*
Vanaf 1 September 1900 (nr 15/1900) is die ZAR Boere republiek herdoop na die Transvaal kolonie en as deel van die Britte as ‘n dominium verklaar. Met hierdie proklamasie is die Boere volksgenote gedwing onder die Britse kroon in. Hiermee is alle mag aan Roberts gegee om wetgewing te maak soos hulle lus het en afgedwing in die gebiede wat verower is.
*
Lord Roberts het in November na Brittanje teruggekeer waarna Lord Kitchener hom opgevolg het en voortgegaan met Brittanje se Verskroeide aarde beleid en helkampe om Boere volk, mans, vroue en kinders te vernietig.
Alle voedsel is onder sy bevel vernietig en verwoes, pluimvee, vee en alle aangeplante gewasse.
*
Beide se oorlogsdade oral in Afrika en ander plekke, is soms welbekend:
Kitchener is links en regs is Roberts.

Meer as 30000 huise is afgebrand, met alle voedsel beskikbaar. Selfs na die oorlog is daar basies na niks teruggekeer, daar was nie eers huise of voedsel nie. Saad en diere is totaal vernietig.
Verskroeide aarde – Scorched earth
Die Britse hel of konsentrasiekampe was spesifiek ingestel om die lewens van Boere vroue, kinders en ou mense kort te knip. Dit was juis die Afrikaners van die Kaapkolonie wat die Engelse veral finansieel gehelp het om die Boere en Boere republieke aan te val. Dit was OOK nie Suid-Afrikaanse oorloë nie, maar ANGLO-Boere oorloë.
Enige persoon in hierdie land word uitgedaag om met minimum klere aan, saam met die hele gesin of selfs twee gesinne, in een tent te slaap, min komberse en min voedsel beskikbaar vir maande te gaan uitkamp. Veral gedurende Mei – September maande beslis nie die warmste maande in Suid-Afrika nie, veral nie waar die konsentrasiekampe geleë was nie. Hierdie derduisende vroue, kinders en ou mense is soos vee aangejaag na hierdie kampe of met oop beestrokke vervoer.

Vrouens, kinders en ou mense wat blootgestel is aan die elemente in daardie jare, omdaar in die helkampe nie steengeboue was nie, het soms in die oop hemel geslaap of koue, sneeu en nattigheid. Brittanje het geen genade of tyd vir hierdie vroue, kinders en ou mense gehad nie, maar hulle ingehok meestal agter toegespande gebiede wat dag en nag opgepas was asof hul kriminele was. Hul blootstelling aan veral sekere siektes in die kampe is nooit regtig aangespreek nie, dit was meestal hoogs aansteeklike siektes en breek nie vanself uit nie.
Konsentrasiekampe
Die Kaapkolonie het die Britte hierin gesteun. Die sioniste het oral hul kleure hier aan die suidelike punt van Afrika kom wys en uitvoer onder Britse koloniale bestuur.
Baron Rosmead (ABW)
Diamonds/Diamante – Gold/Goud -MINERALS
Gold and Diamonds – South Africa
Diamonds, Gold and War: The British, the Boers and the Making of South Africa
*
BOERE REPUBLIEKE
Die Anglo-Boere oorloë was geen oorlog teen Afrikaners nie, maar teen ‘n handjievol volksgenote in die onafhanklike Boere Republieke. Brittanje was nie alleen nie en het baie bondgenote gehad wat help veg het teen die Boere volk.
Dit is Engeland en haar kaders wat die Boere probeer vernietig het, nie andersom nie. Daar was in 1900 nog geen Suid-Afrika op die horison nie, maar dalk net in die woordeskat van die Afrikaners en Engelse regering wat die Boere families van die Boere republieke onderdruk het en van kant wou maak.
