*
Daar word sedert 1994 soveel op die beuel van benadeeldes of agtergeblewenes en apartheid geblaas. Na 1994 is miljoene HOP huise gebou en uitgedeel, meestal aan swartes en gekleurdes. Miljarde rande en spesiale fondse is ingesamel en gestig vir die doel. Befondsing in Suid-Afrika sowel as in die buiteland vir die Waarheids- en Versoeningskommissie (TRC) wat deur Desmond Tutu hanteer is Vandag is daar steeds biljoene rande in hierdie fondse wat steeds nie uitbetaal is nie.

*
Kyk gerus na al die beeldmateriaal wat beskikbaar is van die benadeeldes in Suid-Afrika en daar is veel meer as wat hier getoon word. Dit was nog nooit hulle boustyle nie. Vergelyk bietjie die boustyl huise op die platteland, meerendeels van die ou tuislande en reservate se huise, die van Italië en ook ander plekke wat sioniste huisves. Alles luukse huise wat soos paddastoele opgaan in verskillende lande.
ANC het kanse gehad en dit nooit aangewend vir die verskillende volke in Suid-Afrika nie. Op politieke front lyk dit anders in parlement omdat korrupsie, misdaad en moorde al erger word onder ANC beheer.
*
They are not disadvantaged, never have been, because many have been here in South Africa for a few years or even a month or six. They are quite a few , millions and millions of immigrants and illegals, but claim that everything in South Africa belongs to them. They all have countries of their own, have the right to vote in South Africa and run back across the border when there is a vote in their countries.
Hulle is nie regtig benadeeldes nie, hulle was nog nooit nie, want baie is vir ‘n paar jaar hier in Suid-Afrika, heelwat, miljoene der miljoene immigrante en onwettiges, maar maak aanspraak daarop dat alles in Suid-Afrika aan hulle behoort. Hulle het almal lande van hul eie, het stemreg in Suid-Afrika en hardloop terug oor die grens as daar in hulle lande gestem word.
*
8 November 2022
Volgens die artikel is daar oor die 17000 sogenaamde slagoffers met biljoene rande wat nooit uitbetaal is nie? Dit beloop hoë rentes. Blaamverskuiwing van ‘n kommunistiese regering na Boere wat geen impak het op parlement nie. Dis mos nie die Boere se skuld as swart kinders nie kan lees omdat daar nie boeke is nie. Armoede onder swartes is nie die skuld van Boere of Apartheid nie, maar te dikwels word die blaam voor hul deure geplaas. Armoede word voor apartheidsdeure geplaas. Hoeveel van die miljoene is immigrante en onwettiges wat eenvudig oor die grense stap en alles gratis verwag? Dieselfde tipe leuens word aan die wêreldbank voorgehou oor die sogenaamde ongelykhede, wat onwaar is.
November 2022
https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2022-11-08-whats-happened-to-the-r2bn-in-south-africas-reparations-fund/
April 2020
Commissions – TRC – Waarheids en Versoeningskommissie na 1994
2019 miljoenêrs is deur die ANC gekweek
29 000 millionaire civil servants
Die gedienste HOP huise is met belastingbetalers staatskas se finansies gebou, nie spesifiek deur die ANC of enige ander politieke party nie. Plase vir onteieningsdoeleindes is met staatskas finansies opgekoop, maar nooit of min is ‘herverdeel’ . Sommige HOP huise staan leeg en ander is nie voltooi nie – sommige huise se mure is reeds stukkend en gekraak, met lekkende dakke. Miljoene het infrastrukture, pad en spoor, elektrisiteit, medies en ander dienste verkry, en nie veel is daarvoor betaal nie. Miljoene kry gratis toelae sonder om 1 minuut werk te doen. Studente het dieselfde verkry. Grondeise het na 1994 gevolg, waar triljoene rande, met ander bates, saad, trekkers en ander toerusting uitgedeel is aan hierdie sogenaamde benadeeldes.
South African RDP housing projects scheme
RDP – Housing Finance in South Africa
Investigation of HOP – RDP houses – Tshwane – September 2018
RDP – HOP housing scheme – title deeds
*
Na 1994
ANC se posisie

ANC het nie met ‘n meerderheid in 2024 geslaag nie.
