*
Burgers in Suid-Afrika, veral nasate van die Boere republieke, sal vinnig agterkom daar bestaan ‘n Boere volk vir eeue wat nie net spekulasie is of was nie of dat argiewe lêers slegs in ‘n droomwêreld bestaan nie. Hoe moeilik is dit om te verstaan dat enige land bestaan uit ‘n verskeidenheid van volke, etnisiteite, groeperinge en veelvolkige nasies.
Dank aan M J Hurter vir die vlae – hier is ‘n paar , daar was nie net TWEE Boere republieke nie.
![]()
*
Dat groter magte juis volke probeer vernietig of inligting doodvee vir ‘een vals demokratiese nasie’. Elkeen in die Boere volk of andersinds, moet hul eie navorsing doen oor hul geskiedenis en stambome. Dis ‘n reg wat elke etniese volk behoort uit te oefen, om in vrede te kan leef en ook om hulself wettig te regeer. Daarom is daar ook ontkenning oor die Volksmoord in SA om Boere volk minder te maak en ander van grond te vervreem.
Elke volk behoort die nodige erkenning te geniet vir hul bestaan en ook die geleentheid hê om hulself onafhanklik te regeer in gebiede wat aan hulle behoort. Selfs al word dit in Suid-Afrika as ‘n sonde beskou dat die Boere republieke bestaan het, was daar ook aparte reservate en kroongebiede vir ander volke en groeperinge, waar hul steeds woon en werk (na 1994 KEV of Trustgebiede).
Inteendeel, voor 1900 was daar reeds meer as een blanke en ander rasse groeperinge in veral die Kaapkolonie en Natal kolonies te bespeur. Selfs na 1902 en tydens of na Uniewording was daar groot verskille tussen blanke groeperinge (Boer en Afrikaner).
Ironies genoeg, die swart en ander rasgroepe soos Zoeloes, Xhosa, Khoi san en Griekwas het almal aparte gebiede met hul eie tradisionele leiers. Wetgewings is toe al deur hulle en Brittanje in die Kaap en Natalkolonies afgekondig (1854 en 1894),
Die Boere volk het nog nooit enige van hierdie reservate, kroongebiede, tuislande of selfs Trust en KEV gebiede betwis of bevraagteken nie. Waarom moet die Boere volk se geskiedenis, kultuur, tradisies en gebiede, soos vlae en hoe hul Boere republieke bekom het, bevraagteken word? Dis die Boere volk se reg om daarop voort te bou en te bestaan – nie as Afrikaners nie, of Boere Afrikaners of Afrikaner Boere nie, maar as BOERE VOLK.
Jan Smuts – Churchill – Rhodes – apartheid – British rules
Geheime organisasies van Milner-Rhodes
*
Ossewaens, Groot trek – Herstel Boere republieke
Herstel van Boere republieke en Boere volk
*
DIE TREK
Hulle wou wegkom onder Britse en ander heerskappy, daarom is daar selfs 3 Boere republieke in die Kaapkolonie ook gevestig – mense vergeet gou WIE dit begin het. Dis nie die Boere volk wat gereeld vergaderings met die ANC – SAKP of PAC hou nie – dis Afrikaners.
AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)
Luister ook hierna – Moeletsi Mbeki
https://www.youtube.com/watch?reload=9&v=eNKg-W8RPHA
*
Dit is juis die Boere volk asook ander blanke groepe, wat nie onder die Engelse en Afrikaners in die Kaapkolonie wou bly en leef nie, wat ook nie ‘n sonde is of was nie. Dis vandag steeds die geval.
Ander groepies, selfs gedurende die Trek, het nie deel gevorm van die Boere volk of Afrikaner nasie nie. Die Afrikanernasie is nie net blanke groepe nie, maar veelvolkige lede, lees meer oor hul verklarings wat hul verklaar het. Hul organisasies en selfs politieke partye is duidelik gemeng en veelvolkig.
Dit is duidelik al vir eeue duidelik, dat die Boere volkslede nie deel van die Afrikaner nasie gevorm het nie. Selfs tydens die Anglo-Boere oorlog is dit Afrikaners wat hulp aan Brittanje en bondgenote verskaf het.
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
*
UNIE REGERING 1910 IS MET WETGEWING UIT LONDON BEHEER
Tydens die instelling van Unie wording, was dit duidelik dat ‘federasies’ of ‘konfederasies’ ook bespreek was, maar dat dit nie aanvaarbaar was nie.
