Paul Kruger 10 Oktober

*
Paul Kruger was ‘n gedugte staatsman en het terserfdertyd aan die einde ‘n banneling geword uit sy uit land, vervreem deur die Britse regering.   Alvorens hy en ander verban is, het al die trotse Boere die Britte getrotseer om hul onafhanklikheid en vryheid te behou nie.   Dit is nog nooit teruggekry nie.  Die Anglo-Boere oorloë is verweef in die Boere republieke se  geskiedenis en die van Paul Kruger.   Buitelanders (meestal ‘randlords’) het gekom vir die goud, diamante en ander minerale wat in 1902 deur Brittanje geannekseer is.   Onthou gerus 11 Oktober en Anglo-Boere of Vryheidsoorlog, dis deel van ons geskiedenis.   Die 10e Oktober is die herdenking van Paul Kruger se verjaarsdag.

*

Kon dit regtig so beroerd gegaan het in ‘n nuutgestigte republiek dat die Britte daaroor ontevrede was en waarom?  Wat het Brittanje te doen gehad met die ZAR en Vrystaat?    Of was dit eerder omdat daar heelwat ryk bevoorregte immigrante uit veral Brittanje hul in die Witwatersrand, naby die goudveld en ook elders by diamantvelde gaan vestig het.   Die toedoen van sake het Paul Kruger en sy parlement beslis gepla.    Niks wat die Britse regering gedoen het, was om dowe neute nie.   De Beers was ook deur hul meester uit die Kaapkolonie gestig saam ander maatskappye.

Omdat die Ekonomie baie sleg was, was President Paul Kruger baie met grond vergoed en nie met ‘n salaris nie.  Daar was geen ander opsie om ‘n president destyds te vergoed nie.  Die land was nie vir jare onafhanklik nie en daar is leiers destyds aangewys en niemand kan verwag dat ‘n President gratis sy dienste en take verrig nie.

Staatspresident S.J.P. Kruger kan as een van die prominente grondeienaars in die Transvaal gedurende die negentiende eeu beskou word. Hy was as een van die vroeë setlaars geregtig op ‘n beperkte hoeveelheid grond sonder vergoeding./

Hy het ook ‘n paar plase as kompensasie vir sy dienste as kommandant en kommandant-generaal in die vroeë jare van die nuwe Transvaalse Republiek (ZAR) ontvang. Kruger het daarbenewens ‘n baie prominente koper van plase, sowel as erwe in sommige dorpe, geword – aanvanklik in die westelike helfte van die Transvaal, maar later ook in die oostelike en noordelike Transvaal. Kruger het ‘n groot aantal van sy plase vir klein bedrae aan sy seuns en skoonseuns verkoop, maar later van sy ander plase teen markpryse aan andere. Sy mees winsgewende transaksie was toe hy en sy skoonseun, F.C. Eloff, die plaas Geduld, oos van Johannesburg, in 1886 gekoop het.

Na die ontdekking van steenkool en goud op hierdie plaas was Kruger in staat om die grond vir ‘n baie groot bedrag te verkoop. As gevolg hiervan het hy ‘n relatiewe ryk persoon geword.

*
*
*
*

Hy was ‘n indrukwekkende leier, beide in die regering en die weermag. Hy het in die geledere opgestaan om kommandant-generaal van die Suid-Afrikaanse Republiek te word, voordat hy lid van die Volksraad (die destydse Republikeinse parlement) gemaak is. Die Volksraad was verantwoordelik vir die opstel van ‘n grondwet, en Kruger het aan hierdie belangrike taak deelgeneem. Kruger het in 1873 uit sy pos as kommandant-generaal bedank en op sy plaas afgetree.

Sy tyd in aftrede was egter van korte duur, want in 1874 het hy sy plek in die Uitvoerende Raad ingeneem en is tot vise-president van Transvaal verkies. Toe dit in 1877 deur Brittanje geannekseer is, het Kruger hom toegewy aan die weerstandsbeweging wat hierteen gekant was, en Brittanje besoek as leier van ‘n deputasie. Die volgende jaar was hy deel van ‘n tweede deputasie en het tyd in Parys deurgebring.

