Onafhanklikheid en volksvryheid

*

Eksterne Selfbeskikking, onafhanklikheid en vryheid van ‘n volk was lank voor Kodesa of die 1994 verkiesing op die tafel, juis met redes, want sommige liberale Afrikaners het nog nooit werklik in onafhanklikheid belanggestel nie – heelwat liberale Afrikaner organisasies staan geen volk of volksvryheid voor nie, en is 100% multi-kultuur.   Hul mandaat is hul lede, geen volk.

Vryheidsvlag 1995 (Volksfront)

Die "Vryheidsvlag" wat in 1995 by die Suid-Afrikaanse Buro vir Heraldiek as vlag van die Afrikaner Volksfront registreer is.[1]

*

Multi-kultuur is gemengde kulture.   Hul het slegs mandaat van hul multi-kultuur lede.  Die Boere republieke van 1900 het reeds internasionale status, volle vryheid gehad, en moet met vergoeding herstel word.   Dit is 100% vryheid, net soos wat Botswana vry en onafhanklik is.   Dit bly ‘n internasionale reg en word nie plaaslik bepaal nie.

Daar was besliste onderhandelings op die tafel tussen die destydse Volksfront, ANC en NP.

Vir diegene wat nie weet nie, die Volksfront is op 7 Mei 1993 geskep (Constand Viljoen) om te onderhandel vir die gebiede en sodoende is ook ‘n mandaat in 1994 verkry (37.7%) om voort te gaan met die amptelike ondersoeke.   Dit was met al drie partye se medewete en goedkeuring gedoen.  Thabo Mbeki was hierby betrokke, dis hoekom daar ‘n Akkoord was.

Dit was Mandela wat ‘n skrywe in Desember 1993 gerig het aan wyle Constand Viljoen dat hulle die hele ondersoek vir gebiede ondersoek.

Self-determination  –  Boer  – ANC-Mandela letter (1993)

Dit was die Volksfront en nie die Vryheidsfront (plus) nie, hulle het agterna op die wa geklim.

Daar was 37.5% mandaat tydens die 1994 bereik vir die akkoord.


Dit was 1993-1994 en daar was geen 1996 grondwet of Artikel 235 van toepassing op die Akkoord se ondersoeke nie, maar onder die Interim regering se grondwet, Wet 200 van 1993.   Dit staan so uitgespel onder die getekende 1994 Akkoord.   Beroepe op die 1996 grondwet is myns insiens nie van toepassing ook op die 1994 Volkstaatraad se ondersoeke nie .

Image

‘n Bepaling in die Akkoord staan dat diegene wat dit ondersoek, moet beide Selfbeskikking en Volkstaat ondersteun.  Duidelik het van die Volkstaatraadslede destyds die pad byster geraak en gefokus op hul eie belange en plasies aangekoop, instede te fokus oop gebiede wat reeds aan ons behoort.   Hul het duidelik nie hul bepalings van die Akkoord nagekom nie.

ANC OF POLITICI BESLUIT NIE OOR VRYHEID EN ONAFHANKLIKHEID NIE

GRONDWETREGTERS:   1996

Daarom is daar na 1990 gedurigdeur heelwat volke, selfs in Afrika, wat algehele vryheid en onafhanklikheid verkry het.   Vryheid van volke en reg tot selfbeskikking is ‘n internasionale reg.  Die ANC of politici besluit nie daaroor nie – sien die bekragtiging van die 1996 grondwet, dat onafhanklikheid op internasionale vlak verklaar en erkenning geniet, nie politici nie.

Codesa (writers) – Kodesa (skrywers) – ONAFHANKLIK

*

ROTSE IN ONS PAD, SKEND AL ONS MENSEREGTE

ONWETTIGE IMMIGRANTE

In 1994 verkiesing was daar groot meerderheid aangeteken en was daar ‘n mandaat bereik.  Alhoewel daar heelwat pogings was om dit verder te neem, het die ANC intussen gebruik gemaak om hul broers en susters uit die hele Afrika, welkom geheet om in die gebiede te vestig.  Natuurlik is dit en bly dit ‘n onreg wat aan ons Boere volk gedoen word, aangesien niemand op die ander volke se gebiede wat hul geëis het, gaan plak nie.

Die ANC wat dit toegelaat het, moet hulle ander plekke gaan huisves.

