Volle soewereiniteit en selfbeskikking

*
Lees ook meer oor wie agter artikel 235 van die grondwet is.  Volle soewereiniteit en selfbeskikking, beteken vir ‘n volk om totaal onafhanklik te wees in eie gebiede, eie onafhanklike land, eie leiers en regeringstelsel, soos wat Botswana of Switzerland is.   Dit is ‘n erkende internasionale mensereg om onafhanklikheid te verkry as volk, veral omrede ons as Boere volk op verskeie gebiede afgebreek word en daar gediskrimineer word met meer as 100 wetgewings, swart bemagtiging ensovoorts.  Geen wet is nodig vir onafhanklikheid nie en geen politieke party kan besluite maak oor volke se bestaansreg en onafhanklikheid nie.  Mandaat is in 1994 verkry – die Akkoord is in 1994 onderteken.

Selfbeskikking – Afrikaner voorgestelde wet 1998 Lekota – ONAFHANKLIK

*

Die  gebiede waarop die Boere aanspraak kan maak op internasionale vlak, is grondgebiede wat histories aan hulle behoort al sedert hul republiekwordingdae, dit heet die Boere republieke.   Twee Boere republieke was ten volle onafhanklik, maar ander Boere republieke is hierby ingesluit, maar daar is ander wat nie deel gevorm het met die internasionale erkenning nie.  Die feit dat Engeland ons vryheid , met al ons minerale regte in 1902 gesteel het met die Anglo-Boere oorloë spreek vanself, want toe al was hul reeds op hul missie om met die Boere oorlog te maak, vir minerale regte, sowel as met hul vroue en kinders wat hul in helkampe (Britse konsentrasiekampe) onder dwang geplaas het nadat hulle meer as 30000 plaashuise afgebrand het.

Met al die rassistiese wetgewings in plek sedert 1994 teenoor ons as minderheidsvolk, word ons dus verbied om onsself ekonomies op te bou en word on stelselmatig op ‘n daaglikse basis vernietig.  Die feit dat daar openlik soveel wetgewing teen ons gemaak word, waar internasionale regeringsleiers memorandae van ooreenkomste aangaan en aan dieselfde wetgewing voldoen om teen ons te diskrimineer.

Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index

*

Die politici het skynheilig en met ‘n vals front die 1996 Grondwet op die been gebring, wat ook liberale blanke grondwetskrywers hierby insluit, om teen ons te diskrimineer en te vernietig.

Kodesa – liberale en kommunistiese grondwet skrywers

Grondwetregters het met bekragtiging van die Grondwet van 1996 verklaar dat geen politieke party in enige volk se pad kan staan vir onafhanklikheid nie en nog minder is daar wetgewing nodig daarvoor.  Dit is 30 jaar later, en steeds soek die Boere hul gebiede terug, soos wat deur die Volkstaatraad ondersoek is onder ‘Afrikaner akkoord’.

Let wel, Afrikaners, Afrikaner organisasies soos die Afrikanerbond, Solidariteit, Afriforum, TLU, AgriSA, Orania oor die algemeen, soos hul multi-kultuur organisasies bewys, is daar vir een verenigde Suid-Afrika en nie vir onafhanklikheid of selfbeskikking nie.    Hierdie genoemde groepe werk steeds hand aan hand met die ANC en ander, om een land gelukkig te hou – wat onmoontlik is.

AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)

ABN en Dinokeng

Veelrassige organisasies – ABN

*

LET wel wie die vader is van Artikel 235:

Bygedra en artikel 235 in die RSA Grondwet voorgestel.    Om ‘n volhoubare langtermynoplossing te vind om welvaart en sekuriteit en vooruitgang aan al ons burgers te bring.    ‘n Nuwe resep vir nasiebou

Contributed and proposed section 235 in the RSA Constitution.     To find a sustainable long-term solution to bring prosperity and security and progress to all our citizens.       A new recipe for nation building

https://www.parliament.gov.za/person-details/265

Die Vader (Corne Mulder) van Artikel 235 van die Grondwet is teenstrydig met internasionale reg wat selfs die Grondwetregters erken het.

asook

*

Selfbeskikking – Onafhanklikheid – ONAFHANKLIK

Die Boere gebiede wat ondersoek is, kom ook ooreen met die mandaat van 1994 vir ondersoeke wat gelei het hoeveel van ons Boere in daardie gebiede bly.   Net soos wat Ingonyama Trust vandag aan die Zoeloe volk behoort, Richtersveld aan die Khoi san volksgenote sowel heelwat ander Grondeise wat na 1996 afgehandel is, het die Boere volk die reg tot hul gebiede en om hulself onafhanklik te regeer.

Twee Onafhanklike BOERE republieke

Vir jare en jare nadat die Boere die Kaapkolonie verlaat het, het hulle Boere republieke gestig juis om weg te kom van ‘n Britse regering af om vry te wees en onafhanklikheid te kry.  Die ZAR en Vrystaat, wat meer as een Boere republiek is, het internasionale status gekry as onafhanklike lande.  Dis hierdie lande met wie Engeland kom oorlog maak het om al hul minerale te bekom in 1902 en sedertdien mag uitoefen.

