*
Onafhanklikheid en vryheid van ‘n volk is ‘n Internasionale reg en word nie voorgeskryf deur enige land se plaaslike grondwet nie nog minder deur enige politieke party of die massas of meerderheid ondersteuners van politici nie. Politici en hul massa ondersteuners voer vandag ‘n beleid van skrikbewind dat hulle alleenmag het oor al die volke in Suid-Afrika. Met bekragtiging van die 1996 grondwet was dit deur Grondwetregters verklaar dat politici nie in die pad mag of kan staan indien VOLKE onafhanklikheid wil verkry nie maar moet daardie volk(e) aan internasionale vereistes voldoen.
Vryheidsvlag 1995 (Volksfront)
![]()
*
*
Dit was lank voor Kodesa of die 1994 verkiesings op die tafel, juis omrede sommige liberale Afrikaners nog nooit werklik in onafhanklikheid belanggestel het nie – heelwat liberale Afrikaner organisasies staan geen volk of volksvryheid voor nie, en is 100% multi-kultuur en veelvolkige lede. Afrikaners se mandaat is hul lede, geen volk. Al gee Afrikaners en hul organisasies voor dat die Boere volk is deel van Afrikaners of het net voor 1910 skielik Afrikaners geword.
Van die BOERE volk lede mag dalk lid van ‘n afrikaner organisasie wees, maar hulle is nie deel van die Afrikaners nie (soos solidariteit, afriforum, agrisa, tlu, saai of ander groepe).
Boere volkslede bly steeds lid van die Boere volk waaraan hulle behoort. Dit is Afrikaners en Brittanje wat hul ideologie na 1910 probeer afdwing op ander blanke volke, waarvan dit die Boere volk hierby insluit.
Afrikaners het nog nooit ooit enige onafhanklike gebied in suider Afrika gehad nie. Indien hul gebiede wel bestaan, moet hulle dit maar so verklaar en uitwys waar sulke gebiede bestaan na 1800. Die Boere volk het 15 Boere republieke elkeen met ‘n eie Boere kultuur, tradisie en geskiedenis. Oral is daar Boere volksrade gekies en selfs meer as een president is in die verlede hierin aangewys en beheer. Die Anglo-Boere oorloe behels dit dat Afrikaners aan die kant van Engeland en haar bondgenote teen die Boere republieke geveg het. Daar was ook Rebelle uit die Kaapkolonie, wat nie saamgestem het met wat die Afrikaners (Bond party) en Britte aan die Boere republieke gedoen het nie.
Multi-kultuur is gemengde kulture het nog altyd, net soos in 1909-1910-1948, bestaan.
FW de Klerk het heelwat nadat hy as president verkies is, daarvan gepraat en hy saam afrikaner bond organisasies en ander afrikaner organisasies het dit voorgestaan. Afrikaner organisasies hou vandag steeds vergaderings, onder andere ABN en AAI, wat uit die kommuniste bestaan – Thabo Mbeki en Mamphela Ramphele . Die Afrikaner organisasies het slegs mandaat van hul multi-kultuur lede – geen mandaat van Boere volk nie. Weer eens, dit word voorgehou dat die Boere volk deel van die Afrikaners is, hulle is nie. Die 1994 verkiesing het ook dit uitgewys dat meer as 37.5% van die Boere volk onafhanklikheid, selfbeskikking voorstaan en wou nie deel wees van die gemors waarin ons vandag onsself bevind nie.
Die Boere republieke van 1900 het reeds internasionale status en volle vryheid gehad, en moet met vergoeding herstel word soos wat dit voor 1900 was. Dit was die Engelse ryk en haar bondgenote, wat Afrikaners ingesluit het, wat teen die Boere volk en Boere republieke geveg het. Dit bly ‘n internasionale reg en word nie plaaslik of deur enige grondwet bepaal nie. Daar is duidelik voorvereistes wat nagekom moet word deur enige volk indien hulle onafhanklikheid soek.