Dit was die HOOFredes hoekom die Boere volk die Boere republieke bekom, uitgeroep en self regeer het, sodat hulle nie onder die Engelse of Afrikaners gebukkend staan nie.
Dis hoekom daar verskillende veldslae was, sowel Anglo-BOERE oorloë I en II. Alles is eenvoudig na 1980 herhaal, om die Boere volk verder te verneder en vernietig van hul Boere republieke.
Na 1966
Alhoewel sommige die Boere volk probeer ryper druk om deel te vorm van ‘n veelvolkige Afrikanernasie, is dit duidelik klip en yster meng nie. Daar is ander soortgelyke volke en stamme wat in suidelike Afrika is wat ook nie saam is onder een dak nie. Die oorname van 1994 is voorafgegaan deur verskeie Afrikaner vergaderings buite die landsgrense van SA.
Dakar 1986 – Notes of H Giliomee
Regstellende aksie – Affirmative Action – Dakar 1989
Die Boere het beslis nie saamgestem met die oorname in 1994 nie. Daar is referendum gehou, en die ‘wegblystemme’ is nie daarby gevoeg nie, mens wonder hoekom nie. Daar was oor die 37.5% Boere wat vir ‘n Volkstaat gestem het. Dit is dus onmoontlik dat die steun vir Ja 69% was.
Selfbeskikking (publikasie 1995) (Griggs)
*
Swartes wat meestal afkomstig is van die Mere gebiede bo in Afrika, is dele van stamme uit Afrika en mag dalk later ‘n veelvolkige swart nasie gevorm het. Ook hulle is afsonderlik en bly steeds in aparte gebiede, wat eens Reservate en Tuislande gedoop is, maar later het dit in KEV (CPA) of Trustgebiede deel gevorm. Daar is selfs aparte tradisionele leiers in swart geledere, waarom mag daar nie ook verskillende blanke groeperinge voorkom, sommige maak deel uit van die BOERE volk, terwyl ander deel wil wees van ‘n multi-kulturele en veelvolkige Afrikaner Reënboognasie.
Afrika Mfecane – Difaqane sedert 1795
Mfecane – 1795-1830 teenoor 2024
Afrikaners voor 1900 het saam Brittanje en haar bondgenote, selfs finansieel bygedra, en deelgeneem aan Anglo-BOERE oorloë en geveg teen die Boere volk en Boere republieke. DUS, hoe kan hulle hulself uitgee as deel van die Boere volk as hulle een land wou gehad het en die Boere republieke saam Engeland gesteel het van die Boere volk. Voor die Anglo-BOERE oorloë, was dieselfde bondgenote betrokke by ander oorloë met die Xhosa, Zoeloe, Khoi san en ander. Op hierdie stadium was daar reeds segregasie en aparte grondgebiede is hier gemerk as Reservate vir swart stamme en Kroongebiede vir Khoi san en Griekwas.
Die Unie regering van 1910 het meestal bestaan uit Britse lede sowel ook veelvolkig uit die Afrikanernasie. Die Unie van SA het nie ‘n Afrikaner gebied geword nie. Brittanje en bondgenote (wat Afrikaners insluit) het dit onwettig gedoen, dit behoort steeds aan die Boere volk.
Al die ander gebiede, reservate en kroongebiede behoort aan verskillende Khoi san, Griekwas en swartes.
*
LET WEL – BOERE REPUBLIEKE EN BOERE VOLK
Verwys na die 1902 Vredesverdrag – Boere volk sou terugkeer na al die Boere republieke wat hulle wettig bekom het.
GEBIEDE – RESERVATE, KROONGEBIEDE EN BOERE REPUBLIEKE
Dit het ook nie beteken dat die grondgebiede in 1910 of selfs 1948 regering , wat as Reservate, Kroongebiede en Republieke oorgedra is aan die veelvolkige Afrikanernasie nie.
Die Afrikanernasie het nooit gebiede net vir hulself gehad nie.
Die feit dat hulle as die Bondsparty (sedert 1880) saam met Rhodes die Kaapkolonie bestuur het, beteken dit nie die gebiede hulle gebiede gewees het nie. Die Unie was ‘n Britse statebond bekend.
Met uniewording was dit duidelik hul missie en doelwit om veral die minerale rykdom onder Britse beheer te plaas. Wie het die latere oorloë gevoer in Wêreldoorlog I en II? Onder die Unie regering is alle Boere gedwing om saam Engeland teen Duitsland te veg, DAAROM het die BOERE rebellie opnuut opgevlam. Jan Smuts was deel van Engeland se oorlogskamer en het wyd vir Engeland oorlog baklei, ook in Noord-Afrika.