Die MK wat onlangs as ‘n party begin het, het wye steun verkry. ‘n Opinie …


*
Tradisionele leiers, wetgewing en aparte gebiede
Tydens die ANC leiers se eras het grondeise en tradisionele leiers geblom. Tradisionele leiers is oral benoem wat vaste salarisse trek uit die staatskas uit. Grondeise is slegs vir swart, khoi san en gekleurdes.
2022 Salaries of Traditional leaders
Daar is nie weggedoen met aparte gebiede van Swart, Khoi san of Griekwas stamme nie. Tradisionele leiers het oral soos paddastoele opgeskiet en is daar aparte gebiede, wat voor 1994 aparte gebiede was, behou, as Trust of KEV gebiede (CPA).
Aparte wetgewing en huise (2) is spesiaal hiervoor geskep – opposisiepartye is 100% bewus hiervan. Hulle ontvang ook Hansards (notules van parlement). Dit is ook op internet beskikbaar om te lees.
Khoi San people and leaderships – legislation
Legislation only for black and khoisan
Aparte gebiede is nie afgeskaf onder die ANC soos voorgehou word of soos mandela en fw gespog het nie. Daar is tientalle wetgewings wat dit ook bewys dat aparte gebiede vir Khoi san, Griekwa en Swartes bestaan en is in Hansards en Wetgewings vervat.
Opposisiepartye probeer hulself veronskuldig en sit in op al hierdie vergaderings waar grondeise ook plaasvind. Dit is net as Boere praat oor hul gebiede, dan word dit apartheid genoem, maar die ANC het alle ou tuislande en meeste kroongebiede behou wat as Trust of KEV gebiede die lig gesien het. Daar is oor die 8840 tradisionele leiers.
Traditional leaders South Africa: 8840
Al waaroor anc en opposisies kan praat is die ‘blanke gebiede’ van Orania en Kleinfontein – wat inderwaarheid vir Afrikaners is en het niks te doen met ‘blanke ras’ nie. Elke volk het ‘n internasionale reg om oor hulself te regeer.
*
Grondeise en onteienings
Grondeise het vanaf Kodesa begin en is met triljoene rande bystand verleen op finansiële gebied, bates, trekkers, saad, ens. Grondhervorming en onteiening van grond het na Kodesa en 1994 verkiesing oorname begin. Sien ook die beeldmateriaal van DA verteenwoordiger, Helen Zille.
*
Ingonyama Trust is slegs vir zoeloe stamme en volke. Daar mag dalk ander volke huur, maar voordele is slegs van toepassing op die zoeloe stamme. Ooreenkoms was voor 1994 verkiesing onderteken, wat politici nie kan verander nie. Elkeen het hul eie tradisionele leiers in trust en kev gebiede aangestel.
Ingonyama Trustland (Zulu people)
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
Gold and diamonds -1886 – Griqualand West
Grondhervorming
https://www.gov.za/issues/land-reform
*
Arable land – homelands and landclaims
Grondeise en tuislande
Grondgebiede geskik vir landbou doeleindes. Tuislande is in die beste gebiede in SA geleë. Swartes en heelwat ander bly steeds daar, wat ook dieselfde grond geëis het. Regering het na 1994 meer as 5000 produktiewe plase aangekoop en dit is nooit of min daarvan verdeel. Nie alle grond van Boere of ander besighede is geskik vir landbou doeleindes nie.
2017
Verseker bly daar miljoene steeds in die ou reservate of tuislandgebiede. Dit is na 1994 na Trust of KEV gebiede met toepaslike wetgewing verander. Swartes bly ook in die res van Suid-Afrika.
Khoi san en Griekwa gebiede word nie hierop aangedui nie, dit was voorheen as Britse Kroongebiede bekend. Heelwat is na 1994 geëis en miljoene hektaar grond is in die Noordkaap, Wes en Oos-Kaap, met byvoordele, oorhandig.
https://www.politicsweb.co.za/documents/land-in-black-hands-the-definitive-report–agri-sa
Tuislande en reservate was tydperke 1805-1961 en 1961 tot 1994.