Paul Kruger

*

Oorlog van goud en diamante – Onafhanklike ZAR en Vrystaat

Meeste werkers in myne, wat deur Brittanje ingevoer het (400000 plus uit Afrika), het uit Afrika hier kom werk en was nie burgers nie.  Hulle het in arm hostelle gebly wat deur die Britte gebou en voorsien is, vir hulle myne.  Later is Boere die skuld gegee vir die swak toestande in die hostelle, want baie immigrante het hul families saamgebring.  Hulle was nie burgers nie, maar het aangedrink op regte, terwyl hul burgers van verskeie Afrika lande was.

*

Storie van die Anglo-Boere oorloë

‘n Bittere stryd om oorlewing en bloedige oorlig.  ‘n Handjievol BOERE, met hul gesinne en vroue, het Brittanje teengestaan om nie hul vryheid te verloor nie.   

Waarom het Brittanje dan so graag ingemeng in die Boere republieke – minerale regte is in 1902 deur Brittanje geannekseer.  Diamante en Goud.  Die Boere republieke was nie arm onafhanklike lande nie, tog word dit voorgehou dat die Boere republieke baie arm was.

Waarom word dit ook voorgehou (selfs in die beeld materiaal) dat ons voorgeslagte arm was, veral op landelike en landbou gebiede.  Met hul verbrande aarde beleid, het die Britse regering meer as 30000 plase, waar Boere se plase en voedsel vernietig is.  Ietwat teenstrydig van wat verkondig word en beslis nie arm nie.   Skakel dit in wat arbeidskoste daardie tyd was om soveel voedsel op lande gehad het, wat deur Brittanje en haar lakeie vernietig is.

Die ryk immigrante (randlords) het meestal uit Brittanje aan die Witwatersrand en Kimberley omgewing gaan vestig waar goud en diamante was, sodat hulle as immigrante, burgerregte kon bekom en ryk besighede/maatskappye hier kom stig met ons Boere se goud en diamante.   Ander volke het ook al hul minerale moes prysgee in die proses.    Britse ryk meesters het almal ryk geword uit die gebiede wat hul geannekseer het om totale beheer oor minerale te verkry.  Die anti-vraag is indien hulle nie ingemeng het en die Britte se bevoorregtes nie hier kom vestig het nie, waar sou Brittanje dan gewees het?

Paul Kruger was nie ten gunste daarvan dat daar so baie vreemdelinge hier kom vestig nie.   Die Anglo-Boere oorloë, Anglo-Zoeloe oorlog en vele ander getuig daarvan hoe verdraaid ‘geskiedenis’ voorgehou word.   Hiervoor moes Paul Kruger haastig  vlug vir sy lewe en moes sy arme siek vrou agterlaat met kinders en klein kinders wat in konsentrasie kampe uitgehonger is.   Hy het geen keuse gehad nie, en mens kry arme tannie Siena Kruger jammer wat alleen moes sukkel in die oorloggeteisterde gebiede en konsentrasiekampe se siektes – sy was ook  nie gesond nie.

Selfs teenstrydighede met die verskeie aanslae teenoor swart volkere word as ‘vreedsaam’ voorgehou in die beeldmateriaal en word Boere die skuld gegee vir die Britte se inmenging.  Beide die Zoeloe en Xhosa, sowel al die Griekwa en Khoisan gebiede is later sedert 1840 geannekseer en as Reservate (Swartes – Tuislande na 1961) en Kroongebiede gedoop.

Sedert 1940 se anneksasies is dit steeds kroongebiede gewees tot na 1994 is dit opgeëis en verander na Trust of CPA gebiede.  Die Engelse blameer ons vandag vir ongerymdhede.  Gronddiefstalle word aan die groot klok gehang en die ANC hardloop voort om die statebondleiers te beskerm en om veral Boere vals te beskuldig.