Niks het deel van die veelvolkige Afrikaner nasie gevorm nie.
Jan Smuts en John X Merriman en Jan Smuts was figure wat die Uniegrondwet help opstel het. Smuts was as Sionis by baie dinge betrokke, ook by die 1902 Vredesverdrag onder andere.
*
OPLOSSING – HERSTEL VAN AL DIE 15 BOERE REPUBLIEKE
Aanvalle op Boere volk , plase en plattelandse dorpies
Dit is baie moeilik, die omstandighede is swaar, maar kyk na die positiewe kant en
Die Regering van Suid-Afrika ontken ten sterkste dat plaasaanvalle en moorde plaasvind. Die regering van die dag en parlement bespreek ook gedurig hierdie probleem op parlementêre vlak met mekaar. Dit, Boere volk en vriende is alles in Hansards beskikbaar.
Dit word vermeld dat voorleggings en stemme teen die Boere aanvalle en moorde al vir geruime tye ook in die buiteland plaasvind. Dit sluit ook swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening van enige regte, rassistiese en diskriminerende wetgewings, daarby in
Dit is ook so dat menige regerings oorsee sluit ooreenkomste met die kommuniste en Afrikaners wat al sedert 1980 daarmee begin het, daarby in, Om te diskrimineer op grond van velkleur is en bly rassisme en diskriminasie.
Die huidige regering en selfs in die algemeen, die parlement van 400 lede, beskou dit as gewone misdaad wat snert is.
Al die 400 lede word ingesweer onder die sogenaamde demokratiese grondwet, wat diskrimineer teenoor die Boere volk en blankes. Bestudeer artikel 25 en vergelyk die hele grondwet met die 1955 manifes van die sakp-pac-anc
Die aanvalle en moorde is ‘n realiteit en die waarheid. Dit is bewysbaar met Boere en Afrikaanse name, vanne en ouderdomme wat ten hemel skreeu – hierdie spul in die hoë hiërargie, parlement en elke ander regeringsinstansie of selfs entiteite sowel plaaslike en provinsiale owerhede, het bloed aan hulle hande.
Die Kommuniste wat al sedert 1994 die land oorgeneem het, staan ook nie alleen op ontkenningsvlakke nie. Afrikaners, by name die Broederbond Afrikanerbond en hul ondersteuners het al sedert 1980 begin oorhaal om die land te oorhandig aan anargie en swart bemagtiging, sowel as vernietiging van Boere en hul eiendomme. Dit het alles in die buiteland begin gebeur, want hulle was te bang vir die Boere volk om hulle te laat ontwaak.
Dis waaroor dit eintlik gaan, die eiendomme van die Boere volk en minerale rykdom in die grond is ‘n groot kopseer vir die kommuniste en afrikaners wat so bemoeisiek is met hul swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening. Die rewolusies is juis deur Afrikaners en hul ondersteuners gekweek om die Boere volk ekonomies van alles te stroop, wat ook hul eiendomme insluit.
Vergelyk appels met appels, nie appels met waatlemoene nie.
Die normale lewenstandaarde en veral beveiliging van die Boere en Boere volk op afgeleë plase of plotte is hoog en word deur hierdie kosbare inwoners self betaal en in stand gehou. Die onkostes beloop miljarde rande. Die Boere kry nie toelaes van die regering of enige politieke party of selfs liberales nie. Die Boere volk en plattelandse gemeenskappe word met afgryslike brutaliteit en vernietiging van lewens uit die lewe geruk deur misdadigers wat vrye toegang het tot plase in Suid-Afrika.
Is daar oplossings vir ons as Boere volk. Beslis.
Selfverdediging en opheffing is uiters belangrik. Herstel van alle Boere republieke, nie net die twee nie. Met ABO 1 en II, het alle Boere republieke deelgeneem, nie net ZAR en Vrystaat nie.
Fokus op HOM vir leiding en gee aandag aan Boere volklede. Meeste van die Boere volkslede is al vir jare op hul knieë. Dit help nie om net daar te bly en te verwag dit gaan vanself regkom nie. Ons voorouers het hard gewerk en BETAAL om Boere republieke te verkry.
Die Boere volk, eienaars van plase of besighede, moet kyk daarna om hul eie volksmense op te hef uit die ekonomiese ontmagtigingdongas en hul toelaat om hul by te staan om die volk weer op te bou, self te beveilig en nie staatmaak op ander wat teveel inligting oor die Boere volk bymekaarmaak om hul totaal uit te wis nie. Dit sal nie oornag gebeur nie. Om spesifiek te fokus op Boere markte en uit te brei bevorder gemeenskaplike deelnames en opheffing.
