*
Brittanje en haar bondgenote (veral Statebondslande) kom vir eeue weg met leuens en vernietiging van veral minderheidsvolke, deur middel van oorlogaanslae, anneksasies, vernietiging van strukture en die verskroeide aarde beleid. Verwys na die Britse statebond, wat met die hulp van Jan Smuts van die Unie regering beplan en uitgevoer is. Smuts was op hoë vlakke betrokke by die Britse Statebond, die Unie van Suid-Afrika, die Engelse oorloë, die Britse oorlogskamer, Oos-Afrika oorlog, skep van ‘n sionistiese staat in Oos-Afrika, die Belfour verklaring en veel meer.

*
Besettings en anneksasies van gebiede en mineral, veral minderheidsvolke se klein ekonomieë wat in die proses vernietig is. Minderheidsvolke word in multi-kulturele strukture en politieke partye opgeneem in die sogenaamde stelsels wat “demokrasieë” genoem word. Hierdeur verloor volke hul identiteit, kultuur, geskiedenis, tradisies en selfs moedertaal.
Dit is deesdae makliker of eenvoudiger om sommige van die groot moondhede te glo as om die minderheidsvolke in ag te neem. Inderwaarheid het meeste van al hierdie groot moondhede, soos Brittanje, Amerika, Frankryk, China en Rusland veto regte binne internasionale kringe om sodoende meer druk op minderheidsvolke te plaas. Om dan daarna met gemak rondom die wêreld te belieg, die ware gebeurtenisse en veral geskiedkundige gebeurtenisse te verdraai om sodoende hul geheime agendae te pas. Drie groot moondhede steun Israel tans in hul oorlogaktiwiteite teen die Palestynse minderhede.
Wanneer daar eendag, indien ooit, ‘n volledige onafhanklike ondersoek gedoen word oor al hierdie Britte en bondgenote se uitwissing van minderheidsvolke in Britse kolonies wat geannekseer is, sal gesien word dat daar biljoene plaaslike bevolkings, onmenslik, wreedaardig en onnodige gesterf het onder hierdie bloedbevlegte bondgenote se hande. Daar word vandag na al hierdie ryk Engelse aangestelde konings en prinsesse gestaar, hul gedrag gekyk wat opgedwing word deur die media aan diegene wie se voorgeslagte juis deur hul einste nasies uitgewis is.
Getalle wat in die Boere republieke gesterf het, was ook in die begin as minderwaardig, klein en minimaal aangetoon, terwyl dit meer as dubbeld was. Britse martelkampe wat vandag as vlugtelingskampe verduidelik word, is alles deel van die groot leuens. Die dae om die ander wang te draai is lankal verby. Die BOERE se gesinne, families en geslagte wat met voorbedagte rade uitgewis is, is saam met en tydens Brittanje se verskroeide aarde beleid in die Boere republieke uitgevoer. Vandag gebeur identies dieselfde met Palestina en ander buurlande in die midde ooste waar meer as een volksmoord plaasvind sedert 1920.
Heelwat gebeurtenisse uit veral ons Boere volk se verlede word deur Brittanje en haar bondgenote oorgedra, waarvan heelwat verdraai word en as Afrikanergeskiedenis en kultuur beskou. Die vermetelheid om te maak of die Boere volk se geskiedenis, kultuur, vlae, verdrae en alles oornag as Afrikaner eiendom beskou word.
Die anneksasie van veral die onafhanklike Boere republieke sowel as minerale anneksasies word weggesteek, self onderskep en verdwyn dan eenvoudig in ‘n put van ontkennings of verdraaiings om hul goeie voetjies voor te hou. Brittanje het reeds voor in 1902 hul beplannings uitgevoer met die ‘internasionale buitelanders en mynmagnate’ wat in strategiese posisies geplaas is om hul hier te kom verryk. Meeste van die mynmagnate is as Sioniste beskryf, deel van die statebondslande, veral Brittanje. Brittanje is nie alleen in hierdie witleuens nie – die heersers oor minderheidsvolke doen dit met gemak omdat hulle vir eeue daarmee wegkom.