Hulle het ons Boere (veral die Boere republiek gebiede – sonder die Kroon en Reservate – letterlik in ‘n onmenslike armoede gedompel waar daar meer as 30000 plase, huise en voedsel vernietig is.

*

Konsentrasiekampe en Anglo-Boer War 2

‘N SKRYWE VAN RONALD VAN HEERINGEN

In die tyd van die Tweede Anglo-Boereoorlog was die Nederlanders besorg oor die Transvaalse president Paul Kruger se weerstand teen Holland se voormalige mededinger Groot-Brittanje. Hulle het ‘n sterk belangstelling in die oorlog gehad, aangesien hulle die gedagte gekoester het dat die Boere-Suid-Afrikaner en die Nederlanders gemeenskaplike voorouers het.

Die destydse koningin van Nederland (Wilhelmina, 18 jaar oud) het in Oktober 1900 die Nederlandse slagskip “Gelderland” na die kus van Portugees Oos-Afrika (Mosambiek) gestuur om president Paul Kruger van die Britse troepe te red. wat al hoe meer suksesvol geword het in hul verowering van Transvaal.

Kruger het in November 1900 in Marseille gearriveer en afgeklim, waar hy in Frankryk gewoon het totdat hy in 1901 na Nederland verhuis het. Hy het vir twee maande in die hotel “De Nederlanden” (tans hotel “Les Pays Bas”) in Sentraal-Utrecht gewoon. Kruger het in April 1901 na villa “Casa Cara” in die stad Hilversum verhuis, waar hy tot Desember 1901 gebly het. Intussen is Kruger se tweede vrou Gezina du Plessis, wat hy in Pretoria gelos het omdat sy te siek was om na Europa te reis, in Julie 1901  oorlede.

Kruger het in Desember 1901 na Utrecht teruggetrek omdat hy aan ‘n ernstige oogsiekte gely het. Sy oë is deur professor Snellen van die Universiteit van Utrecht behandel. Kruger het in “Villa Oranjelust” gewoon op die breë en majestueuse Maliebaan in Utrecht.   Nadat Transvaal die “Verdrag van Vereeniging” onderteken het, het die drie Boere generaals Botha, De la Rey en De Wet Kruger in Utrecht in 1902 besoek. In Oktober daardie jaar het Kruger Nederland verlaat vir ‘n kort verblyf in Menton aan die Franse Middellandse kusgebied.

In Mei 1903 verhuis Kruger terug na Hilversum in Nederland, waar hy in “Villa Djemnah” gewoon het. Na die somer van 1903 het Paul Kruger ter wille van sy gesondheid na Clarens in Switserland verhuis. Hy het die laaste ses maande van sy lewe in Clarens deurgebring en is daar op die 14de Julie 1904 oorlede.

Paul Kruger het gedurende sy tyd in Nederland in drie verskillende huise gewoon. Casa Cara is tydens die Tweede Wêreldoorlog deur die Engelse gebombardeer. Villa Oranjelust en Villa Djemnah bestaan ​​steeds, maar word tans as kantore vir kommersiële maatskappye gebruik. Paul Kruger was uiters gewild onder die Nederlanders terwyl hy in Nederland gewoon het. Daar is egter deesdae skaars spore van sy teenwoordigheid in die Nederlandse Krugerhuise oor.

http://paulkrugermuseum.blogspot.com/2012/04/week-4-5brick-work-paul-krugers-dutch.html

*

Clarens, Switzerland (President Kruger huis museum)

Pres Kruger-huis  Museum Clarens, Switzerland

*

Voormalige Rhodesië (Zimbabwe)

*

VERWANT

Paul Kruger se dae in die vreemde –  10 Oktober

Op die Gelderland  – Paul Kruger

Krugerdag –  10 Oktober – Kruger Day

ZAR President Paul Kruger

Kruger National Park (KNP)

KNP  Kruger National Park

Een gedagte oor “Paul Kruger 10 Oktober”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s