Hier op Standerton is vele kentekens en hartseerverhale oor die Boere volk, lyste van name wat elkeen hul eie geskiedenis vertel. Hier het heelwat vroue , jong dogters, seuns en ou mense hel deurgemaak omdat hulle nie voor die Britse kroon wou buig nie. Hulle het later hul rusplek hier gevind. Die Boere volk moet nooit vergeet wie hulle is en hulself herinner dat hul wortels vasgeknoop is aan die hartseer verhale wat in die Britse helkampe, die konsentrasiekampe deurgemaak is en aansluit by die verskroeide aarde beleid waar meer as 30000 huise geplunder en later afgebrand is. Dankie Rudie.

WIE IS DIE BOERE VOLK
Die Boere volk is ‘n volk op hul eie en is nie deel van die veelvolkige Afrikaner reënboognasie nie.
Die BOERE volk was nog nooit deel van Afrikaners wat saam die Engelse was.
Daarom het hulle weggetrek uit die Kaapkolonie om hul vryheid in hul eie Boere republieke te verkry. Dit is internasionaal erken as Boere republieke.
TERLOOPS Net omdat die Boere volk ‘n taal deel met andere, beteken dit hul wortels het nou skielik na die volksvreemde multi-kulturele Afrikaner reënboognasie verander nie. Die Duitsers, Spanjaarde en Nederlanders deel ook hul moedertale in ander kontinente, maar hulle is nie Duitse, Spaanse of Nederlandse burgers nie.
*
INTERNASIONALE REG VIR VOLKE
Diegene wat hulle Afrikaners wil noem en daarop roem, is welkom om dit te doen.
VOLKE REG
Los ‘n slag die Boere volk, hul geskiedenis, hul kultuur, hul konsentrasiekampe en grafte, die verskroeide aarde beleid wat die Boere vrouens, kinders en vegters moes meemaak, is juis ook as gevolg van Afrikaners se deelname aan Britse kant.
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
Die Boere volk het net so ‘n reg soos enige ander volk om te bestaan. Die Zoeloes, Khoi san en ander swartes bly steeds apart van ander en het almal hul tradisionele hoofmanne en leiers.
Lees meer op of verkry die boeke, wie is die BOERE volk –
KEN JOU GESKIEDENIS
Boere volk identiteit en vryheid – Wiets Buys
Boere volk, kultuur, geskiedenis, die Boere boek – Dr Pretorius
Die BOERE volk is nie verbonde aan die Zoeloe, Xhosa, Khoi san of veelvolkige Afrikanernasie nie.
Afrikaners het saam met Brittanje teen die Boere volk en -republieke geveg.
Afrikaners was nooit die slagoffers van die Britte in die Anglo-Boere konsentrasiekampe nie.
Afrikaners was deel van die Britte en haar bondgenote, Kanada, Amerika, Australië, New Zealand, Skandinawiese lande, gekleurde en swart etniese groepe. Veral die swart en bruin groepe het Engeland bygestaan in die bou van spoorlyne, pad en ook blokhuise, wat hulle ook soms beman het om op te tree teen die Boere volk. Heelwat vroue en dogters in hierdie kampe of op die pad daarna, verkrag.
Plutokrasie, siembamba en vals demokrasie
Daar was nooit ooit enige Afrikaner republiek nie, wel Boere republieke het na 1795 begin ontstaan in suider Afrika. Toe al in die Kaapkolonie was daar 3 Boere republieke uitgeroep wat later vernietig is. Die gebeure van die veldslae en twee Anglo-Boere oorloë was niks anders as ‘n Volksmoord van die Boere volk, wat destyds plaasgevind het. Daar is onafhanklikheid aan twee Boere republieke, ZAR en Vrystaat gegee, wat onderling verdeel was in meer as een Boere republiek. Daar is ook internasionale status verleen aan ander Boere republieke se onafhankikheid. Vegters het vanuit al die Boere republieke gehelp veg vir vryheid.
*
Haaglike omstandighede in al die konsentrasiekampe
Nie net het hierdie BONDgenote die meer as 30000 huise geplunder en afgebrand nie, maar ook al die voedsel vernietig, vee is of gesteel of eenvoudig vermink en dood agtergelaat. Vroue en kinders, ou mense is soos troppe vee en wild aangejaag na die Britse helkampe. Hulle moes of loop en soms is hulle op oop treine wat vir vee bedoel is, ingeprop sonder enige geriewe.
Die beeldmateriaal van Rudie herinner die Boere volk, die vegters, vroue en kinders wat hulle in en selfs voor die Britse helkampe, konsentrasiekampe moes deurmaak. Daar was nie Afrikaners nie, maar Boere want Afrikaners het saam Brittanje teen die Boere geveg en was ‘n aparte nasie.
*
1901 – ‘n Boere vrou (Magrieta Swart van Roodekrans) wat by hierdie kamp opgeëindig het, het 8 kinders in twee dae se tyd aan die dood afgestaan.
Daar is baie vroue en veral kinders hier oorlede in die kamp. Baie van die inwoners is selfs lewendig begrawe.
*
Dit was nie net hartseer dae vir hulle nie, maar vandag is dit ‘n muur met gesiggies waaruit die hartseerverhale mank en verflenter loop op soek na net ‘n stukkie voedsel wat moontlik die honger kan stilmaak. Hierdie gesiggies van manne, vroue en kinders, begrawe soms in massa grafte roep uit ‘n hartseer verlede waar daar geveg is vir hul en die nasate se vryheid. Trane van hongerpyne en siektes op kindergesiggies het vlerke gekry in ‘n grys en koue hemelruim. Vlerkies wat weer eendag met die nageslagte sal ontmoet.
Daar was letterlik niks, behalwe dat daar wel vir sommige ‘n tent beskikbaar was. Die omstandighede van ‘n plaasopstal wat in vlamme opgegaan het, is verruil vir die vlaktes, soos hier op Standerton. Hul meubels en klere is alles vernietig.
https://boervolkerfenisbewaring.co.za/en/standerton/
*
Concentration camps of the Anglo-BOER war –
HELL CAMPS – BRITISH CAMPS IN SOUTHERN AFRICA
en
EMILY HOBHOUSE HET DIE BOERE VOLK KOM HELP WAAR SY KON