Volgens verskillende berigte word beweer dat daar derduisende materiaal vernietig is van meer as 37 koloniale gebiede wat deur die Britte en bondgenote afgeneem is, sodat dit nie in die lande wat daaronder gely het se regerings moet val om teeneise in te stel nie. Dit is sodat hulle die geskiedenis kan herskryf omdat hulle as die ‘oorwinnaars’ aangedui word om die nuwe wêreld orde (nwo) te vorm. Regerings wat met die Agenda saamstem of bevorder, is oor die algemeen ook deel van hierdie nuwe wêreld orde sisteme, organisasies en agendae.
Dit is juis hierdie regerings wat minderheidsvolke onderdruk om hul nog meer uit te wis om hul agenda van vermindering van wêreldpopulasie. Misdadigers word in feitlik alle lande gebruik om misdade en korrupsie te bevorder, sodat die nwo agendae uitgevoer kan word. Regerings en liberaal verligte Afrikaners soos in Suid-Afrika, het swart bemagtiging en regstellende aksie wetgewings laat implementeer juis om veral die Boere, besighede en gesinne te vernietig. Met hierdie wetgewing word slegs die rykes onder sekere groepe, bevoordeel terwyl dit die armes is wat daaronder ly.
Soms word die onmenslike en wreedaardige anneksasies en oorlog weggesteek met verdraaide inligting oor die bestaansreg van veral die Boere volk. Inligting wat Brittanje ookal heftig ontken het as konsentrasie, martel- of moordkampe. Net soos hulle die konsentrasiekampe, verkragtings en moorde van Anglo-Boere oorloe self moes ondersoek onder die Unie regering, want die Unie regering is dan deur hulle uitgedink en uitgevaardig.
Melrose huis – Vrede van Vereeniging
Anglo-Boere oorloë – Springfontein
Die Unie regering, Brittanje en al die genoemde bondgenote (veral Statebondslande)het alles saam weggesteek vir langer as 50 jaar watse hel en martelings die Boer vroue, ou mense en kinders moes meemaak.
Dit is baie duidelik uit die berigte oor Britse argiewe, dat die werklikhede en realiteite wat plaasgevind het, met ‘n doel gebêre is om later eers te herskryf en dan vernietig te word. Dus kan hul lustig voortgaan om hul geskiedenis vas te pen, ver weg van die waarheid af. Brittanje, veral sioniste wêreldwyd, het oral as oorheerser en ‘selfaangestelde koninklikes’ gehad wat die dryfveer was agter minerale plundertogte maar ook die slagting van mense, soos wat hulle met die Boervroue en kinders in konsentrasiekampe gemaak het.
In die een artikel oor die argiewe word na die Mau-Mau slagting verwys en heelwat van ons Boere gesinne was binne in daardie gevegte in midde Afrika betrokke en moes letterlik vlug uit die midde-Afrika lande met slegs die klere aan hul lywe. Allerhande beloftes is jare gelede gemaak om al hierdie inligting, verslae en lëers bekend te stel, maar dit is nie gedoen nie. Die berging was in groot geheimhouding weggesteek onder die Britse vlae van oorheersing oor minderheidsvolke wat hulle bykans uitgewis het. Dit is grotendeels in die Hanslope Park in Buckinghamshire weggesteek en onder sogenaamde bewaring gehou.
Daar word beweer heelwat lêers verdwyn het, maar die Britse owerhede en hul agentskappe lieg so oor wat hulle in al hul oorloë en anneksasies aangevang het, dat dit nie vandag snaaks is dat hulle dit nie al lankal vernietig het nie en dit wat beskikbaar is, ‘n spul leuens is.