*
Die 1994 verkiesing
Daar was besliste onderhandelings op die tafel tussen die destydse Volksfront, ANC en NP. Afrikaner organisasies kan nie nou skielik aanspraak maak op die Boere volk se gebiede nie en is dit skending van menseregte van die Boere volk.
Netso kan die Boere volk of enige lid van die Afrikaner organisasies NIE aanspraak op Zoeloes, Xhosa, Tswana, Khoi san of Griekwa gebiede wat hulle net na 1815 beset het nie. Swartes het nooit enige grond in suider Afrika gekoop nie, maar eenvoudig beset. Hulle beset vandag steeds grondgebiede soos en wanneer dit hulle pas en maak of die hele Suid-Afrika slegs aan hulle behoort.
Afrika behoort nie net aan swartes nie, dis ook ‘n wilde stelling wat nog nooit bewys kan word nie. Khoi san en Griekwa gemeenskappe het voor 1900 rondgetrek en hul gebiede het hulleself Kroongebiede gedoop, nie die Boere volk of Afrikaner reenboognasie nie. Daar word heelwat vermeld dat Suid-Afrika inderwaarheid AZANIA is, terwyl daar reeds ‘n AZANIA bo in Afrika bestaan, waar meeste swartes na suider Afrika gekom het.
VOLKSTAATRAAD 1994
Vir diegene wat nie weet nie, die Volksfront is op 7 Mei 1993 geskep (DEUR onder andere Constand Viljoen) om te onderhandel vir onafhanklike gebiede en sodoende is ook ‘n “mandaat” tydens die 1994 verkiesing verkry (37.7%) om voort te gaan met die amptelike ondersoeke.
Dit was met die betrokke partye se medewete en goedkeuring gedoen – ANC – NP-Broederbond. Thabo Mbeki was hierby betrokke, dis hoekom daar ‘n sogenaamde Afrikaner Akkoord was. Dit is die AFRIKANER akkoord genoem, juis om mense te mislei hierdeur.
LET WEL
Afrikaners het nog nooit enige republieke gehad nie, net die Boere volk het gebiede gehad. Die Boere volk is sedert 1652 ‘n volk, daarom was daar ‘n Groot Trek, daar is na hulle verwys as VRYburgers en ook Trekkers of Grensboere en sommige verwys na hulself (voorouers) as ‘Voortrekkers’.
Die Afrikaner BONDparty het saam met Rhodes die Kaapkolonie beheer en regeer en was NIKS van die Boere volk nie. Indien hulle dieselfde VOLK was, sou hulle destyds almal saamgetrek het, en hulle het nie. Die drie republieke wat in die Kaapkolonie geskep is voor die Groot trek is ook tot niet gemaak deur die destydse regering in die Kaapkolonie destyds (Rhodes en Bondparty). Hulle wou nie die Boere volk hul volle vryheid gegee het nie. Dit is Uitenhage-Graaff Reinet, Stellenbosch en Swellendam BOERE republieke. Na die Groot Trek is nog BOERE republieke geskep, uitgeroep nadat grond wettig bekom is.
Dit mag so wees dat die Afrikaner reenboognasie vandag en die Boere volk ‘n Afrikaanse taal deel, sommige na mekaar lyk, is hulle nie een volk nie. Afrikaner organisasies het hulself onlangs weer as multi-kultureel verklaar en is dit onmoontlik om ‘n volk te wees, maar hulle is en bly ‘n veelvolkige reenboognasie.
Onder Swart en anderskleurige groepe is daar ook verskillende volke en stamme, wat dit eens is dat hulle nie deel is van ‘n veelvolkige multi-kulturele reenboognasie nie. ‘n Groot persentasie het dit na die 1994 verkiesing gesteun en hul ou gebiede , soos Reservate, Tuislande en Kroongebiede, met kompensasie gaan opeis het.