Swartes was nie hierin forseer nie, hul voorgeslagte het die grond tydens Mfecane beset en daarop gebly. Na 1961 het hulle amptelik daarvoor gestem dat reservate in tuislande ontwikkel vir onafhanklikheid. (TBVC lande). Daar was verskillende state. Geen Boer het hulle hierin gedwing nie. Gebiede van 1805 was kleiner en dit het na 1930 vergroot. Al hierdie areas was deur die Britse regering geannekseer, en laaste die Boere republieke. Selfs in die Boere republieke het swart stamme hul eie gebiede gehad en hul eie stamleiers gekies. Die verskillende volke is almal ingedwing in die Unie van Suid-Afrika 1910 wat tot 1961 regeer het uit London.
https://www.dffe.gov.za/sites/default/files/docs/part2_land.pdf
Homelands / reserves were all occupied by Blacks tribes and their ancestors themselves since 1805-1835 – nobody was forced into those areas. After 1961 blacks voted officially for their own leaders and the areas changed from reserves to homelands. There were no Boer nearby or forced them to occupy land land. Same with the Khoi san and Griqwa peoples. Afterwards, all the areas were annexed by British empire, even the independent Boer republics (1840-1902). Our ancestors were all forced into the Union of South Africa that were ruled from London.
*
Opposisie – DA
Beeldmateriaal en opinies daarop.
BEELDMATERIAAL
Daar is volgens Zille reeds 73% in KZN in swartes se besit.
Oos-Kaap swartes besit meer as 50% grond waar dit geskik is vir landbou doeleindes.
https://www.youtube.com/watch?v=MK5exPV8xng

Die DA het in 1989 ontstaan uit die samesmelting van die ou Progressiewe Federale Party, sowel die Nasionale Demokratiese Beweging en Onafhanklike Party. Na die 2000 verkiesing het die Demokratiese Party saam die Nuwe Nasionale Party en Federale Alliansie die DA gevorm. Hierdie het nie lank gehou nie, want die Nuwe Nasionale Party het gedurende 2001 uitgestap en hulle by die ANC gevoeg. Die Onafhanklike Demokrate het in 2010 by die DA aangesluit. Agang is ook probeer in 2014 maar dit het misluk. Koalisies is al lankal gevorm, baie het nie gewerk nie.
Daar is geen wetgewing in hierdie land wat na 1994 ten uitvoer gebring is wat vir enige sodanige benadeelde of agtergeblewenes enige voordele inhou nie.
Daar is alewig die beskuldigings dat swartes nie die grondgebiede besit waartoe hul ‘n reg op het nie, wat natuurlik ‘n verdraaide storie is wat met leuens toegegooi word. Dit is nie so nie. Vir dekades was daar die ou Tuislande (reservate na 1805) en ook die Kroongebiede vir Griekwa en Khoi san volke. Hierdie spul het sedert Kodesa derduisende grondeise ingedien.
Die Ingonyama Trust is in Kodesa tyd ooreengekom dit is slegs Zoeloe gebiede. So is daar ander gebiede, wat miljoene hektaar grond beloop wat aan Griekwa en ook aan Khoi san behoort. Van hulle het derduisende grondeise ingedien, wat na 2007 deur Thabo Mbeki oorhandig is. Niemand het hul grond afgeneem nie, hulle het voor 1994 daarop gebly en woon vandag steeds daar. Ingonyama Trust ook. Laasgenoemde was 100% ‘n ooreenkoms wat niks met die DA of enige politieke party te doen het nie. Die DA, EFF of ANC kan nie oor Ingonyama Trust besluite maak nie, maar wat die inhoud van die beeldmateriaal is, is dit alles waar.
Die Zoeloes kon al lankal meer werk verskaf het aan hul eie mense en selfs voedsel uitvoer. Maar wat het die DA gedoen op landbou terrein, hulle het tog ookal baie plekke ingekom die laaste 10 jaar. Hulle is die opposisie van die anc gewees, wat het hulle aan al die korrupsie, misdaad, moorde en insmokkel van onwettige immigrante gedoen?
Om vrae te vra in parlement beteken niks (zero), as dit nie verder gevoer word nie. Die DA en ander partye was teenwoordig in alle partye en het toegang tot alle Hansards. Die DA en ander partye het toegang tot alle grondeise wat reeds in Mbeki, Mandela en Zuma se tyd afgehandel is.
Die DA en alle partye het toegang tot alle grondeise, waar daar finansiële bystand verleen is, sowel ander bates soos trekkers, saad, mentors, grond wat aangekoop is.
Sedert Kodesa en 1994 is daar triljoene aan hierdie grondhervorming bestee wat aan Swart, Khoi san en Griekwas bestee is. Nie een keer hoor mens dit dat dit leuens is teenoor blankes wat kwansuis swartes se grond gesteel het nie, maar mens hoor ook nie van al die grondeise en dat Swart, Khoi San en Griekwas reeds triljoene ontvang het.