Hulle voer steeds oorlog vandag, soos dit wat sedert 1920 in Palestina aan die gang is, alles met die hulp van Brittanje. Palestina se oorlog is ‘n herhaling van gebeurtenisse van 1900 in die Boere republieke in suidelike Afrika. Hierdie lêers wat so dig gehou. Dit is nie net ‘n verleentheid nie, maar dit is ‘n skending van menseregte. Hoeveel wat hierin aangeteken staan is nie verdraai of met nog meer leuens vervang nie, is ‘n ope vraag. Want hierin word ook beweer dat heelwat lêers is eenvoudig vernietig. Die aanslae teen Palestina, wat nie net uit Moslems bestaan nie, word ook ontken al sedert 1920. Palestina bestaan uit Jode, Moslems, Christene en ander persone wat daar werksaam is.
Vernietigende oorlog in Palestina
Israel Drobles plan – Trump (2020)
Lifta in Palestina (Mei Naftoach)
*
Vir Cobain het opeenvolgende Britse regerings probeer om ‘die reputasie van die Britse staat vir geslagte vroeër te beskerm, deur die geskiedenis te verberg en te manipuleer – ‘n amptelike narratief beeld te bou – op ‘n manier wat meer geassosieer word met ‘n diktatuur as met ‘n volwasse en selfversekerde demokrasie. Brittanje se politici is betrokke by dekades van ‘geskiedenisdiefstal‘. Daar word beweer liberale geskiedskrywers is onbewus dat hierdie argiewe ooit bestaan het, of is hulle regtig onbewus hiervan. Meeste is bewus hiervan omdat hul mede skrywers hiervan is. Die bondgenote van Brittanje is meer as handevol daarvan.
Geskiedskrywers is egter skepties oor hierdie bewering, soos deur David Anderson uitgewys word. Dit is glo maklik om een dokument of een lêer te misplaas in die argiewe, maar dit is moeiliker om duisende te verloor, hoeveelhede in die geval van die ‘gemigreerde’ koloniale argiewe tot meer as 100 lineêre voet lêers bestaan. Niemand weet hoe betroubaar hierdie sogenaamde argiewe se inhoud is en of dit regtig bestaan nie.
Inderdaad, die daaropvolgende ‘ontdekking’ van ‘n verdere 1,2 miljoen buitelandse kantoorlêers wat op dieselfde webwerf gehou word, het slegs gedien om sekere groepe se bewerings dat dit die gemigreerde argiewe misplaas of vergeet het, verder te ondermyn. Volgens berigte, is daar heelwat in die proses vernietig. Betroubaarheid van die realiteit bestaan nie in hierdie tipe van gemengde multi-kultuur nasies se woordeskatte nie.
Heelwat kuns en kultuurskatte word in Britse argiewe, monumente en ander bewaarplekke gevind, wat nie aan hulle behoort of nooit behoort het nie. Alles kom uit ou koloniale gebiede en ‘britse’ kroongebiede, wat deur hulle geplunder is. Tyd is lankal verstreke dat hierdie waardevolle kuns en kultuurskatte teruggaan na volke aan wie dit behoort. Dit is nie die eiendom van Brittanje of haar bondgenote nie.
Danksy die ANC en liberaal verligte Afrikaners en kaders voor 1994, maak die Republiek van Suid-Afrika steeds deel uit van die Britse statebond. Die ANC het in 1994 weer heraangesluit by hierdie Statebond wat ons ondergang bewerkstellig.
Hetsy die land ‘n korporasie of maatskappy vorm, maak nie saak nie, ons word beheer deur hierdie korporasies en maatskappye wat ons as hul slawe beskou. Die topstrukture is sioniste. Minerale rykdomme uit veral die onafhanklik erkende Boere republieke het hierdie korporasies, maatskappye, mynmagnate gevoed, terwyl dit juis hulle is wat ons voorgeslagte beskou het as armoediges, agtergeblewenes en minderwaardig.
Goud, diamante, platinum, koper, uraan en ander minerale besorg steeds biljoene rande vir hierdie einste regerings wat bakhand staan om ons Boere volksgenote te vernietig. Alles word met die hande van swart bemagtigers bevoordeel.
Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index
B-BBEE – Shanduka black umbrellas
*

*
Bronne en ander verwante inligting
https://www.natgeokids.com/nz/discover/history/general-history/british-empire-facts/#:
2022
https://www.newyorker.com/magazine/2022/04/04/the-british-empire-was-much-worse-than-you-realize-caroline-elkinss-legacy-of-violence
https://despardes.com/cruel-britannia/
https://www.theregister.com/2013/07/05/geeks_guide_hanslope_park/
https://bucksgardenstrust.org.uk/wp-content/uploads/2018/06/Hanslope_Park.pdf
*
Palestina en ‘n Sionistiese staat
https://www.jstor.org/stable/41806170
https://www.theguardian.com/uk/2012/apr/18/britain-destroyed-records-colonial-crimes
Thousands of government papers have gone missing from the National Archives (TNA) at Kew, having been ‘misplaced while on loan’ to government departments, reported Ian Cobain in The Guardian over Christmas. Missing files included declassified documents on some of the most controversial episodes of Britain’s past, including the Falklands War, Northern Ireland’s Troubles and the infamous Zinoviev Letter Affair, widely reported to have resulted in the collapse of Britain’s first Labour government.
For Cobain, successive British governments have tried to ‘protect the reputation of the British state of generations earlier, concealing and manipulating history – sculpting an official narrative – in manner more associated with a dictatorship than with a mature and confident democracy’. Britain’s politicians have engaged in decades of ‘history theft’.
*
In April 2011, the British government admitted that it had a secret archive over two thousand boxes, 8,800 files from 37 former colonies, which had been brought back from these former colonies when they became independent. It did so only because it was forced by a judge in the High Court who was assessing the suit of five former Mau Mau members for damages in compensation for experiences of torture and mutilation at the hands of British troops in the 1950s. What is also missing from the public domain are the detailed lists of files which were destroyed: even if original documents do not exist, what the Colonial Office would have been created and held were inventories of materials destroyed. It would be of particular value to see the dates on which material was destroyed.
https://www.historyworkshop.org.uk/empire-decolonisation/britains-secret-archive-of-decolonisation/
The FCO claims that it was simply unaware that these files existed. Historians, however, are sceptical of this claim. As David Anderson points out, it is easy for an archive to misplace one document or one file but it is harder to lose what amounts in the case of the ‘migrated’ colonial archive to over 100 linear feet of files. [1] Indeed, the subsequent ‘discovery’ of a further 1.2 million Foreign Office files held at the same site has only served to further undermine the FCO’s claim that it had misplaced or forgotten about the migrated archives.
https://imperialglobalexeter.com/2013/12/10/covering-up-the-dark-side-of-decolonisation/
Security is high, but no guarantees
https://www.bbc.com/news/uk-67626880
*
VERWANTE INLIGTING
Besette dorpies van Israel in Palestina
Britse Mandaat oor Palestina
Jaffa 1900 (Ottomans) (Brittanje)
Oos-Afrika sionistiese voorstel
Boere republieke en Suid-Afrika
Boere, Britte en uitlanders
Israel Sionist state
Verskroeide aarde – Scorched earth
J C Smuts, Balfour, Zionism …
Uganda
Grondgebiede van Boere volk
Britse oorlog teen Boere Republieke
[…] Wit leuens van Brittanje en ander lande […]
LikeLike
[…] republiekZAR VIERKLEUR – Is die Boere vlag nou ‘n vals vlag?Boereheld Jopie Fourie en SmutsWit leuens van Brittanje en ander landeABO Haut rookpype – BoereheldePaardekraal monument, […]
LikeLike
[…] Wit leuens van Brittanje en ander lande […]
LikeLike
[…] Illegal land invasions at Rabie Ridge JohannesburgBesettings – Elandsfontein, Midvaal – Invaders want to illegally occupy farmlandVoedselproduksie en grond – hervormingZimbabwe – land invasions 2014 – 2009Wit leuens van Brittanje en ander lande […]
LikeLike