Hierdie tipe van beveiliging kan ook ander moontlikhede insluit soos om ander Boere volkslede bystand te verleen in of naby die plase of plattelandse dorpies
Geskiedenis
Daar is nie net twee Boere republieke nie, maar meer as 15.
Boere vegters, vroue en kinders was nie net aangejaag na die twee Boere republieke Vrystaat en ZAR nie, daar was oral konsentrasiekampe in al die 15 Boere republieke.
Vegters wat geveg het teen Brittanje en haar bondgenote (wat Afrikaners ingesluit het), het uit al die 15 Boere republieke afkomstig gewees.
Anglo-BOERE oorlog EEN het op Majuba heuwel plaasgevind. Dit was buite Vrystaat en ZAR en het in Natalia gebeur.
Die veldslae tussen die Boere volk voor ABO 1 en 2, het oor al die meer as 15 Boere republieke gestrek. Elke Boere republiek het ‘n eiesoortige geskiedenis waarby die Boere volk en gesinne betrokke was. Elke Boere republieke het vlae gehad en sommige ‘n Volksraad met president wat aangewys is.Dit is geen Afrikaner republieke of Afrikaner oorloë nie, omdat Afrikaners saam die Engelse en haar bondgenote geveg het.
*
BLANKE MOORDE
Wat is en maak die blanke moorde in Suid-Afrika uniek anders as wat met meeste swart en ander stamme ‘n begrip voor het? Daar word reeds oorlog gevoer teenoor ons op meer as een gebied.
Niemand van die Boere volk ontken dit dat daar moontlik ook ander ‘aanvalle en moorde’ plaasvind nie. Daar kan gerus gekyk word na al die ‘name, vanne, ouderdomme, wie is burgers en wie is immigrante, oop grafte, polisie en hofsaaknommers, uitsprake van howe, ensovoorts. Daar moet in gedagte gehou word, persentasiegewys is daar vandag 2000% of selfs meer immigrante wat saam met die ander swart immigrante uit die noorde en/ of gekleurdes van oorsee of plaaslike gemeenskappe in een mandjie geplaas word, wat syfers ongenadiglik verhoog. Sodoende word volksmoord(e) eenvoudig ontken. Afsonderlike statistieke behoort op datum gehou te word soos wat die Boere volk tans doen. Dit kan inderwaarheid ‘n totaal ander effek op elke bevolkingsgroep in suider Afrika hê of selfs invloed in realistiese getalle. Swart en gekleurdes moet self opstaan vir hul mense wat uitgewis word en dieselfde wat die Boere volk doen, kan hulle ook doen. Boere volk het geen mandaat om namens ander volke te praat of besluite te maak nie. Niemand verbied hulle nie. Die meerderheid swart en gekleurdes het vir hierdie regerings (400 lede in parlement) gestem, en nie die Boere volk nie.
GEREGTIG OP LEWE – GEEN RASSISME EN DISKRIMINASIE EN VOLLE ONAFHANKLIKHEID – HERSTEL DIE BOERE REPUBLIEKE
Die Boere volk is geregtig op dieselfde behandeling as enige ander volk en is geregtig op lewe en voortbestaan. Die Boere volk het nie grond gesteel nie en hul voorvaders het wettig die meer as 15 Boere republieke in Suid-Afrika wettig bekom. Swartes en anderkleuriges het nie hul grond gekoop nie en dit eenvoudig beset.
Engeland en bondgenote het presies dieselfde pad van besettings gevolg en noem dit anneksasie.
*
Onseker wie die ‘sensus’ gedoen het en of dit wel beraam is nes hulle deesdae doen.
Daar was beslis reeds buitelanders ook teenwoordig en werksaam in myne wat beset is – immigrante en onwettiges.
In 1911 was daar amptelik 5 937 394 inwoners in die Unie. Van die 1 276 319 wit mense was waarskynlik meer as ’n miljoen Afrikaanssprekende mense.
Daar was 4 018 878 swart mense, 525 466 bruin mense en 152 094 mense wat uit Asië afkomstig was.
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] Boere volk, -republieke en Anglo-BOERE oorloë 1 en 2, anneksasies […]
LikeLike
[…] die Britte en haar bondgenote tot aan die spits gedryf om die Boere volk te probeer vernietig. Boere volk, -republieke en Anglo-BOERE oorloë 1 en 2, anneksasiesAnglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aardeTydens die Konvensies is erkenning gegee […]
LikeLike