Anglo-Boere oorloë – Springfontein
Ironies genoeg, is dit Afrikaners wat nog altyd gelukkig is onder die Britse regering en wou nie onafhanklik wees of het gebiede gehad wat hul onafhanklik wou verklaar nie. Daarteenoor, is dit die Boere, wat ‘n aparte volk van Afrikaners wat multi-kultureel is, wat nie onder die Britse heerskappy wou staan en bly in die Kaapkolonie en het dus getrek en so hul onafhanklikheid internasionaal verkry. Dit sluit ook ander Boere republieke gebiede hierby in, want die ZAR en Vrystaat bestaan nie net uit een Boere republiek nie. Elke Boere republiek het eie vlae ook gehad.
https://boereafrikana.com/Vlae.htm
&
Boere, Groot Trek en Boere republieke
Vierkleur en Vrystaat Boere republieke vlae
Twee Onafhanklike BOERE republieke
Dit was nooit enige tyd in die geskiedenis AFRIKANER republieke genoem nie, maar BOERE republieke. Dit was die Afrikaners van die Kaapkolonie wat die Britte gehelp het, het dit so laat oordoop dat hulle deel daarvan is.
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
Die Afrikaner getuig steeds daarvan hoe multi-kultuur hulle is en nie spesifiek vir enige minderheids volk nie. Daar is heelwat organisasies vandag in 2024, wat deel is van hierdie multi-kulture, hand op die blaas met anc regering. Selfs oningeligte Boere behoort aan hierdie multi-kultuur organisasies en dis ‘n skande dat hulle nie hul eie herkoms en geskiedenis ken nie. Mens sou dink dat hulle al teen hierdie tyd, van misdaad, korrupsie en agterbaksheid, agtergekom het waarvandaan hulle afkomstig is.
Afrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-Buys
Multi-kulturele Afrikaner organisasies en politieke party VF+
Submission by Solidarity 14 May 2003 in Parliament
Orania, selfbeskikking Afrikaner verklaring
AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)
Die Afrikaners en agente maak of die Boere volk se geskiedenis, vlae en hul doen en lates alles deel is van die Afrikanerdom, maar dit is nie
Brittanje verkoop netso stories en leuens aan die media dat dit Afrikaners was in die Boere republieke, oorlog en konsentrasiekampe. Afrikaners het juis teen die Boere republieke en hul Boere volk geveg. Die Afrikaners was nooit deel van Boere nie.
Dit was die Boere wat nie onder die Britse regering wou aanbly in die Kaapkolonie nie. Vandag word daar steeds baie verskil oor die woorde van Afrikaner en Boere volksgenote. Die Boere is ‘n aparte blanke volk reeds lank voor die Groot Trek begin het. Afrikaners soos ons hulle organisasies vandag ken, is multi-kultuur en is nie ‘n volk nie, maar ‘n gemengde nasie Afrikaners het nooit enige Republieke gestig of selfs gebiede as Republieke verklaar nie, dit was die Boere volke wat dit gedoen het.
Daar is buitendien ook ander blanke volke in Suid-Afrika, wat as blankes beskou word, wat nie deel is van die Boere volk of die veelvolkige Afrikaner nasie nie.
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] Britse oorlog teen Boere Republieke […]
LikeLike
[…] word landuit verban en sterf in die vreemde.1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) ABOBritse oorlog teen Boere RepubliekeABO Perde – ABW […]
LikeLike
[…] die Boere1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABOGrondgebiede van Boere volkBritse oorlog teen Boere RepubliekeVryheid – Nieuwe Republiek (Boer-Zoeloe)Konsentrasiekampe – […]
LikeLike
[…] Britse oorlog teen Boere Republieke […]
LikeLike
[…] Vrede van VereenigingVierkleur en Vrystaat Boere republieke vlaeGrondgebiede van Boere volkBritse oorlog teen Boere RepubliekeDie Vierkleur van die ZAR, Transvaal Boere republiekZAR VIERKLEUR – Is die Boere vlag nou ‘n […]
LikeLike
[…] Britse oorlog teen Boere Republieke […]
LikeLike
[…] Britse oorlog teen Boere Republieke […]
LikeLike
[…] Britse oorlog teen Boere Republieke […]
LikeLike
[…] Britse oorlog teen Boere Republieke […]
LikeLike