*
Al hoe meer grondgebiede word van vroeg af deur Israel beset of met oorlogvoering verower. Dit opsigself het nie in 1948 begin nie maar lank voor dit. Die invoer van immigrante (Sioniste) het voor 1948 al begin plaasvind sodat daar opstande kon plaasvind. Plattelandse Palestynse nedersettings is eenvoudig platgevee deur bomme en plofstowwe. Saam daarmee word hordes onskuldiges begrawe in die puin, wat eenvoudig later gelykgemaak word. Op hierdie manier kan daar slegs beraamde statistieke wees en nie die realiteite nie. Nuwe stede herrys feitlik daagliks met luukse wooneenhede en nedersettings op grondgebiede wat aan Palestina behoort. Palestina is deel van ‘n TWEEstaat en tog word hul uitgewis en onderdruk.

*
Baie van die volke wat vandag ver van die midde ooste lewe, weet nie wat voor 1950 plaasgevind het nie. Ander weer, die wat weet, staan op ‘n afstand en bewonder sommiges se magsposisies en magsvertoon indien dorpe, nedersettings en selfs groot geboue platgevee word.
Die nedersettings word gerieflik omring met hoë mure, veiligheidskamera’s en stelsels soos permitte wat aan die ou inwoners van Palestina uitgereik word vir daaglikse pendel. Dus word die ou bewoners verbied en onmenslik wreed behandel om na hul plekke terug te keer.
Daar word vermeld deur Aljazera dat daar tussen 1922 en 1935 het die Joodse bevolking (Sioniste) van nege persent tot byna 27 persent van die totale bevolking gestyg, wat tienduisende Palestynse huurders van hul lande verplaas het, aangesien Sioniste die grond van ‘afwesige eienaars’ gekoop het. Verseker weet niemand hiervan nie. Vooraanstaande Arabiese en Palestynse intellektuele het openlik gewaarsku teen die motiewe van die Sionistiese beweging in die pers so vroeg as 1908. Met die Nazi-oorname van magte in Duitsland tussen 1933 en 1936, het 30 000 tot 60 000 Europese Jode (Sionisties) aan die kus van Palestina aangekom. Dit opsigself is nie ‘n klein hoeveel mense om in enige land te akkommodeer nie en dit nogal in ‘n land wat nog nie geskep is nie.
In 1936 het Palestynse Arabiere ‘n grootskaalse opstand teen die Britte en hul steun vir Sionistiese setlaar-kolonialisme, bekend as die Arabiese Opstand, geloods. Die Britse owerhede het die opstand, wat tot 1939 geduur het, met geweld onderdruk; hulle het ten minste 2 000 Palestynse huise vernietig, Oor die 9 000 Palestyne is in konsentrasiekampe gesit en hulle aan gewelddadige ondervraging, blootgestel. Insluitend is hulle aan marteling onderwerp en 200 Palestynse nasionalistiese leiers gedeporteer. Nugter alleen weet waarheen – verseker omliggende midde oosterse Arabiese lande. Ten minste tien persent van die Palestynse manlike bevolking is teen die einde van die opstand doodgemaak, gewond, verban of gevange geneem.
In 1944 het verskeie Sionistiese gewapende groepe oorlog teen Brittanje verklaar omdat hulle probeer het om perke op Joodse immigrasie na Palestina te plaas in ‘n tyd toe Jode uit die Holocaust gevlug het. Die Sionistiese paramilitêre organisasies het ‘n aantal aanvalle teen die Britte geloods – die mees noemenswaardige daarvan was die King David Hotel-bomaanval in 1946 waar die Britse administratiewe hoofkwartier gehuisves was; 91 mense is in die aanval dood.
Vroeg in 1947 het die Britse regering aangekondig dat hy die ramp wat dit in Palestina veroorsaak het aan die Verenigde Nasies sou oorgee en sy koloniale projek daar sou beëindig. Op 29 November 1947 het die VN Resolusie 181 aanvaar wat die verdeling van Palestina in Joodse en Arabiese state aanbeveel.
*
In verskeie artikels word daar na opstande in Palestina verwys, inwoners wat in verset teen Britse beleid gekom het. Dus het die inwoners van daardie betrokke land geen sê gehad nie. Hulle skep die probleem en verdedig dieselfde probleem met vuur en verwoesting. Die bogenoemde stellings en feite klink 100 welbekend.
Dis wat die Britte aan ons Boere voorouers in 1900 gedoen het tydens Britse anneksasies, die Anglo-Boere oorloë, helkampe en verskroeide aarde beleid geskep, waar daar meer as 30000 plase, wat voedsel produseer het, met verskeie soorte vee en plaashuise is eenvoudig vernietig en afgebrand. Daarna was die Boere, vroue en kinders in armoede en hongersnood gedompel. Meer as 39000 vroue en kinders het in Britse helkampe omgekom weens voedseltekorte en lyding. Hulle het ook in die proses reeds ander volke aangeval en grond saam die minerale regte geannekseer as hulle sin. In die proses is ook miljoene immigrante en onwettiges ingeforseer deur die Britse regering om veral ook in die myn te werk as goedkoop arbeid.