Derduisende van hierdie ou Tuislande, Reservate en Kroongebiede is na 1994, onder aparte wetgewings, met kompensasies deur verskillende presidente toegeken. Hierdie gebiede is STEEDS apart van mekaar en die gebiede staan bekend as Trust en CPA (KEV) gebiede. Elkeen het hul eie tradisionele leiers aangewys wat in die SA parlement geregistreer is. Hierdie meer as 8840 tradisionele leiers word almal maandeliks met byvoordele, uit die staatskas vergoed. Sommige ‘koninklikes’ word erken en selfs hul verskillende vroue word erken, hul kultuurhuise word erken en onderhou deur belastingbetalers. Hierdie tradisionele leiers is niks van die Boere volk nie , maar die Boere volk dra by tot hierdie staatskas wat misbruik word.
*
Voor die 1994 verkiesing – dit was Mandela wat ‘n skrywe namens sy bestuur (exco – 6 lede) in Desember 1993 gerig het aan wyle Constand Viljoen dat hulle die hele ondersoek vir gebiede ondersoek.
Self-determination – Boer – ANC-Mandela letter (1993)
Dit was die Volksfront en nie die Vryheidsfront (plus) politieke party nie, hulle het eers agterna op die wa geklim. Al hierdie inligting aan meeste bekend, is so gedoen om die Boere volk se regte in te palm of te vervreem, voor te hou dat die Boere volk deel is van die Afrikaner organisasies en reenboognasie.
Uitslag van die 1994 verkiesing
Daar was 37.5% mandaat tydens die 1994 bereik vir die akkoord wat vir selfbeskikking en volkseie gebied(e).
Daar was ook ‘n persentasie van blanke kiesers, wat die ‘onderhandelinge’ met die ANC-SAKP-PAC en kommuniste ondersteun het vir ‘n ‘nuwe demokratiese grondwet’ terwyl nog ‘n persentasie eenvoudig weggebly het en nie gaan stem het vir “OORNAME” nie.
Dit was 1993-1994 en daar was geen 1996 grondwet of Artikel 235 van toepassing op die Akkoord se ondersoeke nie, maar onder die Interim regering se grondwet, Wet 200 van 1993. Dit staan so uitgespel onder die getekende 1994 Akkoord. Beroepe op die 1996 grondwet is myns insiens nie van toepassing ook op die 1994 Volkstaatraad se ondersoeke nie .
‘n Bepaling in die Akkoord staan dat diegene wat dit ondersoek, moet beide Selfbeskikking en Volkstaat ondersteun. Duidelik het van die Volkstaatraadslede destyds die pad byster geraak en gefokus op hul eie belange en plasies aangekoop, instede te fokus oop gebiede wat reeds aan ons behoort. Hul het duidelik nie hul bepalings van die Akkoord nagekom nie.
ANC OF POLITICI BESLUIT NIE OOR VRYHEID EN ONAFHANKLIKHEID NIE
GRONDWETREGTERS: 1996
Daarom is daar na 1990 gedurigdeur heelwat volke, selfs in Afrika, wat algehele vryheid en onafhanklikheid verkry het. Vryheid van volke en reg tot selfbeskikking is ‘n internasionale reg. Die ANC of politici besluit nie daaroor nie – sien die bekragtiging van die 1996 grondwet, dat onafhanklikheid op internasionale vlak verklaar en erkenning geniet, nie politici nie.

*
ROTSE IN ONS PAD, SKEND AL ONS MENSEREGTE
ONWETTIGE IMMIGRANTE
In 1994 verkiesing was daar groot meerderheid aangeteken en was daar ‘n mandaat bereik. Alhoewel daar heelwat pogings was om dit verder te neem, het die ANC intussen gebruik gemaak om hul broers en susters uit die hele Afrika, welkom geheet om in die gebiede te vestig. Natuurlik is dit en bly dit ‘n onreg wat aan ons Boere volk gedoen word, aangesien niemand op die ander volke se gebiede wat hul geëis het, gaan plak nie.
Die ANC wat dit toegelaat het, moet hulle ander plekke gaan huisves.
Instromingsbeheer word glad nie beheer deur die ANC regering of parlement nie. Feit bly staan, daar waar gestem is, het ons groot meerderhede behaal. (Griggs). Die ANC en regering wat gesloer het hiermee, het gesorg dat immigrante koning kraai in die Boere gebiede. Immigrante hoort nie in ons gebiede nie.