Instromingsbeheer word glad nie beheer deur die ANC regering of parlement nie.  Feit bly staan, daar waar gestem is, het ons groot meerderhede behaal.  (Griggs).   Die ANC en regering wat gesloer het hiermee, het gesorg dat immigrante koning kraai in die Boere gebiede.   Immigrante hoort nie in ons gebiede nie.

*

Die gebiede wat deur die Volkstaatraad van 1994 wat ondersoek was asook met die 1994 verkiesing bepaal is, is identies waar die Boere volk in die meerderheid is, is die ou Boere republieke van 1902.

Geen Afrikaner het al ooit ‘n Boere repubiek geskep nie, dit was die Boere volk en hul gebiede.     Dis ook nie toevallig dat heelwat liberaal verligte Afrikaner organisasies, multi-kultuur van aard is en een land soek, en nie selfbeskikking en onafhanklikheid voorstaan nie.   Hulle sal nooit saam die Boere volk wees nie, want hulle het destyds dit al gewys in 1900 met die Anglo-Boere oorloë.

Selfbeskikking (publikasie 1995) (Griggs)

*

GEEN VRYHEID VAN ‘N VOLK BINNE ‘N KOMMUNISTIESE NETWERK

TRADISIONELE VOLKE EN VERSKILLE                     

Daar is tans 11 amptelike tale, maar daar word slegs voorsiening gemaak vir etniese Khoi San, Griekwas en Swartes.

Al hul aparte kultuurhuise word onderhou en beskerm, onder wetgewings en aparte huise.

Net soos wat daar verskillende swart en bruin volke is, bestaan dit ook onder blankes.  Naamlik Boere en Afrikaners.

Vir te lank moet die Boere volk agtertoe staan omdat die spene leeggesuig word, veral met aanvalle, misdaad, moorde, swart bemagtiging, regstelaksies en onteiening sonder vergoeding.   Daar is groot tradisionele verskille tussen die Xhosa, Zoeloe, Sotho, Khoi san en Griekwas.

Die Khoi san, Griekwas en Swartes is hoegenaamd nie tevrede met die opset gewees in 1994 of selfs daarna nie.   Daarom eis hulle almal hul ou Reservate (Tuislande) of kroongebiede op, en elkeen is apart van mekaar , waartydens almal ruim vergoeding ontvang.  Daar was baie in die ou Tuislande ingeploeg 1961-1994.

Al het hul na 1994 grond geëis, besit hul as volke, geen vryheid nie, min het eiendomsreg, want wetgewing verbied dit.   Hulle boustene is steeds onder die ANC vasgeanker en vals gegom.    Geen volk kan vryheid of onafhanklikheid opbou onder ANC wetgewings (kommuniste) nie.   Vryheid en onafhanklikheid word op internasionale vlak gedoen en nie deur huidige politieke leiers nie.

Daar is nie weggedoen met hierdie aparte gebiede nie, dit bestaan onder nuwe wetgewing en ook Grondwet 1996 (Hoofstuk 12).

Die gebiede is deur hulself geskep lank voor 1900 en beset onder die Engelse bewind.   Die Engelse het ook hul gebiede geannekseer, soos ons Boere republieke.  Hulle is geregtig op hul gebiede, maar so ook die Boere volk en konserwatiewe Afrikaners, wat nie met die 1996 grondwet saamstem nie.   Tans word al ons regte op alle vlakke geskend.

Daar is meer as een wetgewing wat die Boere volk en konserwatiewe Afrikaners se regte aantas en skend.   

Swart bemagtiging, regstelaksie en onteiening sonder vergoeding is basies ongrondwetlik, teen internasionale reg en skend nie net ons menseregte nie, maar skend ons vryheid om hoegenaamd iets te bou.

Dus, kan geen vryheid gebou word in die kommunistiese netwerke waar ons ekonomies verban word.

Vierkleur en Vrystaat Boere republieke vlae

NYLSTROOM, SOUTH AFRICA ? 19 May 2010: Barend Pienaar the ...

BOERE VOLK

Net soos die Boere volk en konserwatiewe Afrikaners (rebelle) se voorouers die osse gespan en waens gepak het onder die Engelse regering in die Kaapkolonie, en weggetrek het, moet ons as volk dieselfde protokolle handhaaf en deurvoer.

Vryheid kan nie op korrupsie, misdaad, moorde of skending van menseregte gebeur nie.  Of op vals wetgewings en grondwet nie.