Sedert 1994 word hierdie oorloë afgewater asof daar geen Boere republieke bestaan het nie en maak of dit ‘n Suid-Afrikaanse oorlog was. Dit was nie, want die Boere republieke het volle internasionaal erkende onafhanklikheid geniet.
Daar is na 1994 meer as 120 rassistiese en diskriminerende wetgewings in plek gestel sodat daar steeds voortgegaan word met die Boere en konserwatiewe Afrikaner uitwissing. Ou kroongebiede en reservate (later tuislande), is vervang met KEV’s en Trustgebiede, onder ‘grondeise’ asof Boere die grond gesteel het. Saam met die meer as aparte 8840 tradisionele Khoi san, Griekwa en swart leiers, waar hulle steeds hul aparte grondgebiede behou het en miljarde rande uit die staatskas verkry.
*
Kaart 1947
Lees ook meer hier:
https://www.aljazeera.com/features/2017/5/23/the-nakba-did-not-start-or-end-in-1948
https://www.palestineremembered.com/Maps/UNPartition11-29-1947.html
https://www.palestineremembered.com/Acre/Maps/Story565.html
*
*
*
Between 1922 and 1935, the Jewish population rose from nine percent to nearly 27 percent of the total population, displacing tens of thousands of Palestinian tenants from their lands as Zionists bought land from absentee landlords.
Leading Arab and Palestinian intellectuals openly warned against the motifs of the Zionist movement in the press as early as 1908. With the Nazi seizure of power in Germany between 1933 and 1936, 30,000 to 60,000 European Jews arrived on the shores of Palestine.
In 1936, Palestinian Arabs launched a large-scale uprising against the British and their support for Zionist settler-colonialism, known as the Arab Revolt. The British authorities crushed the revolt, which lasted until 1939, violently; they destroyed at least 2,000 Palestinian homes, put 9,000 Palestinians in concentration camps and subjected them to violent interrogation, including torture, and deported 200 Palestinian nationalist leaders.
At least ten percent of the Palestinian male population had been killed, wounded, exiled or imprisoned by the end of the revolt.
In 1944, several Zionist armed groups declared war on Britain for trying to put limits on Jewish immigration to Palestine at a time when Jews were fleeing the Holocaust. The Zionist paramilitary organisations launched a number of attacks against the British – the most notable of which was the King David Hotel bombing in 1946 where the British administrative headquarters were housed; 91 people were killed in the attack.
In early 1947, the British government announced it would be handing over the disaster it had created in Palestine to the United Nations and ending its colonial project there. On November 29, 1947, the UN adopted Resolution 181, recommending the partition of Palestine into Jewish and Arab states.
*
Verwante artikels en inligting
1976 – Israel and South Africa – B J Vorster / Y Rabin
Gaan hier ook nou Israel nedersettings en besighede opgerig word?
Oktober 2023 Groot gedeeltes van Rimal in Gaza vernietig
Ottomans – Arabs – Palestine – Israel – England – France
Tuislande en Trustgebiede in Suid-Afrika
Trustgebiede>Tuislande>Reservate
Zulu people – Ingonyama Trustland
Gold and diamonds -1886 – Griqualand West
[…] *Verwante artikels en inligtingBalfour verklaring – Jan SmutsPalestina gebiede en sy mense […]
LikeLike
[…] Palestina gebiede en sy mense […]
LikeLike
[…] Palestina gebiede en sy mense […]
LikeLike
[…] Palestina gebiede en sy mense […]
LikeLike
[…] Palestina gebiede en sy mense […]
LikeLike
[…] Palestina gebiede en sy mense […]
LikeLike
[…] Palestina gebiede en sy mense […]
LikeLike
[…] Palestina and its people: Is not only Arabs, also Jews and Christians are living here in Palestina since before 1900. Palestina gebiede en sy mense […]
LikeLike
[…] Egipte, Ottomans, PalestinaJaffa Palestina 1900Palestina gebiede en sy menseGas in Israel en PalestinaOnregte van besettings deur oorlog en […]
LikeLike
[…] INLIGTINGSMATERIAALRuïnes in Palestina ..Palestina gebiede en sy menseJaffa Palestina 1900Napoleon, Egipte, Ottomans, PalestinaDie hond en die halsbandjieAardgas en olie […]
LikeLike
[…] en PalestinaIsrael Drobles plan – Trump (2020)Israel Sionist stateIsrael Sioniste plannePalestina gebiede en sy menseRuïnes in Palestina ..Lifta in Palestina (Mei Naftoach)Vernietigende oorlog in PalestinaNapoleon, […]
LikeLike
[…] Palestina gebiede en sy mense […]
LikeLike