*
Die gebiede wat deur die Volkstaatraad van 1994 wat ondersoek was asook met die 1994 verkiesing bepaal is, is identies waar die Boere volk in die meerderheid is, is die ou Boere republieke van 1902.
Geen Afrikaner het al ooit ‘n Boere repubiek geskep nie, dit was die Boere volk en hul gebiede. Dis ook nie toevallig dat heelwat liberaal verligte Afrikaner organisasies, multi-kultuur van aard is en een land soek, en nie selfbeskikking en onafhanklikheid voorstaan nie. Hulle sal nooit saam die Boere volk wees nie, want hulle het destyds dit al gewys in 1900 met die Anglo-Boere oorloë.
Selfbeskikking (publikasie 1995) (Griggs)
*
GEEN VRYHEID VAN ‘N VOLK BINNE ‘N KOMMUNISTIESE NETWERK
TRADISIONELE VOLKE EN VERSKILLE
Daar is tans 11 amptelike tale, maar daar word slegs voorsiening gemaak vir etniese Khoi San, Griekwas en Swartes.
Al hul aparte kultuurhuise word onderhou en beskerm, onder wetgewings en aparte huise.
Net soos wat daar verskillende swart en bruin volke is, bestaan dit ook onder blankes. Naamlik Boere en Afrikaners.
Vir te lank moet die Boere volk agtertoe staan omdat die spene leeggesuig word, veral met aanvalle, misdaad, moorde, swart bemagtiging, regstelaksies en onteiening sonder vergoeding. Daar is groot tradisionele verskille tussen die Xhosa, Zoeloe, Sotho, Khoi san en Griekwas.
Die Khoi san, Griekwas en Swartes is hoegenaamd nie tevrede met die opset gewees in 1994 of selfs daarna nie. Daarom eis hulle almal hul ou Reservate (Tuislande) of kroongebiede op, en elkeen is apart van mekaar , waartydens almal ruim vergoeding ontvang. Daar was baie in die ou Tuislande ingeploeg 1961-1994.
Al het hul na 1994 grond geëis, besit hul as volke, geen vryheid nie, min het eiendomsreg, want wetgewing verbied dit. Hulle boustene is steeds onder die ANC vasgeanker en vals gegom. Geen volk kan vryheid of onafhanklikheid opbou onder ANC wetgewings (kommuniste) nie. Vryheid en onafhanklikheid word op internasionale vlak gedoen en nie deur huidige politieke leiers nie.
Daar is nie weggedoen met hierdie aparte gebiede nie, dit bestaan onder nuwe wetgewing en ook Grondwet 1996 (Hoofstuk 12).
Die gebiede is deur hulself geskep lank voor 1900 en beset onder die Engelse bewind. Die Engelse het ook hul gebiede geannekseer, soos ons Boere republieke. Hulle is geregtig op hul gebiede, maar so ook die Boere volk en konserwatiewe Afrikaners, wat nie met die 1996 grondwet saamstem nie. Tans word al ons regte op alle vlakke geskend.
Daar is meer as een wetgewing wat die Boere volk en konserwatiewe Afrikaners se regte aantas en skend.
Swart bemagtiging, regstelaksie en onteiening sonder vergoeding is basies ongrondwetlik, teen internasionale reg en skend nie net ons menseregte nie, maar skend ons vryheid om hoegenaamd iets te bou.
Dus, kan geen vryheid gebou word in die kommunistiese netwerke waar ons ekonomies verban word.
Vierkleur en Vrystaat Boere republieke vlae

BOERE VOLK
Net soos die Boere volk en konserwatiewe Afrikaners (rebelle) se voorouers die osse gespan en waens gepak het onder die Engelse regering in die Kaapkolonie, en weggetrek het, moet ons as volk dieselfde protokolle handhaaf en deurvoer.
Vryheid kan nie op korrupsie, misdaad, moorde of skending van menseregte gebeur nie. Of op vals wetgewings en grondwet nie.
