.  Op hierdie eerste vlak regering is daar geen verantwoordelikheid wat geneem word nie.

*

Wie is in beheer van tenders gewees?

Ghemba Godi, die voormalige Scoor-voorsitter, het vroeër laat blyk aan die (Sunday Independent dat die tronkkontrakte is te kwader trou beding.     

Ghemba noem hulle nie toe bewus was daarvan dat hierdie amptenare dieselfde is wat hierdie kontrakte namens ons regering beding het nie.  Alhoewel daar nie destyds wetgewing vir ‘n afkoeltydperk was nie, is dit wat hulle gedoen het moreel onaanvaarbaar.   Alles is beklink in die guns van die maatskappye wat die tenders gekry het.     Eenvoudig het hulle nie hul huiswerk gedoen nie.

Dit is heelwat oorsese maatskappye wat selfs oorsee sit en heelwat misdaad in Suid-Afrika beheer.

*

Met vorige insidente wat plaasgevind het, kon die Minister van Korrektiewe Dienste reeds alles verander het, maar hulle het nie.    ‘n Senior amptenaar van Korrektiewe Dienste het genoem oor die talle klagtes van menseregte-vergrype, gevangenesmarteling en gedwonge inspuitings wat in hierdie tronke aangemeld is deur die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) wat geïgnoreer en weggesteek is.   

’n Voormalige tronkbeampte het aan media vertel hoe hy tydens sy ampstermyn by die tronk mishandeling en marteling aanskou het. “Die gevangenes word gemartel, geslaan en word soms met geweld ingespuit wat hulle in robotte of zombies verander. Hulle sal nie eers hul name onthou nadat hulle ingespuit is nie. Daardie inspuiting word as ‘n wapen gebruik; enige gevangene wat sy bekommernisse wil opper of ‘n klag teen van die amptenare wil indien, word met die inspuiting gedreig,” het die amptenaar gesê.

Hoeveel dade het hierdie misdadigers dan daarna gaan uitvoer?

Daar word gespekuleer dat die beheerders van hierdie tronke het hul beskerming gekoop deur hierdie voormalige DKD-amptenare in diens te neem.   Daar was al boetes aan beide hierdie organisasies gegee en word die vrae opnuut gevra waarom die Minister of selfs die President van die ANC nie opgetree het nie.  Hulle beheer die tenders, nie die maatskappye wat die tender vereiste verbreek het.   So het misdaad ontplof uit die tronke uit.

*

Regter Edwin Cameron Kutama het op 24 April 2012 die sentrum besoek wat klagtes ingesluit het.   Natuurlik moet daar in ag geneem word watse tipe misdadigers hier aangehou word en kan die klagtes wat geopper is nie vergelyk word met wat hulle aan slagoffers gedoen het nie.    Die fasiliteit is veronderstel om hoë sekuriteit te wees, maar aan regter Cameron is vertel hoe twee gevangenes daarin geslaag het om suksesvol daarvandaan te ontsnap in 2009. Nog ‘n voormalige werknemer by Kutama het vermeld van korrupsie en wanadministrasie in daardie gevangenis is.   Enige iets is moontlik.

• Onwettige eensame opsluiting, waar een gevangene beweer het hy is vir 42 dae in isolasie gehou en geslaan, hoewel niks met sy mishandelaar gebeur het nie;
• ‘n Gevangene se arm is gebreek nadat ‘n veiligheidshek op hom toegemaak is;
• ’n Oortreder is wreed deur amptenare aangerand, toe omgekoop met “twee koeldranke” om nie die saak aan te meld nie;
• Nog ‘n gevangene is deur ‘n amptenaar geskiet en ook verhinder om ‘n saak te open;
• Nog ‘n gevangene het sy drie voortande verloor nadat hy deur amptenare aangerand is en nooit hospitaal toe geneem is nie; en,
• Nog ‘n gevangene is aangerand en in krukke gelaat, terwyl ‘n ander se duim gebreek is.

Bronne

https://www.onlinetenders.co.za/news/contracts-for-sas-billion-a-month-private-prisons-negotiated-in-bad-faith

April 2012 Kutama besoek 

Click to access Letter-from-Department-of-Correctional-Services-on-visit-to-Kutama-Sinthumule-4-September-2012.pdf

Die regte van misdadigers is baie beter as die van slagoffers of hul geliefdes.  Daar is selfs al eise ingestel teenoor die owerhede rakende hul regte.

https://www.privateci.org/shame_s_africa.html






*

Personeel is ook aangeval – wat ook menseregte het, maar wat soms eenvoudig ontbreek.   Hierdie misdadigers moet meer en hoër vonnisse uitdien.



*

Ander verwante artikels:

Number Gangsters (mafias) of SA Prison – 26, 27, 28

Manenberg (gangsters) crime in general

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s