Die Anglo-Boere Oorloë in kleur

Anglo-Boere oorloë – Springfontein

Boere en Russe –  Anglo-Boere oorlog 1899-1902

Diamonds/Diamante – Gold/Goud -MINERALS

Diamonds, Gold and War: The British, the Boers and the Making of South Africa

*

Die feit dat kommuniste en anc daarna met spoed miljoene immigrante ingevoer het na hierdie gebiede, waar daar gemyn is, sodat hulle na 30 jaar kan roem daarop daar is die ‘Afrikaner’ (BOERE) nie in die meerderheid nie.

Die BOERE republieke en gebiede, was nog nooit Afrikaner gebiede nie.   Die Afrikaners, hul troepe is multi-kultureel vir een ‘reenboognasie’, is ook aparte liberale volk op hul eie.   Die bevindinge van die 1994 Volkstaatraad was ook duidelik waar hierdie gebiede is, dit is selfs internasionaal gepubliseer.

Selfbeskikking (publikasie 1995) (Griggs)

British South Africa Company (BSAC, BSACO, or BSA Company), mercantile company based in London that was incorporated in October 1889 under a royal charter at the instigation of Cecil Rhodes, with the object of acquiring and exercising commercial and administrative rights in south-central Africa. The charter was initially granted for 25 years, and it was extended for a 10-year period in 1915.
Onafhanklikheid – Independence – British empire

Beplan
ABW concentration camps – Rudie Rousseau ea

*

Verenigde Nasies (VN) -

Artikel 230 van die Verenigde nasies

D. Die reg van volke op selfbeskikking as ‘n fundamentele mensereg

230. Die beginsel van gelyke regte en selfbeskikking van volke het ‘n baie belangrike rol in die geskiedenis van die Verenigde Nasies gespeel en is meer dikwels as enige ander Handves-beginsel van internasionale reg ingeroep, want dit raak die lewens van volke ingrypend. In die geskiedenis van die Verenigde Nasies tot dusver was dit die morele, politieke en wetlike basis vir meer intensiewe ontwikkeling van internasionale betrekkinge in die rigting om enige idee van ongelykheid tussen State en enige onderwerping van een volk deur ‘n ander uit te skakel. Dit het een van die leidende konsepte van die hedendaagse wêreld geword en ‘n kragtige aansporing tot politieke optrede in ‘n groot aantal situasies. Die idee van gelykheid en selfbeskikking voldoen aan die mees opregte aspirasies van alle volke wat onderworpe is aan koloniale of uitheemse onderwerping. Die stryd teen die oorheersing en uitbuiting van een volk deur ‘n ander, teen vyandigheid tussen nasies en teen die oorsake van sulke oorheersing en uitbuiting — ‘n stryd wat help om die objektiewe grondslag te lê vir toenadering en samewerking tussen state en volke en vir versoening van die nasionale belange van verskillende State en volke — is die fundamentele kenmerk van die hedendaagse wêreld.

&

Study prepared by Aureliu Cristescu
Special Rapporteur of the Sub-Commission on Prevention of Discrimination and Protection of Minorities

Article 230 van die VN

D. The right of peoples to self-determination as a fundamental human right

230. The principle of equal rights and self-determination of peoples has played a very important part in the history of the United Nations and has been invoked more often than any other Charter principle of international law, for it profoundly affects the lives of peoples. In the history of the United Nations so far, it has been the moral, political and legal basis for more intensive development of international relations in the direction of eliminating any idea of inequality between States and any subjection of one people by another. It has become one of the guiding concepts of the contemporary world and a powerful spur to political action in a great many situations. The notion of equality and self-determination meets the most heartfelt aspirations of all peoples subjected to colonial or alien subjugation. The struggle against the domination and exploitation of one people by another, against hostility between nations and against the causes of such domination and exploitation — a struggle which is helping to lay the objective foundations for rapprochement and co-operation between States and peoples and for reconciliation of the national interests of different States and peoples — is the fundamental characteristic of the contemporary world.

https://digitallibrary.un.org/record/25252/files/E_CN.4_Sub.2_404_Rev.1-EN.pdf

Selfbeskikking is ‘n reg vir enige volk om te verkry.

Selfbeskikking as ‘n “reg” eerder as ‘n “beginsel” het dus erkenning gekry en is as sodanig in verskeie Verenigde Nasies-resolusies bevestig. Die twee Verbonde oor Menseregte wat in Desember 1966 deur die Algemene Vergadering aanvaar is, lê ook die reg van selfbeskikking in identiese terme neer. Hulle verklaar verder: “die State wat partye is by die huidige Verbond, insluitend diegene wat verantwoordelik is vir die administrasie van nie-selfregerende en trustgebiede, sal die verwesenliking van die reg van selfbeskikking bevorder, en sal daardie reg respekteer in ooreenstemming met die bepalings van die Handves van die Verenigde Nasies.”

Thus, self-determination as a “right” rather than a “principle” gained recognition and was reaffirmed as such in various United Nations resolutions.   The two Covenants on Human Rights adopted by the General Assembly in December 1966, also lay down the right of self-determination in identical terms. They further declare: “the States parties to the present Covenant, including those having responsibility for the administration of Non-Self-Governing and Trust Territories, shall promote the realization of the right of self-determination, and shall respect that right in conformity with the provisions of the Charter of the United Nations.”

https://www.jstor.org/stable/796032

Lees ook – Read more

Internasionale selfbeskikking vereistes (1933)

Montevideo 1933 requirements for self-determination

UN Resolution 1514 Self-determination for people
*

4 gedagtes oor “Volle soewereiniteit en selfbeskikking”

Lewer kommentaar