Inteendeel is daar sekere liberaal verligte Afrikaners wat glo as hul twee of drie plase koop en daar is ‘selfwerksaamheid’ of aandeleblokskema om die inwoners se eiendomsregte te beperk, is dit vryheid. Dit is alles behalwe vryheid, waar Afrikaners wat daar wil bly, aansoek moet doen vir verblyfreg en tevrede moet wees van die bepalinge van die Aandeleblokskema en Maatskappywetgewing van die ANC.
Ons voorouers was op die blad en slegs onafhanklikheid wat internasionaal erken is, het gewerk. En so het Brittanje wat teen die Boere volk , vroue en kinders gekant was, eerder hier kom oorlog maak met ‘n handjievol Boere om al die grond en minerale in te palm.
Mandela se boek is nie alte vars nie, omrede dit totaal en al teenstrydig is met internasionale reg as dit kom by enige volk se vryheidsregte of dat minderheidsvolke geen regte het nie. Regte van ons wat tans alles geskend word. Sy skrywe van 1993 aan wyle Constand Viljoen toon die teendeel vir selfbeskikking en vryheid van ons volk.
*
HERSTEL VAN DIE BOERE REPUBLIEKE – 1902
Die Boerevolk van Suid-Afrika, voorheen van die Boere republieke (ZAR – Transvaal en Vrystaat), maak saak soos enige ander volke op die kontinent van Afrika. Hierdie volk het ook menseregte op die kontinent en is deel van Suid-Afrika. Hulle het op hierdie stadium geen menseregte van onafhanklikheid of selfregering nie. Lees die Manifes van die ANC-PAC-SAKP 1955.
Swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie of onteiening van eiendomme wat die Boerevolk hul vryheid beperk en moet afgeskaf word. Dit is teen internasionale wette om teen enige mense te diskrimineer weens hul velkleur. Stop alle aanvalle op die Boervolk en hou op om mense en beeste te steel en dood te maak.
*
Manifes van die ANC-PAC-SAKP 1955:
RAKENDE VRYHEID EN SKENDING VAN MENSEREGTE
Die reg van alle volke van Afrika op onafhanklikheid en selfregering sal erken word, en sal die basis van noue samewerking wees.
Paswette, permitte en alle ander wette wat hierdie vryhede beperk, sal afgeskaf word.
Mense mag nie van hul vee beroof word nie, en dwangarbeid en plaastronke sal afgeskaf word.
*
The Boer people of South Africa, previously from the Boere Republics matters the same as any other peoples on the continent of Africa and they also have human rights on the continent of South Africa. They do not have any human rights of independence or self-government at this stage.
Black economic empowerment, affirmative action or expropriation of properties restricting the Boer people their freedom and must be abolished. It is against international laws to discriminate against any people because of their skin colour. Stop all attacks on the Boer people and stop stealing and killing people and cattle.
Manifesto of the ANC 1955:
The right of all peoples of Africa to independence and self-government shall be recognised, and shall be the basis of close co-operation.
Pass Laws, permits and all other laws restricting these freedoms shall be abolished.
People shall not be robbed of their cattle, and forced labour and farm prisons shall be abolished.
*
BRONNE, VERWANTE INLIGTING EN ARTIKELS
Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord)
Selfbeskikking – Self-determination
Ontwikkeling – vooruitgang: Selfbeskikking
Internasionale mensereg Artikel 17
Grondwet 1996 en sogenaamde demokrasie
https://www.sahistory.org.za/dated-event/afrikaner-volksfront-founded
https://af.wikipedia.org/wiki/Afrikaner_Volksfront#cite_note-1
*
Na Kodesa het heelwat volke, die Khoi san, Griekwas en swartes hul gebiede geëis onder ANC wetgewings – Trust en CPA’s (grondeise).
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
Trustgebiede – Tuislande – Reservate en Kroongebiede
Die Ingonyama Trust was voorheen die ou Zoeloe tuislande, slegs vir die Zoeloevolk is en so het al die ander gevolg.
Zulu people – Ingonyama Trustland
Trustgebiede>Tuislande>Reservate
Traditional leaders South Africa: 8840
[…] Onafhanklikheid en volksvryheid […]
LikeLike