Nie een keer hoor mens die aantal HOP huise wat gebou is en wat toegeken is aan die sogenaamde benadeeldes of agterblewenes nie. Nie een keer hoor mens oor die swak bouwerk en HOP huise wat inmekaar stort soos wat hulle Eskom kragstasies opgerig het.
Waarom bly al hierdie opposisie partye doodstil oor al die omkopery, sindikate en niemand word vervolg nie. Daar is etlikes wat in die media genoem word, maar die feit is, blankes, Boere het nie ander se grondgebiede gesteel nie, want in 1994, 1961 en selfs in 1902 was ander volke in besit van Reservate en Kroongebiede wat baie kleiner was in 1900. Hulle het gekies om dit te beset, nie die blankes nie.
Daar is net hierdie alewige haat en rassisme teenoor blankes wat grond gesteel het. Watter grond is volgens swartes gesteel – toon die bewyse dat Boere die grond gesteel het, want baie swartes van vandag, was immigrante sedert 1902 toe hulle in die Britte se myne kom werk het. Hulle is nie die eienaars van daardie grond nie, die Boere republieke is baie duidelik waar daardie gebiede was en onafhanklik.
Daar was reservate en kroongebiede met Uniewording, wat op swartes en khoi san en griekwas afgedwing is, nes met die Boere.
Moenie dink Ingonyama Trust het nie ook geld van regering ontvang na 1994 nie, in KZN is daar duisende grondeise en CPA’s (KEV) wat toegeken is en wat mildelik uit die staatskas ontvang het.
Landbou is nie die enigste opsie vir die skep van besighede en werksgeleenthede nie. Saam met landbou vorm daar baie tipe werksgeleenthede, wat totaal en al doodgedruk word met swart bemagtiging en regstelaksie.
Die DA en ander partye hardloop saam daarmee en moet die regering se wetgewings uitvoer. Grondhervorming word al vir jare in die grond inbestuur met korrupsie, omkoopgeld en allerhande foefies.
Vir 30 jaar is daar al oor die 5000-6000 plase opgekoop en die regering sit met produktiewe plase wat geen werk verskaf nie, nog minder voedselproduseer. Dit help nie die DA of enige ander politieke party praat daaroor dat dit wanbestuur is, nes munisipaliteite, provinsies, hospitale, staatsentiteite en niks word daaraan gedoen wat dit weer funksioneel maak soos voor 1994 nie.
Rakende swart bemagtiging en regstellende aksie word dit al vir 30 jaar toegepas, maar dit is nie die armes wat kwansuis agtergeblewenes is, wat bevoordeel word nie. Dit is die kaders van al hierdie amptenare en miljoenêrs wat al ryker en ryker word (Shanduka is ‘n goeie voorbeeld hiervan).
Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index
B-BBEE – Shanduka black umbrellas
*
BENADEELDES UIT DIE VERLEDE – OU STAMGEBIEDE
LUUKSE HUISES IN DIE OU TUISLANDGEBIEDE
Pietermaritzburg – ou tuisland gebiede – reservate
https://www.youtube.com/watch?v=X4HgvUIKeFI
*
Noordwes provinsie en grondgebiede van die stamme in die provinsie, die minerale ontginning word ook gewys. Privaat eienaars ontwikkel die myne en die stamme word nie geken in die saak nie. Dit kom voor of geen rehabilitasies gedoen word in die mynareas nie. Makwassie dorpie.
https://www.youtube.com/watch?v=SuYqnkKE4pQ
Verskeie areas is besoek.
https://www.youtube.com/watch?v=sn3t5aOPJic
*
KZN – Nongoma en ander areas is besoek
https://www.youtube.com/watch?v=zW0Rf3acL_o
*
Erwe is baie goedkoop in die vorige tuislandgebiede – enorme luukse huise word gebou.
Venda stamgebiede – platteland – Limpopo
https://www.youtube.com/watch?v=sVTjIsp_lko
*
Venda
https://www.youtube.com/watch?v=jINZDMjGl88
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
[…] Die benadeeldes in Suid-Afrika […]
LikeLike
[…] Die benadeeldes in Suid-Afrika […]
LikeLike
[…] Die benadeeldes in Suid-Afrika […]
LikeLike
[…] Die benadeeldes in Suid-Afrika […]
LikeLike
[…] Die benadeeldes in Suid-Afrika […]
LikeLike