Daar was heelwat kampe regdeur al die Boere republieke ingerig deur die Engelse en haar bondgenote, vir die Boere volk, vroue en kinders. Sommige lede het hier tot ruste gekom.
Die lyste van die Boere volk name wat hier gesterwe het is lank – meer as 34 000 is oorlede in hierdie moordkampe.

2024
Anglo-Boere Oorlog: Konsentrasiekampe
Konsentrasiekampe tydens ABO
2023
Anglo-Boere oorloë – Konsentrasiekampe
Verskroeide aarde – Scorched earth
*
*
DIE GOUDVELDE WAS DIE GROOT AANTREKKINGSKRAG VAN DIE AANVALLE TEENOOR DIE BOERE REPUBLIEKE – DAAR WAS NIE NET TWEE BOERE REPUBLIEKE NIE, MAAR 15. ENGELAND WAS NIE ALLEEN NIE EN HET BONDGENOTE GEHAD WAT TEEN DIE BOERE VOLK GEVEG HET, KINDERS, VROUE EN MANS VERMOOR
This documentary offers a brief look into the extraordinary life of Emily Hobhouse (9 April 1860 – 8 June 1926) – a British welfare campaigner – whom singlehandedly took on the British establishment during the Anglo-Boer War (1899-1902) over its treatment of Boer woman and children in British concentration camps. After her early successes in improving the lot of Boer woman and children Emily would go onto humanitarian work in Austria and Germany after World War One. Through her efforts thousands of woman and children were fed there on a daily basis for well over a year, a cause her former Boer wards in South Africa were happy to contribute towards liberally. Emily’s death in 1926 would go unreported, even in her native Cornwall. Yet in South Africa her legacy lives on, with her ashes ensconced in the National Women’s Monument at Bloemfontein. As Field Marshal Jan Smuts stated during her interment at the memorial, “We [Boers] stood alone in the world, friendless among the people. The smallest nations ranged against the mightiest empire in the world. Then one small hand – the hand of a woman – was stretched out to us. At that darkest hour when our entire race almost seemed doomed to extinction, she appeared as an angel and a messenger from heaven. And strangest of all, she was an Englishwoman.”
Hierdie dokumentêr bied ‘n kort oorsig van die buitengewone lewe van Emily Hobhouse (9 April 1860 – 8 Junie 1926), wie eiehandig teen die Britse owerhede tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) oor die behandeling van Boere vroue en kinders in Britse konsentrasiekampe geveg het. Na haar vroeë suksesse in die verbetering van die Boere-vroue en kinders se lot het Emily ook humanitêre werk in Oostenryk en Duitsland na die Eerste Wêreldoorlog onderneem. Deur haar pogings is duisende vroue en kinders daar daagliks gevoed vir meer as ‘n jaar, ‘n saak wat haar vriende in Suid-Afrika meer as gelukkig was om ook voor by te dra. In 1926 het Emily se dood ongerapporteerd in Engeland gegaan, selfs in haar geboortedorp, Cornwall. Tog leef haar nalatenskap in Suid-Afrika voort, met haar as verskans in die Nasionale Vrouemonument te Bloemfontein. Tydens haar gedenkdiens sê veldmaarskalk Jan Smuts “Ons [Boere] het alleen in die wêreld gestaan, sonder vriende van enige volk. Die kleinste nasies teen die magtigste ryk in die wêreld. En een klein hand – die hand van ‘n vrou – het na ons uitgestrek. Op daardie donkerste uur wanneer ons hele ras byna gelyk gedoem tot uitsterwing was, het sy as ‘n engel en ‘n boodskapper uit die hemel verskyn. En vreemdste van alles, dit was ‘n Engelse vrou.”
Jan Smuts en Louis Botha was Afrikaners. Smuts was deel van die Engelse oorlogskamer en het in Oos-Afrika vir Engeland geveg.
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] Lees gerus:Britse konsentrasiekampe 16 Junie 2026 Standerton […]
LikeLike