Inteendeel is daar sekere liberaal verligte Afrikaners wat glo as hul twee of drie plase koop en daar is ‘selfwerksaamheid’ of aandeleblokskema om die inwoners se eiendomsregte te beperk, is dit vryheid.  Dit is alles behalwe vryheid, waar Afrikaners wat daar wil bly, aansoek moet doen vir verblyfreg en tevrede moet wees van die bepalinge van die Aandeleblokskema en Maatskappywetgewing van die ANC.

Ons voorouers was op die blad en slegs onafhanklikheid wat internasionaal erken is, het gewerk.   En so het Brittanje wat teen die Boere volk , vroue en kinders gekant was, eerder hier kom oorlog maak met ‘n handjievol Boere om al die grond en minerale in te palm.

Mandela se boek is nie alte vars nie, omrede dit totaal en al teenstrydig is met internasionale reg as dit kom by enige volk se vryheidsregte of dat minderheidsvolke geen regte het nie.  Regte van ons wat tans alles geskend word.   Sy skrywe van 1993 aan wyle Constand Viljoen toon die teendeel vir selfbeskikking en vryheid van ons volk.

*

HERSTEL VAN DIE BOERE REPUBLIEKE – 1902

Die Boerevolk van Suid-Afrika, voorheen van die Boere republieke (ZAR – Transvaal en Vrystaat), maak saak soos enige ander volke op die kontinent van Afrika.    Hierdie volk het ook menseregte op die kontinent en is deel van Suid-Afrika. Hulle het op hierdie stadium geen menseregte van onafhanklikheid of selfregering nie.   Lees die Manifes van die ANC-PAC-SAKP 1955.

Swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie of onteiening van eiendomme wat die Boerevolk hul vryheid beperk en moet afgeskaf word. Dit is teen internasionale wette om teen enige mense te diskrimineer weens hul velkleur. Stop alle aanvalle op die Boervolk en hou op om mense en beeste te steel en dood te maak.

*

Manifes van die ANC-PAC-SAKP 1955:

RAKENDE VRYHEID EN SKENDING VAN MENSEREGTE

Die reg van alle volke van Afrika op onafhanklikheid en selfregering sal erken word, en sal die basis van noue samewerking wees.

Paswette, permitte en alle ander wette wat hierdie vryhede beperk, sal afgeskaf word.

Mense mag nie van hul vee beroof word nie, en dwangarbeid en plaastronke sal afgeskaf word.

*

The Boer people of South Africa, previously from the Boere Republics matters the same as any other peoples on the continent of Africa and they also have human rights on the continent of South Africa. They do not have any human rights of independence or self-government at this stage.

Black economic empowerment, affirmative action or expropriation of properties restricting the Boer people their freedom and must be abolished. It is against international laws to discriminate against any people because of their skin colour. Stop all attacks on the Boer people and stop stealing and killing people and cattle.

Manifesto of the ANC 1955:

The right of all peoples of Africa to independence and self-government shall be recognised, and shall be the basis of close co-operation.

Pass Laws, permits and all other laws restricting these freedoms shall be abolished.

People shall not be robbed of their cattle, and forced labour and farm prisons shall be abolished.

*

BRONNE, VERWANTE INLIGTING EN ARTIKELS

Het jou gesê

Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord)

Selfbeskikking – Self-determination

Ontwikkeling – vooruitgang: Selfbeskikking

Internasionale mensereg Artikel 17

1955 ANC Freedom Charter

ANC  – Freedom charter 1955 

Grondwet 1996 en sogenaamde demokrasie

https://www.anc1912.org.za/the-freedom-charter-2/

https://www.sahistory.org.za/dated-event/afrikaner-volksfront-founded

https://af.wikipedia.org/wiki/Afrikaner_Volksfront#cite_note-1

*

Na Kodesa het heelwat volke, die Khoi san, Griekwas en swartes hul gebiede geëis onder ANC wetgewings – Trust en CPA’s (grondeise).

Richtersveld –  KHOISAN AND CPA

Trustgebiede – Tuislande – Reservate en Kroongebiede

Ooreenkomste – Agreements

Die Ingonyama Trust was voorheen die ou Zoeloe tuislande, slegs vir die Zoeloevolk is en so het al die ander gevolg.

Zulu people – Ingonyama Trustland

Trustgebiede>Tuislande>Reservate

Traditional leaders South Africa: 8840

Zwelithini: Traditional leaders: SA – budget

‘Apartheid’ > 1854

1 gedagte oor “Onafhanklikheid en volksvryheid”

Lewer kommentaar